Tuis

Hemelvaart

Lewer kommentaar


Ons vier Hemelvaart op die 13de Mei. Loer gerus hier na ‘n paar liedjies en idees vir dié spesiale dag.

Hemelvaart: Drukbare lesidee

Die Hemel: Oudioboek (vir kinders), Groter prente (inkleur), Kleiner prentjies

Heaven: Audiobook for children, Larger pictures to colour, A smaller version, Colour

Allerbeste Stories uit die Kinderbybel, Volume 3

Hemelvaart (Preke ter agtergrond): Preek 1, Preek 2

Meer idees.

Outisme Spektrum

Lewer kommentaar


Outisme dek ‘n enorme spektrum – wat daarop dui dat elke kind met outisme, ‘n unieke kombinasie uitvalle en besondere talente kan hê. In Amerika, is die voorkoms van ASD (Autism Spectrum Disorder of Outisme) bykans 1 uit elke 58 kinders en wêreldwyd word soortgelyke statistieke gelys. Die moontlikheid dat jy waarskynlik kinders op die spektrum in jou klas kan kry, bestaan wel en alhoewel ons nie alles reg kan doen nie, sal ‘n bewustheid, deernis en aanpassings ‘n goeie beginpunt wees. Sover moontlik, sal dit altyd wenslik wees om as ‘n span saam te werk om elke kind se unieke vaardighede te ontwikkel en om hom of haar bes moontlik te ondersteun. Gesels met die ouers, betrokke terapeute en kollegas om te verseker dat almal saam werk om haalbare doelwitte te bepaal.

Hoe lyk outisme of watter kenmerkende eienskappe het jy al waar geneem?

  • Beperkte oogkontak: Sommige kinders vind oogkontak problematies. Hulle vermy dit of vind soms ‘n fokuspunt elders op die ander persoon se gesig.
  • Herhalende bewegings: Sommige kinders skud hul hande, trommel die vingers, loop in sirkels, hop of trap heen en weer wanneer hulle besonder opgewonde of gespanne raak. Sommige kinders sal lank met water of sand kan speel en kyk hoe dit deur hul vingers val – wat ‘n kalmerende effek kan hê.
  • Unieke mylpale: Sommige kinders bereik hul mylpale vroeër as hul eweknieë en ander bereik die mylpale heelwat later. Sommige kinders begin eers heelwat later praat. Party kinders raak heelwat later onafhanklik in die badkamer. Sosiale bewustheid of die manier hoe sommige kinders uitreik na maats of speel, kan ook anders lyk. Skep ‘n bewustheid van insluiting en wissel groepe tydens klaswerk en pouses af, sodat daar ruimte is om met maats te speel of te gesels – al is dit in kort periodes.
  • Spraak en kommunikasie: Party kinders begin eers heelwat later praat en ander herhaal woorde, sinne of frases (“echolalia”) wat hulle gehoor het, maar kan nie ‘n gesprek voer nie. Sommige kinders praat vlot en leer gou hoe om in verskillende situasies te kommunikeer, maar worstel met aspekte soos sarkasme. Party kinders gebruik eenvoudige prentjies (bv. Boardmaker, PECS) of toeps/apps om namens hulle te kommunikeer. Party kinders gebruik ‘n baie formele, gevorderde woordeskat en ander praat glad nie. Party kinders kan reeds van ‘n jong ouderdom af lees en spel en ander worstel om woorde te ontsluit. Sommige kinders gaan ‘n bietjie langer neem om ‘n vraag te verwerk, so gee hulle ‘n aanduiding dat jy graag hul mening wil hoor (bv. Louis, ek wil graag hoor hoe jy Vraag 4 bereken het, maar kom ons hoor eers hoe Tobie Vraag 1 bereken het).
  • Motoriese vaardighede: Soos in die geval van elke unieke kind met outisme, is die motoriese ontwikkeling ook verskillend van kind-tot-kind. Party kinders kom lomp voor, maar het besondere goeie balans, oog-hand koördinasie en swem vaardighede. Sommige kinders kan netjies skryf en ander worstel weer om te knip en te skryf.
  • Sensoriese vaardighede: Sommige kinders is sensitief vir harde geluide en ander het besondere goeie gehoor of luistervaardighede. Party kinders is ligsensitief en hou nie van skerp lig nie, terwyl ander weer lank na dowwe ligte kan kyk. Party kinders sit graag op wikkelkussings, stoele wat wikkel en wieg of loop heen en weer terwyl hulle na die onderwyser luister. Sommige kinders vind groepe (bv. in die sangklas of saalbyeenkomste) oorweldigend.

Praat gerus met ‘n arbeidsterapeut (wat opleiding in sensoriese integrasie het), om raakvat idees vir elke unieke kind te kry.

Ons gaan beslis nooit alles kan verstaan of reg kan doen nie, maar die bereidwilligheid om meer te leer, werkswinkels by te woon, verslae te lees en om ‘n pad met die leerder (en ouers) te stap – is reeds ‘n goeie tree vorentoe. Gebruik April (die maand ter bewusmaking van Outisme) om ‘n bietjie meer te wete te kom.

KABV-Werkboeke / CAPS Workbooks 2021 [Deel 1]

Lewer kommentaar


Die KABV-werkboeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Die EAT-boeke is laas in 2013 aanlyn gepubliseer. Sien die skakels by punt 15 en 16 onder die voorbeeld in die middel van hierdie skrywe. Ander werkboeke is hier gelys.

Geen FAL gelys nie.

Geen Graad 7 Tale gelys nie.

Earth Hour: Ligte uit

Lewer kommentaar


Wat kan ‘n mens vanjaar tydens Earth Hour doen? Versier ‘n spesiale houer met aktiwiteite, versnapperinge en bederfies wat julle tydens Earth Hour en ander onverwagse tye kan inspan. Sluit gerus kerse, vuurhoutjies en ‘n lantern daarby in.

Steek kerse en/of lanterns aan waarby julle

  • boeke kan lees
  • speletjies kan speel
  • kan inkleur
  • kan gesels
  • piekniek kan hou…en geniet die uur sonder elektroniese toestelle 🙂

Downsindroom

Lewer kommentaar


Soos in baie ander gevalle, is een dag bloot te min om mense meer oor outjies met Downsindroom te leer. Wat maak hierdie kinders so besonders en hoe kan ons goeie maats vir hulle wees? Is daar skole of instansies in jou omgewing wat ‘n bietjie meer inligting kan deel? Is daar dalk ‘n klasmaat wat meer inligting kan gee?

Om aan die bewusmakingsdag deel te neem, dra ons onpaar of helder sokkies. Jy kan natuurlik jou skoolsokkies met linte en borsspelde versier of jou skool- en sportsokkies meng. Trek sommer jou sokkies bo-oor jou broekspype en gee ander ‘n rede om vrae te vra en om inligting met hulle te deel 🙂

Club21

Down Syndrome Pretoria

Skole in Pretoria

Peter Pan Maitland

‘n Juffrou met persoonlike kennis

Wes-Kaap

Waterweek

Lewer kommentaar


Waarom is daar ‘n waterweek? Hoekom leer ons daarvan?

Fokus gerus hierdie week op praktiese idees…Wat gebeur as die skool skielik nie water het nie? Hoe gaan jy jou hande was of jou dors les? Hoekom vra die grootmense dat rommel in dromme gegooi word? Wat gebeur as ons een dag se eetgoed papiere in ‘n houer water gooi? Sal jy die water wil drink? Dink net hoe ‘n dorp se water sal lyk as almal hul rommel rondstrooi. Hoekom moet ons oor water in plekke ver van ons af bekommerd wees? Hoe raak dit ons?

Verf vandeesweek ‘n bietjie meer en fokus op die waarde van water vir klein lyfies. Hoe gebruik ander mense water en hoe gebruik ons water by die huis? Is dit altyd spaarsamig of mors ons soms?

Ons kan beslis nie al die probleme oplos nie, maar ons kan die outjies so ‘n bietjie laat wonder.

Internasionale Vrouedag

Lewer kommentaar


Wiskunde Dae, Pi Dag

2 Kommentaar


Die 3de Maart is Wêreld Wiskunde Dag en die 14de dien as beide Pi en die Internasionale Wiskunde Dag. Hoe en wanneer gebruik ons wiskunde? Hoe ver kan julle tel? Kan julle van daardie getal af terug tel? Hoe ver kan julle in verskillende veelvoude tel?

Verskillende idees vir Pi Dag.

Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of tik soekterme soos ‘geld, tyd, voor en na, meer en minder, vorms, syfers, woordsom, wiskunde huiswerk, getallyn, veelvoude, uitdeel, maaltafels, deling…’ by die soekblokkie aan die regterkant in.

Moedertaaldag, Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?

Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.

Lekker lees!

My Valentyn

Lewer kommentaar


Wanneer laas het die skooljaar na Valentynsdag begin? Snuffel gerus hier na vorige jare se idees. Vanjaar sal ontsmettingsmiddels (met ‘n boodskappie) en elektroniese boodskappe veiliger wees.

Mag hierdie jaar besonders wees. Gesondheid en beterskap vir jou en jou geliefdes.

Biddag vir Onderwys

Lewer kommentaar


Luidleesdag is hier

Lewer kommentaar


Lees vandag ‘n bietjie langer en ‘n bietjie meer. Lees flitskaarte, opskrifte, byskrifte, pamflette, boeke, boekmerkies en muurkaarte. Lees die koerant, rympies en lirieke. Lees vir iemand, lees vir jou speelgoed of ‘n troeteldier. Luister na ander wat lees en maak beurte om te lees.

Geniet die ekstra geleentheid om ‘n liefde vir lees te kweek.

Skool Toe

Lewer kommentaar


In ‘n oogwink is die somervakansie verby. Verlede jaar was onvoorspelbaar en het soveel kinkels in die draadwerk van ons alledaagse bestaan gemaak. Elke opvoeder het beslis ‘n lysie nuwe vaardighede en bekwaamhede op die CVs aangevul. Met die nuwe skooljaar wat nou begin, mag die nuwe uitdagings ‘n mens ietwat oorweldig. Bou vanjaar op verlede jaar se suksesse voort, ruil idees met kollegas uit, onthou om jouself ruskanse te gun en om gereeld by My Klaskamer in te loer.

Alles van die beste vir die nuwe skooljaar!

Klaskamerdekor

Lewer kommentaar


Loer gerus na die velerlei klaskamerdekor opsies en idees om jou klaskamer te versier. Snuffel gerus hier of tik soekterme soos naamkaartjies, pasella, ‘n nuwe skooljaar, klaskamerreëls, boek oortrek, “Welkom terug” idees…by die soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie gratis idees.

Drukbare Klaskamerdekor

<span>%d</span> bloggers like this: