Kinderrympies is maar redelik skaars op die internet. Die volgende skakels sal jou na webtuistes lei waar jy ‘n paar goue oues kan ontdek:
- Gediggies-rympies-liedjies-bk
- Liedjies-bk
- Gediggies-rympies-liedjies-bk
- Perdjie
- Bobbejaan-kabouterman
- Blink-vorsperd-kat-kom-weer
- Liedjies-as-rympies
- Mandjie-tannie-slaap
- Duif-hansie
- Hande-vingers
- Hoendertjie-trein-wielie-walie
- Duimpie-apie
- Groot Skool Gediggie
- Kleuters
- Afrikaans
- Kinderwerf
- Versies LinderOpperman1961 Deel 1
- Versies LinderOpperman1961Deel 2
- Antjie Krog se gedigte (bv. Ma, Wiskunde)
- Ek het ‘n huisie by die see (HA Fagan)
- Peuters
- Afrikaanse-Voorgeskrewe-Gedigte_Hdbg-Eisteddfod_2017
- Karoo Eisteddfod se voorbeelde (volgens grade)
- Eisteddfod Gr. 1
- Verskeie grade 2016
- Verskeie grade 2017
- Drakensbergskool
- Verskeie voorgeskrewe gedigte
- Eisteddfod Verskeie
- Engels
- Engels 3/4
- Engels 5/6
- Moontlike gedigte
- Possible poems
- Jaco Jacobs
- C. Louis Leipoldt (As mens oud word)
- 100 Gewildste gedigte
- Diere gediggies vir kindergesiggies
Nog opnames van die alfabetrympies
Grondslagfase Gediggies en Versies 1: Grond, Geld, Hemelruim, Vervoer, Water, Familie, Vrugte, Tyd, Skool, Diere (troetel-/plaas), Donderweer, Dae, Seisoen, Gogga, Herwin, Was, Telrympie, Warm en Koud…
Grondslagfase Gediggies en Versies 2: Sirkel, Driehoek, Reghoek, Sfeer, Kubus, Keël, Wurm, Mier, Muskiet, Grondspel, Ons vlag, Suid van die ewenaar, Einde van die jaar, Oupa, Ouma…
Grondslagfase Gediggies en Versies 3: Atletiek, ‘n Nuwe Uniform, Juffrou, Die tannie in die kantoor, Groet, Ons klas, Kleure, Veilig, Krag, Skerp, Water, Deur, Venster, Vuur, Sintuie, My Liggaam, Vlinder, Slakkie, Vlooi, Ons hond, Kat, Miere, Die foon, Kommunikasie, Trekker, Ballon, Reise, Kos, Ouma se ete, Tante Getruida se trui, Soet, Koei, Kraai, Ooi, Meeu, Tradisie (in ons land)…Klinkerrympies
Diere gediggies vir kindergesiggies: aap, bobbejaan, olifant, tier, leeu, renoster, seekoei, kameelperd, uil, beer, hond, kat, vis, haai, pelikaan, seekat, skaap, volstruis, bok, donkie
Apr 18, 2013 @ 09:42:53
More. Ek soek na die woorde van die rympie die teepot. Ek, is ouma van vyf kleinkinders en help hulle al te graag met hulle skooltake. Ek sal dit so waardeer indien jy my op die regte pad kan wys. Ek het nou reeds soveel soeke gedoen op die internet maar kry niks nie.
LikeLike
Apr 18, 2013 @ 20:31:27
Middag, Pamela 😉 Dit is eintlik ‘n Engelse liedjie wat in Afrikaans vertaal is deur Phillip de Vos en Moira Kemp. Die hardeband boekie behoort in biblioteke beskikbaar te wees 😉
LikeLike
Jul 01, 2013 @ 13:55:04
Middag Juffer. My naam is Gerda en ek is op soek na ‘n gedig deur Phillip De Vos met die titel: Goggas of Al die Goggas. Ek kan nie meer onthou wat die titel presies is nie. Ek wil graag die gedig gebruik vir Eisteddfod. Baie dankie
LikeLike
Aug 19, 2013 @ 13:07:46
Ek is op soek na ‘n rympie vir Gr R oor Rommel
LikeLike
Aug 19, 2013 @ 18:35:02
😉 Wat van “Morsjors“?
LikeLike
Mei 08, 2018 @ 17:30:41
ek is op soek na n gedig oorgesonde kos
LikeLike
Mei 09, 2018 @ 00:41:33
Hi, Alida 😉
Loer gerus na die Gediggies & Versies opsie:
Grondslagfase Gediggies en Versies 1: Grond, geld, hemelruim, vervoer, water, familie, vrugte, tyd, skool, diere (troetel-/plaas),weer, seisoen, gogga, herwin, was…Grondslagfase Gediggies en Versies 2: Verskeie vorms, wurm, mier, muskiet, grondspel, ons vlag, einde van die jaar, oupa, ouma…Grondslagfase Gediggies en Versies 3: Atletiek, ‘n Nuwe Uniform, Juffrou, Die tannie in die kantoor, Groet, Ons klas, Kleure, Veilig, Krag, Skerp, Water, Deur, Venster, Vuur, Sintuie, My Liggaam, Vlinder, Slakkie, Vlooi, Ons hond, Kat, Miere, Die foon, Kommunikasie, Trekker, Ballon, Reise, Kos, Ouma se ete, Tante Getruida se trui, Soet, Koei, Kraai, Ooi, Meeu…Klinkerrympies
Sou ‘n mens die lirieke van liedjies kon gebruik?
LikeLike
Aug 22, 2013 @ 10:29:56
Hallo, ek is op soek na rympies oor jou huis
LikeLike
Aug 26, 2013 @ 18:25:36
Middag, Petro 😉 Loer gerus na die skakels. Ek vermoed daar is so ‘n rympie iewers. Ongelukkig kan ek nie tans aan een dink nie 😉
LikeLike
Apr 07, 2014 @ 12:59:51
Hallo ek is opsoek na liedjies, gedigte of rympies oor ‘n brandweerman?
LikeLike
Apr 14, 2014 @ 18:17:01
Middag, Meliné 😉 Ek is nog besig om te soek. Kan Kleuters se take en hierdie Engelse gediggie dalk intussen help?
“10177
Een maer mannetjie,
Een met ‘n boep.
Nog ‘n maer mannetjie
En twee met ‘n hoed.”
“Ek wens ek was ‘n brandweerman,
Met stewels en ‘n hoed.
Dan ry ek met my brandweerwa
En maak ek toet-toet-toet.
Geen vuur is vir my te groot
Ek spuit dit vinnig dood.”
Florence het gegee.
“Ja meneer, ja meneer, ek kom sommer nou. Brandweerman,brandweerman kom tog gou gou. Ja meneer ja meneer ek kom sommer nou. Hier kom die brandweerwa so vinnig aan gejaag, dit het nie lank geduur of hulle blus die vuur….op Jingle Bells wysie” Elri het gegee.
“Ek is n brawe brandweerman. Met n donkerblou woljas aan. n harde hoed beskerm my kop. Ons ry gewoonlik in n bloedrooi trok.” Esmerelda het gegee.
LikeLike
Jun 10, 2014 @ 14:34:21
Hello hello. Ek is opsoek na n oulike gediggie vir Vadersdag :).
Help asb dis vir n 2jarige seuntjie
LikeLike
Jun 10, 2014 @ 20:17:12
Ongelukkig het ek nie ‘n rympie nie, maar dalk kan hierdie kaartjie-idee help 😉
LikeLike
Aug 16, 2014 @ 15:26:20
Hallo ek is opsoek na n lekker storie vir Gr 3 oor intensiewe vorme en vergelykings, ek dink dalk in die lyn van n dierestorie.baie dankie
LikeLike
Des 14, 2014 @ 00:55:59
Ek het ongelukkig net ‘n skakel na idiome, maar Holderstebolder het ‘n lysie intensiewe vorme.
LikeLike
Sep 16, 2014 @ 22:32:16
Ek is opsoek na die teepot rympie wat mens met een hand in die sy sy handvatsel en die ander arm sy tuit mee maak as mens hom opsê. Mariannepretorius100@gmail.com. Dankie!
LikeLike
Des 14, 2014 @ 00:28:34
Hallo, rightsdialogue 😉 Moira Kemp het so ‘n boekie/rympie geskryf. Dalk is dit in jou naaste biblioteek beskikbaar.
LikeLike
Mar 12, 2019 @ 16:13:29
Die gediggie lui as volg: Ek is die teepot, Vet en rond. Hier is my arm en hier is my tuit. Tel my op en skink my uit.
LikeLike
Okt 13, 2014 @ 20:00:20
Hi Ek is op soek na ‘n rympie vir leerders om te leer in 2’s tel? Bestaan daar so iets in Afrikaans?
Dankie!
LikeLike
Des 13, 2014 @ 23:41:46
Ek sal soek, maar is nie seker nie 😉 Dalk kan die veelvoude werksvelle intussen help.
LikeLike
Okt 16, 2014 @ 06:35:44
Ek is opsoek na ‘n rympie/s oor die alfabet, asb.
LikeLike
Des 13, 2014 @ 16:58:36
Alfabetrympies 😉
LikeLike
Okt 24, 2014 @ 11:05:22
Hello Juffrou, ek is opsoek na ‘n oulike rympie vir my klas se muur oor graad r of kleuterskool. Een in Engels en een in Afrikaans aangesien ek dubbel meduim klas het. Kan jy my asb help. Juffrou groete
LikeLike
Des 15, 2014 @ 01:01:13
Ek is besig om te soek, maar kry nie juis antwoorde nie 😉
LikeLike
Nov 04, 2014 @ 17:18:26
Hi ek is opsoek na ñ gedig oor vertroue
LikeLike
Mar 09, 2015 @ 13:05:32
Kan iemand my dalk help met die woorde van Straatveers in die Herfs
LikeLike
Mar 10, 2015 @ 15:46:08
Hallo, Ghoempie 😉 Ek soek…en het ‘n vraag op Facebook geplaas. 😉
LikeLike
Mar 10, 2015 @ 18:48:41
“Die straatveer in die herfs: Anna Duraan. Ek vee en vee die hele dag, Die blare val so by die vrag, Hoe hard ek ook al wil probeer, Die werk word net maar meer en meer. Hoe hou ek nou die strate mooi, Die wind hou aan met blare strooi. Dis die dat ek van winter hou, al krimp ek ook ineen van kou. Hier val dit weer. Dis nou te erg! Dis net die wind wat my so terg. Want vee ek hier, dan mors hy daar, en so kry ek so nooit nie, nooit nie klaar.” Carmanthea het vir ons gehelp 😉
LikeLike
Mar 11, 2015 @ 07:45:44
Baie dankie ek waardeer u hulp baie
LikeLike
Mar 13, 2015 @ 15:56:50
😉 Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Apr 13, 2015 @ 19:06:34
Hi, ek is opsoekna n oulike afrikaanse rympie en liedjie oor vorms, asook oor sintuie?
LikeLike
Apr 14, 2015 @ 19:07:56
Middag, Anneline 😉 Ek is ongelukkig nie seker watter van die skakels dit in het nie, maar daar behoort iets oor sintuie te wees. Jy kan wel les-idees in verband met die sintuie en vorms kry indien jy “liggaam”, “sintuie” of “vorms” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in tik.
LikeLike
Sep 06, 2016 @ 15:02:50
Anneline, Ek is ook opsoek na rympie oor vorms. As jy dalk al iets gekry het, laat my asb weet waar. Frik
LikeLike
Apr 24, 2015 @ 10:56:29
HI daar ek soek hulp asb, my seun in graad vir kom k=met die volgende by die huis en soek n antwoord.
Glas blink, nerens stink, orals vars, voetjies knars. Drie nege nul vyf uit sewe – voltooi die siklus moenie kul! herhaal dit 4x… gee jou antwoord in jou eie taal.
Ek het al oral gaan soek en kan niks kry nie. Kan jy asb help.
Groete Ilona
LikeLike
Apr 25, 2015 @ 13:03:49
Ilona, hierdie raaisels vang my altyd. Ek herhaal op my Facebookmuur en laat weet jou sodra ek ‘n antwoord kry. 😉
LikeLike
Apr 28, 2015 @ 18:51:00
hello ek soek n gedig met die naam My boetie is n alien.
LikeLike
Jun 18, 2015 @ 08:30:53
Hi ek is opsoek na ‘n gedig vir my dogtertjie sy is graad 2.
LikeLike
Jun 23, 2015 @ 16:42:02
Loer gerus na die skakels in dié skrywe. 😉
LikeLike
Jul 14, 2015 @ 15:05:55
Hi , ek so ek n rympies oor jagters of jag.
LikeLike
Jul 16, 2015 @ 15:31:41
Middag, Slicia 😉 Loer gerus na “Muskietejag” hierbo of na Kinderwerf se voorbeelde.
LikeLike
Jul 24, 2015 @ 19:37:28
Hello ek is op soek na die gediggie: my ma se skoene
LikeLike
Jul 26, 2015 @ 04:01:06
Hallo, Ronel 😉 Ek het op my Facebookmuur navrae gerig, maar nog geen antwoorde gekry nie.
LikeLike
Jul 27, 2015 @ 13:19:50
Die gedig se naam is blykbaar Winkel-winkel? Kan iemand help. Dit begin met vanmiddag speel ek Winkel-winkel met my ma se skoene
LikeLike
Sep 25, 2015 @ 07:49:12
Hi. Ek soek n gediggie oor lekkers of lekkergoed vir graad 2
LikeLike
Okt 03, 2015 @ 14:51:41
Ek is op soek na die woorde van Skoenlapper. Ek weet die eerste sin begin Skoenlapper skoenlapper vlieg deur.Klap met jou vlerke…….
LikeLike
Okt 04, 2015 @ 17:23:29
Dalk die tweede strofe hier: Leipoldt ?
😉
LikeLike
Feb 15, 2016 @ 14:48:03
Goeie dag. Ek is opsoek na n rympie oor noodhulp
LikeLike
Feb 16, 2016 @ 16:07:33
Hallo, Zelna 😉
Ek kan nie nou aan een dink nie, maar sal navrae rig.
LikeLike
Apr 04, 2016 @ 16:15:53
Middag, ek is opsoek na ‘n rympie of liedjie wat jy vir ‘n graad R kind kan aanleer oor wiskunde verkieslik afrikaans.
LikeLike
Apr 05, 2016 @ 02:17:25
Hallo, Chrisri 😉
Daar is telrympies in die skrywe hierbo. Loer veral na die LinderOpperman versies.
LikeLike
Apr 10, 2016 @ 17:03:26
Ek is n Gr. R Juf. Ek is op soek na rympietel voorbeelde asb.
LikeLike
Apr 13, 2016 @ 02:04:20
Loer gerus na “versies-linderopperman1961 Deel 1” in hierdie skrywe. Dit het ‘n oulike gediggie of twee.
LikeLike
Apr 16, 2016 @ 16:24:19
Goeiemiddag, ek is opsoek na ‘n bekende gediggie met digter se naam vir my Graad 2 seuntjie, Hulle moet dit die week opse en goed gebruik en bewegings daarby he. Groot asseblief. Ek het huiswerk op Communicator gekry en wil he hy moet dit begin voor berei maar ek kry niks op die web nie..
Byvoorbaat Dank
LikeLike
Apr 17, 2016 @ 02:50:12
Hallo, Trudy 😉
Die Opperman-bundel het gediggies van bekende digters soos Alba Bouwer daarin. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mei 31, 2016 @ 11:13:15
Hello…
As iemand dalk vir my n gediggie het wat ek kan gebruik vir die skool se eistedfod sal ek dit wardeer. Dis vir graad 6.
Ek het al oral gesoek.
Die gediggie kan oor enigeiets wees…
Dankie
LikeLike
Mei 31, 2016 @ 17:05:44
Hallo, Liza 😉
Wat van hierdie gedigte?
LikeLike
Aug 23, 2016 @ 22:06:25
Die fb page is werk like relevant en so oulik!
Baie dankie daarvoor!
Sal graag ee-posse wil ontvang.
Baie dankie,
Kobie Pretorius
LikeLike
Aug 23, 2016 @ 23:00:04
Dankie, Kobie 😉
Ek sal jou op die lys plaas.
LikeLike
Sep 05, 2016 @ 19:12:57
ek kort ‘n gedig ver my graad 8 drama klas dit moet af speel of soos in ‘n klein dorp
LikeLike
Sep 06, 2016 @ 03:05:39
Hallo, Waldo 😉
Loer gerus op Vers Indaba, Onnies Online of LitNet. Hulle mag dalk gedigte vir ouer grade hê.
LikeLike
Sep 08, 2016 @ 19:31:04
hi ek nodig ‘n kort rympie amper soos ‘n “slogan” vir n skool taak vir lewensooreenteering kan julle my dalk een gee want ek soek orals maar kry dit net in engels en as ek dit vertaal klink dit nie reg nie ek kort dringene hulp ASB
LikeLike
Sep 09, 2016 @ 02:16:19
Hallo, Natasha 😉 Wat is die onderwerp of tema? Waaroor moet dit gaan?
LikeLike
Sep 18, 2016 @ 11:15:04
More kan enige iemand my help. Ek is opsoek na Afrikaanse rympies oor syfer asseblief
LikeLike
Sep 18, 2016 @ 14:51:40
Die LinderOpperman rympies het telrympies. Loer gerus na die skakel in die skrywe 😉
LikeLike
Sep 27, 2016 @ 12:38:03
Hi. Ek is opsoek na kort gediggies oor kinders wat swem, in water baljaar, waterkaskenadis ens. Ek sal dit hoogs waardeer vir engine idees. Dankie.
LikeLike
Sep 27, 2016 @ 13:27:36
Middag, Cindy 😉
Ek kan nie tans aan een dink nie. Griet en Pieter en die een oor visvang hierbo mag dalk kan werk. Kan ‘n mens die liedjie “Kinders moenie in die water mors nie…” gebruik?
LikeLike
Sep 27, 2016 @ 14:19:29
Meksien het jy dalk ‘n ander voorstel of idees. Ek is besig met my seun se verjaarsdag uitnodiging en dit gaan ‘n swembad-partytjie wees. So ek soek ietsie oulik en kort wat oor waterpret of swem of iets in die lyn gaan.
LikeLike
Sep 27, 2016 @ 23:32:11
Miskien kan van hierdie idees help 😉
LikeLike
Sep 28, 2016 @ 17:15:24
Dankie vir die hulp, dit word hoogs waardeer.
En ek is so bly ek het op jou website afgekom, die hulp bornne wat jy bied is fantasies. Ek het jou sommer dadelik in my bookmarks gesave.
LikeLike
Sep 29, 2016 @ 01:35:33
Baie dankie, Cindy 😉
LikeLike
Okt 18, 2016 @ 13:21:51
Hallo, ek is opsoek na ‘n rympie. My dogter verlaat haar “cresche” om “groot skool” toe te gaan. Ek het net die eerste twee reels van die rympie by iemand gekry (het gedink ek kan dit “google” en sal dit vinnig opspoor maar kry dit nerens). Ken julle dalk die rympie ? Of het julle dalk ‘n oulike gediggie?
Grootmens skoene trek ek aan
Gereed om groot skool toe te gaan
Baie dankie
LikeLike
Okt 19, 2016 @ 12:58:26
Middag, Marietha 😉
Ek het probeer navrae rig, maar dit klink nie asof iemand dit ken nie. Ek het ‘n vermoede dat Kinderwerf dalk so iets gehad het. Hoor gerus by hulle 😉
LikeLike
Jan 23, 2017 @ 21:59:41
Ek probeer uitvind wie het die gediggie, Amandels het n harde dop, geskryf. Kan iemand my help asb. ?
LikeLike
Jan 24, 2017 @ 05:12:32
Hallo, Cornet 😉 Ek het probeer navrae doen, maar dit lyk asof die digter ons ontglip het. Dit is ‘n anonieme gedig in die Linder-Opperman digbundel 😉
LikeLike
Feb 10, 2017 @ 18:12:34
Goeie dag, ek’s asseblief opsoek na n liedjie oor noodhulp vir ny gr 3 kind. Dit moet op n liedjie se wysie gesing word. Ek sal dit so waardeer as iemand my asseblief hiermee kan help.
LikeLike
Feb 11, 2017 @ 16:09:28
Hallo, Lynette 😉
Ek het navrae gerig en self probeer soek, maar kry nie tans so ‘n liedjie nie. Ek wonder of kleuterskooljuffrouens dalk kan help…
LikeLike
Feb 22, 2017 @ 13:21:08
Goeie more, ek is opsoek na a gedig met 2 strofes per verse en totaal 4 verse wat oor ‘n kleur of kleure gaan. Kan iemand help
LikeLike
Feb 23, 2017 @ 19:45:44
Middag, Anisca 😉
Ek het navrae gerig, maar dit lyk nie asof iemand ‘n gedig het nie. Miskien kan iemand Onnies Online help? Hulle werk met die ouer leerders wat moontlik hiermee werk.
LikeLike
Mar 29, 2017 @ 16:05:23
Goeie dag,
Ek is opsoek na Afrikaanse vertallings van die Engelse rympies soos Old McDonald, I’m a little teapot, etc. Is dit beskikbaar en waar kan ek dit aankoop?
Dan is ek ook opsoek na Afrikaanse rympies met geillustreerde prentjies by? Die boekies by CNA ia baie skaars en ek is opsoek na die karton boekies. Is daar n website waar mens leerstof vir voorskools kan elektronies koop en aflaai soos die TnT website ? Baie dankie
LikeLike
Mar 29, 2017 @ 19:35:34
Hallo, Anel 😉
Heelwat van die vertalings gebruik nie goeie Afrikaans nie en ‘n mens sal mooi moet soek. Moira Kemp het ‘n kartonboekie genaamd “Ek is ‘n teepot” en ‘n vertaalde weergawe is ook op bladsy 25 van hierdie tydskrif beskikbaar. Depicta verkoop Afrikaanse rympies op plakkate.
Afhangende van die ouderdomsgroep, sal jy idees hier op my blog en op Teacha kan kry om te druk. Tik gerus soekterme soos “abc uitspraak, abc skryf, robotkaart, abc, syfers, vorms, patrone, ouditiewe, visuele, posisie, middellyn, spiertonus, tuis idees, tuis oefen, handspier, knip, perseptuele, liggaam, gesonde monde, tandmuis, wildtuin, karnivore, herfs, winter, somer, lente, water, grond, Paasfees, Moedersdag, Vadersdag…” hier by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mar 29, 2017 @ 20:02:32
Baie dankie, dit help baie.
LikeLike
Mar 29, 2017 @ 20:15:43
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Mei 30, 2017 @ 07:42:55
More julle
Wie kan my asb help met n Graad 1 rympie oor piekniek hou op ons gaan piekniek asseblief.
Baie dankie 🙂
LikeLike
Mei 30, 2017 @ 12:11:34
Hallo, Susann 😉
Ek kry nie ‘n rympie nie, maar die Jasper-boekies het ‘n storie. Sou dit kon werk? Ook die liedjie “Teddy Bear’s Picnic” of Heidi se piekniek-episode? 😉
LikeLike
Jun 05, 2017 @ 08:19:04
Baie dankie 🙂
LikeLike
Jun 05, 2017 @ 14:55:36
😉
LikeLike
Jun 14, 2017 @ 20:12:50
Hi
Is daar enige afrikaanse liedtjies wat oor kleure gaan?
Baie dankie
LikeLike
Jun 15, 2017 @ 00:16:40
Hallo, Su-Rae 😉
Ja, daar is een oor die verkeerslig/padveiligheid. Wat van Aai, aai, die witborskraai, Groen is die land van Natal, Andre Swiegers se liedjie Blou, Baba Swartskaap en dan sing Goggatjie oor Vorms en Kleure?
Ek hoop dit kan help 😉 Sien ook hierdie liedjies.
LikeLike
Jun 16, 2017 @ 14:38:11
Goeie Middag. Ek is opsoek na ‘n gediggie en storie oor visvang vir ‘n les wat ek vir Graad 2’s beplan. As iemand my dalk kan leiding gee. Baie dankie
LikeLike
Jun 16, 2017 @ 15:20:27
Middag, Danelle 😉
Ek kry ongelukkig net Die vissies die swem in die water en Visvang (LinderOpperman/Anoniem) soos in die skakels hierbo 😉 Daar is ook “Daar’s vissies in die water” – ‘n Bybelliedjie.
Tik gerus soekterme soos “Troeteldier” en “onder die see” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vis- en see-idees.
LikeLike
Jun 22, 2017 @ 11:12:03
Hi ek soek ‘n oulike ruimpie vir n oupa?
LikeLike
Jun 22, 2017 @ 13:00:18
Hallo, Nelia 😉
Loer gerus na die LinderOpperman versies in die skrywe 😉
LikeLike
Sep 07, 2017 @ 17:12:39
Hi ek is Marike ek is opsoek na ‘n rympie of gedig van 3 D vorms vir graad 1
LikeLike
Sep 07, 2017 @ 21:01:34
Hallo, Marike 😉 Die gediggies in hierdie skrywe is tans al wat ek beskikbaar het. Ek werk egter aan nog 😉
LikeLike
Sep 17, 2017 @ 09:35:08
Nou dink ek darem ver terug!!
Wonderlike blad!
Ek is opsoek na die woorde van die gediggie : Ek is n teepot.
Groete
LikeLike
Sep 17, 2017 @ 21:57:44
Hallo, Ans 😉 Baie dankie.
Loer gerus op Bladsy 25 van hierdie tydskrif.
LikeLike
Okt 16, 2017 @ 21:26:26
goeie dag kan jy my asb en dankie dringend help
ek moed voor vrydagn rympie heoor ruimte vir 1-3 jr en n liedtjie waar kan ek gaan kry
LikeLike
Okt 17, 2017 @ 00:10:07
Hallo, Venita 😉
Loer gerus na die donkerblou Gediggies en Versies hierbo. Dit het sowat 3 gediggies oor die hemelruim/sterre. Sien ook die stukkie oor die hemelruim en die maan vir ekstra idees. Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Okt 17, 2017 @ 12:10:07
Goeie dag
Ek is op soek na ‘n gediggie van “my fiets” dit is vir ‘n graad 2 leerling
LikeLike
Okt 17, 2017 @ 15:02:33
Hallo, Petria 😉
Ek is nie seker of jy na ‘n spesifieke gediggie soek nie, maar daar is een oor ‘n fiets by die eerste skakel hierbo. Ek sal aan nog probeer dink 😉
LikeLike
Okt 17, 2017 @ 15:12:11
Baie dankie
LikeLike
Okt 17, 2017 @ 16:03:59
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Jan 21, 2018 @ 11:12:53
Ek stel belang. Alles lyk so oulik
LikeLike
Jan 21, 2018 @ 17:18:52
Hallo, Lynette 😉
Die meeste goedjies hier in My Klaskamer is gratis, maar indien die skakel jou na Teacha neem (soos die gediggies met die blou agtergrond), kan jy dit op ‘n vinnige en veilige manier koop en aflaai.
Skep ‘n gratis profiel/rekening op Teacha. Volg die skakel hier bo na my winkeltjie en laai die items waarvan jy hou in die trollie. As jy seker en gereed is, kan jy regs-bo op die groen trollie klik en die betaling maak (debiet-/kredietkaart, EFT, ens.). Sodra die transaksie deur gaan, sal die produkte in jou Teacha profiel gaan lê om uit te druk. Dit is alles (slegs) elektronies beskikbaar. Die proses is vinnig en veilig 😁. Toets gerus eers met ‘n gratis produk of twee.
Loer gerus ook hier: Hoe maak ‘n mens?
LikeLike
Jan 31, 2018 @ 12:26:22
hi ek soek n gedig of iets oor goeie maniere wat vir n toespraak vir n graad 1 kan werk asb
LikeLike
Jan 31, 2018 @ 22:39:14
Hallo, Jessica 😉
Buiten die gedigte in die skrywe, kan julle dalk ook dié een probeer. 😀
LikeLike
Feb 02, 2018 @ 07:11:45
Ek soek asb. versies oor emosies 🙂 baie dankie
LikeLike
Feb 03, 2018 @ 06:14:27
Hallo, Boatri 😉 Ek het tans net hierdie skakels, maar sal aan ‘n paar opsies begin dink/skryf.
LikeLike
Feb 05, 2018 @ 10:59:02
Goeie dag,
Ek het Afrikaanse stories prentjies by jou aanlyn gekoop. Dit is bv. Rooikappie, sneeuwitjie, 3 Varkies, Goue lokkies etc.
Weet jy miskien waar ek eenvoudige stories van bv. rooi kappie kan aankoop. Dit storielyn moet eenvoudig wees, ek kan self nie die stories presies onthou nie.
LikeLike
Feb 05, 2018 @ 14:38:11
Hallo, Anel 😉 Ek verkoop nie stories of storieprentjies nie, maar jy kan kinderstories hier kry en op DLTK loer na gratis drukbare prente 😉
LikeLike
Feb 05, 2018 @ 16:11:52
Baie dankie.
LikeLike
Feb 05, 2018 @ 17:01:55
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Apr 24, 2018 @ 19:55:25
ek kort ‘n gediggie oor plaasdiere, kan iemand my help asb.
LikeLike
Apr 24, 2018 @ 21:32:22
Hallo, Stephanie 😉
In die onderskeie skakels hierbo, is daar verskeie gediggies oor plaasdiere (esel, perd, gans, hoender, vark, ens.). Jy kan ook na hierdie skakel loer – waar daar meer opsies beskikbaar is, bv.
Grondslagfase Gediggies en Versies 1: diere (troetel-/plaas)…Grondslagfase Gediggies en Versies 3: Koei, Ooi, Klinkerrympies
LikeLike
Mei 10, 2018 @ 19:01:52
Wie skryf die gedig “GR1”
LikeLike
Mei 11, 2018 @ 13:16:32
Hallo, Tanja 😉
Ek weet ongelukkig nie. Daar is heelwat ou rympies wat op plakkate gebruik word, maar die digters is onbekend. Is daar ‘n spesifieke een wat jy in gedagte het? Ek sal probeer soek 😉
LikeLike
Jun 17, 2018 @ 19:56:49
Hi, ek is op soek na n gedig ek is nie seker nie maar ek dink die naam daarvan is “Somer of In Die Somer”. Die word somer word n hele paar keer genoem en in die laaste versreël gan dit iets soos “gedurende die pouse…. in die somer”. Jammer dat ek dit nie beter as dit onthou nie, dit was my en my beste vriend se gunstelling gedig toe ons gr3 was, ons is nou 26. Ek wou die gedig vir hom neer skryf in n kaart vir sy verjaarsdag. Ek hoop jy sal my kan help, baie dankie
LikeLike
Jun 17, 2018 @ 22:25:43
Hallo, Bianca 😉
Dit klink nie bekend nie, maar ek het ‘n bietjie begin soek. Is dit dalk hierdie gedig?
LikeLike
Jun 18, 2018 @ 00:09:53
Hi juffrou ek is opsoek na n gedig by die naam van “Somer” of “In die somer” wat ek in gr3 geleer het. Dit was my en my beste vriend se gunstelling gedig, ons is nou 26 en ek wou dit graag in n kaart geskryf het vir sy verjaarsdag maar ek kry dit glad nie op google nie. Die eind strofe klink iets soos “gedurende die pouse… in die somer”, of iets soos dit.
Ek hoop juffrou kan my hiermee hulp
LikeLike
Jun 18, 2018 @ 12:21:37
Hallo, Bianca 😉
Dit klink nie bekend nie, maar ek het ‘n bietjie begin soek. Is dit dalk hierdie gedig?
LikeLike
Aug 21, 2018 @ 20:33:22
Ek soek enige liedjie of rympie oor besoedling groot asseblief. n
LikeLike
Aug 21, 2018 @ 20:40:12
Hallo, Nicole 😉 Loer gerus hier na liedjies oor besoedeling.
LikeLike
Okt 24, 2018 @ 19:40:49
Juffrou
Ek het die gedig geskryf en soek asb U positiewe terugvoer.
Waar en hoe kan ek dit verbeter?
O Hemelse Vader hoor my smeek
Hier waar die dag deur die donker breek
Kniel ek Nederig voor U voete neer
Bring ek nou aan U my lof en eer
Ek is maar net n gewone dwaas
Wat eendag droom van my eie plaas
Waar die lande aan riviere grens
Vol beeste, skape, dis my wens
Vir harde werk is ek nie bang
Stof en sweet rol oor my wang
met hand aan ploeg my werk verrig
In die grond Skryf ek my lofgedig
O Heer U weet van elke keer
wat die ploegskaar teen die rotse skeur
en die lammers van die droogte teer
my God ek weet U is in beheer
maar hierdie land van ons is rot en kaal
waar onreg vir onreg moet betaal
die grond is swart en my hande wit
hoe sal ek ooit n plaas besit
O Heer my woorde is maar min
Waar ek stoterend my hart versin
Dors my siel na U genade heer
U kom en red my keer op keer
Ek dank U vir die voedsel Heer
Vir vleis en melk en groente weer
Waar dit iewers van n plaas af kom
Seen die boer in U heiligdom
LikeLike
Okt 25, 2018 @ 15:20:45
Hallo, Morney 🙂
Persoonlik dink ek dis ‘n besonderse gedig. Ek sou dalk net na diakritiese skryftekens soos ë loer.
Ek het lanklaas gedigte ontleed of met digkuns gewerk, maar wonder of die kundiges (skrywers en digters) op LitNet of opvoeders van ouer grade (bv. Onnies Online) jou dalk meer raakvat idees kan bied.
LikeLike
Okt 30, 2018 @ 09:50:56
Hallo,
Ek is op soek na ‘n rympie wat ons 5 jariges kan leer om die kleuterskool te groet, want hulle gaan volgende jaar Gr R toe. Of een waar ons hulle groet en sterkte met Gr R sê asseblief.
LikeLike
Okt 30, 2018 @ 13:13:07
Hallo, Chandré 😉
Daar is ‘n rympie in Gediggies en Versies 1 wat kan werk, maar die skoolrympies en -versies is meestal van pas vir die begin van ‘n skooljaar of formele skooljare. Hoor gerus ook op blaaie soos Kinderwerf 🙂
LikeLike
Jan 30, 2019 @ 19:18:48
Soek asb Gediggie in ses sinne wat rym.. Vir Skool Baie Dankie
LikeLike
Jan 30, 2019 @ 20:19:51
Hallo, Marie 😉
Loer gerus na die skakels hier bo. Vir watter ouderdomsvlak is dit?
LikeLike
Feb 20, 2019 @ 14:59:11
Goeie dag, My seuntjie Gr3 moet ‘n geselsie/praatjie/gediggie doen oor elektrisiteit , enige idee asb?
LikeLike
Feb 20, 2019 @ 22:41:37
Hallo, Jess 😉
Ek het enkele idees van hoe om ‘n mondeling aan te pak hier beskikbaar. Julle kan dalk dink aan navorsing oor wat elektrisiteit is, waarom dit so noodsaaklik is en dink ook aan ‘n komiese oogpunt (uit ‘n kind se perspektief).
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 22, 2019 @ 15:02:13
Hi Ek onderrig graad 3 ek soek gediggie of rympie of storie van springmielies asb
LikeLike
Feb 23, 2019 @ 02:20:20
Hallo, Cleo 🙂
Ek kan ongelukkig nie aan een dink nie. Kan hierdie skakel werk? Dalk net ‘n strofe? https://literator.org.za/index.php/literator/article/download/75/62
LikeLike
Mar 10, 2019 @ 18:05:22
Goeie dag! Ek wil graag die “Diere gediggies vir kindergesiggies” bekom. Hoe gaan ek te werk? Ek wil nie by Word Press aansluit nie. Dankie! Groete
LikeLike
Mar 10, 2019 @ 22:36:39
Hallo, Trix 😉
Die gediggies word slegs op my elektroniese winkelblad verkoop.
Skep ‘n gratis profiel op Teacha deur op die mannetjie regs-bo te klik. Laai die produk in jou trollie deur daarop te klik. Die trollie bo, in die hoek, sal groen raak as daar iets in is. Klik daarop en volg die stappe om die produk te koop en dit sal dan in jou Teacha-profiel gaan lê. Jy sal ook ‘n epos met ‘n direkte skakel ontvang sodra die transaksie suksesvol was.
Toets gerus eers met ‘n paar gratis produkte 🙂
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 17, 2020 @ 15:28:59
Goeie middag,
Ek is graag opsoek na n gediggie of liedjie oor noodhulp?
Dit is vir graad 3.
Enige iets oor medies?
Sal baie waardeer word.
LikeLike
Feb 17, 2020 @ 23:52:31
Hallo, Berneza 😉
Ek kan nie tans aan ‘n spesifieke gediggie dink nie. Ek weet van Haasbekkies – waar ‘n gevaar genoem word. Vinger-ongeval verwys na ‘n noodsituasie. Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Mar 03, 2020 @ 05:42:23
Is daar dalk n liedjie om kinders tafels te leer?
LikeLike
Mar 03, 2020 @ 14:09:25
Hallo, Riekie 😉
Loer gerus hier na ‘n paar liedjies.
LikeLike
Okt 16, 2020 @ 16:18:38
Goeie dag. Ek wil graag weet oor watter dier handel die gedig: “‘n Tingeling-ding” deur Francois Bloemhof. Groete, Ilze
LikeLike
Okt 16, 2020 @ 17:30:42
Dit klink vir my na ‘n skyndier of ‘n opgemaakte, betowerde wese (nie ‘n regte dier nie), maar ek mag verkeerd wees 🙂
LikeLike
Jan 27, 2021 @ 20:46:10
Ek is opsoek na n welkom liedjie vir graad 1, asseblief?
LikeLike
Jan 28, 2021 @ 00:51:28
Hallo, Louise 🙂 Daar is verbasend min liedjies beskikbaar, maar loer gerus hierna. Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 13, 2021 @ 16:01:51
Ek stel belang om te koop
LikeLike
Feb 13, 2021 @ 16:20:32
Hallo, Elnerine 🙂
Skep ‘n gratis profiel op Teacha deur op die mannetjie regs-bo te klik, laai die items in jou mandjie en klik dan op die trollie in die hoek om die transaksie te voltooi. Sodra die transaksie deur gaan, sal die produkte in jou profiel verskyn. Toets gerus eers met ‘n paar gratis produkte 🙂
LikeLike
Mar 18, 2021 @ 14:44:22
Ek soek n mooi geduggie vir my dogter in Graad 5
Rommel, Trommel en Skommel, strovie 1 moet 8 sinne het en 8 woorde wat rym
LikeLike
Mar 19, 2021 @ 01:15:53
Hallo, Dawid 🙂
Ek herken ongelukkig nie die naam nie en het probeer soek. Ek het gou op Facebook gevra en hoop dat iemand kan help. Probeer gerus ook om met LitNet kontak te maak. Hulle ken heelwat skrywers en digters.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Apr 25, 2022 @ 23:11:55
Goeie dag, baie van die skakels werk nie, maar baie dankie vir die inhoud wat hier geplaas is, glo ek sal van dit kan gebruik!
LikeLike
Apr 26, 2022 @ 01:02:54
Dankie 🙂 Dit lyk asof enkele webblaaie gedurende die afgelope jaar gesluit het.
LikeLike