Iemand het onlangs na items in ‘n spikkelskrif gesoek. Hierdie is die werksvelle wat die robotkaarttipe skrif bevat. Dit is nie ‘n font nie.
Indien jy rekenaarskrif benodig, loer gerus hier: font
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Desember 12, 2017
flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad R, hulpmiddels, klaskamer, skrif alfabet, letters, robotkaart, robotskrif, spikkelskrif 4 Kommentaar
Iemand het onlangs na items in ‘n spikkelskrif gesoek. Hierdie is die werksvelle wat die robotkaarttipe skrif bevat. Dit is nie ‘n font nie.
April 11, 2015
afrikaans abc, afrikaans, alfabet, engels, klanke, letters, skrif, skryf, syfer 4 Kommentaar
Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig. Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt. Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig.
robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy)
Wat kan jy met hierdie kaarte doen?
Februarie 22, 2015
afrikaans app, flits, iPad, klanke, kleure, letters, luister, seisoene, Sesotho, somme, soogdiere, storie, toeps, Tswana, wiskunde, Xhosa, Zoeloe 4 Kommentaar
Die volgende iPad Apps (en meer) is ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys. Die eerste groep is meestal Afrikaanse Apps (Big Bug Books en Via Afrika Wiskunde is in Engels en Afrikaans beskikbaar) en die tweede groep is Engelse Apps. Die hele Letterland storiereeks is aan die regterkant gelys – asook Biebie en Kalla se Engelse reeks: Biff, Chip, Kipper. Klik op die prentjie om verdere besonderhede te sien.
* Op TinyTap kan jy die musiek verdoof deur op die note te klik. Maak seker dat “smart play” aan is.
** Hoe kan onderwysers ‘n iPad in die klaskamer gebruik?
Verskeie in Afrikaans:
Young ones (stories and interactive learning):
In the classroom:
Februarie 22, 2015
afrikaans android, apps, diere, engels, flits, letters, tel, toeps 2 Kommentaar
Hierdie is enkele Android Apps – wat ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys is. Die eerste gedeelte se Apps is meestal in Afrikaans en die tweede helfte is Engelse Apps. Big Bug Books en Via Afrika se Apps is tweetalig.
*Op TinyTap kan jy die musiek verdoof deur op die note te klik. Maak seker dat “smart play” aan is.
Januarie 29, 2014
afrikaans abc, klanke, letters, patrone, patroon, skrif 4 Kommentaar
RAAMWERK VIR DIE AANLEER VAN KLANKE IN DIE GRONDSLAGFASE
Dit is nie ‘n moet dat die skryf van klanke noodwendig in dieselfde volgorde aangebied of aangeleer word nie. ‘n Gids wat uit 1997 dateer gee die volgorde as: “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, d, g, s, f, e, aa, ee, oo, uu, ou, ui, eu, ei.”
Hier volg ‘n moontlike kombinasie van klanke en patrone:
Perdjiespring– of wolfpatroon:
Drukskrif: v, w en k (y as die skool die “skerp y” gebruik) – ook later x en z
Hasie hoppatroon:
Drukskrif: m, n, r, l, h, b, p
Swaai– of “Tarzan”patroon:
Drukskrif: u, y, i, j (as die skool die “geronde y” gebruik)
Brander– of seepatroon:
Drukskrif: o, a, e, s, d, g, f, t – en later c en q
Maart 9, 2010
afrikaans, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk, kinders, klaskamer, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa drieklanke, dubbelklanke, enkelklanke, huiswerk, intervensie, klanke, letters, muurkaart, tweeklanke, vaslegging 32 Kommentaar
[Dubbel-, twee- en drieklank muurkaarte]
Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik. Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie. Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.
Hersien ‘n bietjie die klanke wat reeds behandel is: ‘n Mens sal ‘n kombinasie van dinge moet gebruik. Neem die klanke wat reeds behandel is stuk-vir-stuk. Wys dit. Wat is die klankie? Sê dit sommer saam met hom, bv. “s”. Watter prentjies op die storie se prent begin met “s”? Slang, son, sand, seuntjie…Skryf die woorde vir hom neer en teken rowwe tekeninge by om die geheue te verfris. Hy kan dan ‘n sin gee. Help hom om die moeilike woorde te skryf deur dit neer te skryf en laat hom ‘n prent by teken. As julle lus het, kan ‘n mens ‘n groot s skryf op papier (sien die drukbare bladsye se “robot- en muurkaarte”). Laat hom die s met gom “skryf”. Strooi dan iets wat met die klank begin bo-oor (bv. sout, suiker, sand). As dit droog is, kan hy daaroor voel. So kan ‘n mens verskillende prente in ‘n boek maak of bind, teen die muur plak of in ‘n lêer hou.
Februarie 23, 2009
afrikaans, huiswerk, kind, kinders, klaskamer, mamma, ouers, pappa flits, huis, huiswerk, hulpmiddels, idees, klanke, leer, letters 2 Kommentaar
Runel het vir my foto’s van haar kinders se huiswerkkamer gestuur. Dit is waar hulle elke dag ‘n spesifieke tydjie inruim om aandag aan die dag se huiswerk te skenk en om saam te leer. Dit is baie belangrik om ‘n spesifieke hoekie in die huis te kry waar kinders hul huiswerk kan doen. Maak seker dat die tafel genoeg (verkieslik natuurlike) lig kry en dat daar nie steurnisse soos ‘n televisie is nie. Ek en Runel het so ‘n bietjie gesels oor al die idees wat ‘n mens vir die klaskamer tuis (huiswerk hoekie) kan gebruik. Die gedagte is om sakpas apparaat te maak wat jou nie bankrot sal maak nie.
Ek het gewonder of Runel nie gaan moeilikheid kry met al die wondergom teen die mure nie.‘n Mens kan ‘n slootjiekaart probeer.Ons gebruik gewoonlik ‘n een kleurige karton, waarop plastiek gevou word om rakkies / slootjies te maak.Ek rol die hele rolletjie (boek oortrek plastiek) oop en kram die een breedte vas.Dan vou jy ‘n lus en kram dit op die kante vas.Die proses word herhaal totdat die plastiek óf die karton se lengte op is.Jy kan dalk ‘n ou papboks op sy las oopmaak en oopvou hiervoor.Knip net die flappies af.As jy die kaart klaar het, kan jy ‘n ou hanger aan die bopunt vas maak en die hanger aan ‘n hak, vensterknip of agter die deur ophang.Nou kan jy die flitskaarte in die slootjies sit en skoon hou agter die plastiek.Sodra die Graad eentjie begin sinne bou, kan die sinne binne-in die slootjies gebou en uitgestal word. (Dan kan daar later by pappa gespog word.)
‘n Ander “bewaringsgedagte” is om ‘n rol breë, deursigtige kleeflint (amper soos dié waarmee kartondose geseël word) by die supermark te koop (kos so R5 – R8).Nou hoef jy net die regte lengtes te knip om jou flitskaarte oor te trek.Weereens hou die flitskaarte langer en maak dit makliker skoon.
Al die flitskaarte of woorde kan ‘n ‘n lêer of in ou venstertjiekoeverte gestoor word vir jonger boeties en sussies of om later hersien te word. (Dan kom daar darem iets positiefs uit die orige koeverte!) ‘n Mens kan altyd later terug gaan na die argief vir ‘n lekker vasvra speletjie.
Runel vertel dat hulle klanke op die muur skryf en dan later mag aflek (gekleurde versiersuiker, suiker of sout werk goed). ‘n Groot stuk plastiek teen die muur kan die lekker lek oefeninge minder moeite te maak. ‘n Mens kan die plastiek net skoonvee met ‘n lappie. Gewone oortrekplastiek of ‘n plastiek tafeldoek (die dunnetjies is in verskillende kleure by die piekniek afdeling van supermarkte verkrygbaar) behoort lig genoeg te wees om op te plak. Die plastiek kan ook as ‘n skryfbord gebruik word as jy met ‘n witbord veselpen daarop skryf. Vee ekstra lekker skoon met ‘n dettollappie.
Saterdag-oggend was daar ‘n insetsel op Nigella se kookprogram oor koekies bak.Dalk kan ‘n mens klanke uit koekiedeeg rol of sny.Die kinders kan dit dan met gekleurde versiersel versier en later eet. Sny byvoorbeeld ‘n “p” en verf dit pienk of pers, ‘n “r” kan rooi geverf word en “g” geel of groen. Hierdie aktiwiteit integreer sommer die proe-, voel- en sien-aspekte! (…en natuurlik die heerlike reuk van vars gebak…)
Stuur asseblief julle idees. Dis lekker om te sien hoe kreatief ‘n mens kan wees…
Februarie 17, 2009
afrikaans, kind, klaskamer, mamma, ouers, pappa, skrif cursive, Graad 2, Graad 3, kursief, letters, lopende skrif, skrif, vas skryf 37 Kommentaar
Hiermee ‘n voorbeeld van lopende skrif se letterformasies. Lekker oefen!
Sien ook die ABC’s van skryf, patrone, Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles, stadige skrif en die aspekte van perseptuele ontwikkeling.
CNX se voorbeelde (mag dalk na ‘n ekstra skakel verwys. Klik daarop.):
Begin eers aan die einde van Graad 2…
PS: Lees ook hier oor die waarde en doel van lopende skrif. Nog ‘n stukkie…
Woorde