Vanjaar is die Biddag vir Onderwys en Opvoeding op die 13de Februarie. ‘n Mens kan altyd dié dag ook net voor of na die naweek vier.
Dag van die tweë
Januarie 24, 2022
afrikaans twee Lewer kommentaar
Elders gaan skole ‘n bietjie pret met die 22ste Februarie 2022 hê en aandag aan die syfer 2 skenk. Indien die kinders nie op die 22ste by die skool is nie, gaan hulle die 2de gebruik. Daar is ‘n verwante fees later in die jaar, maar op hierdie dag kan ‘n mens die syfer, getalnaam, hoeveelheid en verwante woorde hersien.
Lees boeke deur Desmond Tutu (Bv. Children of God, My Jesus, God’s dream).
Dra ‘n tutu (balletrompie).
Tel in veelvoude van twee.
Spring dubbelvoet of volg ‘n hindernis deur herhaaldelik dubbelvoet te hop.
Vra die outjies om foto’s, van toe hulle twee jaar oud was, skool toe te bring en kyk of hulle mekaar kan identifiseer.
Begrawe ‘n tydkapsule op die 22ste Februarie en poog om dit op die 3de Maart 2033 oop te maak.
Wat gaan julle doen om hierdie unieke datum te vier?
Luidleesdag
Januarie 17, 2022
afrikaans lees idees, luidleesdag Lewer kommentaar
Luidleesdag word vanjaar wêreldwyd op die 2de Februarie gevier. Loer gerus na vorige plasings en die kieslysie hier bo. Hoe gaan julle die dag geniet?
Voorspoed
Januarie 11, 2022
afrikaans nuwe skooljaar, voorspoed 2 Kommentaar
Snuffel gerus deur die skakels in die verkorte inhoudsopgawe hier aan die regterkant of tik soekterme soos “abc skryf, potloodgreep, abc uitspraak, syfers, vorms, klanke, hersien, lees, leesreeks, leeslys, wiskunde huiswerk, sigwoord, flitskaart, naamkaartjies, boek oortrek, rympies…nuwe skooljaar, terug skool toe…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir velerlei idees.
Die nuwe skooljaar
Januarie 8, 2022
afrikaans gereed, nuwe skooljaar, skool, terug skool toe Lewer kommentaar
Hier aan die begin van ‘n nuwe skooljaar wonder ‘n mens hoe die jaar sal lyk en wat ‘n mens kan verwag. Sal die jaar iewers ‘n geleentheid bied om weer normaal te kan skool gee of sal afstandsonderrig en grendeltydperke deel van ons moderne menswees? Hoe dit ookal sy, kan ons kies om met ‘n positiewe gesindheid die jaar aan te durf en om seker te maak dat al die dingetjies in plek is om elkeen met dié proses te help.
Verseker dat die tas skoon is en dat die bande korrek pas. Merk die tasse en benodigdhede met ‘n unieke plakker of beskerm ‘n papierstrokie met breë verpakkingskleeflint (bv. aan die binnekant van ‘n tas of ‘n dagboek). Dink aan eetgoed vir die kosblik en koop dalk ‘n goeie kossak/koelsak vir die somersdae. Tasse staan immers dikwels buite in die son.
Oefen om klere aan en uit te trek – veral met sport en liggaamsopvoeding in gedagte. Kan die outjies die skoenveters vas maak? Outjies wat dalk linker- en regterskoene verwar, kan daarby baatvind as ‘n mens ‘n groot plakker in die helfte knip en in die skoene plak. Die outjies kan dan die ‘legkaart bou’ om die skoene uit te ken. ‘n Ander gedagte is om ‘n kolletjie op die skoensole te maak waar die skoene aan mekaar moet raak.
Begin nou al om sekere roetines te oefen – soos om soggens op te staan, gesig te was, aan te trek, ontbyt te eet en om tande te borsel. Die gedagte is dat wanneer almal so vroeg moet op staan, elkeen sy roetine sal ken en dat dit makliker sal wees om skool toe te gaan. Wys vir elkeen waar hulle smiddae hul tasse gaan neersit en ruim ‘n oulike plekkie in om huiswerk te doen. Versier ‘n leë blikkie of twee vir al die potlode of penne wat tuis gebruik sal word en dink aan idees hoe julle die boeke sal oor trek. Gaan julle die boeke verf, bruinpapier kies of gaan julle toepaslike tydskrifprente kies? Loer dalk na duursame oorglipplastiek – wat ‘n mens dalk in die toekoms op ander boeke kan gebruik.
Lees ‘n storie of twee oor skool of gesels oor al die lekkertes wat ‘n mens kan verwag – soos baie maats, ‘n juffrou of meneer, sekere vakke of sekere geleenthede. Gesels ook oor tammeletjies soos wat ‘n mens moet doen om veilig te wees – nie net in terme van vreemdelinge nie, maar ook in terme van die pandemie. Ken die outjie sy of haar telefoonnommers om ouers te kontak?
Opvoeders het ‘n ander lys idees om in gedagte te hou. Loer gerus hier na idees vir die eerste dae, ‘n paar pasella goedjies, idees om die klas gereed te kry en loer na webwerwe of tydskrifartikels wat jou ek ekstra huppel in die stap sal gee.
Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant en tik gerus soekterme soos Skoolgereed, Groot Skool, Intervensie, Inklusiewe Onderwys, Ondersteuning, Klanke, Hersien, Wiskunde, Flitskaarte, ens. by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir velerlei idees en drukbare moontlikhede.
‘n Fondsinsamelings uitdaging vir ‘n goeie doel
Januarie 5, 2022
afrikaans diere, fondsinsameling 2 Kommentaar

Die #BettyWhiteChallenge word elders vir Betty White se 100ste verjaarsdag beplan. ‘n Fondsinsamelingspoging is aangewakker om geld vir dierebeskermings organisasies in te samel – iets wat baie na aan haar hart was.
Die skool is dalk nie vir almal oop nie, maar ‘n uitdaging om R1,70, R17, R170, 100c, R100, 1, 17 of ‘n 100 houers kos vir ‘n organisasie van jou keuse in te samel, kan ‘n groot verskil maak – al was Betty nie Suid-Afrikaans nie 🙂
Woorde