Tuis

Bandanadag

Lewer kommentaar



Dit is weer een van die dae BANDANA-dag ter ondersteuning van die Sonneblomfonds se navorsing oor leukemie. Die bandana’s begin nou by die winkels instroom en met elke kopie word geld bewillig vir die stryd teen kanker. Dit is die 10de jaar dat ons bandana’s koop en hierdie jaar het hulle die vriendelike Mickey Mouse daarop aangebring. Dit is nou kindervriendelik en verskyn in pragtige kleure. Koop ‘n Bandana teen R20 elk om jou ondersteuning aan leukemie-navorsing te bied.  DJ FRESH doen dit…jy kan dit doen deur ‘n My School-kaart aan te skaf.  Dit is daardie kaarte wat geld aan ‘n organisasie of skool skenk met elke kopie by ‘n Woolworths-winkel.

Wat kan jy vir dié dag doen? (Buiten die belangrike ondersteuning soos op The Sunflower Foundation se webtuiste uitgestip.)

  • As die dag verby is kan jy haarrekkies maak.  Sny die lap in stroke, vou in die lengte en werk ‘n stuk rek binne in vas.
  • Werk ‘n paar bandanas aan mekaar vas en gebruik dit as ‘n tafeldoek.
  • Maak somerhempies.
  • Maak strooikussings.
  • Maak ‘n potloodsakkie.

…en al wil jy niks juis met die bandanalappie doen nie, sal die skenking beslis help.

nog idees sal volg

Boek Buddies Opvoedkundige Teater

Lewer kommentaar


Lizé Crouse van Boek Buddies het vir my die volgende inligting gestuur.  Lees dit gerus en kontak haar direk indien jy of jou skool belangstel. (lizecrous@hotmail.com)

Boek Buddies Produksie is geskep n.a.v die behoefte om lees in Afrikaans te bevorder. Die feit dat kinders minder lees is egter ‘n groot kommer vir talle ouers en onderwysers.

Hoe kan ons dan weer die belangstelling vir lees by kinders kweek? Boek Buddies beeld boeke fisies uit deur middel van drama!

Boek Buddies bestaan uit ‘n groepie professionele akteurs wat kinders d.m.v. drama aanmoedig om meer te lees. Ons neem uittreksels uit verskillende ATKV-kinderboektoekennings boeke en voer dit in ‘n  interessante en energieke manier op wat die leerlinge se belangstelling sal prikkel. Ons voer egter nie die hele boek op nie, want ons wil die leerlinge aanspoor om self die boeke klaar te lees. Boek Buddies laat die karakters in die boeke lewendig word en die leerders kan met die karakters identifiseer wanneer hulle die boeke weer op hul eie lees. Ons wil ook graag die leerlinge en skole aanmoedige om aan die ATKV-Kinderboektoekennings deel te neem. So bemark ons nie net die Afrikaanse taal nie, maar ons wys vir kinders dat lees lekker kan wees!

Boomplantweek: 1 – 7 September

Lewer kommentaar


elders

Dit het my skielik vanmiddag getref – dit is Boomplantweek!  Ek kan nie glo dat die kwartaal so met my weg gehardloop het dat ‘n mens so ‘n belangrike tyd kan vergeet nie…en hoekom is die media so stil oor ‘n tydperk wat in my kinderdae hoë aansien geniet het?

Dalk moet ons hierdie week bome vier en versier soos die mense in Indië met olifante maak. Bome is immers gerespekteerde lugsuiweraars, asemskenkers en tuiste van menigte verbeeldingsvlugte, kabouterdorpies en goedkoop klimrame! Dalk moet ons hierdie week behoorlik bossies raak en koorsbome optooi in vrolike kinderversierings…Hang voëlvoerdertjies uit die bome, bou boomhuise (op die grond) uit ou kartondose, skaf kompos aan vir die wortels, hou ‘n donasieblikkie op die lessenaar vir die aankoop van bome of die versorging van bestaande bome…
Praat oor die gebruike van bome, waar papier vandaan kom, hoekom boeke so kosbaar is en waarom ons bome as lugsuiweraars moet koester.  Hang sigwoorde uit takke of raaisels en rympies.  Terloops…is dit nie dalk tyd vir ‘n nuwe boekhoekie nie?

(boomplantweek)

%d bloggers like this: