Tuis

blou maan

2 Kommentaar


Met die onlangse afsterwe van Neil Armstrong is dit seker gepas om na sekere aspekte van ons sonnestelsel en ruimtevaarders te kyk…

Die Maan

Die maan draai om die aarde en is ‘n koue massa.  Dit het nie ‘n aantrekkingskrag – soos die aarde nie.  Ruimtevaarders dra spesiale pakke as hulle op die maan wil loop.  Dié pakke gee vir hulle suurstof en die skoene is swaar genoeg, sodat hulle nie kan weg sweef nie.  Die ruimtevaarders is meestal wetenskaplikes en vlieëniers wat die maan bestudeer.  Niemand loop meer op die maan nie, maar hulle het oorspronklik daarop geloop om sand en klippe te versamel.  Dit is later op aarde ontleed.  Daar het slegs 12 mense op die maan geloop.

Die eerste ruimtetuig wat op die maan geland het was die Apollo 11.  Drie mans was aanboord toe dit geland het:  Buzz Aldrin (sy ma se nooiensvan was Moon), Neil Armstrong en Michael Collins.  Neil Armstrong was in beheer en was ook die eerste mens ooit wat op die aarde geloop het. Dit het op die 21ste Julie 1969 gebeur en is op die eerste televisies uit gesaai.  Hy is onlangs in die ouderdom van 82 oorlede.

Vrydag, 31 Augustus, is dit Blou Maan (of Blue Moon), omdat dit die tweede volmaan binne ‘n kalendermaan sal wees.  Dra blou of betrek iets lafs soos dat almal met onpaar sokkies skool toe kom…Maak ‘n ruimtepak of dele van ‘n ruimtepak.  Wees versigtig vir ‘n helm (versmoring) en verduidelik aan die kinders dat die ruimtevaarders die helm slegs op die maan kan dra.

  • Maak ‘n helm deur ‘n getekende gesig onderste-bo, binne-in ‘n glasflessie te plaas.  As julle lus het, kan ‘n mens twee derdes van die helm met wit emaljeverf bedek en die gesig (selfs ‘n foto) aan die binnekant van die opening plaas.  As julle foto’s of gelamineerde prentjies gebruik, kan julle nou silwer blinkers en water byvoeg.
  • Ondersoek verskillende klippe en sand in ‘n laboratorium.  Sny die bo- en onderkante van ‘n doos af en sny twee gate uit ‘n sy.  Plak ou rubberhandskoene  in die onderskeie gate en laat die outjies verskillende voorwerpe, vorms, klippe (rivierklippe en ander) ens. voel en bestudeer.
  • Ruimtetuig:  Spat wit of neon verf met ‘n ou tandeborsel op swart papier (sterre).  Verf ‘n voetsool met blinkerige of wit verf en trap in die middel van die bladsy as die spatsels droog is.  Verseker dat die tone na onder wys.  Dit is die middel van die ruimtetuig.  Voeg ‘n keëlvormige of driehoekige rooi punt aan die bokant by en vlamme tussen die tone.
  • Maanstewels:  Sny dik stukke polistireen in die vorm van ‘n waterstewel se sool uit en plak vas of draai dit met kleeflint vas .  Jy kan verskillende patrone in die sool vorm deur dit uit te krap.  Die outjies kan dan op hul sandputmaan gaan loop en patroontjies trap.
  • Nog maanstewels: Gebruik ou koffieblikke en sterk tou.
  • Suurstoftenks:  Draai twee leë plastiese koeldrankbottels onderste-bo en plak aan mekaar vas met sterk kleeflint of maskeerband.    Voeg twee skouerbande by sodat dit soos ‘n rugsak gedra kan word (ou linte of stroke materiaal behoort voldoende te wees).  Jy kan dit nou met blink foeliepapier vul of spuitverf.  Knip lang stroke oranje, geel en rooi linte, “crinkle paper” of snesiepapier.  Druk die punte by die bottels se bekke in en draai die proppe vas.  Dit behoort lekker tydens fantansiespel te werk.
  • Versier die boekrak met groot rooi driehoeke sodat dit soos ‘n groot ruimtetuig lyk.  Pak dit vol ruimtestories.
  • Doen die bogenoemde ook sommer met die klas se deur.
  • Maak ‘n ruimte-kamer:  Bou ‘n fort met ou lakens, gebruik ‘n klein tent of ‘n groot kartondoos.  Voer dit uit met “glow in the dark” sterre en verf.  Dit kan ‘n lekker stilleeshoekie maak.
  • Maak maansand om mee te speel.  Die resep lyk heel maklik en die kleingoed sal vir ure lank besig bly.  Pak verskillende koppies en vormpies uit, sodat hulle kraters in hul mane kan vorm.
  • Pak ballonne (effens pap) van verskillende groottes uit.  Stel stroke ou koerant, growwe papier en selfs bubble wrap beskikbaar.  Gee dan vir die outjies gips waarmee hulle die koerantpapier om die ballonne kan plak om ‘n growwe tekstuur te vorm.  Sodra dit droog is kan ‘n mens die mane op hang en ‘n blou gloeilamp daarop laat skyn.
  • Verf papierborde met dikkerige verf (soos pasta) en druk kraters daarop met bubble wrap of verskillende lepels (ronde lepels se agterkante werk goed).  Iemand het ‘n verfmengsel soos volg voor gestel:  1/2 koppie wit gom & 1 en ‘n 1/2 koppie skeerroom gemeng.
  • Maak maan confetti met ‘n gewone gaatjiepons of ‘n spesiale een.  Dit behoort die handspiertjies lekker sterk te maak.  As julle wit papier en foelie gebruik, kan ‘n mens dit bo-op ‘n papierbord of ‘n ronde ballon plak.
  • Maan borsspelde:  Spuitverf vooraf ou blikbotteldoppies met ligblou of wit verf.  Gee dan vir die outjies ‘n haakspeld of borsspeldplaatjie om daarop vas te plak.  Vul die doppie met gips en sodra dit droog is, kan ‘n mens dit wit (of blou) verf en silwer blinkertjies in die nat verf laat val.
  • Druk die rond uitveër agter-aan ‘n ou potlood in wit verf en doen drukwerk op swart papier.  ‘n Mens kan spelwoorde of name met die drukwerk skryf.

vuurpyl1

 

storieman

8 Kommentaar


Die Storiemanboeke is terug!  Storieman is ook op Storierak beskikbaar.

Olimpiese Spele

14 Kommentaar


 

 

Die Olimpiese Spele is om die draai en daar is lekker baie om te beplan.  Hiermee so ‘n paar voorlopige gedagtes…

Die ringe

Vir die kleintjies kan ‘n mens by die embleem begin en aan hulle verduidelik wat die vyf ringe beteken.  Dié kleure is gekies, omdat dit die meeste op wêreldvlae voor kom en die ringe verteenwoordig die vyf hoof kontinente:  Asië, Afrika, Europa, Amerika en Australië.

  • Daar is vyf ringe.  Wie kan tot by vyf tel?  Wie kan in vywe tot by ‘n gegewe getal tel?  Watter vorm is die ringe?
  • Gebruik verf en iets sirkelvormigs (soos plastiekglasies) om die ringe met drukwerk na te boots.  Maak ‘n raam reg rondom die rand van ‘n papier om later vir ‘n uitstalling of kreatiewe skryfwerk te gebruik.
  • Verf papierborde in die onderskeie kleure, knip die middelste deel uit en skakel dit aan mekaar.
  • Versier toiletrolletjies met skeur-en-plakwerk.
  • Draai pypskoonmakers in sirkels en heg die skakels aan mekaar.
  • Bak ringvormige koekies en laat elke outjie sy vyf koekies met helder versiersuiker versier.
  • Gebruik smarties om die verskillende ringe voor te stel.  Kom lifesavers dalk in die kleure voor?

Die fakkel

Die gelukbringers

Toekennings

  • Verander toekennings, beloningskaarte en motiveringsertifikate volgens ‘n olimpiese tema.
  • Maak medaljes uit soutklei en verf dit in goud, brons en silwer.  Elke outjie kan sy eie medaljes maak of dit kan vir goeie gedrag, behulpsaamheid, en dies meer gebruik word.
  • Draai ‘n rolletjie lekkers soos ‘n aflosstokkie toe.  Dit behoort ‘n lekker beloning vir goeie werk te wees.
  • Dink aan verskillende belonings – nie net akademies van aard nie.  Hou dan ‘n klein seremonie om die belonings te oorhandig.  Gebruik bankies van verskillende hoogtes as jy wil.
  • Die simboliek van die wennerspodium kan lekker ingespan word om trappe van vergelyking te verduidelik (vinnig, vinniger, vinnigste).

Buitespel / Liggaamlike oefeninge

  • Maak julle eie ritmiese gimnastiekstokkies.  Kap ‘n metaal ogie aan die een kant van ‘n ronde stokkie (dowel) in, haak ‘n ogie (swivel) daarin en buig toe.  Knoop ‘n lang, breë lint daaraan vas en gee vir die kleingoed om mee te speel.  Onthou om spesifieke reëls daar te stel soos beperkte getalle, afgebakende “dans”-ruimte en veiligheidsmaatreëls.
  • Grawe in die LO-stoor en gebruik al die vergete toerusting.  Is daar dalk iets soos gimnastiekringe wat ‘n mens buite aan die klimraam kan hang?
  • Betrek toerusting soos die groot matte vir bollemakiesie, klein trampoliens, balle (vir gimnastiek) en lae bankies vir balansering.
  • Bied ‘n demonstrasieles aan om vir die outjies meer oor sporte soos Gimnastiek te leer.
  • Gooi balle of boontjiesakke na teikens.
  • Watter ander sportsoorte se vaardighede kan op geskerp word?

Wiskunde

  • Watter vorm is ‘n gimnastiekmat?  ‘n Hokkiebal? Watter vorms kruip op ‘n sokkerbal weg?  Watter vorm is ‘n atletiekbaan?  ‘n Atletiekbaan se is bane ewewydig.  Wat is dit?
  • Watter item is die langste op ‘n atletiekbaan?  Die kortste?  Wat is die verskil in lengte tussen hierdie twee items?
  • Hoe hoog word die hekkies vir mans en vir dames gestel?  Wat is die verskil?
  • Hoeveel atlete kan op ‘n slag wegspring?  Dus hoeveel bane is daar?
  • Hoeveel atlete is in die onderskeie items se spanne (bv. sokker, hokkie, swem)?
  • Hoe lank is ‘n minuut (meet dit af met ‘n “aftel-wekker”) of ‘n uur?
  • Doen somme in verband met tyd.  Bv.  Elana neem 10 minute en 20 sekondes om die wedloop te voltooi en dit neem Jana 12 minute en 20 sekondes.  Wat is die verskil in tyd?
  • Posisie Ordinale Getalle
  • posisie eerste

Geletterdheid

  • Trappe van vergelyking gaan redelik baie voor kom.  Bv. langste afstand, vinnigste tyd, vinniger, hoër..Hou rekord van al hierdie woorde deur dit op die bord aan te bring.  Dit kan in skryfwerk of ‘n taalleerles (Graad 3+) gebruik word.
  • Skryf opstelle uit die oogpunt van ‘n atleet – nie noodwendig ‘n “wen”-verhaal nie, maar oor ervaring (bv. wat jy sien, hoor, voel, ruik…).
  • Engelse begrippe, woordeskat en raaisels (sommige take is ietwat moeiliker).
  • Tydens skriflesse kan die kleintjies die Olimpiese ringe natrek – antikloksgewys.  Dit kan ‘n voorganger wees vir lesse in verband met klanke a, d, g, s, f.

Ander

tuisonderrig

5 Kommentaar


Bloot vir kennisname – nie politieke besprekings nie. ;o)

‘n Belangrike kennisgewing wat vandag in ‘n plaaslike koerant verskyn het…

vrou

Lewer kommentaar


%d bloggers like this: