Tuis

Oogsorg

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-09-16 at 6.44.26

Dit is Oogsorgmaand.  Fokus hierdie maand op visuele persepsies, deur verskeie takies en speletjies beskikbaar te stel, reël ‘n optometris as spreker of verskaf inligtingstukke aan ouers oor die belangrikheid van oogsorg en oogtoetse.  Bv.

Visuele geheue:

  • Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit geskommel. Die kind moet dit weer in die regte volgorde pak.
  • Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit bedek. Die kind moet sê / noem wat hy gesien het.
  • Skryf ‘n klank of syfer neer. Tel tot drie en hou toe. Die kind moet dit herroep en skryf.
  • Voeg telkens ‘n klank by totdat die hele naam geskryf word.

Visuele diskriminasie:

  • Speel met enige tipe domino.
  • Teken ‘n klomp prente van verskillende tema’s op ‘n bladsy. Die kind moet nou bv. al die kosprente omkring, ens. Dieselfde kan met klankies (kleinletters) gedoen word.
  • Skryf ‘n klomp klanke rond en bont op ‘n bladsy neer. Die kind kan nou klanke soek wat in sy naam voor kom.

Aanlyn oefeninge:

  1. Visuele Diskriminasie
  2. Visuele Geheue
  3. Visuele Opeenvolging
  4. Ruimtelike Oriëntasie
  5. Visuele Voorgrond-Agtergrond
  6. Sluiting
  7. Vormkonstantheid
  8. Visual Learning
  9. Visual Learning 2
  10. Verskeie oefeninge
  11. Letter- of klankdoolhowe
  12. Woordvorms of vormkonstantheid
  13. Oefeninge

Roald Dahl

Lewer kommentaar


roalddahllogo

Die skrywer van stories soos “Charlie and the Chocolate Factory“, “James and the Giant Peach”,Charlie en die Groot Glashyser” en “Matilda” het op 13 September verjaar.  Hierdie dag word gebruik om Roald Dahl se boeke te lees en om sy karakters te vier.

Klik op die onderskeie skakels in hierdie skrywe om verskeie idees te kry en sien ook die hofie “Geletterdheid” aan die regterkant vir Roald Dahl toeps.

Tydsvorme

4 Kommentaar


tydsvormejufferScreen Shot 2015-09-07 at 9.45.06

‘n Eenvoudige manier om die tydsvorme te verduidelik, sal wees om ‘n tydlyn te gebruik met aanduidings van “nou”, “voor nou = verlede = verlede tyd” en “na nou = toekomende = dit kom nog”.
Sinne wat in die verlede afspeel, het gewoonlik “het”, “was” en “ge-” daarin.
Teenwoordige sinne het “is” en werkwoorde wat tans afspeel (doen, sien, klim).
Toekomende sinne kom nog, is amper ‘n wens of ‘n vooruitskatting. (sal, gaan…)

tydsvorme

Tenses

http://www.slideserve.com/zola/my-stompv2i-gids

Spikkeldag

1 Kommentaar


spikkeldag

Elders in die wêreld vier skole Dot Day op die 15de September na aanleiding van Peter H. Reynold se boek – The Dot.  Die gedagte is om jou merk te maak.  Hoe kan ons diė gedagte op ‘n prettige manier vier?

  • Loer in al die aktiwiteitsboeke vir “dot-to-dot” aktiwiteite en stel ‘n verskeidenheid beskikbaar.
  • Ondersoek die Pointilisme kunsbeweging en skep julle eie kolletjies- of spikkelkuns.  Gebruik pastadikte verf en kies ‘n verskeidenheid drukkertjies, oorstokkies en sponsies wat kolle en spikkels sal druk.  Druk letters, bo-op letters (sommer op die robotkaarte), syfers, patrone en selfs woorde.  ‘n Mens kan dit ook met ink op ‘n inkkussing doen.
  • Gebruik die bogenoemde verfdruktegniek of plak ronde plakkertjies (van verskillende groottes) bo-op ‘n lang patroon om later om die deurraam, kroon- of vloerlysie te plak.
  • Doen skrif oefeninge deur spikkelwoorde en skrif na te trek.  [skrif oefeninge – drukskrif]
  • Hoeveel sinne kan julle met spikkelwoorde (sinonieme) maak?  Wie kan ‘n rympie, ‘n storie of ‘n liedjie skryf?
  • Verdeel die spelwoorde (of spikkel- en kolletjie woorde) tussen ouer kinders, deur verskillende woorde in ‘n groot lettertipe te druk en vir elkeen ‘n speld te gee.  Pons dan spikkels al op die woorde langs en plak dit teen ‘n ruit sodat die sonlig kan deur skyn.  Dit sal groot konsentrasie verg.
  • Plaas verskillende kleure papier, bakkies wat gemerk is met kleure se name en ‘n papierpons op ‘n tafel.  Wanneer die outjies ‘n kans kry, kan hulle een kleur op ‘n slag pons en die confetti in ‘n gemerkte bakkie uitskud.
  • Gebruik die confetti later in die week in strooiwerk.  Teken groot vorms, vet letters of syfers en smeer gom oral op die agtergrond.  Strooi die confetti van jou keuse.  Wanneer die agtergrond droog is, kan jy die letter met ander kleure vul.  Kies byvoorbeeld primêre of sekondêre kleure en selfs skakerings van ‘n spesifieke kleur soos rooi.
  • Doen tekstuurwerk met borreltjieplastiek of Lego deur dit te verf en bo-op velle papier te druk.  Gebruik die papier om prentjies uit te knip of as die agtergrond vir ‘n collage.
  • ‘n Tydjie gelede, het ek ‘n foto elders gesien waar iemand die borreltjieplastiek teen ‘n muur opplak en dan sorgvuldig die onderskeie blasies met kleursel in spuit om ‘n syfer of ‘n woord te vorm.  Dit kan ‘n oulike idee vir ‘n opskrif in die klas wees.
  • Onder toesig, kan ‘n mens ou vetkryte bo ‘n kersvlam verhit en op papier druk of drup.  Gebruik dit as ‘n agtergrond.  ‘n Mens kan kan ook plastiek stensils bo-op die papier laat rus terwyl die waskryte binne-in gedrup word.  Sodra die was droog is, kan ‘n mens die stensil lig en skoon maak.

spikkeldag agtergrond

spikkelwoorde

Loer gerus na Dot Day se webwerf vir meer idees.

September Huiswerk

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-09-01 at 14.31.26

September Huiswerk (Drukbaar)

Gebruik die volgende inligting tesame met die kalender:

%d bloggers like this: