Dit is Kinderbeskermingsweek. Gesels gerus met die outjies oor veiligheid in die gemeenskap en veiligheid tuis. Gesels oor die noodnommers en veiligheidsmaatreëls wat julle kan volg. Onder huidige omstandighede, kan ‘n mens ook veiligheidsmaatreëls in terme van die COVID-19 virus bespreek.
Kinderbeskermingsweek
Mei 26, 2019
afrikaans beskerm, kinderbeskermingsweek, veilig Lewer kommentaar
Kinderbeskermingsweek
Mei 25, 2018
afrikaans beskerm, kinderbeskermingsweek 1 Kommentaar
Kinderbeskermingsweek duur van 27 Mei tot 3 Junie 2018.
Weet die outjies wat om te doen om veilig te wees? Ken hulle hul persoonlike inligting en noodnommers? Herinner hulle gerus tydens dié week.
regte
Kinderbeskermingsweek
Mei 4, 2017
afrikaans beskerm, kinderbeskermingsweek Lewer kommentaar
Kinderbeskermingsweek strek hierdie jaar van 27 Mei tot 2 Junie.
Klik gerus hier om verskeie inligtingstukke en noodnommers te vind om met die outjies te deel.
beskerm regte
Kinderbeskermingsweek
Mei 20, 2015
afrikaans beskerm, kinderbeskermingsweek 2 Kommentaar
Om Kinderbeskermingsweek te vier, gaan ons groen linte dra of ‘n groen lint deur ‘n boekmerk knoop. Herinner die outjies net aan die simboliek of betekenis daarvan.
- Maak julle eie wasbare, tydelike tatoëermerke. Tik die boodskap (ouer se kontakbesonderhede) in die spieëlbeeld en druk uit. As jy op Power Point werk, kan jy die teks tik en “rotate” gebruik om die blokkie te draai. Seël die boodskap met 2nd Skin, Liquid Bandage of kleurlose naellak.
- Jy het nie altyd spesiale papier nodig nie, skryf die besonderhede direk op die vel en seël dit soos bo of gebruik kleurlose naellak.
- Maak ‘n Kinderbeskermingsboekmerk met moontlike noodnommers daarop. Hou dit in ‘n spesiale boek of maak meer boekmerke om in die skool uit te deel. Druk die boekmerk op groen karton of lamineer dit indien julle groen papier verkies. Pons ‘n gat in die middel van die breedte en knoop ‘n groen lint daar deur.
Sien ook:
-
Die Christelike Maatskaplike Raad noem tekens van moontlike mishandeling.
-
Childline se kontakbesonderhede.
-
‘n Vorige inskrywing.
-
‘n Inskrywing met riglyne en noodnommers.
Woorde