Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) strek vanaf die 25ste November tot die 10de Desember. Hersien gerus noodnommers en veiligheidsmaatreëls. Weet die outjies wat geweld is en wat om te doen as hulle geweld sien of ervaar? Met wie kan hulle gesels? Bespreek gerus die konsepte tydens die volgende 16 dae.
Kinderbeskermingsweek
Mei 28, 2021
2021 beskerm, kinderbeskermingsweek, kinderregte, regte, veilig Lewer kommentaar
Die Kinderbeskermingsweek begin op die 30ste Mei. Loer gerus na dokumente soos die Kinderwet (Engels) of na vorige skrywes oor kinderregte, veiligheid en beskerming.
Kinderregte pdf
16 Dae
November 28, 2019
afrikaans beskerm, veilig Lewer kommentaar

Die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld het pas begin. Gesels gerus met die outjies oor aspekte soos persoonlike veiligheid op die vooraand van die skoolvakansie.
Kinderbeskermingsweek
Mei 26, 2019
afrikaans beskerm, kinderbeskermingsweek, veilig Lewer kommentaar
16 Dae
November 25, 2017
afrikaans beskerm, nood, regte, veilig Lewer kommentaar
Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) begin vandag. Alhoewel ons voortdurend met die outjies daaroor gesels, kan ‘n mens weer die veiligheidsmaatreëls en aspekte soos noodnommers aanspreek. Loer gerus hier:
- Noodnommers 1
- Noodnommers 2
- Veiligheid
- Persoonlike inligting
- Persoonlike Veiligheid (in terme van vreemdelinge, veiligheid tuis en op die pad) – Inligtingstukkies
Tik gerus ook soekterme soos “beskerm, noodnommer, veilig…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
1 – 8 Junie
Mei 20, 2014
afrikaans beskerm, kinder beskermingsweek, nood, veilig, veiligheid 1 Kommentaar
Dis eersdaags Kinder Beskermingsweek en dié tyd van die jaar word aan bewusmakingsveldtogte geskenk.
- Dra heldergroen strikkies of linte in dié week en maak die kinders bewus van hul regte en veiligheidsmaatreëls.
- Leer hulle die plaaslike nooddienste se telefoonnommers aan en lig die ouers van hierdie poging in, sodat almal saam kan werk.
- Engelse takies 1, Engelse takies 2, Engelse takies (brand gevaar), Engelse take (besprekingsprente om in te kleur)
- veiligheid (bewusmakingsriglyne om na te trek – trace)
Sien ook noodnommer.
16 Dae
November 26, 2012
afrikaans nood, nooddienste, noodnommers, veilig 6 Kommentaar
Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) het gister begin. Hersien die gesin se belangrike noodnommers deur dit in netjiese “Graad 1 skrif” te skryf sodat die kleingoed dit kan natrek. Verkleinde weergawes kan met breë, deursigtige kleeflint beskerm word of gelamineer word. Plak dit in die kamer, langs die telefoon, in die tas of in die huiswerkboekie vas.
noodnommer (drukbare vorm)
padtekens en padveiligheid
Maart 17, 2009
afrikaans, huiswerk, kind, kinders, klaskamer, vorms buitespel, Graad R, Kleuter, kleuterskool, padtekens, padveiligheid, veilig, verkeerstekens, vervoer, voorskool 10 Kommentaar
‘n Student het idees gevra om tydens buitespel te gebruik – as fantasiespel nie gebruik mag word nie:
As die skool ‘n rybaan en skopfietsies het, kan jy verkeersligte en padtekens maak sodat hulle die paaie veilig kan gebruik. Tydens sandspel kan jy kleiner padtekens en voertuie uit houtblokkies en bottelproppe neersit. Die outjies moet dan hulle eie veilige paaie bou en die verkeerstekens gebruik. Dosente hou van selfgemaakte speelgoed en apparaat. Maak dus items uit “herwonne” materiaal.
Jy kan aandag skenke aan rigting, posisie in die ruimte en lateraliteit, byvoorbeeld: Draai na links of draai na regs. Ons ry aan die linkerkant en gaan regs verby. Gee “geboue” en “huise” sodat die outjies die strate tussendeur kan uitlê. As jy dit in verskillende kleure verf, kan jy kleur-vaslegging doen.
As jy padtekens maak of selfs jou opdragte in padtekenformaat wil aanbied, kan jy sommer die kleure op die borde en die vorms daarvan bespreek.
Vir ‘n hindernisbaan kan ‘n mens seker ‘n roete uitlê en ‘n “padkaart” (soos ‘n skattejagkaart) teken. Meng dit met stasie-opdragte (soos in die Amazing Race). Pak byvoorbeeld 4 – 6 motorbande plat neer (bymekaar of in ‘n ry). As hulle by die band kom, is daar ‘n “padteken” met ‘n illustrasie van iemand wat spring. Dan moet hulle van band tot band spring. By ‘n ander punt moet hulle ‘n veiligheidsgordel vasmaak (dalk het ‘n motorhawe vir jou ou gordels – of jy kan ‘n babastoeltjie en pop inspan). Laat bande regop staan en die outjies daardeur kruip. Op ‘n ander punt moet hulle balanseer en oor die regopstaande bande loop. Gee vir die outjies glimbande of frokkies om te dra as jy hulle in spanne wil verdeel. Dalk kan ‘n mens ‘n uitdagingspunt hê waar die outjies ‘n groot padtekenbord uit los stukke moet bou (legkaartformaat) of waar hulle ‘n glimstrook op ‘n skopfiets moet plak. Jy sal net die lengte korrek moet afsny, die punt van die strokie moet los maak en om vou sodat dit makliker kan los trek. Trek ‘n pop of mannekyn met “veilige” klere aan om in swak lig te stap. Gee dan ‘n hoop donker en ligte klere – met ‘n glimband of twee. Wat van ‘n uitrusting van ‘n fietsryertjie?
Dink voortdurend aan perseptuele ontwikkelingsaspekte, terminologie en leermateriaal wat jy kan inspan. As jy die les vooraf aanbied of die onderwerp bespreek, kan jy aandag gee aan al die veiligheidsmaatreëls wat jy vir die buitespelles in gedagte het. Dit maak die les soveel makliker.
Iemand het prente van padtekens gesoek:
- Inkleurprent
- Voetgangers inkleurprent
- Prente 1,
- Padveiligheid Muurprent 1
- Padveiligheid Muurprent 2
- Padveiligheid Muurprent 3
- Padveiligheid Muurprent 4
- Padveiligheid Muurprent Sleutel
- Road Safety,
- Raad vir kinders,
- Reëls,
- K53 Gids
- lees
- CMedia se idees
- Liedjie: Ons ou motorkar
- Verkeersman
- Daantjie Kat
- Padtekens
Stal ook die boeke uit wat leerlingbestuurders gebruik.
Woorde