Tuis

redenaars

3 Kommentaar


Ek is nie ‘n kundige op die gebied van redenaars nie.  Redenaars.co.za bied egter heelwat raakvat riglyne op die gebied en is selfs op YOUTUBE beskikbaar.  (Verskeie voorbeelde)

“Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie vir 2017 is bekend gemaak. 

Die temas is soos volg:

Graad 1 tot graad 3

Graad 4 tot graad 5

Graad 6 en graad 7
Huistaal en Addisionele Taal

Graad 8 en graad 9
Huistaal en Addisionele Taal

Graad 10 tot graad 12

* Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Met ander woorde dit is ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.

* Indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word, sal deelnemers gepenaliseer word.”

anna emm

Lewer kommentaar


Anna Emm se webtuiste bied ‘n verskeidenheid produkte – kinderstories op CD, boekies, DVDs, ens. vir gebruik in die grondslagfase klaskamer.  Hulle hanteer posbestellings regoor die land.

Anna Emm

herwin potlode so

4 Kommentaar


As die potlood korter as jou langste vinger raak, kan jy dit herwin!  Maak juweliersware, fotorame, kandelare of lampskerms.  So maklik soos dit!

potloodgreep

18 Kommentaar


Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou?  Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8.  Trek die  groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring.  Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim lê.

Staan die vingers in die lug?  Knoop ‘n oulike kraletjie aan die groter ring – wat die outjie dan onder die pinkie en ringvinger moet vasknyp.  Andersins werk ‘n los kraletjie, muntstuk, klei of wondergom ook goed.

As al die fynspier (handspier) oefeninge nie help nie, sal dit voordelig wees om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te reël om raakvat idees te kry.

potloodreëls

CAPS / KABV-dokumente, ens.

143 Kommentaar


caps-kabvjuff

**VOORGESTELDE AANPASSINGS:

Die Lewensoriënteringsgidse (CSE)

Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar.  Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai.  Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone.  Ek verstaan dit as volg:

Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”.  Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan drapeer.   Die Arkade patrone is die hoppies van ‘n “hasiehop” patroon (“arches”).

Die Aangepaste CAPS  (leerders met spesifieke/spesiale onderwysbehoeftes) – DCAPS:

  1. Wiskunde
  2. Wiskunde
  3. Wiskunde
  4. Eng. FAL
  5. Eng. FAL
  6. Eng. FAL
  7. Eng. FAL
  8. Eng. FAL CAPS
  9. Creative Arts R – 5
  10. KABV – Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Tweede Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede… (Intermediêre Fase)
  11. KABV – Grondslagfase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  12. KABV – Intermediêre Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  13. KABV – Senior Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  14. DBE_Curriculum_Differentiation
  15. GUIDELINES FOR RESPONDING TO LEARNER DIVERSITY THROUGH CAPS (FINAL)
  16. SLES_BOOKLET_Apr_2014SLES BOOKLET Apr 2014_3TkbDx
  17. Differentiated CAPS

Die sewe-punt kodes:

Kodes

Die 2013 slaagvereistes (Wat is deur?)

Minimum slaagvereistes 2012 Gazette

  1. Nasionale Protokol vir Assessering GR R-12 web 
  2. Assessment task guidelines 2018
  3. Foundation Phase: First Additional Language:  School Based Assessment (SBA)
  4. Foundation Phase: Home Language:  School Based Assessment (SBA)
  5. Foundation Phase: Mathematics:  School Based Assessment (SBA)
  6. Foundation Phase: Life Skills:  School Based Assessment (SBA)
  7. Foundation Phase: Grade R:  School Based Assessment (SBA)
  8. School Based Assessment (SBA) Exemplars:  Grade 4 – 12
  9. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 1
  10. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 2
  11. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 3
  12. SCREENING_FORM_FOR_EARLY_IDENTIFICATION_OF__AT_RISK_LEARNERS
  13. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Afrikaans HT
  14. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Wiskunde
  15. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Mathematics
  16. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3:  English HL
  17. CAPS ENGLISH FAL GR 1-3 FS
  18. CAPS AFRIKAANS FAL GR 1-3 FS
  19. GRADE R REPORT (Voorbeeld van ‘n Graad R-rapport)
  20. Skoolgereedheidsvraelys
  21. Grade R Mathematics_TERM_1_
  22. Graad R_ WISKUNDE_FOKUSLESSE_KW2
  23. Grade R Home_Language_TERM_3
  24. Grade R Home_Language Term 4
  25. Voorbeelde van beplanning – Grondslagfase
  26. Motoriek Engels TERM_3 MetroEast
  27. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 1
  28. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 2
  29. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 3
  30. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 4

dbe-boeke2017

  1. 2020 – Boek 1 (Graad R – 6) 
  2. 2020 – Boek 2 (Graad R – 9)
  3. 2019 – Boek 1 (Graad R – 9)
  4. 2019 – Boek 2 (Graad R – 9)
  5. 2018 – Boek 1 (Graad R – 9)
  6. 2018 – Boek 2 (Graad R – 9)
  7. 2017 – Boek 1 (Graad R – 9) Boek 2
  8. 2016 – Boek 1, Boek 2
  9. Wiskunde Werkboeke: Antwoorde
  10. English First Additional Language Grade 1
  11. English First Additional Language Grade 2
  12. Maths Resource Grade 1 – 3
  13. Mathematics Grade 1 
  14. Mathematics Grade 2
  15. 2013 Werkboek 1
  16. 2013 Werkboek 2
  17. 2013 NW Werkboeke Graad 4 – 6 (aan die regterkant)
  18. Grade R Resource Kit (Big Books, Lesson Plans, Posters)
  19. Grootboeke, Muurprente, Werkboeke
  20. Graded Readers/Leesboeke
  21. Screen Shot 2016-06-21 at 13.23.45
Nog skakels na werkboeke is aan die regterkant gelys – sien Hulpmiddels.
  1. Instrument vir die Monitering en Ondersteuning van die Kurrikulum vir Distrikte en Skole Graad 1-6
  2. Moderation Tools Grade 4-9

Skrifdag

4 Kommentaar


23skrifdag2014

Amerika vier op 23 Januarie Nasionale Skrifdag en doen dit nes die Amerikaners kan.  Die groot vraag wat geopper word is of skrif (met die hand) nog relevant is in die moderne en tegnologiese gemeenskap.  Is dit dalk ‘n kunsvorm wat op sy geskuif sal word?  Volgens sommige studies stimuleer skrifoefening juis breinwerking en verbeter dit denkprosesse (kognitiewe werking).  Loer gerus hier na ‘n navorsingstuk oor die vroeë ontwikkeling van skrif.

Nou ja, wat kan ons doen om die konsep – SKRIF – te vier?

  1. Maak voorblaaie vir die skrifboeke:  As jy ‘n gelinieerde bladsy met donker lyne onder ‘n blanko vel inskuif, skyn dit deur.  Laat die kleingoed dan hul name oor en oor skryf, patrone trek of ‘n skrifles afskryf.  Dit werk goed as hulle eers in potlood skryf en bo-oor skryf met ‘n skerp uitdraaikryt (dubbele oefening!).  Verf ‘n lagie voedselkleursel bo-oor (effens verdun as jy verkies) en daar het jy sommer ‘n voorblad en ‘n skrifles in een!
  2. Kennisgewings:  Ouer kinders kan voorbeelde van goeie en netjiese skrif gebruik om plakate vir die Grondslagfasegang te maak.  Slagspreuke en sinne sal ‘n oulike uitstalling van die spesifieke benodigdhede en toelaatbare skryfbehoeftes afrond.
  3. Ligte:  Laat die ouer kinders groot letters op blokke dik karton (gesny uit verpakkingsdose) trek.  Druk dan gate eweredig al op die lyn langs (soos dot-to-dot).  Hang dié skerms oor of onder gloeilampe vir ‘n spesiale effek.
  4. Skrifpaaie:  Verander los letters in unieke paaie en ry daarop met kryte of klein motortjies.  (Sien “drukbares” vir voorbeelde van sulke los letters.)
  5. Kuns:  Gebruik skrif in kunswerke.
  6. Verf die alfabet (in Graad 1-skrif) op die speelgrond se teerblad.  Dui die beginpunte met ‘n groen kol en die eindpunte met ‘n rooi kol aan.  Nou kan die Graad 1’s en 2’s lekker daaroor loop en oefen.  (Sien “robotkaarte” onder die “drukbares” hierbo.)
  7. Skryfhoekie:  Rig ‘n spesiale skryfhoekie in waar verskillende potlode, kryte en papier reg lê vir oefening.  Voeg ook potloodgrepies of kort opdragte by sodat die outjies self hul fynspiere kan stimuleer.
  8. Op ‘n stasie:  Maak verskillende oefeningstasies waar die outjies op verskillende soorte papier en met verskillende kryte kan oefen.  As jy spesifieke verwarrings soos b en d in jou klas kry, kan jy vir elke klank ‘n unieke stasie skep.  Selfs syfers , patrone en vorms kan betrek word.  Stel ‘n egg timer of ‘n ander wekkertjie om na elke 10 of 15 minute te wek – sodat die groepe kan wissel.

Vir nog idees kan jy gerus soekterme soos skryf, skrif, patroon, potloodgreep, fynmotoriek, fynspier, handspier, syfer…by die soekblokkie in tik.  Lekker skryf!

%d bloggers like this: