Tuis

Casual Day en Sonneblom Dag

Lewer kommentaar


Casual Day is vanjaar 27 jaar oud. Mense word aangemoedig om pers te dra (powerful purple) ter bewusmaking van mense met gestremdhede. Vanjaar val dit toevallig saam met die Paralimpiese Spele. Dra vanjaar sommer enige uitrusting wat jou ‘n ekstra huppel in jou stap gee.

Sonneblom dag het Bandana dag vervang, maar het steeds dieselfde doel voor oë.

Boomplantweek en Lente dag

Lewer kommentaar


Boomplantweek strek vanjaar vanaf die 30ste Augustus tot die 5de September – met Lente dag op die 1ste September. Die algemene Boom van die Jaar is die Soetdoring en die skaarser boomsoort, is die Spekboom.

Verf ou koerantpapier in verskillende skakerings groen en bruin afsonderlik. Skeur en plak stukke boombas uit die bruin papier om ‘n boom met boomtakke te bou en bedek die lengte van die klasdeur daarmee. Sny blaarvorms uit die groen papier en plak die blare op die takke. Verdeel spesifieke boomsoorte (of seisoene) tussen die onderskeie klasse en verander die klasdeure in ‘n mini-woud. Indien moontlik, kan julle aspekte soos die belangrikheid van bome op die onderskeie blare skryf.

Kap ‘n gat in die bo- en onderkante van eiers en laat die inhoud in ‘n bakkie uitloop (om in ‘n ete te gebruik). Vul die eierdoppe met grond en ‘n saadjie. Stoor die gevulde eiers in ‘n eierhouer en maak nat. Sodra die saadjie begin ontkiem en groei, kan ‘n mens die eierdop kraak of kneus en in ‘n blompot of tuin plant. Die outjies kan natuurlik elkeen ‘n plantjie huis toe neem om daar te plant.

Skeur en plak kleurstroke uit tydskrifte of verf velle volgens verskillende kleure. Sodra die velle droog is, kan ‘n mens blomdele daaruit knip en op ‘n landskap of tuin agtergrond plak. Dink aan blomme soos tulpe, papawers, proteas en sonneblomme.

‘n Mens kan bekende skilders se kunswerke as inspirasie gebruik en gemengde media (potlood, verf en pastelle) gebruik om unieke, kleurvolle prente te skep. Loer gerus na voorbeelde van skilderye wat bome, bloeisels en blomme insluit om Lente dag én Boomplantweek te vier.

Nasionale Boekweek en Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Vanjaar, is die tema van die Internasionale Geletterdheidsdag gefokus op “Literacy for a human-centered recovery: Narrowing the digital divide”. Hoe oorbrug julle moeilike situasies waar die skool nie ‘n goeie internettoegang of toestelle het nie?

Gebruik die eerskomende Boekweek om stories te lees wat in boekvorm én as rolprente of televisie stories beskikbaar is en kyk die rolprent/program weergawe Vrydag. Dink aan kinderboeke soos:

  • Alice in Wonderland
  • The Lorax
  • Heidi (Engels)
  • Ferdinand (the Bull)
  • Horton hears a Who
  • Pinocchio
  • Peter Pan
  • Sneeuwitjie
  • Beauty and the Beast (Skoonlief)
  • Aspoestertjie
  • Paddington
  • Matilda
  • Winnie-the-Pooh
  • The Jungle Book
  • Mary Poppins
  • Charlie and the Chocolate Factory
  • Stuart Little
  • Charlotte’s Web
  • Peter Rabbit
  • Mr Popper’s Penguins
  • Wonder

E-boeke

Stories op die internet

Skool stories

Stories vir ‘n iPad

Stories vir ‘n Androidtablet

Gratis leesboeke

Luisterboeke:

Paralimpiese Spele

Lewer kommentaar


Die Paralimpiese Spele het pas begin. Wie is ons atlete en watter sportsoorte beoefen hulle? Heelwat van die sportsoorte het bekende name, maar het enkele aanpassings om deelname te vergemaklik. Kyk gerus en ondersteun ons atlete.

Afslag

Lewer kommentaar


Loer gerus na die winkelrak hier.

Heuningbydag

Lewer kommentaar


Heuningbydag is ‘n dag waarop ons meer oor bye kan lees en ‘n tuin kan beplan om bye te lok. Dink aan kruie wat blommetjies maak of blomplante wat hierdie spesiale bestuiwers lok.

Maak geel speelklei en vorm jul eie korwe (betrek wielpasta) met bye of bak koekies met heuning. Verf velle borrelplastiek (bubble wrap) met verskillende skakerings geel verf en druk dit op papier om ‘n agtergrond vir kunswerk te maak of druk dit op seshoeke. Knip die seshoeke uit en maak ‘n raampie al om die kennisgewingbord, om ‘n vensterraam of ‘n spieël.

Vrouedag

Lewer kommentaar


‘n Gelukkige Vrouedag!

Tekkie Tax

Lewer kommentaar


Tekkie Tax’ maand begin op die 6de Augustus. Dra jou tekkies om die gemeenskapsdiensprojek te ondersteun, skenk direk op hul webblad of koop plakkers en veters. Oefen om veters te ryg en veters vas te maak.

Hoe kan julle soortgelyke ondersteuning in jul gemeenskap bied?

%d bloggers like this: