Tuis

lê i en u vas

Lewer kommentaar



Iemand (E 😉 ) het onlangs gevra hoe ‘n mens die i en u klanke kan vas lê. Dalk kan ander mammas ook hierdie idees nuttig vind…(Gemik op Graad 1-vlak.)

In die meeste gevalle hanteer ons die klanke wat verwar word apart van mekaar.  “i” en “u” veroorsaak verwarring omdat beide klinkers is en dus net “uit die keel uit spring”.  Ek verduidelik vir die kleintjies dat i ‘n skraal outjie is wat liggies gesê word (sê dus i in ‘n hoë stem).  Die u lyk sommer moeg soos ‘n ou wat baie hard gewerk het.  Hy laat my dink aan iemand wat sommer so ‘n diep duik op ‘n bank maak as hy lê.  Hy sug en lê op sy rug.

Spandeer so tien minute aan die i en u afsonderlik.  Gee vir die outjie die buitelyne van ‘n i en vra dat hy dit met wit papiertjies moet skeur en plak. (Daar is mos ‘n i in wit.)  Hy moet dan prente rondom die klankie teken wat met ‘n i begin of waarin ‘n mens i kan hoor (in ‘n houer, ink, vis, bid, sit).  ‘n Mens kry nie sommer ‘n i alleen aan die einde van ‘n woord nie (uitsonderings sluit “ski” in).

As julle die u moet inkleur kan julle ‘n donkerige kleur gebruik.  As julle donker vingerverf het kan julle met ‘n vinger vol verf die u (in die skryfrigting) begin bedruk. Met elke druk kan julle “u” lekker diep sê.  ‘n Mens voel maar lekker laf met hierdie dinge, maar hoe meer dramaties ‘n mens raak hoe makliker onthou die outjies dit.  u is nooit alleen aan die begin van ‘n woord nie en klink ook nie soos ‘n u aan die einde van ‘n woord nie (eers later sal hulle aan woorde soos slu bloot gestel word).  Dit staan meestal in die middel rond (rug, brug, sug, druk)

As julle prente uitknip en plak kan jy die i of u woord daarby skryf.  Maak ook ‘n kolletjie weergawe sodat die outjie dit kan natrek.  As jy die i woorde behandel kan jy flitskaarte maak en prentjies by teken om dit te illustreer (in, ink…)…Doen dieselfde met die u woorde.  Julle kan dit afsonderlik flits, later ‘n tweede stel maak om snap te speel of om ‘n memory game te speel.  Indien die outjie ander sigwoorde ken, kan julle sinne met die flitskaarte maak.  Kyk na senteacher.org se literacy printables om ‘n basiese uitleg vir flitskaarte te kry.  Jy tik die woorde, kies ‘n letterformaat en druk.

Ek hoop die idees kan dalk vir julle ook help.  Kyk ook na hierdie skakels:


Steek tong uit

2 Kommentaar


21 Februarie is Internasionale Moedertaaldag.  Wys jou mother tongue en stuur die foto na David:  kanyimbe@gmail.com.  Dis mos nou sommer ‘n lekker lawwe viering.

higiëne

1 Kommentaar


Johlene het gevra vir ‘n paar gedagtes oor higiëne.  Hiermee dan so ‘n paar idees…(vir voorskoolse kleintjies)

  • Wat daarvan as julle waslappies met patroonwerk bedruk? Sny ‘n handdoek in blokke op, stik om en bedruk met lapverf.  Gee vir die outjies verskillende proppe, doppies en koekiedrukkers om die drukwerk mee te doen.  As jy ‘n spesifieke patroon in gedagte het kan jy dit op ‘n papier druk en vra dat hulle dit moet probeer nadruk.  As die lappies droog is kan jy dit in ‘n tuimeldroeër uitdroog.  Dit is ‘n lekker funksionele “kunswerk” wat hopelik baie gebruik sal word 😆
  • Doen fynspier of handspier oefeninge deur malvalekkers met skoon skêrre te sny.  Probeer ook iets soos malvalekker-glimlagte of
  • ‘n tand-halssnoer uit harde klei…Die klei is gewoonlik beskikbaar by kunswinkels en is meestal verkrygbaar in helder kleure.  Jy moet dit behoorlik knie en bewerk om sag te kry, maar as dit sag is kan jy iets soos tande daarmee vorm.  Druk ‘n stokkie deur die tand om ‘n gat te vorm en ryg ‘n riempie daardeur as die tand verhard het.  Om die tand wit te maak kan jy wit verf gebruik.  Indien iemand ‘n pottebakster ken, kan die tande selfs van pottebakkersklei gemaak word.  Soutklei werk ook perfek.
  • Maak handpoppe met skoon tande.
  • Hou ‘n hande was resies.
  • Verduidelik die redes waarom ‘n mens jou hande moet was.
  • Maak ‘n gogga- of kiemmonster:  Gooi ‘n paar druppels voedselkleursel by seepwater (skottelgoed wasmiddel werk lekker).  Laat die outjies dit met ‘n strooitjie blaas dat die borrels staan.  Sodra die borrels lekker oor die rand peul, kan jy die strooitjie verwyder en liggies met ‘n vel papier daarop druk om die borrelpatrone “vas te vang”.  Gebruik verskillende glasies met verskillende kleure om ‘n reënboog vel te maak.  Gooi nou lekker tandepasta-dik blertse verf in ‘n plat bak.  Laat die outjie sy hand daarin druk en uit haal.  Druk dit op ‘n vel papier en as dit droog is kan julle dit uitknip en op die borrelpapier plak.  Teken ‘n bang of angsbevange gesig op die monster se gesig.  Die idee is dat monsters bang is vir seep.
  • Iemand het my daarop gewys dat hy “glitter” (of blinkertjies) op ‘n tafel sprinkel en los om te kyk hoe dit deur die dag versprei.  Dit verteenwoordig die verspreiding van kieme.  Dít is nogal ‘n blink idee 😉
  • Vou ‘n bladsy in die helfte en teken kinders met veselpenne (permanente koki’s) op beide helftes.  Kleur hulle in met pastelle, sodat die blinkertjies maklik sal kleef of spuit haarsproei oor die hele bladsy.  Sprinkel ‘n “knippie” blinkertjies op een gesiggie. Hou die bladsy effens gevou en hou ‘n strooitjie baie na aan die mond en blaas die blinkertjies rond. Gebruik twee of drie kleure blinkertjies.
  • Pons ‘n gat in een gesiggie se mond om ‘n hoesie voor te stel. Vou die prent liggies toe. Druk ‘n spuitbotteltjie (soos keelseermedisyne s’n) van agter in die gat en spuit twee of drie spuite flou voedselkleursel (eiergeel of groen) deur die gat. Toets dit net eers om tussen die opsies te kies.
  • Was Hande [Deuntjie 087 in die FAK] Hierdie foto het 'n leë alt kenmerk; die lêernaam is was-jou-hande-e1585850833969.png

badkamer muurkaarte

Tik gerus ook soekterme soos “gesonde mond, dokter, liggaam, skelet, tuidmuis…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir meer idees.