Sommige kinders sukkel om netjies, vloeiend en vinnig te skryf. Dikwels worstel dié outjies daarmee om ‘n potlood reg vas te hou. Hulle klou as’t ware die potlood en het min beheer oor die skryfaksie. Wanneer die vingers korrek geplaas word, is daar meer beheer oor die handspiere en dus ook oor skrif. Só ‘n outjie sy fynspiere is nog onderontwikkeld. (Kyk gerus na die idees om die fynspiere te ontwikkel onder ‘n vorige inskrywing.)
Soms veroorsaak ‘n stywe, gespanne greep ‘n toestand waar die handspiere nie meer so beweeglik of beheerbaar is nie – carpal tunnel syndrome.
Ek vertel gewoonlik ‘n storie waar die duim en wysvinger die kake van ‘n krokodil is. Hy het net een kaak bo en een onder – daarom mag net hierdie twee vingers op die potlood rus. Die res van die hand is soos ‘n skilpad se dop. ‘n Skilpad kan nie sien waar hy loop as die dop oor sy oë hang nie – daarom lig ons die dop (hand) so ‘n bietjie op. Die potlood word net bokant die verflagie vas gehou – sodat die skilpad se “nek” met gemak kan beweeg. Die ringvinger en pinkie word ingekrul en die middelvinger dien as ‘n kussinkie vir die skilpad se moeë nek. Elke juffrou het ‘n ander storie. Vind gerus uit watter een jou kind se juffrou verkies. Indien jou kind sukkel om die vingers op die korrekte plekke te hou, kan ‘n grepie aangeskaf word. Dis gewoonlik rubberstukkies wat bo-oor die potlood geskuif word met merkies daarop.
Net ‘n laaste gedagte: Onthou dat die skryfstyl verskil van boek-tot-boek en van skool-tot-skool. Vra asseblief jou kind se juffrou om die korrekte letterformasies aan jou te verduidelik (die wyse waarop die letters gemaak word), sodat die kind nie verwar word nie…en as jou kleinding steeds met skrif sukkel, sal ‘n besoek aan ‘n arbeidsterapeut van groot waarde wees. Hulle kyk uit ‘n mediese en kliniese oogpunt na spierbeheer en is regtig waardevol.
‘n paar oepse
As die outjie dalk sukkel met taakvoltooiing kan ‘n mens ook die volgende probeer:
- Gebruik ‘n wekkertjie soos ‘n egg timer om ‘n tyd af te meet.
- As hy die doelwit behaal, beloon hom met ‘n stempel of plakker. Na bv. 10 plakkers kan hy ‘n beloning kry.
- Plaas hom langs ‘n maatjie om hom aan te moedig.
- Vat so nou en dan aan sy skouer as hy dromerig lyk of skuif hom na ‘n plekkie na aan die opvoederstafel. Soms is juffrou se glimlag of goedkeuring klaar ‘n wenner.
- Laat die outjie vinnig op staan om vir jou ‘n papier op te tel of water te bring. So ‘n bietjie beweging help.
Oefeninge om die hand- en vingerspiere (fynspiere) te ontwikkel.
Hoe ernstig is die dromerigheid of afleibaarheid?
Sep 25, 2008 @ 14:18:48
Ek was nogal verbaas toe ek sien hoeveel studente op universiteit nie hulle penne en potlode op die regte manier vashou nie. Dis veral ander kulture waar die probleme voorkom.
LikeLike
Sep 25, 2008 @ 20:26:49
ah..ja. Daar is verskeie interessante grepe. Die klou, die tee-drink-pinkie-in-die-lug, pen tussen die wys- en middelvinger deur en allerhande dingetjies. Vreemd genoeg hou baie arbeidsterapeute die potlood anders vas – dié met wie ek al gewerk het.
‘n Kollega het weer ‘n spierprobleem in haar 30’s opgetel omdat sy te netjies en presies wou skryf. Die spanning het veroorsaak dat sy beheer in sekere spiere in haar hand en gewrig-area begin verloor het. Sy moet nou vreeslik hard druk as sy skryf om die pen te beheer. Dis natuurlik dinge waaraan ‘n mens nooit sou kon dink nie! Dat netjiese werk ‘n pyn in die hand moet wees! 😉
LikeLike
Okt 24, 2008 @ 19:32:13
Feb 19, 2009 @ 22:58:31
Okt 20, 2010 @ 13:23:46
My seuntjie is 9 en in Gr3. Die juffrou het my laat in kom want hy skryf baie stadig en verloor vinnig konsentrasie. Mamma se medies is teen Oktober lieflik uitgeput maar ek moet iets doen om hom te help. Soos die juffrou sê op die ou end kan hy lelik skryf hy moet net sy projekte voltooi. Ek weet nie meer wat om te doen nie.
LikeLike
Okt 20, 2010 @ 17:59:27
Middag, Anja 😉
Baie keer gaan ‘n “doktershandskrif” 😉 en visie-probleme gepaard. Is jou seun se ogies al deur ‘n optometrist getoets vir sig en oogbewegings? Dit kan dalk ‘n rol speel in die fokus op werk, skryf-aksie koördinasies en werkspoed.
Het julle al na sy spiertonus laat kyk? Sukkel hy soms om vir lang tye regop te sit? Lees gerus die stukkie oor spiertonus…Dan is dit ook moontlik dat die outjie se aandagspan fluktueer, maar dan sou die vorige juffrouens dalk voorheen melding gemaak het oor probleme met dagdromery en taakvoltooiing. ‘n Konsultasie met ‘n arbeidsterapeut kan baie waardevol wees om na die outjie se spierbeheer te kyk en om te bepaal of dit die oorsaak is van die “afdwalery”. Indien jou skool of plaaslike gimnastiekklub meer bekostigbaar is, kan gimnastiek ook ideaal wees vir die versterking van spiere. Kindergym het onlangs ‘n skakel aan gestuur. Dalk woon jy naby…Hoe lyk sy dieet? Dit het ook somtyds ‘n aandeel…Dit is die einde van ‘n fase so dit sal belangrik wees om nou werk te maak van die uitvalle. Indien julle voel dat julle die aandagspan wil aanspreek, kan die skool met die plaaslike OBOS/MEED/Skoolkliniek se skooldokter kontak maak om ‘n gratis pediatriese konsultasie te probeer reël. Doen gerus navrae 😉 Baie sterkte!
LikeLike
Jul 27, 2011 @ 11:45:45
Goeie dag Juffer,
As moontlik kan U asb. vir my die regte “Fond” e-pos vir gr.1 ek dink dit is “teachers pet” ek kry dit nerens.
Baie Dankie,
Cindy.
LikeLike
Jul 27, 2011 @ 18:30:10
Gestuur 😉
LikeLike
Jun 13, 2012 @ 07:59:15
HI
Ek is n kleuterskool juffrou wat sukkel met n seuntjie van 4 jaar om sy potlood greep reg te kry. is daar einge oefening wat ek en sy mamma met hom kan doen. het jy enige ander idees wat dalk kan help. gepaard met die potloodgreep sukkel hy ook om n dominante hand he, hy gebruik nog al 2 hande ewe veel. Sy boetie is deur n arbeisterapeet met Aandag afleibaarheid gediagnoseer, genige hulp sal wonderlik wees
LikeLike
Jun 13, 2012 @ 17:24:01
Middag, Elana 😉 Julle sal verskeie idees hier kry as jy soekterme soos “handspier, fynspier, potloodgreep, skrif, skryf, abc, skoolgereed…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Die belangrikste is om nie die dominante hand te forseer nie, want dit kan dalk later probleme (bv. omkerings) veroorsaak. As die self-help idees nie help nie, kan julle die seuntjie gerus na ‘n gesoute arbeidsterapeut verwys vir kundige raad.
Ek het ‘n leesstukkie oor aandagafleibaarheid en dieet, maar sou voorstel dat die aandagafleibaarheid deur ‘n pediater aangespreek word. 😉
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 09:59:58
Hello Juffer
Moet jou geluk wens met ‘n baie oulike blog en dit in Afrikaans. Ek is ‘n gr. 1 juffrou. Ek het ondervind dat as leerders reeds in gr.1 met ‘n verkeeerde potloodgreep skool toe kom, is dit baie moeilik om dit af te leer.
Die kinders weet hoe om die potlood reg vas te hou as jy hulle attent maak daarop, maar die oomblik wanneer hulle fokus op die skryftaak is die verkeerde potloodgreep terug. Ons is raadop by ons skool. Ons doen oefeninge wat voor geskryf is deur arbeidsterapeute, maar die outjies gaan altyd terug na die verkeerde greep.
Kinders kom skool toe met verkeerde grepe wat vas gelé is. Begin hulle te vroeg skryf? Ek het al gedink dit kan die moderne skryfgereedskap wees.
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 14:03:01
Middag, Eloise 😉 Ek het juis vandag ‘n artikel of twee in die koerant gesien oor dieselfde probleem. Die oorsaak is moontlik ‘n kombinasie van ontwikkelsuitvalle (asof die outjies uit eerste na vierde “rat” spring), maar ons kan steeds probeer help 😉
Ek sou fynspier oefeninge met die aanvangs van elke dag wou voorstel en selfs as die outjies liedjies sing of na pouse in die ry sou staan. Dit moet ‘n gewoonte word. ‘n Mens kan ook die ouers van die korrekte grepe bewus maak en oefeninge op huiswerkblaaie aanbring. Ek het idees hier op die blog. Tik soekterme soos “skrif, skryf, potloodgreep, klanke, abc, syfer, patroon, fynspier, handspier…” by die soekblokkie aan die regterkant in. 😉
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 20:11:18
Baie dankie vir die skrywe. Is dit reg as mens hierdie aanstuur vir die ouers in jou klas?
Groete
LikeLike
Aug 05, 2013 @ 17:34:59
Dis ‘n plesier. Ja, Tania. Dis doodreg. Voeg net die webtuiste se skakel onderaan jou uitdeelstuk sodat hulle vrae kan vra of verder loer 😉
LikeLike
Mar 19, 2017 @ 07:56:39
Kan u asb vir my alles op die blad e-mail na … – persepsie, fyn-motories, potloodgreep ens.
LikeLike
Mar 19, 2017 @ 15:04:30
Middag, Jeanette 😉
Ongelukkig sien ek nie ‘n vinnige opsie om al die artikels aan te stuur nie. Indien jy soekterme soos “abc skryf, skrif, skryf, skrifdag, visuele, VMI, ogies, oogsorg, ouditiewe, rym, abc uitspraak, abc, patrone, handspier, perseptuele, links en regs, posisie, middellyn, spiertonus, potloodgreep, linkshandig, knip, klanke…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, sal dit vir jou na relevante skrywes neem. Onderaan elkeen is ‘n e-pos opsie sodat jy dit aan ‘n kollega, ouers, ens. kan stuur. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 14, 2019 @ 13:38:49
Ek is nuut in die onderwys en het hulp nodig met als
LikeLike
Jun 14, 2019 @ 16:48:58
Hallo, Belinda 😉
Tik gerus soekterme soos “potloodgreep, knip, skrif, skryf, abc skryf, lopende skrif, abc uitspraak, Engels, dubbelklank, tweeklank, drieklanke, klanksamevloeiings, flitskaarte, sigwoord, wiskunde huiswerk, lees, rympies, leesreeks, stories, liedjies…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant vir velerlei idees in. 🙂
LikeLike
Jan 23, 2023 @ 21:58:26
Goeie naand
My kind is gr 6 en sukkel verskriklik met sy skrif. Dit bring sy punte af omdat juffrou nie kan lees nie. Hy kan ook nie mooi op lyn bly nie skryf groot en dan weer Klein help asb.
LikeLike
Jan 24, 2023 @ 01:54:24
Hallo, Juanita 🙂
Veral in die jonger grade, kan ‘n mens aanklop by ‘n arbeidsterapeut om kliniese raad te bekom. Dit is moontlik dat die skrif deur fisiese uitvalle veroorsaak word en dat terapie kan help. Indien ‘n kundige ‘n aanbeveling kan maak, kan ‘n mens die skool vra om julle tegemoet te kom.
Teen Graad 6, sou die skool dalk ‘n paar aanpassings kon toelaat, bv. dat hy in hoofletters (of blokskrif) kon skryf of dat afskrifte van die werk verskaf word (sodat jul seun notas kan byvoeg, ens. – eerder as om op netjiese skrif te fokus).
Gesels gerus met die hoof of die leerondersteuningsopvoeder oor die moontlikheid van amanuensis – waar ‘n mens kan aansoek doen vir hulp tydens toetse en eksamens. Die persoon wat help, sal byvoorbeeld mondelinge antwoorde woord-vir-woord neerskryf om seker te maak dat die kennis duidelik leesbaar is.
https://myklaskamer.com/2016/06/12/studietegnieke/ (heel onder)
Ek hoop dit kan help.
LikeLike