Tuis

CAPS / KABV-dokumente, ens.

143 Kommentaar


caps-kabvjuff

**VOORGESTELDE AANPASSINGS:

Die Lewensoriënteringsgidse (CSE)

Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar.  Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai.  Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone.  Ek verstaan dit as volg:

Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”.  Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan drapeer.   Die Arkade patrone is die hoppies van ‘n “hasiehop” patroon (“arches”).

Die Aangepaste CAPS  (leerders met spesifieke/spesiale onderwysbehoeftes) – DCAPS:

  1. Wiskunde
  2. Wiskunde
  3. Wiskunde
  4. Eng. FAL
  5. Eng. FAL
  6. Eng. FAL
  7. Eng. FAL
  8. Eng. FAL CAPS
  9. Creative Arts R – 5
  10. KABV – Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Tweede Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede… (Intermediêre Fase)
  11. KABV – Grondslagfase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  12. KABV – Intermediêre Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  13. KABV – Senior Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  14. DBE_Curriculum_Differentiation
  15. GUIDELINES FOR RESPONDING TO LEARNER DIVERSITY THROUGH CAPS (FINAL)
  16. SLES_BOOKLET_Apr_2014SLES BOOKLET Apr 2014_3TkbDx
  17. Differentiated CAPS

Die sewe-punt kodes:

Kodes

Die 2013 slaagvereistes (Wat is deur?)

Minimum slaagvereistes 2012 Gazette

  1. Nasionale Protokol vir Assessering GR R-12 web 
  2. Assessment task guidelines 2018
  3. Foundation Phase: First Additional Language:  School Based Assessment (SBA)
  4. Foundation Phase: Home Language:  School Based Assessment (SBA)
  5. Foundation Phase: Mathematics:  School Based Assessment (SBA)
  6. Foundation Phase: Life Skills:  School Based Assessment (SBA)
  7. Foundation Phase: Grade R:  School Based Assessment (SBA)
  8. School Based Assessment (SBA) Exemplars:  Grade 4 – 12
  9. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 1
  10. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 2
  11. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 3
  12. SCREENING_FORM_FOR_EARLY_IDENTIFICATION_OF__AT_RISK_LEARNERS
  13. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Afrikaans HT
  14. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Wiskunde
  15. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Mathematics
  16. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3:  English HL
  17. CAPS ENGLISH FAL GR 1-3 FS
  18. CAPS AFRIKAANS FAL GR 1-3 FS
  19. GRADE R REPORT (Voorbeeld van ‘n Graad R-rapport)
  20. Skoolgereedheidsvraelys
  21. Grade R Mathematics_TERM_1_
  22. Graad R_ WISKUNDE_FOKUSLESSE_KW2
  23. Grade R Home_Language_TERM_3
  24. Grade R Home_Language Term 4
  25. Voorbeelde van beplanning – Grondslagfase
  26. Motoriek Engels TERM_3 MetroEast
  27. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 1
  28. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 2
  29. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 3
  30. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 4

dbe-boeke2017

  1. 2020 – Boek 1 (Graad R – 6) 
  2. 2020 – Boek 2 (Graad R – 9)
  3. 2019 – Boek 1 (Graad R – 9)
  4. 2019 – Boek 2 (Graad R – 9)
  5. 2018 – Boek 1 (Graad R – 9)
  6. 2018 – Boek 2 (Graad R – 9)
  7. 2017 – Boek 1 (Graad R – 9) Boek 2
  8. 2016 – Boek 1, Boek 2
  9. Wiskunde Werkboeke: Antwoorde
  10. English First Additional Language Grade 1
  11. English First Additional Language Grade 2
  12. Maths Resource Grade 1 – 3
  13. Mathematics Grade 1 
  14. Mathematics Grade 2
  15. 2013 Werkboek 1
  16. 2013 Werkboek 2
  17. 2013 NW Werkboeke Graad 4 – 6 (aan die regterkant)
  18. Grade R Resource Kit (Big Books, Lesson Plans, Posters)
  19. Grootboeke, Muurprente, Werkboeke
  20. Graded Readers/Leesboeke
  21. Screen Shot 2016-06-21 at 13.23.45
Nog skakels na werkboeke is aan die regterkant gelys – sien Hulpmiddels.
  1. Instrument vir die Monitering en Ondersteuning van die Kurrikulum vir Distrikte en Skole Graad 1-6
  2. Moderation Tools Grade 4-9

Patrone

14 Kommentaar


patronePatrone is ‘n belangrike opwarmingsproses vir skrif en kan gerus daagliks gedoen of geoefen word.

Patrone kan van die kantlyn tot aan die einde van ‘n bladsy gemaak word of in korter stukkies (bv. raak drie keer bo, drie hoppe, ens.). Onthou dat dit ‘n ritmiese aksies is en dat die hoppies daarom ewe wyd en ewe groot moet wees.

wolfpatroon

 Die perdjiespring– of wolfpatroon is een van die eerste patrone wat kleintjies kan maak. Dit is die voorloper vir drukskrifletters soos “w” en “v”. Begin bo en beweeg skuins af na regs, skuins op na regs, ensovoorts. Dit is belangrik om bo en onder aan die lyne te raak en om die tande of spronge ewe wyd te spasieer. Eindig weer bo.

hasiehop

Die hasie hoppatroon is die voorloper vir drukskrifklanke soos “m”, “n” en “r”. Begin bo, beweeg reguit af en op dieselfde lyn op. ‘n Derde of ‘n kwart van die boonste lyn af weg, begin die draai na regs, af en op en oor, af en op en oor. Die hasie “spring” oor die klippies en eindig weer onder (“want ‘n haas kan nie in die lug hang nie”).

apieswaai

Die swaai– of “Tarzan”patroon is die voorloper vir klanke soos “u” en “y”. Begin bo en beweeg of tot so ongeveer ¾ van die spasie en swaai na regs en beweeg reguit op. Beweeg op dieselfde lyn af en draai op dieselfde plek na regs. Herhaal die swaai-aksie en eindig deur die lyn af te beweeg tot teen die lyn (soos ‘n “u”).

 branderpatroon

Die brander– of seepatroon is al ‘n groot stap in die rigting van lopende skrif. Dit word gebruik tydens die aanleer van klanke soos “c”, “o”, “a”, “e”, “s” en “d”. Begin onder en trek die lyn skuins op (teen ‘n hoek van ongeveer 45°) tot net voor die boonste lyn en begin draai. Stop die ronding daar waar die twee-uur op ‘n horlosie se gesig sal wees en keer op dieselfde lyn terug om die “c”-ronding teen die onderste lyn te vorm. Herhaal en stop deur die skuins-op lyn tot teen die boonste lyn te verleng.

 

Oefen die patrone:

  • In gekleurde styselpap op ‘n skinkbord.
  • In gekleurde styselpap op ongedrukte koerantpapier (trek later bv. visstensils daarop af en maak visse).
  • Teken ‘n groot wolf met ‘n oop bek en vra die kind om die wolf se tand in te teken (patron).
  • Teken groot seepatrone op ‘n A3-papier. Teken en knip ‘n seilbootjie uit en heg ‘n skuifspeld aan die mas. Die kind hou dan ‘n magneet onder die papier en skuif die boot in die “skryfaksie” van die patroon van links na regs.
  • Maak verskeie kolletjiepatrone (dot-to-dot) wat die kind kan natrek (rol ‘n klomp af vir later).

 

Handwriting in the Junior Primary Classes, MC Grové en HMAM Hauptfleisch, is ‘n stok-ou boek wat ook die volgende assosiasies gee:

  • Die sig-sag patroon (wolf-) is ‘n groot horlosie wat tik-tok klop.
  • Die hasie kan met ‘n padda vervang word.
  • Die Tarzanpatroon kan die frilletjies onder-aan ‘n dogtertjie se rok wees.
  • As die lopende skrif se “e” en “l” geoefen word, kan dit rook wees wat bo by ‘n trein se skoorsteen uit borrel.

 Lekker oefen!

(patrone)

cnx – apieswaai

%d bloggers like this: