Ek het gemerk dat ouers soms inligting oor vorms soek. Ek het ‘n paar oulike webwerwe ontdek wat oor vorms praat. Ongelukkig is die taakkaarte in Engels en sal ‘n mens maar moet knip, spoeg en plak om jou eie werkvel daaruit te bou.
Die eerste vorms wat ‘n kind gewoonlik leer ken is die driehoek, vierkant en sirkel. Reghoeke, ruite (diamante), vlieërs en harte volg gewoonlik – tesame met die ovaal. Behandel die vorms een-een. Dit is belangrik om die eienskappe van elkeen te noem. Byvoorbeeld:
Twee dimensioneel [vorms pdf]
Sirkel Dit is rond soos ‘n ring. Dit is plat. Dit het geen hoeke nie.
Vierkant Dit het vier sye of kante. Die sye is ewe lank. Dit het vier hoeke.
Driehoek Dit het drie hoeke en drie sye.
Reghoek Dit het vier hoeke. Twee sye is lank en twee is kort.
Ovaal Dit lyk amper soos ‘n sirkel wat ‘n bietjie teen die kante gedruk is. Dit lyk soos ‘n eier.
Rombus/Ruit (“Diamant” is nie die regte term nie.) Dit het vier sye en vier hoeke, MAAR staan op ‘n hoek…of dit is ‘n vierkant wat skeef staan.
Drie dimensioneel (“vet vorms”)
Sfeer Dit is ‘n ronde vorm en lyk soos ‘n bal.
Driehoekige piramide ‘n Piramide met ‘n driehoek as basis.
Vierhoekige piramide ‘n Piramide met ‘n vierkantige basis.
Kubus Dit lyk soos ‘n vierkantige blokkie.
Keël Dit lyk soos ‘n roomyshorinkie.
Silinder Dit is soos ‘n blikke – met een of beide ente wat toe is.
Buis Dit is ‘n pyp – met oop ente.
Hoe kan ek by die huis help om die vorms vas te lê?
Gebruik weer die sintuie:
- Voel om die rand van die vorm.
- Ry met ‘n speelgoedmotortjie al om die vorm.
- Gooi verskillende karton vorms in ‘n sak of kussingsloop. Die kind steek dan sy hand in en haal die regte een uit. Vra byvoorbeeld: “Haal asseblief ‘n driehoek uit.”
- Teken die vorm in sand (met ‘n vinger).
- Teken die spesifieke vorm met gom en strooi sand, meel, kraletjies… daaroor. Voel nou bo-oor die droë vorm. NB: Dit help nie om die vorms nou weg te steek nie. Skryf die vorm se naam onder aan en plak dit teen die muur of teen die yskasdeur vas.
- Knip vorms uit en bou ‘n prentjie soos ‘n huis, stokkielekker, ens.
- Opdrag: soek ‘n spesifieke vorm in ‘n tydskrif (bv. sirkel), knip uit en plak op ‘n mini-plakaat (A4).
- Kyk of jy die vorm met jou lyf kan vorm.
- Soek items in die huis wat ‘n sirkel, vierkant, driehoek…in het (horlosie, oond, stoofplate…). Teken die items op ‘n bladsy: Al die sirkels op ‘n bladsy, al die reghoeke op ‘n bladsy…
- Tel hoeveel van elke vorm daar is. Watter vorm kry ons die meeste in die kombuis, badkamer, slaapkamer? Watter vorm kry ons die minste in die vertrekke?
- Maak dominoes waar die kind net eenderse vorms bymekaar moet pas.
- Maak dominoes waar die kaartjie ‘n vorm aan die een kant en ‘n item aan die ander kant het. Hy moet dus die vorm in ‘n alledaagse voorwerp (‘n driehoekige, halwe toebroodjie, die son, ‘n bal) kan raaksien en die assosiasie maak.
- Gee ‘n patroonkaart en los vorms. Die kind moet nou die patroon naboots en pak (rooi driehoek, geel driehoek, blou sirkel, groen sirkel).
- Strooi versiersuiker op ‘n skoon skinkbord. Die kind doop nou sy vinger in ‘n bietjie water en teken die vorm in die suiker (en lek dan die vinger af).
- Speletjies soos Brainy Blocks en Pattern Play maak gebruik van vorms.
- Bou prente met Tangramme.
- Sodra drie dimensionele vorms in die klas behandel word, kan jy items soos tandepastabokkies, roomyshorinkies, rubik cubes en balle begin nader trek en bekyk.
- As julle in die winkel of in die straat stap – vra sommer so terloops watter vorms die kleinding raak sien. “Watter vorm is die wiel? Watter vorm is die padteken?”
Só maak jy…
‘n reghoekige prisma
‘n kubus
‘n piramide
Aug 17, 2009 @ 16:23:21
dankie jy het my baie gehelp dankie
LikeLike
Aug 17, 2009 @ 18:57:52
Plesier 😉
LikeLike
Sep 07, 2009 @ 14:40:37
Baie dankie goeie inligting!
LikeLike
Sep 07, 2009 @ 18:15:07
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Mar 15, 2011 @ 12:36:10
Baie oulike idee. Baie dankie vir die hulp!
LikeLike
Mar 15, 2011 @ 19:39:25
Dis ‘n plesier, Lucille 😉
LikeLike
Mei 22, 2011 @ 19:54:34
BAIE BAIE BAIE dankie! nou verstaan ek vorms ook soveel beter en kan nie WAG om my klas more te sien nie!
LikeLike
Mei 23, 2011 @ 17:19:42
Dis ‘n plesier, Adri 😉 Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Nov 01, 2011 @ 14:19:21
Wat is die teenoorgestelde van ‘n kubus en ‘n vierkant?
LikeLike
Nov 01, 2011 @ 17:03:26
😆 Sylka, ek sou skat die teenoorgestelde van iets met hoeke sal iets sonder hoeke wees. Dus moontlik ‘n sfeer en ‘n sirkel. Ek dink nie daar is werklik so ‘n wiskundige konsep nie 😉
LikeLike
Feb 27, 2013 @ 18:52:51
Juffrou ek sukkel baie met my meisiekind syy is in grd1 sy Ken die sinne maar as ek die woorde wys Dan Ken sy dit nie. Hoe moet ek maak? Sy Ken die sinne uit haar kop agt van hulle en dit is volgens my is dit virkeert sy moet die sinne kan lees en as ek dit op breek mooet syy ook die woorde Ken. Ook as ek haar vrae om om te sryf sukkel sy ook.
LikeLike
Feb 27, 2013 @ 19:12:47
Middag, Geoffrey 😉
Die outjies “lees” amper die boek deur sinne met die prente te verbind. Gebruik woorde uit die sinne om vir haar sinne te skryf. Bv. “Boet en Saartjie woon in ‘n mooi huis.” word “Jana woon in ‘n mooi huis.” Sy gaan deur die herhaling van bekende woorde begin verstaan dat die woorde op verskillende maniere gebruik word en dat dit iets beteken. Dit sal ook help om vaslegging te doen.
Jy sal sien dat die juffrou elke week nuwe klanke aan leer. Gebruik woorde wat sy reeds geleer het in sinne met bekende woorde. As hulle byvoorbeeld “g”-woorde behandel het, kan jy dit by die sinne betrek. “Jana woon in ‘n geel huis.” Lees die sinne saam met haar, sodat sy die nuwe storie kan verstaan en ‘n prent daarby teken. As julle in ‘n ongelinieerde kladboek werk, sal julle later ‘n hele storieboek skep.
Kyk gerus na die idees vir “self oefen“, sigwoorde, flitskaarte, klanke, abc en lees vir nog idees. (Tik hierdie terme by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees.)
Vir die skryf, kan jy die woorde op groot flitskaarte skryf. Sit ‘n skoon bladsy bo-oor en laat haar dit na trek (trace)…of plaas ‘n papier vol woorde in ‘n plastiese lêersakkie sodat sy dit met ‘n witbord koki kan natrek…en afvee. Tik soekterme soos potloodgreep, skrif, skryf en handspier in 😉
LikeLike
Jul 21, 2013 @ 15:29:56
wat is eienskappe,belangrikke woorde of begrippe van 3D vorms bv.vlak,rand,hoekpunt en toppunte(ek is in Gr7 maar weet nie waar om die antwoord op internet te kry nie en ek verstaan dit ook nie )
LikeLike
Jul 22, 2013 @ 20:58:15
Middag, Lucy 😉 Die 3D-vorms behoort in die Departementele werkboeke te wees. Loer ook na CNX se stukkies, Mnr. Vermeulen, Think Online en Thinking Caps. Hul skakels is hier aan die regterkant gelys. Daar is ook ‘n paar skakels na WISKUNDE-werk 😉
LikeLike
Jun 23, 2015 @ 11:38:18
Is n keel n prisma of n piramide? Dankie vir jou hulp ek sal dit waardeur as julle my sal help! 😉
LikeLike
Jun 23, 2015 @ 16:19:23
Chane, ‘n keël, ‘n prisma en ‘n piramide is elke unieke of afsonderlike 3D-vorms. 😉
LikeLike
Feb 03, 2016 @ 19:22:23
Hoeveel sye het ‘n sirkel? Ons in 2 geveg tussen 0 en 1. waar kan ek die regte antwoord kr y
LikeLike
Feb 04, 2016 @ 15:02:53
Middag, Theo 😉
Sommige bronne noem “een geboë sy” en ander weer ‘n oneindige hoeveelheid. 😉
Ronel het laat weet: “Geen, ‘n sirkel het nie ‘n sy nie en bestaan uit ‘n gekurfde lyn. … Sye is reguit lyne. “Polygons” het sye.”
LikeLike
Mar 04, 2016 @ 10:42:30
Ek vra asb n storie oor vorms moet dit het maandag vir my dogterr by dagsorg
LikeLike
Mar 04, 2016 @ 14:12:40
Middag, Nicole 😉
Loer gerus of die plaaslike biblioteek hierdie boeke sal hê: Leer meer oor vorms, Bennie Boekwurm leer ons van vorms.
LikeLike
Mei 26, 2016 @ 16:12:04
Hi my sussie doen n taak oor 3D- vorms en nou wil ek net weet aan watter familie behoort ‘n piramide??
LikeLike
Mei 26, 2016 @ 19:55:01
Hallo, Sammy 😉 Dit het diepte en is dus ‘n 3D-vorm.
LikeLike
Jun 12, 2016 @ 17:35:08
Naand.
Ek kort dringend raad asb.
My seun skryf Dinsdag wiskunde en is in graad 4.
Vorms wat ten minste een vierkantige hoekpunt het: word wat genoem?
LikeLike
Jun 12, 2016 @ 23:23:04
Hallo, Mari 😉
As ek reg verstaan, sal vorms met ‘n loodregte hoek wees – soos ‘n vierkant, reghoek, kubus, ens. Sien ook hier op bladsye 36.
LikeLike
Jun 29, 2016 @ 20:18:02
Waar kan 3 D nette van plastiek gekoop word?
LikeLike
Jun 29, 2016 @ 22:17:07
Hallo, Hannie 😉
Ek het hierdie stel vir jou opgespoor. ‘n Mens kan dalk hierdie vorms druk en lamineer of dit op x-straalplate natrek. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 27, 2016 @ 17:51:02
Ek soek ‘n gedig of rympie oor vorms vir Gr. R.
Of as daar nie so iets is nie, dan gedigte/versies/rympies oor getalle of kleure?
Ook vir Gr. R.
LikeLike
Jul 27, 2016 @ 18:20:34
Hallo, Tasja 😉
Ek het enkele voorbeelde hier beskikbaar. As jy soekterme soos “kleur” en “syfer” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, gaan jy idees vir lesse kry 😉
LikeLike
Aug 23, 2016 @ 17:02:07
Midag wil graag weet n sfeer wat is sy geboë en plat oppervlak en keel okk
LikeLike
Aug 23, 2016 @ 19:58:57
Hallo, Gert 😉 Sover ek verstaan, het ‘n sfeer een geronde vlak (die hele oppervlakte). Hoor gerus ook op Onnies Online of die Facebookgroep “Onderwysers“.
Heidi het laat weet: “N sfeer bestaan slegs uit geboe oppervlakke. N keel se plat oppervlak is die deel waarop hy kan staan die geboe oppervlak is die deel wat sal veroorsaak dat hy kan rol”
LikeLike
Nov 08, 2017 @ 08:19:36
Hi
Wil net seker maak van die volgende asb:
Ooreenkomste tussen: Keel & Silinder
Verskille tussen: Reghoekige Prisma & Kubus
Verskille tussen: Piramiede & Prisma
Baie dankie
LikeLike
Nov 08, 2017 @ 19:41:26
Hallo, Lizelle 😉
‘n Keël het ‘n punt soos ‘n roomyshorinkie en ‘n silinder is pypagtig – soos ‘n toe Pringleblik. Beide sluit ‘n sirkel in.
Kubus: Die sye is almal vierkantig. Reghoekige Prisma: 4 sye is het lang reghoeke en twee het korter reghoeke.
Piramiede: Die boom is ‘n vierkant – met driehoeke wat daarvandaan opwaarts strek.
Prisma: Dis ‘n 3D-vorm waarvan twee teenoorstaande sye dieselfde lyk. Kan kan soos ‘n lang-gerekte driehoek, reghoek, vyfhoek, seshoek…ens. lyk en sluit ‘n kubus in.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 07, 2018 @ 08:57:52
Hi juffrou, dankie vorige inligting……ek sukkel nog met voorbeelde om iets voortestel met 2D en 3D gee asb voorbeelde wat GR3 moet bou vir n taak .Hug !! solank daar 2D en 3D in die model verskyn . As dit vandag vir my kan stuur sal waardeer. Baie dankie Elma
LikeLike
Jun 07, 2018 @ 13:28:47
Hallo, Elma 😉
Wat van diere soos ‘n jakkals of ‘n kameelperd. Indien julle ‘n kameel met blokkies bou, kan ‘n mens papiervorms gebruik om ‘n piramiede op ‘n papieragtergrond te bou. Plak die kameel tydelik daarop vas. Maak dalk ‘n sirkus of dieretuin agtergrond uit tangramdiere en plaas ‘n 3D-dier in die voorgrond.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Sep 09, 2018 @ 14:41:24
Wat is die verskille tussen ‘n piramide en ‘n prisma
LikeLike
Sep 09, 2018 @ 16:24:41
Hallo, Michelle 😉
‘n Piramide het een basis en ‘n prisma het twee.
LikeLike
Apr 30, 2019 @ 10:44:15
Goeie Dag,
Ek wil net uitvind waar kan ons al die 2d en 3d vorms kry met hul nette, aantal rande, hoekpunte, vlakke, sye ens.
LikeLike
Apr 30, 2019 @ 14:50:49
Hallo, Petro 🙂
Ek het 3D-nette onderaan die skrywe geplaas. Loer gerus ook na die onderstreepte woorde (skakels).
Ek hoop dit kan help.
LikeLike