Tuis

Nuwe skooljaar

5 Kommentaar


skool toe

Stories (sommige aanlyn en sommige in die biblioteek) vir die nuwe skooljaar:

  1. Skool toe
  2. Piempiempie en Jan viool se skool (voorgelees deur Bertha le Roux)
  3. Die Blou Mensies: Daantjie gaan skool toe
  4. Loebi gaan skool toe
  5. Tjiff en Tjaff gaan skool toe (ook op die Storierak toep)
  6. Bollie-Blaps gaan skool toe
  7. Jasper: Krisis op skool (Engels)
  8. Ons gaan skool toe
  9. Skool toe
  10. Skool toe (Nou is ek groot)
  11. Sisi gaan skool toe
  12. Toppie gaan skool toe
  13. Skool Toe (Gr.1 – Ruimland)
  14. Pierewiet:  Skool toe
  15. Liewe Heksie gaan skool toe (op die Storierak toep)
  16. Otto gaan skool toe
  17. Skoolstories

Voorspoed met die nuwe skooljaar!

e-Boeke en ander

2 Kommentaar


eboeke
Klik op die onderstreepte titels in die lysie. 
  1. Eerste woorde
  2. Teenoorgesteldes
  3. Is ek klein?
  4. Meneer Klaasneus se reusagtige vriend
  5. Die vernuftige verkleurmannetjie
  6. Stories vir die kleingoed
  7. Skoolstories (verskeie)
  8. Die Jasper-reeks
  9. Jasper: Wat ‘n dag [iPad] 
  10. Jasper: Wat ‘n partytjie [iPad]
  11. Jasper: Krisis op skool [iPad]
  12. Jasper: Wat ‘n diep duik [iPad]
  13. Radys, die veldmuis
  14. Feliks Vos op Reis deur Storieland 1 en 2 [iPad]
  15. Dieresprokies uit Afrika 1 [iPad]
  16. Dieresprokies uit Afrika 2 [iPad]
  17. Dieresprokies uit Afrika 3 [iPad]
  18. Dieresprokies uit Afrika 4 [iPad]
  19. Gertjie, Wêreldkampioenbreker
  20. Gertjie, die brandweer-ertjie
  21. Die Vernuftige Verkleurmannetjie
  22. Waar is Woef?
  23. Ware superhelde 
  24. Stories vir Kleuters 
  25. Bettie vang skoenlappers
  26. My Bietjie-Boekie-reeks
  27. Dieresprokies
  28. Jaco Jacobs se boeke (Toulopers)
  29. Trompie-reeks
  30. Gru-Stories Wat My Pa My Vertel Het

  31. Saartjie
  32. Die Uile-reeks
  33. Die Otters-reeks
  34. Maasdorp-reeks
  35. Oloff die seerower 1 [iPad], 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14
  36. Nova Bloedbroers (Kindle)
  37. Die Vampiere van Londen
  38. Ek lees self-reeks
  39. Die avonture van Oelie Uil
  40. Die Vonkie-reeks
  41. Papegaaislaai
  42. Die Swart Kat slaan ‘n noot
  43. Die Swart Kat slaan ‘n ster
  44. Die Swart Kat slaan neer

Luisterboeke:

  1. Die dingesfabriek:  Jannus en Kriek op die Maan
  2. Jannus en Kriek onder die See
  3. Jannus en Kriek krimp
  4. Die mooiste sprokies van Grimm
  5. Jakkals en Wolf
  6. In die land van Pamperlang
  7. Wielie Wielie Walie
  8. Anna Emm Luisterstories/Podcasts

Screen Shot 2015-02-25 at 11.50.32 Gidse

Engels:

  1. Batman
  2. Batman…
  3. Spiderman
  4. Avengers
  5. The Jungle Book
  6. Counting 1 to 10
  7. Really Yucky Stuff: Weird Facts for Kids

  8. River Monsters

  9. Biology Coloring Book

  10. Give It a Go, Eat a Rainbow

  11. Verskeie aanlyn boeke
  12. Gratis boeke
  13. Dr. Seuss – Green eggs and ham
  14. Dr. Seuss – Bartholomew and the Oobleck pdf
  15. Hardy Boys – The Tower Treasure pdf
  16. Roald Dahl – Matilda pdf
  17. Roald Dahl – Verskeie pdf
  18. Roald Dahl – Poems
  19. Percy Jackson and the Olympians – Book 1

Verskeie skakels om verskeie boeke en handboeke aanlyn af te laai.

sightwordearlyread75river

Vir nog leesboeke, tik gerus soekterme soos “leeslys, leesreeks, iPad, Android, boeke” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in.  Sien ook die skakels onder “Hulpmiddels” en “Geletterdheid/Taal“.

Screen Shot 2015-04-21 at 18.52.11

iPad Apps / Toeps

4 Kommentaar


Die volgende iPad Apps (en meer) is ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys.  Die eerste groep is meestal Afrikaanse Apps (Big Bug Books en Via Afrika Wiskunde is in Engels en Afrikaans beskikbaar) en die tweede groep is Engelse Apps.  Die hele Letterland storiereeks is aan die regterkant gelys – asook Biebie en Kalla se Engelse reeks:  Biff, Chip, Kipper.  Klik op die prentjie om verdere besonderhede te sien.

* Op TinyTap kan jy die musiek verdoof deur op die note te klik.  Maak seker dat “smart play” aan is.

** Hoe kan onderwysers ‘n iPad in die klaskamer gebruik?

Verskeie in Afrikaans:

Screen Shot 2015-09-23 at 8.20.54

Viva Woordeboekportaal

Screen Shot 2015-02-13 at 20.22.22

Xander Apps – vele tale

Stories uit die Bybel

Stories uit die Bybel

Screen Shot 2015-02-08 at 8.00.54

Die Drie Varkies

Screen Shot 2015-02-21 at 16.12.00

Die Drie Varkies

Storierak

Storierak Verskeie

Screen Shot 2015-02-08 at 7.57.46

Waarvoor is seerowers bang?

Screen Shot 2015-02-21 at 7.26.08

Lollos

Screen Shot 2015-02-24 at 19.11.28

Pennetjiebord

Screen Shot 2015-02-08 at 6.55.25

Kleuterpret

Screen Shot 2015-02-21 at 6.54.51

Afrikaanse Flitskaarte

Screen Shot 2015-02-21 at 6.51.58

Verskeie Boekies

Screen Shot 2015-02-08 at 6.49.24

Gratis Wiskunde

Screen Shot 2015-02-08 at 7.10.18

Soogdiere

Screen Shot 2015-03-18 at 15.01.48

TinyTaps: Klanke

Screen Shot 2015-07-09 at 8.40.45

Soogdiere: Afr., Eng.+

Screen Shot 2015-03-26 at 16.13.24

TinyTaps: Verskeie

Screen Shot 2015-04-17 at 6.24.01

TinyTaps: Verskeie (Kies die SA Vlag vir ‘n lysie Afrikaanse Toeps.)

Screen Shot 2015-04-21 at 21.15.27

Wildrit

Screen Shot 2015-04-21 at 21.19.21

Diere & Geluide

Screen Shot 2015-04-21 at 21.22.01

Ollie Onthou

Screen Shot 2015-08-28 at 6.43.28

Kies die SA Vlag vir ‘n lysie Afrikaanse Toeps.

Screen Shot 2015-09-23 at 12.50.26Screen Shot 2015-02-21 at 7.38.05Screen Shot 2015-02-21 at 7.36.23Screen Shot 2015-02-21 at 7.33.45Screen Shot 2015-02-22 at 13.42.56Screen Shot 2015-02-22 at 13.45.20Screen Shot 2015-02-22 at 13.46.30Screen Shot 2015-03-10 at 15.11.40Screen Shot 2015-03-10 at 15.18.17Screen Shot 2015-06-14 at 14.26.01Screen Shot 2015-06-14 at 14.28.55Screen Shot 2015-06-14 at 14.31.23

Young ones (stories and interactive learning):

Screen Shot 2015-02-21 at 16.17.26

Letterland English Phonics

Screen Shot 2015-02-21 at 16.17.40

Letterland Letters/Writing

Screen Shot 2015-02-22 at 13.09.57

Beatrix Potter

Screen Shot 2015-02-22 at 13.11.53

Beatrix Potter

Screen Shot 2015-07-09 at 20.36.01

Three Little Pigs

Screen Shot 2015-02-22 at 13.13.11

Beatrix Potter

Screen Shot 2015-02-22 at 13.14.45

Biff, Kipper…Oxford Stories

Screen Shot 2015-02-22 at 13.16.26

Biff, Kipper…Oxford Stories

Screen Shot 2015-02-22 at 13.30.15

Ladybird Classic

Screen Shot 2015-02-22 at 13.33.46

Graded reading series

Screen Shot 2015-02-22 at 13.31.34

Peppa

Screen Shot 2015-02-22 at 13.35.38

Dr. Seuss Bookshelf

Screen Shot 2015-02-22 at 13.36.40

The Cat in the Hat

 

In the classroom:

Screen Shot 2015-05-08 at 22.38.05

SeeSaw: ‘n Private Klas “Facebook” – om werk aan slegs die ouers te wys.

Screen Shot 2015-03-10 at 15.29.22

Socrative – Ouer Grade

Screen Shot 2016-01-23 at 19.39.37

Screen Shot 2016-01-17 at 8.05.59

Skandeer dokumente 1, 2, 3

Screen Shot 2015-03-10 at 15.41.38

Real Animals

Screen Shot 2015-03-10 at 15.48.43

Science Lab

Screen Shot 2015-03-10 at 15.34.20

Tegnologie: Hoe dinge werk

Screen Shot 2015-03-10 at 15.24.25

On the go assessment

Explain Everything

Explain Everything

Screen Shot 2015-03-10 at 15.11.40

Zoeloe

Screen Shot 2015-03-10 at 15.11.40

Xhosa

Screen Shot 2015-03-10 at 15.11.40

Sesotho (Suid)

Screen Shot 2015-03-10 at 15.11.40

Engels

Screen Shot 2015-03-10 at 15.11.40

Tswana

liedjies

28 Kommentaar


luister Luister na kinderliedjies aanlyn…

  1. Spinnekop
  2. Insekte
  3. Skoenlapper
  4. Verkleurmannetjie
  5. Skilpad
  6. Seekoei
  7. Kameelperd
  8. Olifant
  9. Groente
  10. Vrugte
  11. Hond
  12. Wurms
  13. Ruimte
  14. Trein
  15. Kat
  16. Mier 
  17. Blink vosperd 
  18. Saai die waatlemoen 
  19. Aai, aai, die witborskraai 
  20. So ry die trein 
  21. Kuier op die plaas

Lees die…

Ou televisiestories  en lofsang liedjies is aanlyn beskikbaar.  [Engels]

storieman

8 Kommentaar


Die Storiemanboeke is terug!  Storieman is ook op Storierak beskikbaar.

plaasdiere

8 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-24 at 17.13.09

Op die plaas is daar baie diere, maar vir die kleinspan moet ‘n mens die getal verminder.  Ek fokus eers net op hoenders, perde, beeste / koeie, varke… ‘n Idee om die tema bekend te stel is om van die diere se geluide te speel sodat die leerders dit moet identifiseer (Wat maak so?).  Die kleintjies kan raai, maar vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n geheime koevert gee.  In Graad 1 is die koevert gevul met prentekaartjies (met die dier se naam daarby), maar in Graad 2 is die koevert gevul met prentekaarte en los klanke.  Die outjies moet in Graad 1 die prent wys en die naam lees, maar in Graad 2 bou hulle self die name en pas dit by die prente.  Die outjies kan in groepies of pare werk vir ‘n bietjie spangees.  Soos hulle die diere reg raai, kan jy die vergrootte prente teen die bord aanbring.  Smile het ‘n oulike legkaartstel (met ‘n kasset of CD vol dieregeluide) gehad.  Ek is seker dat hulle dit steeds verkoop. As jy die diere gaan bespreek, kan jy die onderskeie produkte op die plakkate aanbring of uit stal.

  • Koeie verskaf leer, vleis en melk…
  • Hoenders gee vleis en eiers…
  • Perde is ‘n vervoermiddel en is soms trekdiere weens hul brute krag…
  • Varke gee vleis…

Wat eet die onderskeie diere? Waar woon elkeen? Wat noem ‘n mens die mannetjie, die wyfie en die kleintjie?  Watter aksies voer hulle uit (wei, skrop, kekkel, snork, rol, gallop…)? Vir dialoog- of fantasiespel kan die outjies in groepe verdeel word en maskers gebruik om plaassake te bespreek.

Maak dalk julle eie maskers tydens die kunsles.  Vir varkmaskers kan ‘n mens mediese maskers pienk kleur (flou, rooi voedselkleursel) en ‘n snoet bo-op plak of met drukwerk aanbring.  Jy kan ook ‘n papiermasker maak vir die dialoog gedeelte. Koeie kan met swart kolle versier word en perde kan in bruin vingerverf getooi word. ‘n Skaap kan ‘n lagie wol uit wit watte kry. ‘n Hoender kan ‘n parmantige haan of ‘n sagte hen wees. As jy regte vere kan kry, plak dit bo-op die kop en verf die bel en kam bloedrooi. As jy reeds die maskers gemaak het, kan julle ‘n luisterspeletjie speel deur die onderskeie diere geluide te speel. As die outjie sy dier hoor, moet hy opstaan. Dit kan ‘n lekker uitvangspeletjie word.  Afhangende van die ouderdomsgroep kan die outjies wat opstaan die dieregeluide benoem, bv. runnik, loei, blêr, kekkel…

Vir oulike Engelse diere geluide en gedigte kan jy hier gaan loer. Hulle dek ‘n verskeidenheid diere en gedigte.

Tel die diere of leer om die dierename in Engels te skryf.

As julle ‘n muur collage wil maak met plaasdiere, skep eers die agtergrond. Verf ‘n groot vel papier in twee dele – blou lug en groen gras of selfs koringlande. Bring ‘n skuur aan en rig ‘n windpomp op. As julle tyd het kan die kinders die agtergrond met sponswerk bedruk voordat julle die skuur en die windpomp plak. Maak die diere van papierborde, die hoenders van uitgeknipte handafdrukke of uit papier. Knyp ingekleurde of geverfde diere in wasgoedpennetjies vas sodat dit sommer as bene dien of maak vingerpoppe of handpoppe van papiersakke.

Maak ‘n varkie deur kurkproppe as bene te plak en papier maché bo-oor ‘n ballon te doen. Dit neem lank om droog te word, maar sodra dit hard en droog is, kan jy die varkie verf en versier. Lekker speel en leer!

Oupa John vertel oulike stories

4 Kommentaar


Hier is ‘n CD met lekker luisterstories vir die jongspan.  Oupa John het verskeie oulike stories saam gestel – wat beslis ‘n aanwins vir die kleingoed se CD-versamelings sal wees.

“Die Afrikaanse stories is skoon, avontuurlik, sonder allerlei feetjies en drake of enige demoniese invloede. Dis vermaaklik maar met ‘n ietsie opvoedkundigs en geestelik. Ons wil stories aanbied waarmee die kind kan identifiseer, maar wat verseker met die werklikheid verband hou.”

Die cd’s kos R50 stuk plus dan die bietjie posgeld. Dit kan direk by ons bestel word by Telefoon 082 811 0669 of 072 132 0074. Ons e pos adres: leonie.goosen3@gmail.com

Loer ook hier.

karnivore

3 Kommentaar


Anna het genoem dat sy ‘n kritles moet gee oor Karnivore.  Hiermee dan so ‘n paar idees om dalk te gebruik.

Wat is ‘n Karnivoor?  Dit is ‘n dier wat jag vir sy prooi, dit dood maak en dan eet.  ‘n Mens kry karnivore wat mak is en ander wat wild is.  Hulle het slagtande wat ideaal is vir hierdie jagproses. Daar is gewoonlik twee in die bo- en twee in die onderkaak.  Anders as planteters (herbivore), het karnivore skerp tande om vleis mee te skeur en te eet.  Kan jy die karnivore van die herbivore onderskei in hierdie prente?

Watter ander eienskappe sal ‘n karnivoor nodig hê om sy prooi te vang?

Hulle is dikwels goed gekamoefleer – met kolle, strepe of pelse wat spesifiek by hul omgewings pas. Waar woon die wilde karnivore?  Hierdie unieke pelse help die diere om lank genoeg weg te kruip of hulself weg te steek, sodat hulle die prooi kan bekruip.  Die karnivoor sal spesifieke bewegings hê om die prooi uit te oorlê – spring, sterk, besonderse vinnige atleet, sluip…’n Karnivoor het ook dikwels skerp kloue om die prooi mee te vang en vas te hou.

Ek sou graag wou hê dat so ‘n les ‘n opvoedkundige uitstappie moes volg of inlei, sodat die outjies met die ware jakob kan kennis maak.  Kies een spesifieke karnivoor as voorbeeld en bou die les dan rondom die spesifieke dier.  As jy byvoorbeeld toegang tot ‘n jagluiperd het en ‘n kuiertjie kan reël, sal die outjies die tande, die pels, kloue en atletiese bou kan aanskou.  As jy dalk ‘n kort video kan maak van ‘n kuiertjie by so ‘n dier, kan jy dit dalk aan die klas wys.  As jy regtig nie by ‘n wilde karnivoor kan uit kom nie, kan jy selfs makker outjies soos ‘n huiskat inroep en na die kleiner outjie kyk.

Bou dalk ‘n karnivoor uit pottebakkersklei of teken en verf die spesifieke dier as deel van ‘n kunsles.  Hersien die terminologie verbonde aan die dier as deel van Natuurwetenskappe en Huistaal (pote, kloue, slagtande, welpie, leeuwyfie, leeumannetjie, pels).  Kies ‘n paar karnivore, soek sketse van hul tande of kake en betrek dit by tel oefeninge en wiskunde somme (Watter karnivoor het die meeste / minste tande?  Hoeveel tande het die __ meer as die __?).

Kyk ook na die skrywe oor wilde diere en die volgende oulike skrywes elders.

Lees: motivering en aanmoediging

8 Kommentaar


maakleeslekker

Iemand het idees gevra om luierige lesers te motiveer om meer te lees.  Vir lui lesers kan ‘n mens ‘n beloningskaart maak – ‘n basiese almanak-uitleg met groterige blokke (tik “kalender” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in).  Op Grondslagfasevlak kan boekies redelik vinnig gelees word.  Maak ‘n kolletjie vir elke boek wat klaar gelees is – nadat julle ‘n paar begripsvragies gevra het – en besluit op ‘n prys.  As die outjie byvoorbeeld 10 boekies gelees het, kry hy / sy ‘n plakkerboekie, ‘n mooi skryfblok of kan julle ‘n DVD huur.

  • Skryf kort notatjies vir die kosblik.
  • Plaas ‘n bestelling vir ‘n toebroodjie en skryf die bestanddele neer (as dit iets soos ham en tamatie bevat, kan jy die snye vooraf in bakkies bêre om die proses makliker te maak).
  • Webwerwe soos TwistyNoodle het inkleurprente waarby jy jou eie sinne en woorde kan tik en druk.  Maak ‘n inkleurboekie vol sinne om “toevallig” te lees.  As ‘n paar vriendinne sulke boeke saam stel, kan ‘n mens weekliks ‘n ander boekie maak en uitruil.
  • Bak en brou saam of besluit op ‘n ete.  Gaan dan saam deur die koskaste en stel ‘n inkopielys saam.  By die winkel kan die outjie die benodigdhede lees en tuis kan hy / sy die resep ‘n paar maal nagaan om seker te maak dat julle alles gebruik het en dat die stappe reg gevolg is.
  • Soek telefoonnommers in ‘n telefoongids op.  Maak dit op die regte bladsy oop en vra vir hom / haar om ‘n oom of tannie se nommer op te soek.  Julle kan dalk ‘n paar nommers in die huis se eie telefoonboekie nagaan – om “seker te maak dat alles nog reg is”.
  • Blaai deur foto-albums en lees sommer so saam-saam die byskrifte.  Die inligting is relevant tot die outjie se familielewe en behoort hom / haar te interesseer.
  • ‘n Koppie koffie of “hot chocolate” kan ‘n lekker verskoning wees om te lees terwyl die beker afkoel.
  • Gebruik ‘n wekkertjie soos ‘n egg timer om ‘n tyd af te meet waarin daar gelees word. As die outjie regtig teësinnig is, kan julle die wekker stel en saam lees.  Maak beurte – een bladsy vir jou en een vir my.
  • Soek gerus na ou luister- en leesboekies in die biblioteek.  Ladybird het soms sulke kombinasies Storieman is selfs nou op Storierak beskikbaar.
  • Maak julle eie storiekassette.  Neem stories of gediggies op bandjies, die rekenaar of ‘n selfoon op.  (Stuur gerus vir my.  Ek luister graag!)
  • Gebruik selfs die lirieke van liedjies en neem die outjie op terwyl hy / sy sing – so op ‘n kamma Idols-manier.
  • Maak ‘n klein, spesiale leeshoekie met ‘n sagte kussing, ‘n leeslig en ‘n houer vir boeke.  Die beste opsie sal altyd natuurlike lig (na aan ‘n venster) wees.

Sterkte met die res van die kwartaal!

troeteldiere

4 Kommentaar


troetel

J het gevra vir idees oor troeteldiere. Hier is ‘n paar…

Troeteldiere

Honde:

Katte:

  • Maak ‘n katkaartjie.  Dit hoef nie op swart papier gedoen te word nie.  Gebruik ‘n papboks en pastelle of vetkryt met voedselkleursel (eiergeel werk goed).
  • Deurkaartjie:  Maak ‘n papierkat om aan die deur se handvatsel te hang of versier ‘n houertjie vir katkos.
  • Sny katstensils uit, trek dit af op ‘n ou x-straalplaat, knip uit en gebruik vir
    • spuitverfwerk,
    • spat verf met ‘n tandeborsel daaroor,
    • doen patroonwerk op ‘n vel papier (in helder kleure) en plak ‘n kat uit swart of bruin papier daarop.
  • Inkleurwerk en ander
  • Voetjies vir ‘n raampie of om flitskaarte mee te maak (somme en woorde).

Visse (goudvisse):

  • Inkleurprente en ‘n idee of twee om visse uit papierborde te maak.
  • Les-idees
  • Hoe om ‘n vis te teken.
  • Eenvoudige vis-buitelyn: Gebruik vir sigwoorde, somme en ander flitskaarte of vergroot en skryf ‘n visstorie daarin.
  • Vis doolhof
  • Maak ‘n pragtige, reënboog papierbord vis.
  • Sny die buitelyne van ‘n vis op karton (of ‘n x-straalplaat stensil) uit.  Maak twee identiese visse. Pons dan gate rondom die buiterand en ryg wol of tou daardeur.  Teken patrone met vet- of uitdraaikryte op die visse  (soos skubbe) en verf met voedselkleursel.  Gebruik sommer verskillende blerste kleursel.  Sodra die vis droog is kan jy dit met ou koerant of watte op stop.  Hang dit naby ‘n venster sodat die vissie in die lug kan swem.  Maak ‘n hele akwarium van die plafon.
  • Knip ook ‘n paar vissies uit en hang hulle aan ‘n vislyn op (in ‘n ry).  Skryf dan sommer getalle, veelvoude, ens. daarop sodat die outjies die huidige relevante werk kan oefen.

Voëls:

Ander:

  • Hou ‘n troeteldierdag:  Elkeen kan ‘n troeteldier – indien moontlik – of ‘n foto van ‘n troeteldier bring.  Laat die outjies dan dinge oor die diere vertel (mondeling / “show and tell”).
  • Gebruik gesigverf en maak die gesigte soos honde, katte, ens. op.  Dit behoort ‘n groot lekkerte te wees tydens fantasiespel (kleintjies).
  • Besoek ‘n troeteldierwinkel.  Gaan vooraf na die winkel toe en kyk na die verskeidenheid diere sodat jy takies en vragies daaroor kan opstel.  (Bv. Watter diere word in die winkel verkoop? Teken jou gunstelingvis…)
  • Maak rye voëls, katte en honde onderskeidelik.  Vra dan vragies soos Hoeveel bene het 2 voëls? Hoeveel katte het ‘n bont pels? Hoeveel katte kyk na links? Hoeveel honde kyk na regs? Hoeveel honde staan? lê? Hoeveel ore het vier honde? Hoeveel diere is hier altesaam?
  • Betrek die gepaste woordeskat vir die onderskeie diere: kieue, vinne, werpsel, snor, blaf, miaau, spin, grom, poot…Wat beteken troeteldier? (Gebruik ‘n eenvoudige, groot skets ter toeligting – soos ‘n wetenskapprent.)
  • Kyk na die tuistes, gewoontes en versorging van die diere.  Bv. die voël woon in ‘n hok of ‘n kou, die hond in ‘n hok en die vis in ‘n visbak of akwarium.  Waar beweeg die diere? (land, lug, water) Hoe beweeg die diere? (swem, kruip, loop, hardloop, bekruip, vlieg, fladder…) Hoe eet die diere? (pik, sluk, skeur, byt, kou)
  • Onthou altyd om lekker kleurryke muur- of tema-plakate te maak en om konkrete items uit te stal.  Die plakate kan op A4-karton gemaak word om later in jou lêer te pas.  Gebruik die diere waaroor julle gaan praat en stal van elkeen se items (gegroepeer) uit.
  • Luister hier na diere geluide.

amper in die groot skool

14 Kommentaar


skoolgereedDit is amper tyd vir die groot skool.  Dit is nou tyd vir ekstra werk en speletjies om die vaardighede op te skerp.   Hiermee ‘n paar aktiwiteite om op ‘n lekker speel-speel wyse te doen.  Hou alle “skool” aktiwiteite  of speletjies lekker en informeel.  Indien die kleinding sukkel, stop die speletjie en gaan oor na iets anders.  Skool moenie met ‘n spanningsvolle ervaring verbind word nie…

Ouditiewe Persepsie

(praat agter ‘n skerm soos ‘n koevert of stuk papier – sodat die lippe nie sigbaar is nie)

  •  Watter klankie hoor jy aan die begin?  Wat hoor jy eerste? (Spreek die “vet” klankie met mening uit.  “Oordoen” dit.)

bal

lap

hap

toon

sit

man

nek

rok

  • Watter klankie hoor jy in die middel?

(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)

mot

kat

sit

rek

bus

Later…(Graad 1, 2 en 3)

(Dubbelklanke)

toon, room, foon…

naam, gaap, laat…

vuur, suur, muur, nuut…

meel, veer, neem…

Nog later…(Graad 1, 2 en 3)

(Tweeklanke)

vuil (met ‘n diep stem)

seil (met “plat” lippe)

boek

koud

deur

  •  Watter klankie hoor jy laaste?  Watter klank hoor jy aan die einde?

(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)

kat

man

bos

bal

stof

  • Noem vier woorde – waarvan drie identies is.  Watter een pas nie?

Bv. nek, man, nek, nek.

Skuif die “ander” woord rond.  Bv. buk, buk, buk, dak.  hak, hak, tak, hak.

  • Sê twee woorde wat óf dieselfde is óf eenders is.  Bv. seep/seep, doek/boek.  Die kind moet sê of die woord dieselfde of anders is.  (‘n Kop-knik of –skud is ook in orde.)

Geheue

  1. Noem 2 KVK-woorde.  Die kind herhaal.  Bv. mat, pen.
  2. Noem 3 KVK-woorde.  Die kind herhaal.  Bv. tas, bed, rok…Vermeerder tot 5 woorde.
  3. Gee ‘n opdrag met een aksie.  Bv. skakel die lig aan…Vermeerder die aksies tot 4 (mettertyd).  Bv. Skakel die lig aan, maak die deur toe, bring die boek en klim op die bed.

VISUELE PERSEPSIE

Gebruik ‘n besige prent of foto.

  1. Soek sekere items.  Bv. Druk met die vinger op al die geel blomme.  Omkring al die driehoeke.  Omkring al die groot bome.
  2. Kyk na twee eenderse prente en soek die verskille (gewoonlik in aktiwiteitsboeke).
  3. Skryf ‘n klomp syfers rond en bont op ‘n bladsy neer.  Omkring al die 2’s / 3’s / 4’s, ens.
  4. Soek takies soos:
  • Watter prentjie lyk dieselfde as die eerste een?
  • Watter prentjie pas nie?
  • Soek die maats.
  • Omkring al die prente wat met ‘n s begin (oorvleuel met ouditiewe takies).

Geheue

  1. Pak drie speelgoed langs mekaar.  Wys aan die kind.  Bedek na 5 tellings.  Die kind moet opnoem wat hy gesien het.  Later moet hy die volgorde herroep of die items self na pak.
  2. Kyk na 3 tot 5 prente.  Bedek.  Wat het jy gesien?  Was jy reg?
  3. Kyk na ‘n besige prent.  Bedek.  Wat het jy alles gesien?  Wys nou vir my waar is die …?  (Wys die genoemde items uit.)
  4. Wys ‘n eenvoudige lynskets.  Neem weg.  Die kind moet dit teken. (Begin by vorms en dan eenvoudige “simbole”.)
  5. Skryf 2 tot 5 syfers in ‘n ry.  Bedek.  Die kind met dit skryf.

Aksies met rigting-woorde, woordeskat en waardevolle konsepte

  • Druk op die blom langs die huis, voor die boom, links van die motor, regs van die hond…
  • Raak aan jou… (liggaamsdele – ook knie, skouer, elmboog, ken, hak…)
  • Raak met jou linker- / regterhand aan jou …
  • Raak met jou linker- / regterhand aan jou linker- / regter-…
  • Gee aksies om te onthou (soos by die ouditiewe afdeling), maar las rigting by.  Bv. Skuif die gordyn na links en maak die venster oop.  Bêre die glas regs van die wasbak en die bord links van die wasbak.
  • Pak speelgoed in ‘n ry en wys uit.  Watter speelding staan eerste?  Laaste? In die middel?
  • Drie tot vyf prente in ‘n ry:  Watter prent is eerste? Tweede? Laaste? In die middel?  Watter prent kom na die …?  …voor die …?
  • Sorteer prente volgens dinge wat in die oggend (borsel tande, trek aan, eet pap…), gedurende die dag (skool toe, speel) of nag gebeur (slaap, bad…).
  • Deel items uit.  Bv. Verdeel die lekkers tussen twee kinders.  Hoeveel kry elkeen?  Hoeveel bly oor?
  • Kyk na versamelings (3 to 4 groepies).  Watter groupie het die meeste / minste items?
  • Tel voorwerpe.  Skryf die syfer (tot 10).  [Gebruik die regte skrif.]
  • Volg die stippellyn.  (bv. van die kat tot by die muis)
  • Volg die doolhoof.
  • Knip op die lyn (reguit lyne, effense kurwes…)
  • “Lees” logo’s soos die name van bekende winkels, eetgoed, koeldrank, padtekens…
  • Bou legkaarte.
  • Lees BAIE stories, sing liedjies, sê rympies op…maak stories op, maak gediggies op…

Rig ‘n hoekie vir “lekker werk” iewers in die huis in.  ‘n Hoekie in die slaapkamer sal fantasties wees. ‘n Spesiale houer vir kryte, potlode en veselpenne (koki’s) kan op die “lessenaar” staan – met baie afvalpapier (ou blaaie met skoon agterkante is ideaal). Knip verskillende vorms uit x-straalplate of skaf stensils (selfs ou deksels, plekmatjies…) aan. Hou ‘n verskeidenheid “teken-” of “verfgoed” aan. ‘n Mens hoef nie net met ‘n kwas te verf nie. ‘n Ou skeerkwas, sponsie, oorstokkies en vingers is fantasties. Hou maar altyd ‘n ou lappie (die dun, blou kombuislappies is baie handig) naby om die vingers skoon te hou. Indien daar nie ‘n voorskoot naby is nie, kan gate uit ‘n inkopiesak geknip word vir die kop en arms. Siedaar! ‘n Weggooibare voorskoot. ‘n Tafeldoek kan uit ‘n swartsak geprakseer word. Pep het egter rolle plastiek (in oulike ontwerpe) om spesiale en goedkoop tafeldoeke te maak.
Stempels hoef nie duur en gekoopte items te wees nie. ‘n Een-sessie stempel kan uit aartappels gemaak word. Sny die aartappel in die helfte, “teken” jou ontwerp met die mespunt en kerf rondom. Dit gee dieselfde effek as ‘n stempel en is sommer “personalised” vir die kleinding. Groter kinders kan natuurlik woorde stempel – indien iemand 26 klanke wil kerf 😉 Vra ook vir vriende of daar nie ongebruikte, ou stempel by die kantoor lê nie – vir ‘n skenking. Kantore en fabrieke het dikwels ou afvalmateriaal, plakkers en diesmeer wat kleingoed op kreatiewe wyses kan gebruik.
Gebruik gemorspos, ou koerante en tydskrifte:
Maak klein winkeltjies in die kamer (woordeskat ontwikkeling)…
Gebruik gemorspos om die logo’s uit te knip en plak dit teen die muur vas. Hoeveel selfone is daar in jou winkel? Watter selfoon is die grootste? Kleinste? Wat verkoop jy in hierdie winkel? Waar gebruik ek hierdie items? Sorteer prente van meubels en elektriese apparaat volgens vertrekke. Waarvan hou jy?
Gebruik die prente in gemorspos om ‘n huis te versier. Gebruik ‘n ou doos (of verskeie) om “pophuise” te maak – met meubels, matte, mense, ens. Wees lekker kreatief, maar doen hierdie aktiwiteite SAAM MET die kleinding. Die doel van hierdie kreatiewe werk is om baie te gesels, om woordeskat aan te leer en te ontwikkel, om die handjies besig te hou en om die verhouding tussen ouer en kind te versterk.
Lekker speel!

Belangrike dinge: Graad R en 1

18 Kommentaar


GROOT SKOOL

Wanneer die fondamente vir lees en leer gelê is en die kind die aspekte bemeester het, begin hy ryp word vir formele onderrig.

As die leesproses begin voor die gereed is om die inligting in te neem, kan dit lei tot lees- en leerprobleme.  Sonder ‘n sterk grondslag, kan die gebou ineen stort.

Ontwikkelingsmylpale

artikel

Die kind

Gereedheid

Nie alle kinders bereik ‘n gereedheidspunt op dieselfde kronologiese ouderdom nie.

As ‘n kind nie emosioneel ryp is nie, kan die leerproses spanning en gedragsprobleme veroorsaak.

‘n Tekort aan selfvertroue kan die kind verhoed om te waag om te lees.

§Die kind behoort geïnteresseerd te lyk in boeke – inkleur, teken, “skryf”, blaai en “lees”.

§Die kind behoort ag te slaan op gesag.

§Die kind behoort met ander te kan saamwerk.

§‘n Verantwoordelikheidsbesef behoort gevestig te wees.

§Onafhanklikheid in terme van

·Toilet roetine / gebruik

·Veters knoop

·Eet en drink (voeding)

·Aantrek

‘n Kind wat emosioneel nie gereed is nie, kan uiting gee aan sy frustrasies op die volgende wyses:

§hardloop weg

§kruip weg

§aggressiewe optrede teenoor maats

§weier om te werk

§enurese (benatting) en enkoprese (bevuiling)

Loer ook na “skeidingsangs” [Emosioneel] aan die regterkant.

Intellektuele / kognitiewe ontwikkeling

Die brein se vermoë om nuwe begrippe en konsepte te verstaan (soos veral wiskunde).

  • Fisieke aspekte

Gesondheid

§Voortdurende en kroniese siektetoestande kan die leerproses belemmer.

Sensoriese aspekte

§Die volle gebruik van die ore (gehoor) en oë (visie en oogbewegings) is nodig om suksesvol te kan lees.

§n Gebrekkige gehoor en ouditiewe vaardighede verhoed die kind om opdragte korrek te hoor en om klanke met simbole te assosieer.

§‘n Gebrekkige visie en visuele vaardighede belemmer die kind se vermoë om simbole te lees en te verstaan.

  • Spraak en uitspraak

§Verstaanbare uitspraak is belangrik, sodat die kleinding kan skryf wat hy hoor.  Veral outjies wat lispel sal die “s” vervang.

§Korrekte taalgebruik en sinskonstruksies is belangrik om sinne verstaanbaar te skryf.

§Die korrekte gebruik van die “skool-“ of “leertaal”, help die kind om te begryp wat onderrig word.

  • Oriëntering

Kennis van rigting keer dat letterformasies (vorming) en syfers in die verkeerde rigting gedraai word.  (e.g. u / n, b / d / p, t / f…)

Belangrik:

§‘n begrip vir die verhouding van vorms tot mekaar (naby / ver, bo / onder…),

§kennis van bo, onder, links, regs…

§kruising van die middellyn

·behoort die denkbeeldige middellyn te kan kruis

  • Visuele waarnemingsvaardighede

§As die kind nie die verskil tussen prente, items of simbole kan sien nie, mag hy moontlik probleme ontwikkel om die verskil tussen syfers, letters en woorde te sien (b / d / p, 2 / 5, 9 / 6, t / f).

§Woorde kan verkeerd gespel word (bad / dab, net / uet)

§Woorde kan verkeerd gelees word.

§Die volgorde van klanke in ‘n woord kan verkeerd gelees word (kat / tak / akt).

  • Ouditiewe persepsie

§As die kind nie die verskil tussen klanke kan hoor en begryp nie, gaan dit lei tot spel- en leesfoute.

·Die kind sal moontlik iets anders skryf as wat die juffrou sê. bv. woot inplaas van boot, bat in plaas van bak

§As die kind daarmee worstel om tussen klanke te onderskei, sal hy moontlik nie ‘n spesifieke klank kan hoor nie.  “Bv.: Watter klank hoor jy eerste as ek kat sê?” (k).  Dit sal ‘n direkte impak hê op die kind se vermoë om woorde te skryf.

  • Fynspier bewegings

Die hand se vermoë om fyn aksies uit te voer, beïnvloed die kind se vermoë om netjies en vloeiend te skryf.  Dit word vooraf gegaan deur die ontwikkeling van die grof of groot spiere (maag-, arm-, beenspiere…).

  • Dominansie

Links- of regshandigheid behoort gevestig te wees  (moenie die kryt tussen die hande ruil nie).

Voorskoolse aktiwiteite:

  • lees vir die kind voor
  • praat gereeld en voortdurend met die kind om woordeskat uit te brei en goeie taalstrukture te vestig
  • gebruik die taal waarin die kind sal skoolgaan
  • sing liedjies, sê gediggies op, vertel stories oor
  • tel
  • bespreek prentjies (Wat gebeur? Wat kan gebeur? Wat dink jy sal volgende gebeur?)
  • voorspel wat in die storie sal gebeur deur na die voorblad te kyk
  • bepaal wat links en regs is (ons draai nou links)
  • ontwikkel terme soos eerste, aan die begin, in die middel, laaste
  • benoem kleure en vorms
  • vestig goeie ouditiewe en visuele vaardighede
  • vertel ‘n storie terug (geheue)
  • omring deur stories, boeke, rympies, gedrukte materiaal
  • ritme (dit beïnvloed ‘n begrip taalgebruik en wiskundige patrone)
  • oog-hand koördinasie
  • WOORDESKAT ONTWIKKELING

(dankie aan Grové en Hauptfleisch se slimgeit)

Kobus Weyers het ‘n vraelys om te voltooi op sy webwerf.  Dit gee ‘n goeie aanduiding of jou kind skoolgereed is al dan nie.

(‘n Graad R-leerplan en die 2012-kurrikulum (CAPS)

ouditiewe tuisprogram

16 Kommentaar


Hiermee ‘n paar gehoor-oefeninge vir ekstra oefening…

ouditiewe

 

  • Oë toe. Ma maak geluide en kinders identifiseer dit. (nies, hoes, lag, maak ‘n ritssluiter oop)
  • Oë toe.  Luister na geluide in die huis en identifiseer of dit ver of naby is.
  • Speelgoeddiere: Leerders maak telkens die geluide van die diere hardop na. (Ma of Pa wys)
  • Kyk na prente van bv. voertuie, diere, ens.  Maak telkens die geluide na.
  • Nonsens-opdragte: Voer realistiese opdragte uit.  Sit stil indien opdrag onrealisities is. (Soos Simple Simon)
  • Voer een opdrag uit. (Maak seker dat boeta luister:  “Maak die deur toe”)
  • Voer meertallige opdragte uit (Gee tot drie opdragte op een slag:  “Maak die deur toe, skink ‘n glas water en neem dit vir Pappa”).
  • Klap ‘n eenvoudige ritme en die kinders volg dit na. (** –, *-*–***)
  • Leer ‘n twee-reël liedjie met die eggo-metode aan.  Bv. ‘n Groetliedjie. (Goeie môre, Jana. Dit is ‘n lekker dag. Goeie môre, Mamma. Dit is ‘n lekker dag…)
  • Noem een woord.  Kinders herhaal die woord.
  • Noem twee of drie woorde.  Kinders herhaal die woorde. (pap, appel, tafel, tone)
  • Absurditeite:  As opdrag uitvoerbaar is, klap die kinders hande.  Indien nie, sit hulle stil.
  • Vrae:  Wat is dieselfde aan ‘n storie- en ‘n inkleurboek?
  • Vrae:  Wat verskil tussen ‘n storie- en ‘n inkleurboek?
  • Konsepvorming:  Wat het ek alles nodig om my tande te borsel / koffie te maak?
  • Konsepvorming:  Waarom kan mense nie vlieg nie? (Lei deur vraagstelling.)
  • Wys ‘n prent van ‘n hond.  Sê “hon” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “hond”.
  • Wys ‘n prent van ‘n kat.  Sê “at” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “kat”.
  • Sê die eerste reël van ‘n kinderversie bv. “Hompie kedompie” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.
  • Sing die eerste reël van ‘n bekende kinderliedjie bv. “Hansie slim” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.
  • Samestellings:  Wys prent van ‘n roomys.  Sê “roomy” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “roomys”.

Sukkel jy om jong kinders se aandag te kry?

‘n Mens kan ook ‘n alternatiewe speletjie hê waar ‘n mens ‘n fluitjie blaas of ‘n klokkie lui.  Die outjie/groep wat eerste sit, hand opsteek of kyk, kry ‘n bitter klein lekkertjie of ‘n spesiale plakker.  As daar kinders is wat moontlik nooit ‘n lekkertjie sal kry nie, kan ‘n mens hulle in ‘n aparte groep betrek. Gee dan ‘n eenvoudiger aktiwiteit waarvoor jy vergoeding gee, sodat hulle ook die sukses kan smaak. ‘n Mens sal hierdie outjies later by van die ander groepe wil indeel sodat hulle mekaar kan help.  Gee dan ‘n vergoeding vir die groep – al is daar ‘n outjie wat sukkel.  Herhaal, herhaal, herhaal.

Tik gerus ook soekterme soos “aandagafleibaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, indien jy aandagafleibaarheid vermoed.  Vir meer oefeninge vir leerders wat tans leer klank en skryf, kan jy soekterme soos “abc uitspraak, nuwe leser, abc skryf…” probeer.  Loer ook na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant en die hofie genaamd “produkte” 🙂

Afrikaanse aanvangsklanke

Identify the Initial Sounds

 

*ouditiewe ontwikkeling

Kinderstories op die internet

22 Kommentaar


kinderstories Ek is tans besig om na Afrikaanse kinderstories op die internet te soek. Dit is nogal moeilik om te kry.  Het jy al ‘n paar teë gekom? Kyk gerus ook op my tuisblad.  Aan die regterkant is die “blogroll” (nou skakellys) vol skakels na opvoedkundige webblaaie met stories.  Ek lys ‘n paar:

Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om  na die stories te kyk.

Loer gerus ook na die inskrywing in verband met rympies en die volgende boeke of leesstof:

Vir Kinderstories op jou Android of Apple toestel, loer gerus na die Geletterdheid/Taal– of Hulpmiddels-afdelings aan die regterkant.  Daar is ook skakels na staatmaker leesreekse.  Tik gerus voorts ook soekterme soos “e-boek, iPad, Android” by die soekblokkie aan die regterkant in.

%d bloggers like this: