Sonneblomdag (die voormalige Bandanadag) word vanjaar op die 16de September gevier. Daar is ‘n aparte Bandanadag op die 28ste Oktober sal wees – ter ondersteuning van kankernavorsing (spesifiek: Leukemie). Loer gerus na vorige jare se idees, deur op die onderstreepte woorde hier bo te klik 🙂
Casual Day en Sonneblom Dag
Augustus 27, 2021
afrikaans bandana, casual day, sonneblom, superheld, superhero Lewer kommentaar
Casual Day is vanjaar 27 jaar oud. Mense word aangemoedig om pers te dra (powerful purple) ter bewusmaking van mense met gestremdhede. Vanjaar val dit toevallig saam met die Paralimpiese Spele. Dra vanjaar sommer enige uitrusting wat jou ‘n ekstra huppel in jou stap gee.
Sonneblom dag het Bandana dag vervang, maar het steeds dieselfde doel voor oë.
Sonneblomdag
September 3, 2019
afrikaans sonneblom, Sonneblomdag Lewer kommentaar

Sonneblomdag het Bandana dag vervang, maar word steeds gevier om bewustheid vir leukemie te skep. Loer gerus na vorige inskrywings en idees om die Sonneblomfonds te ondersteun.
Sonneblom
Augustus 11, 2016
afrikaans blomme, kuns, Lente, sonneblom Lewer kommentaar
Sonneblomdag vervang nou die bekende Bandanadag en word op die 16de September gevier. ‘n Mens kan dalk sade of klein plantjies verkoop as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Sonneblomfonds.
Ontkiem sonneblomsade in watte of grond binne-in ‘n oop glasflessie of deursigtige plastiekglasie. Wanneer die plantjie sterk genoeg is, kan ‘n mens dit in die tuin of diep blompotte oorplant.
Boekmerk, Inkleurprent, Lewenssiklus (kleurprente)
Sonneblomme maak pragtige kunswerke. Dink net aan Van Gogh se skilderye. Gebruik pastelle of dik, pastaverf in skakerings van son- of eiergeel, grasgroen, koningsblou, bruin, swart en wit. Teken die buitelyne met ‘n potlood en begin inkleur. Werk in dieselfde rondings en rigting as die buitelyne en betrek verskillende skakerings van geel in die blomblare, skakerings van groen in die stingel en skakerings van bruin in die blomkop. Gebruik skakerings van blou (met wit) in die lug en hou die kwashale of lyne skerp en duidelik. Geen vermenging.
‘n Mens kan groot bladsye vooraf voorberei deur die lug en grond (gras) met dwars hale of lyne te bedek. Teken of verf die sonneblomme apart, knip uit en plak dit bo-op die droë agtergrond. In plaas van geverfde blomme, kan ‘n mens ook oranje en geel bottelproppies gebruik. Vou koffiefilters herhaaldelik in die helfte totdat daar slegs ‘n smal strokie oor is, vou dit oop en plaas op ‘n bord of ‘n plat bak met ‘n bietjie water daarin. Drup eiergeel voedselkleursel (met ‘n bietjie bruin verf by gemeng) in die middel van die filter en kyk hoe dit versprei. Gebruik die filterblomme bo-op die agtergrond sodra dit droog is.
Bedruk kurkdrupmatjies met verskillende skakerings bruin verf. Knip sonneblomblare uit geel viltlap, vou die reguit randjie toe en gom of kram dit vas. Knip ‘n stingel en blare uit groen viltlap. Spasieer die geel blare en stingel om te drupmatjie en plak die matjie bo-op die lap. ‘n Mens kan ook snesiepapier of gewone geel papier gebruik (skeur en plak).
Tik gerus soekterme soos “lente, bandana, bye…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Bandanadag
September 26, 2010
afrikaans bandana, bewusmaking, kanker, sonneblom, Sunflower foundation Lewer kommentaar
Dit is weer een van die dae BANDANA-dag ter ondersteuning van die Sonneblomfonds se navorsing oor leukemie. Die bandana’s begin nou by die winkels instroom en met elke kopie word geld bewillig vir die stryd teen kanker. Dit is die 10de jaar dat ons bandana’s koop en hierdie jaar het hulle die vriendelike Mickey Mouse daarop aangebring. Dit is nou kindervriendelik en verskyn in pragtige kleure. Koop ‘n Bandana teen R20 elk om jou ondersteuning aan leukemie-navorsing te bied. DJ FRESH doen dit…jy kan dit doen deur ‘n My School-kaart aan te skaf. Dit is daardie kaarte wat geld aan ‘n organisasie of skool skenk met elke kopie by ‘n Woolworths-winkel.
Wat kan jy vir dié dag doen? (Buiten die belangrike ondersteuning soos op The Sunflower Foundation se webtuiste uitgestip.)
- As die dag verby is kan jy haarrekkies maak. Sny die lap in stroke, vou in die lengte en werk ‘n stuk rek binne in vas.
- Werk ‘n paar bandanas aan mekaar vas en gebruik dit as ‘n tafeldoek.
- Maak somerhempies.
- Maak strooikussings.
- Maak ‘n potloodsakkie.
…en al wil jy niks juis met die bandanalappie doen nie, sal die skenking beslis help.
nog idees sal volg
Woorde