Earth Hour word wêreldwyd gevier om die aandag op kragbesparing en omgewingsbewaring te fokus. Speel bord- of kaartspeletjies by kerslig of lees ‘n boek voor die kaggel. Wat doen julle graag wanneer al die toestelle gebêre is en ‘n mens ‘n bietjie kan ontspan? 🙂
Earth Hour
Maart 7, 2022
afrikaans aarde, earth hour Lewer kommentaar
Earth Hour: Ligte uit
Maart 22, 2021
2021 earth hour Lewer kommentaar

Wat kan ‘n mens vanjaar tydens Earth Hour doen? Versier ‘n spesiale houer met aktiwiteite, versnapperinge en bederfies wat julle tydens Earth Hour en ander onverwagse tye kan inspan. Sluit gerus kerse, vuurhoutjies en ‘n lantern daarby in.
Steek kerse en/of lanterns aan waarby julle
- boeke kan lees
- speletjies kan speel
- kan inkleur
- kan gesels
- piekniek kan hou…en geniet die uur sonder elektroniese toestelle 🙂
Water Week / Earth Hour
Maart 5, 2020
2020, afrikaans earth hour, water Lewer kommentaar

Praat gerus oor waterbesparing, die gebruike van water, die belangrikheid van water en waarom skoon water so belangrik is. Waar en wanneer gebruik ons dit? Wie gebruik water en kan ons daarsonder?
Plant ‘n Spekboom of twee. Wat van ‘n heining of ‘n rytjie al langs die skool se grensdrade langs? Is daar waterbronne om skoon te maak (bv. spruite, rivierwalle, ‘n strandgebied)?
Earth Hour is vanjaar op die 28ste Maart.
Bepaal dalk ‘n tydperk waar ‘n mens by die dag by die skool kan vier. Skakel die ligte af, skakel die elektronika af en raai die outjies aan om lanterns, kopligte of flitsligte te bring. Gebruik die uur om boeke te lees, bordspeletjies te speel of om tyd aan kuns en kunsvlyt te spandeer.
Hoe maklik of moeilik is dit om sonder elektroniese toebehore of elektrisiteit te wees?

Aarde
Maart 23, 2019
afrikaans aarde, earth hour, grond, water Lewer kommentaar
Ons vier dalk Earth Hour ietwat meer gereeld…Gebruik dit om aan omgewingsbewaringsprojekte te dink of om ‘n paar te beplan.
Aarde dag gee ons egter die geleentheid om aan maniere te dink om ons omgewing te versorg en te verbeter.
Hoe lyk die skool se tuin? Is daar goeie ekosisteme – waar erosie beveg…waterbesparing en goeie gebruike aangemoedig word? Is daar natuurlike plantegroei wat bestuiwing sal aanwakker? Wat van projekte waar die kinders ertjie-, boontjieplante en sonneblomme aanplant? Hoe kan ‘n mens hierdie plante natlei? Vries dalk houers, vang die gekondenseerde druppels op en gebruik die water. Sal gesnyde plastiekbottels (as mini-kweekhuise) oor die nuwe plantjies werk? Is daar ‘n manier om skoenlapperruspes te laat ontwikkel en vry te laat in die tuin? Maak die strand of rivier oewer skoon. Plant bome. Samel geld in om bewaringsprojekte te ondersteun.
Is daar ‘n botaniese tuin waar ‘n mens meer idees kan bekom? Het julle ‘n natuurbewaringspesialis in die omgewing? Reël praatjies of uitstappies.
‘n Mens kan voortdurend ‘n projek per graadvlak by die skool bekend stel wat ‘n mens kort-kort aan goeie gebruike of die nut daarvoor herinner.
earth hour
Maart 22, 2018
afrikaans aarde, earth hour Lewer kommentaar
Earth Hour is ‘n gulde geleentheid om as ‘n gesin die elektriese toebehore af te skakel en om tyd saam te spandeer. Dink aan idees om “skermtyd” (tyd op die rekenaar, selfoon, television, ens.) te verminder of beter te beplan sodat julle projekte in en om die huis kan begin om herwinning aan te moedig of om daaroor te leer. Het julle ou tydskrifte met relevante artikels? Knip dit uit en steek dit teen die yskas vas.
Wat verbruik julle baie vinnig? Is daar ander opsies? Het julle houers om herwinbare items te sorteer? Maak dalk ‘n etiket of twee en dink aan eenvoudige, haalbare idees. Elke probeerslag – al is dit hoe klein, is ‘n tree in die regte rigting.
Earth Hour
Maart 17, 2017
afrikaans earth hour Lewer kommentaar
Op 25 Maart, vier ons Earth Hour. Jy hoef nie al die ligte noodwendig af te skakel nie, maar wend ‘n poging aan om die skerms (rekenaar, televisie, selfone, tablette) af te skakel.
Earth Hour en Waterweek
Maart 12, 2016
afrikaans aarde, earth hour, water, waterweek Lewer kommentaar
Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte. Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie. Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan. Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak? Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of twee voor die skole sluit.
Tik gerus soekterme soos “aarde, grond, water, waterweek, herwin, earth hour, groen…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
aarde
Maart 23, 2015
afrikaans aarde, earth hour Lewer kommentaar
Staan op 28 Maart ‘n uur aan Earth Hour (20:30 – 21:30) af.
Tik ook soekterme soos “aarde”, “grond”, “water” en “herwin” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Loer hier na ‘n oulike herwinnings- en gemeenskapsdiens projek.
ligte uit
Maart 18, 2014
afrikaans earth hour Lewer kommentaar
Dit is amper skoolvakansie en EARTH HOUR val op die 29ste Maart. Skakel die krag vir ‘n uur af, steek die kerse aan en ontspan saam as gesin. Maak solank ‘n oorlewingshouer gereed en vul dit met bordspeletjies (slangetjies en leertjies, Scrabble, kaarte, ens.), storieboeke, stories of liedjies op die iPod en die kwartaal se flitskaarte. Dink aan herwinningsprojekte om te probeer en probeer een of twee in dié uur. Voeg items soos ‘n groot kombers, eetgoed en ‘n flitslig by om die oorlewingsproses lekkerder te maak, MAAR hou die houer toe om eers Saterdag om 20:30 oop te maak. Hoe lank duur ‘n uur? Stel die aftel wekker. Geniet die aandjie saam!
ligte uit vir “earth hour”
Maart 31, 2012
aarde
Maart 6, 2011
afrikaans aarde, earth hour, herwin, kers, kunsvlyt, lig Lewer kommentaar
Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.
- Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
- Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
- Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie. Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik. Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
- Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.
Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag. Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.
Woorde