Tuis

Rym

4 Kommentaar


Screen Shot 2015-12-20 at 7.55.50

Rym en rymende sinne, is ‘n heerlike manier om ouditiewe vaardighede op te skerp en om taalontwikkeling te doen.  Die kleintjies geniet rympies en kan dikwels onsinrympies spontaan voltooi.  Byvoorbeeld:  Vandag is dit baie koud…Ek dra ‘n serp van …goud.

Soos met die jong huistaalleerders, kan ‘n mens ook rymwoorde gebruik om die taal vir tweede taal leerders interessant te maak.

  • Kies ‘n woord en kyk hoeveel onsin en/of sinvolle rymwoorde julle kan kry.
  • Skryf die woorde neer en sorteer dit in onsin en sinvolle woorde.
  • Maak muurprente of rymwoordlyste per rymgroep – om teen die muur op te plak.  Sodoende, kan ‘n mens vinnig die maats op spoor.
  • Maak sinne met die sinvolle woorde.
  • Weet julle wat die woorde beteken?  Vind gerus uit.
  • Skryf julle eie rympies.  Onthou dat die rymwoorde gewoonlik aan die einde van ‘n versreël staan.
  • Maak ‘n afskrif van die klas se rympies en bind dit in ‘n klasbundel (vir die leeshoekie).

Afhangende van die outjies se vaardigheidsvlakke, kan ‘n mens die rymwoorde tot kort woorde (een lettergreep) – met ‘n klinker, dan dubbelklanke, tweeklanke en drieklanke beperk.  Vir uitdagings, kan ‘n mens dan aan woorde met meer lettergrepe dink.

rymprent/muurkaart

rym pakket

Sien ook:  Flitswoorde/Woordfamilies

Fondsinsameling

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-07-20 at 22.22.04

Goue oues en ‘n paar nuwes…

  1. Hou ‘n dans:  Verskaf die tafels, stoele en musiek en verkoop die tafels of kry lede van die komitee om gasheer/-vrou per tafel te wees.  Gee pryse vir die kreatiefste tafel, ens.  Verkoop ‘n beperkte verskeidenheid eet- en drinkgoed soos koppies sop, water, koeldrank, skyfies of eenvoudige hamburgers.  Verskaf ys teen donasies.
  2. Hou ‘n pretloop/-draf.
  3. Sekere maatskappye neem hande met skole.
    1. Verkoop speserye.
    2. Verkoop sandale.
    3. Verkoop plante.
    4. Verkoop plakkers.
    5. Verkoop deeg.
    6. Reël ‘n boekverkoping by die skool.
    7. Smelt kooksjokolade en giet in vormpies.  Koel af en verkoop dit een-een.
    8. Smelt skywe glycerin seep (1 – 2 cm vir 30 sekondes op ‘n slag) in ‘n beker in die mikrogolfoond.  Giet in vormpies en plaas in die vrieskas.  Sodra geset, kan jy dit met kleefplastiek oortrek en verkoop.
      • Plaas ‘n 10c-stuk of plastiese speelding in die vorm voordat jy die seep giet.
  4. Reël ‘n musikant om by die skool op te tree.
  5. Doen navorsing oor fondsinsamelingsprojekte wat aan herwinning gekoppel is.
  6. Hou ‘n muntlegging en pak embleme en woorde wat aan die doel (bv. sporttoer) of skool gekoppel is.
  7. Sekere eetplekke hou spesiale aande (shadow evenings).  Doen gerus navrae.
  8. Sluit aan by My School.
  9. Doen navorsing oor fondsinsamelingswebwerwe.

Watter idees werk vir julle?

Julie Huiswerk

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-20 at 9.00.18

Julie Huiswerk

Hierdie maand hersien ons die Engelse sigwoorde en kombinasies.  Gebruik dit vir Graad 2 en 3 (of vir Graad 1 HL).

sight words 2015

Tik soekterme soos “Engels” by die bruin soekblokkie in en loer ook na die Drukbare Bladsye hier bo.

eksperimente

4 Kommentaar


eksperimenteVerskuif water (kapillêre werking)

Benodigdhede:

2 glase IMG_20160217_143141

Water

‘n Servet of handdoekrol

Voedselkleursel (jou keuse)

Veselpen

Proses:

  • Vul een glas met water en hou die ander een leeg.
  • Maak ‘n merkie by die borand van die vol glas en voeg kleursel by die water (indien verkies).
  • Rol of vou die servet op en knak in die middel.
  • Plaas een “been” van die servet in leë glas en die ander been in die vol glas.
  • Los dit so vir ‘n uur of twee en kyk wat gebeur!

Skei soutwater en sien hoe die water verkleur

Benodigdhede:

1K Warm Watersout

1/4K Sout

9V-battery

2 Vurke

Glasbak

Proses:

  • Vul die bak met water en sout.  Meng totdat die sout oplos.  Ons het dit vir ‘n minuut in die mikrogolfoond geplaas.
  • Hou die vurke regop in die oplossing en plaas die pole van die battery op/teen elkeen.  Wat gebeur?  Wat gebeur na sowat 5 minute?  en 10?

Vulkaan of Bruis-aksie

Benodigdhede:

Wit asyn

Koeksoda

Glas fles (een met ‘n nouer nek of ‘n wyer een – soos ‘n groter Purity bottel)

Kommetjie of ‘n wasbak.

Proses:

  • Kies ‘n dieperige fles en giet sowat ‘n ½ koppie asyn daarin.
  • Skep ‘n eetlepel bakpoeier en voeg dit by die asyn.
  • Plaas die fles in die kommetjie.
  • Staan terug en kyk hoe dit bruis.
  • Vir ‘n beter effek, kan ‘n mens voedselkleursel byvoeg.

Lawa: Olie en Water

Benodigdhede:

Kookolie

Water

Bruistablette (bv. Panado – selfs 1 teelepel Eno)

Voedselkleursel

Plastiekbottel of fles

Kommetjie of ‘n wasbak.

Proses:

  • Vul die bottel halfpad met olie en voeg dan water by tot net onder die nek.
  • Drup voedselkleursel by.
  • Plaas die bottel in die kommetjie.
  • Voeg die bruistablet by en kyk hoe die vloeistowwe vloei. Vir veiligheid kan ‘n mens die tablet in kwarte verdeel en stuk-stuk byvoeg.
  • Draai die prop op, skud en kyk hoe lank dit sal neem totdat die vloeistowwe weer skei.
  • ‘n Mens kan nog tablette by voeg.

Pofferige VerfDis

Benodigdhede:

Voedselkleursel

1E Bruismeel

1E Sout

Water

Kwas of skoon oorstokkies.

Dikkerige papier of karton.

Proses:

  • Meng die droë bestandele en drup water bietjies-bietjies by. Begin met ¼ t water en wissel af met druppels voedselkleursel. Meng dit totdat dit ‘n pasta vorm.
  • Skryf jou naam en spelwoorde of verf ‘n prentjie.
  • Plaas die kunswerk op ‘n bord in die mikrogolfoond. Verhit vir 30 sekondes en sien hoe die verf rys.
  • Dit behoort dadelik te set. Sodra die papier koel genoeg is, kan ‘n mens die prente en woorde uitknip en op ‘n groter karton plak.

Skrikkerige Peper

Benodigdhede:

1 teelepel fyn peper

Piering of bakkie

Water

Skottelgoedwasseep

Proses:

  • Skink genoeg water in die piering om die bodem te bedek.
  • Sprinkel die peper oor die oppervalkte van die water.
  • Doop ‘n vinger in die middel van die piering. Wat gebeur?
  • Smeer nou ‘n bietjie seep een jou vinger en doop dit weer in die water. Wat gebeur?

Reën in ‘n fles

Benodigdhede:

Flesrainglass

Skeerroom of spuitroom

Water

Blou voedselkleursel

Medisynedruppertjie of ‘n strooitjie

Proses:

  • Spuit die room in ‘n dik laag bo-op ‘n halwe fles water.
  • Suig die voedselkleursel in die druppertjie of strooitjie op en drup bietjies-bietjies deur die room.

Stel suurstof uit ‘n aartappel vry

Benodigdhede:

Aartappelskywe

Waterstofperoksied (Hydrogen Peroxide)

‘n Glas of glasbak

Proses:

  • Pak aartappelskywe in ‘n glasbak of in ‘n glas.
  • Giet sowat 125ml waterstofperoksied bo-oor die aartappel.  Wat sien jy?

Blaas ballonne op

Benodigdhede:

Koeksoda

Asyn

‘n Ballon

‘n Tregter

‘n Plastiek bottel

‘n Kommetjie

Proses:

  • Werk binne-in die kommetjie.
  • Trek die ballon oor die tregter se pypgedeelte en vul met koeksoda.
  • Vul die bottel halfpad met asyn.
  • Span en trek die nek van die ballon oor die opening van die bottel, maar moenie die ballon lig nie.
  • As die ballon netjies pas, kan jy die ballon lig.  Wat gebeur?

Eier in ‘n bottel

Benodigdhede:

1 hardgekookte, afgedopte eier

‘n klein kersie (soos op verjaarsdagkoeke)

vuurhoutjies

‘n bottel met ‘n nek wat effens nouer/smaller as die eier is

Proses:

  • Steek die kers aan en gly dit versigtig binne-in, teen die kant van die bottel af.
  • Plaas die eier regop in die opening van die bottel.  Wat gebeur?

Flubberflubberjuffer

Benodigdhede:

3/4K Koue water

1K wit gom (soos houtlym)

Voedselkleursel (eksperimenteer met kleure)

1/2K Warm water

1t Boraks

Twee bakke en ‘n teelepel

Proses:

  • Bak 1: Meng die koue water, gom en kleursel.
  • Bak 2: Los die Boraks in die warm water op.
  • Voeg die gommengsel stadig by die Boraksoplossing by en meng goed.
  • Gooi die oortollige water af en meng die flubber met die hand totdat dit geset het.
  • Hou die flubber in ‘n plastieksakkie of ‘n lugdigte houer.

3de Kwartaal

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-19 at 9.11.57 Screen Shot 2015-07-19 at 9.46.22

67 minute

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Madibadag het begin met 67 minute gemeenskapsdiens of -hulp op die 18de Julie, maar ‘n mens hoef dit nie tot een dag en ‘n paar minute te beperk nie.

  • Maak “Omgee”-pakkies (saam met jou ouers) op om by tehuise (bv. ouetehuise), gemeenskapsdienswerkers (bv. maatskaplike dienste, brandweer, polisie, verpleegsters, weermag…) uit te deel.  ‘n Motiverende boodskap is dikwels skaars en beteken baie.
  • Help vir Mamma of Pappa by die huis.  Probeer dit meer gereeld.
    • Maak die badkamer of kombuis netjies.
    • Vou die skoon wasgoed op.
    • Dek die tafel en dek dit na ete af.
    • Help hulle om inkopies te doen.
  • Help iemand in jou woonbuurt.
  • Skakel jou Oupa en Ouma of skryf vir hulle ‘n brief.
  • Maak jou kamer aan die kant en versamel ou speelgoed, kryte, inkleurboeke en krale om by ‘n skooltjie, ‘n nasorgsentrum of die kerk af te gee.
  • Lees ‘n boek vir ‘n boetie of sussie.
  • Hou jou ou flitskaarte en skoolwerk om vir ‘n maat, ‘n boetie of sussie te gee.
  • Kuier by bekendes en onbekendes in die hospitaal of ouetehuis.
  • As jy oulike vaardighede het (bv. rekenaarvaardighede, handwerk, kunstig), kan jy dit inspan om iets vir ander te skep of om vir iemand te help.
    • Bied aan om die rekenaaronderwyser te help – al is dit net om die rekenaars af te skakel aan die einde van die skooldag.
    • Brei of hekel lappies om ‘n wêreldkombers te skep.
    • Brei komberse in samewerking met jou klas of familie.
    • Ontwerp en stuur serpe vir Story Scarves.

Onthou dat jy nie noodwendig geld hoef te spandeer nie.  Hulpvaardigheid en ‘n glimlag is gratis.

madiba

Die getal: 67

Engels: Aanleer en Vaslegging

2 Kommentaar


English
Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan.  Die prente is voorbeelde daarvan.

Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind?

Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in sinne te gebruik.  Kies ‘n flitskaartgroep en gebruik die woorde saam met die verskillende sigwoorde in beskrywende sinne.  Skryf sinne met die kleurwoorde (of selfs hoeveelhede en dae) in die spesifieke kleure.  Speel “snap” of ‘n geheuespel indien jy twee stelle van die woorde (flitskaarte) gedruk het.  Indien jy die stippelsigwoorde gebruik, kan jy die woorde natrek wat jy reeds gebruik het om sodoende rekord te hou.

Hersien die klinker kombinasies (vowel blends/digraphs) en voltooi sinne met die onderskeie woorde.  Bespreek die moontlike vangplekke.  Kan die outjie ‘n persoonlike inligtingsvorm in Engels voltooi?  Hersien die skrif tesame met Engelse letterrympies.

Loer in die biblioteek na reekse soos Letterland – ‘n goue oue wat stories en liedjies vir elke letter of klank het.  Die storieboeke (ABC, Beyond ABC en Far Beyond ABC) sluit dikwels ‘n liedjie CD in en is ook in skryfbehoefte winkels beskikbaar.  Daar is heelwat gratis toeps (apps) vir selfone en tablette beskikbaar – wat aktiwiteite en luisterstories insluit.  Indien jy hierdie aspekte wil ondersoek, tik gerus soekterme soos iPad, Android, Leesreeks, e-boek, EngelsTeacha…by die bruin soekblokkie regs bo-aan dié blad in of loer na die lysie skakels onder die “Geletterdheid”-hofie aan die regterkant.

Phonics Stories
Letterland Teacher’s Guide
Jolly Phonics
Loer gerus hier na nog opsies.
Traditional-Alphabet-Names

English FAL Grade 1

English FAL Grade 2

‘n Vinnige waterspel aktiwiteit

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-04-14 at 18.35.54

“Water babies”, “water beads” of Jelliekrale vir sensoriese/waterspel:

  • Plaas in ‘n (deursigtige) plastiekbak – ‘n groter oppervlakte speel lekkerder – en vul met water. Voeg kort-kort water by totdat die krale lekker vet is.
  • Gebruik ‘n plat bak en vul die bak met opgepofde krale.  Versteek magneetletters en syfers op die bodem en vra dat die outjie sekere letters of syfers soek en uitlig.  Gebruik die tone indien julle lus het.
  • Indien jy bont kleure het, gee ‘n bakkie vir elke kleur en merk die bakkies met daardie kleure (kolle of woorde). Sorteer dan die kleure.
  • Smeer ‘n laag skeerroom op ‘n vlak skinkbord en bou prente, syfers, vorms of klanke in die room.
  • Kyk of die krale kan bons – in ‘n bak of bad.
  • Tap ‘n bietjie water in ‘n bad of klein swembadjie.  Skep die krale met ‘n klein netjie of ‘n lepel uit.
  • Indien julle kleurlose krale het:  Verflou verskillende kleure voedselkleursel (of waterverf) met water – in verskillende bakkies – en kyk hoe dit die krale in die onderskeie bakke verander.
  • Indien die skool ‘n ultravioletlig (black light) het:  Breek highlighters (veral heldergeel verligters) oop en sny die inkveselkussing oop.  Laat dit in ‘n bak dreineer en voeg ‘n paar jelliekrale daarin.  Voeg ‘n bietjie water by, skyn die lig daarop en kyk hoe die krale gloei.  Maak seker dat die verligter veilig is om te gebruik (non toxic).  Hierdie eksperiment kan dalk beter werk as ‘n mens ‘n deursigtige bak bo-op ‘n glas of draad tafel plaas – met die lig onder.
  • Voeg ‘n paar vet krale in ‘n plastiekglasie (of in ysbakkies) en vries.  Voeg die gevriesde blokkies in ‘n waterbak en speel daarmee totdat dit smelt.  Kyk wat sal gebeur as ‘n mens die krale in ballonne laat swel en vries.

Lekker speel!