Flitskaarte om verskeie klanke mee vas te lê… Hersien die klanke groepie-vir-groepie.
Dubbelklanke
Tweeklanke
Drieklanke
- Druk die flitskaarte in hierdie groottes uit of plaas 2 velle op ‘n A4-bladsy. Beskerm dit met breë, deursigtige kleeflint of lamineer.
- Gebruik die klanke se muurkaarte as hofie en plak die flitskaarte daaronder. As dit in ‘n lêer (flip file) geplaas word, kan dit as ‘n tipe woordlêer of woordeboek dien.
- As daar genoeg muurspasie is, kan die bogenoemde teen die muur geplak word.
- As jy twee stelle druk, kan die een heel bly sodat die kleingoed die los flitskaarte bo-op of by hul maats kan pas.
- Knip twee stelle uit om speletjies soos “snap” of ‘n “geheuespel” te speel.
- Plaas ‘n stelletjie flitskaarte onderstebo langs ‘n hopie sigwoorde. Trek een van elk en maak ‘n sin daarmee.
- Plaas ‘n vel in ‘n lêersakkie sodat die outjie dit met ‘n witbord veselpen kan natrek.
- Plaas ‘n skoon vel papier bo-op die woorde, sodat dit deurskyn. Nou kan dit ook na getrek word.
Geïllustreerde flitskaarte in rymvorm (gebruik as spellyste of verwysingsbron) is in die Enorme Mengelmoeskardoes Pakket ingesluit. Die outjies kan woorde natrek, flits en pas. Loer ook na die Woordeskatboekies.
Loer ook na die drukbare bladsye vir nog idees.
Feb 11, 2013 @ 08:59:47
Goeiedag
My seun sukkel vreeslik met maal tafels is daar ‘n lekker maklike manier vir hom om daarmee te help.
Vriendelike Groete
CHARLENE
LikeLike
Feb 11, 2013 @ 15:05:18
Middag, Charlene 😉 Loer gerus na hierdie stukkie oor die maaltafels. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 28, 2013 @ 07:01:51
Ek het ‘n leessentrum en is gedurig op soek na oulike idees vir gr R. Baie dankie vir die moeite wat jy doen met die werkies. Ek sou dit net graag in graad 1 skrif wou hê maar nadat ek dit gesave het het ek dit toe sommer self verander in gr 1 skrif. Ek geniet jou blog!!
LikeLike
Feb 28, 2013 @ 15:28:07
Middag, Renette 😉 Ek stoor die takies vir Graad R en 1 in Graad 1-skrif 😉 Takies vir ouer kinders is soms in ‘n prettige skrif geplaas 😉
LikeLike
Jul 18, 2013 @ 10:25:15
Hallo Juffer
HELP ASSEBLIEF? Eks n student en moet n lees-lesplan uitwerk van dubbelklanke soos die voorbeelde op jou blad. Ek moet uitkomste sowel as n evalueringsblad insluit. Ek sukkel bietjie met die uitleg van als. Kan jy help asb?
LikeLike
Jul 18, 2013 @ 18:19:38
Middag, Leandra 😉 Ongelukkig is ek nie op datum met die nuutste lesplanne nie. Kan ‘n senior student dalk help?
Jy kan met liefde die idees gebruik. Tik ook soekterme soos “hersien, klanke, dubbelklank…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in 😉
LikeLike
Jan 25, 2014 @ 17:05:52
Ek het op my Tuisonderwys blog ‘n inskrywing gemaak Klank vaslegging met flitskaarte. Ek het skakels daarin geplaas waar mense jou kaarte kan aflaai. Hier is dit as jy wil sien http://moolmanskool.blogspot.com/2014/01/klank-vaslegging-met-flitskaarte.html
Groete Maryna
LikeLike
Jan 26, 2014 @ 09:19:03
Baie dankie, Maryna! 😉 Dit lyk asof julle gereed is vir die jaar. Geniet die flitskaarte!
LikeLike
Jul 20, 2015 @ 19:43:09
juffrou ek soek rymwoorde muurkaarte ve graad 1 asb .damkie
LikeLike
Jul 21, 2015 @ 23:14:57
Mariaan, loer gerus hier. 😉
LikeLike
Jan 28, 2016 @ 09:02:52
More, My seun is nou in graad 4 en hy sukkel verskriklik met lees, as gevolg daarvan doen hy nie goed in sy toetse nie. Enige idees hoe ek hom kan help? Dankie
LikeLike
Jan 29, 2016 @ 00:46:02
Hallo, Mariska 😉
Kry hom in ‘n daaglikse roetine waar hy deur sy tas en daaglikse skoolwerk gaan. Hy kan nota’s maak van moeilike woorde, die betekenis neerskryf en dit by hom hou. Wanneer hy onseker van ‘n opdrag is, kan hy gou loer. Dit is ook belangrik dat hy dit deurgaan voor toetse (Bv. Wat beteken “beskryf”?)
Gee vir hom woordsoektogte (senteacher.org het ‘n program om jou eie te skep) met sy kwelwoorde, speel “snap” met flitskaarte of plak dit teen die yskas. Gee vir hom stories op verskeie vlakke op te lees of na te luister. Hoe meer leesstof hy inneem, hoe wyer gaan sy woordeskat en begrip rek 😉
Tik gerus ook soekterme soos “leer, eksamen, lees, komponente, flits, vraestel…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Sep 01, 2016 @ 22:26:02
Dit is so mooilik om Afrikaans te kry sal jy omgee as ek jou bladsy op my blog reneradov op word press sit en op my Helping South Afrian kids with barriers to learning
LikeLike
Sep 02, 2016 @ 03:59:14
With pleasure, Rene 😉
LikeLiked by 1 person
Aug 11, 2018 @ 16:44:11
Ek is so bly om julle te kry. Dit help my baie.dankie
LikeLike
Aug 11, 2018 @ 17:06:29
Wonderlik, Elsandra 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Feb 06, 2020 @ 15:33:18
Hi daar stel defnitief belang in die flitskaarte groot asb stuur vir my die verskillende opsies en wat dit kos groot asb.
Baie dankie
Katinks
LikeLike
Feb 07, 2020 @ 23:05:07
Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur. 😉
LikeLike