‘n Eenvoudige manier om die tydsvorme te verduidelik, sal wees om ‘n tydlyn te gebruik met aanduidings van “nou”, “voor nou = verlede = verlede tyd” en “na nou = toekomende = dit kom nog”.
Sinne wat in die verlede afspeel, het gewoonlik “het”, “was” en “ge-” daarin.
Teenwoordige sinne het “is” en werkwoorde wat tans afspeel (doen, sien, klim).
Toekomende sinne kom nog, is amper ‘n wens of ‘n vooruitskatting. (sal, gaan…)
http://www.slideserve.com/zola/my-stompv2i-gids
Sep 08, 2015 @ 07:31:55
Dankie vir al jou stunning goed wat jy vir ons mail. Ek wil net weet. Is die tydsvorme in Engels ook beskikbaar asb?
LikeLike
Sep 09, 2015 @ 01:34:39
Hallo, Herman en Jeannette 😉 Ek het ‘n eenvoudige “Tenses” by gevoeg 😉
LikeLike
Apr 18, 2018 @ 18:25:44
Goeie dag, ek het inligting nodig oor tydlyne vir kleuters? Kan jy moontlik help asseblief?
LikeLike
Apr 18, 2018 @ 19:47:16
Hallo, Johannette 😉
Gee vir hulle visuele prentjies wat wys hoe die dag verloop (‘n rooster). ‘n Klas kalender met woorde soos “vandag is, gister was…” kan daagliks gebruik word om die volgorde van dae aan te dui.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike