Tuis

drieklank

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Klik op hierdie dokument om oop te maak (en sien ook die drukbare bladsye vir legkaarte):

drieklank sinne 

[meer dubbel-, twee-, drieklanke]

Legkaart

Omkring of skryf byvoorbeeld die oei, eeu, aai of ooi in kleur.

Nog werk.

flitskaarte

18 Kommentaar


flits

Flitskaarte om verskeie klanke mee vas te lê… Hersien die klanke groepie-vir-groepie.

Dubbelklanke

uu flits

oo flits

ee flits

aa flits

Tweeklanke

ie flits

ou flits

ei flits

oe flits

ui flits

eu flits

Drieklanke

eeu flits

aai flits

oei flits

ooi flits

Spikkelskrif woorde

  • Druk die flitskaarte in hierdie groottes uit of plaas 2 velle op ‘n A4-bladsy.  Beskerm dit met breë, deursigtige kleeflint of lamineer.  
  • Gebruik die klanke se muurkaarte as hofie en plak die flitskaarte daaronder.  As dit in ‘n lêer (flip file) geplaas word, kan dit as ‘n tipe woordlêer of woordeboek dien.
  • As daar genoeg muurspasie is, kan die bogenoemde teen die muur geplak word.
  • As jy twee stelle druk, kan die een heel bly sodat die kleingoed die los flitskaarte bo-op of by hul maats kan pas.  
  • Knip twee stelle uit om speletjies soos “snap” of ‘n “geheuespel” te speel.
  • Plaas ‘n stelletjie flitskaarte onderstebo langs ‘n hopie sigwoorde.  Trek een van elk en maak ‘n sin daarmee.
  • Plaas ‘n vel in ‘n lêersakkie sodat die outjie dit met ‘n witbord veselpen kan natrek.
  • Plaas ‘n skoon vel papier bo-op die woorde, sodat dit deurskyn.  Nou kan dit ook na getrek word.

Geïllustreerde flitskaarte in rymvorm (gebruik as spellyste of verwysingsbron) is in die Enorme Mengelmoeskardoes Pakket ingesluit.  Die outjies kan woorde natrek, flits en pas.  Loer ook na die Woordeskatboekies.

Loer ook na die drukbare bladsye vir nog idees.

Engelse flitskaarte.

Wiskunde Woordeskat

plaasdiere

8 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-24 at 17.13.09

Op die plaas is daar baie diere, maar vir die kleinspan moet ‘n mens die getal verminder.  Ek fokus eers net op hoenders, perde, beeste / koeie, varke… ‘n Idee om die tema bekend te stel is om van die diere se geluide te speel sodat die leerders dit moet identifiseer (Wat maak so?).  Die kleintjies kan raai, maar vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n geheime koevert gee.  In Graad 1 is die koevert gevul met prentekaartjies (met die dier se naam daarby), maar in Graad 2 is die koevert gevul met prentekaarte en los klanke.  Die outjies moet in Graad 1 die prent wys en die naam lees, maar in Graad 2 bou hulle self die name en pas dit by die prente.  Die outjies kan in groepies of pare werk vir ‘n bietjie spangees.  Soos hulle die diere reg raai, kan jy die vergrootte prente teen die bord aanbring.  Smile het ‘n oulike legkaartstel (met ‘n kasset of CD vol dieregeluide) gehad.  Ek is seker dat hulle dit steeds verkoop. As jy die diere gaan bespreek, kan jy die onderskeie produkte op die plakkate aanbring of uit stal.

  • Koeie verskaf leer, vleis en melk…
  • Hoenders gee vleis en eiers…
  • Perde is ‘n vervoermiddel en is soms trekdiere weens hul brute krag…
  • Varke gee vleis…

Wat eet die onderskeie diere? Waar woon elkeen? Wat noem ‘n mens die mannetjie, die wyfie en die kleintjie?  Watter aksies voer hulle uit (wei, skrop, kekkel, snork, rol, gallop…)? Vir dialoog- of fantasiespel kan die outjies in groepe verdeel word en maskers gebruik om plaassake te bespreek.

Maak dalk julle eie maskers tydens die kunsles.  Vir varkmaskers kan ‘n mens mediese maskers pienk kleur (flou, rooi voedselkleursel) en ‘n snoet bo-op plak of met drukwerk aanbring.  Jy kan ook ‘n papiermasker maak vir die dialoog gedeelte. Koeie kan met swart kolle versier word en perde kan in bruin vingerverf getooi word. ‘n Skaap kan ‘n lagie wol uit wit watte kry. ‘n Hoender kan ‘n parmantige haan of ‘n sagte hen wees. As jy regte vere kan kry, plak dit bo-op die kop en verf die bel en kam bloedrooi. As jy reeds die maskers gemaak het, kan julle ‘n luisterspeletjie speel deur die onderskeie diere geluide te speel. As die outjie sy dier hoor, moet hy opstaan. Dit kan ‘n lekker uitvangspeletjie word.  Afhangende van die ouderdomsgroep kan die outjies wat opstaan die dieregeluide benoem, bv. runnik, loei, blêr, kekkel…

Vir oulike Engelse diere geluide en gedigte kan jy hier gaan loer. Hulle dek ‘n verskeidenheid diere en gedigte.

Tel die diere of leer om die dierename in Engels te skryf.

As julle ‘n muur collage wil maak met plaasdiere, skep eers die agtergrond. Verf ‘n groot vel papier in twee dele – blou lug en groen gras of selfs koringlande. Bring ‘n skuur aan en rig ‘n windpomp op. As julle tyd het kan die kinders die agtergrond met sponswerk bedruk voordat julle die skuur en die windpomp plak. Maak die diere van papierborde, die hoenders van uitgeknipte handafdrukke of uit papier. Knyp ingekleurde of geverfde diere in wasgoedpennetjies vas sodat dit sommer as bene dien of maak vingerpoppe of handpoppe van papiersakke.

Maak ‘n varkie deur kurkproppe as bene te plak en papier maché bo-oor ‘n ballon te doen. Dit neem lank om droog te word, maar sodra dit hard en droog is, kan jy die varkie verf en versier. Lekker speel en leer!

hersiening van klanke

7 Kommentaar


klanke

Môre! Vir dié wat graag die dubbel-, twee- en drieklanke wil vaslê of ‘n muurkaart wil maak het ek so ‘n paar voorbeelde geplaas…(loer onder drukbare bladsye)

  • Knip elke blok apart uit en plaas dit op ‘n A4-karton sodat julle nog woorde met die klanke daarin kan byvoeg…Steek dit teen ‘n kennisgewingbord vas of liaseer dit in ‘n lêer of selfs ‘n ou skoolboek.
  • (c) tuis gebruik...nie vir verkope nie...Gebruik die woorde in beskrywende sinne of om dit selfs lekkerder te maak, kan julle ‘n dobbelsteen gooi en daardie aantal woorde aftel om ‘n woord vir die sin te kies.  Die dobbelsteen werk goed vir outjies wat regtig nie van sinne hou nie.
  • ‘n Ander opsie is om deur ou tydskrifte te blaai en om woorde met hierdie klanke uit te sny.  Kies woorde uit opskrifte om op die onderskeie blaaie te plak (natuurlik kan die kleingoed die knip en plak werk doen as jy die bladsy uit geskeur het).
  • Kies ‘n woord (bv. met behulp van die dobbelsteen) en kyk hoeveel rymwoorde julle kan vind.  Kan julle jul eie rympies vir elke klank maak?
  • Druk die dokument genaamd “Tweeklanke woordsoeke” wat ek tydens die Sokker Wêreldbeker opgestel het uit. Gebruik verskillende kleure om die onderskeie woorde te kry.
  • Kyk ook na die legkaarte onder “drukbare bladsye” en die verskillende idees of aktiwiteite om volgens kalenderdae te doen.

Lekker speel en lekker leer 😉

%d bloggers like this: