Tuis

oupa- en oumadag

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Oupa- en Oumadag word op die eerste Sondag in Oktober gevier.

  1. Bedien tee in geblomde teekoppies/-stelle (soek in goedkoop winkels of leen).  Bedien regte moerkoffie en voorsien die opsie van vars plaasmelk.  As daar botter bedien word – botter in plaas van margarien.
  2. Verskaf eetgoed op koekborde met doilies.  Indien die outjies self gehelp bak het, gaan die impak soveel groter wees.
  3. Maak handafdrukke van oupa/ouma en die kleinkind saam op ‘n voorskoot of vatlap.  ‘n Lap-inkopiesak kan goed werk.
  4. Druk ‘n foto op aanstrykpapier en stryk dít op ‘n voorskoot of ‘n strooikussingslopie.  As ‘n mens dit tuis doen, kan ‘n mens ‘n hele blokkieskombers of tafeldoek van gesins- of familiefoto’s maak.
  5. Sing liedjies uit oupa/ouma se jeug of stal boeke uit hul jeug uit.  Dalk het die biblioteek voorbeelde wat hulle aan die kinders kan voorlees.
  6. Lei Oupa en Ouma op ‘n skooltoer en neem foto’s om later aan elkeen te stuur (bv. met ‘n magneet agter-op vir die yskas).
  7. Maak oulike raampies om vir oupa/ouma te gee.  Neem foto’s van die kinders met ‘n boodskap daarby (bv. magneetletters op ‘n bordjie/bordkryt op bordjie/Scrabble) en plaas dit in die raam.
  8. ‘n Mens kan ook na afloop van die verrigtinge ‘n braai hou waar die res van die gesinne betrokke is en kan ontspan.  As die dag op ‘n Saterdagoggend gehou word, kan die ouers solank om die braaivure vergader en kampstoele uitpak.
  9. Sing by ‘n tehuis of ‘n aftree-oord.
  10. Reël ‘n “Skype-” of “FaceTime”-afspraak.
  11. Stuur ‘n spesiale boodskap per selfoon – veral as Oupa en Ouma ver is.
Vir nog geskenk idees, tik soekterme soos “waardering, valentynsdag, moedersdag, vadersdag, Kersfees, onderwysersdag…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

rympies, gedigte en versies

148 Kommentaar


rympiesKinderrympies is maar redelik skaars op die internet.  Die volgende skakels sal jou na webtuistes lei waar jy ‘n paar goue oues kan ontdek:

Prosa, ens.

Juffer se alfabetrympies

https://juffer.files.wordpress.com/2012/04/a-is-vir-appel.m4a

Nog opnames van die alfabetrympies

Grondslagfase Gediggies en Versies 1: Grond, Geld, Hemelruim, Vervoer, Water, Familie, Vrugte, Tyd, Skool, Diere (troetel-/plaas), Donderweer, Dae, Seisoen, Gogga, Herwin, Was, Telrympie, Warm en Koud…

Grondslagfase Gediggies en Versies 2: Sirkel, Driehoek, Reghoek, Sfeer, Kubus, Keël, Wurm, Mier, Muskiet, Grondspel, Ons vlag, Suid van die ewenaar, Einde van die jaar, Oupa, Ouma…

Grondslagfase Gediggies en Versies 3:  Atletiek, ‘n Nuwe Uniform, Juffrou, Die tannie in die kantoor, Groet, Ons klas, Kleure, Veilig, Krag, Skerp, Water, Deur, Venster, Vuur, Sintuie, My Liggaam, Vlinder, Slakkie, Vlooi, Ons hond, Kat, Miere, Die foon, Kommunikasie, Trekker, Ballon, Reise, Kos, Ouma se ete, Tante Getruida se trui, Soet, Koei, Kraai, Ooi, Meeu, Tradisie (in ons land)…Klinkerrympies

This slideshow requires JavaScript.

Diere gediggies vir kindergesiggies: aap, bobbejaan, olifant, tier, leeu, renoster, seekoei, kameelperd, uil, beer, hond, kat, vis, haai, pelikaan, seekat, skaap, volstruis, bok, donkie

%d bloggers like this: