Tuis

Blou Maan

Lewer kommentaar


Blou Maan verwys na ‘n maand waarin ons twee keer ‘n volmaan kan sien. Oktober se tweede volmaan sal op Saterdag, die 31ste, sigbaar wees. 😉

Blou Maan

Lewer kommentaar


Wanneer die volmaan twee keer in een maand skyn, word die tweede volmaan ‘n Blou Maan genoem.  Vanjaar skyn die Blou Maan op die 31ste Januarie én Maart.

Die helder lig is ‘n ideale geleentheid om ‘n skoolfunksie onder die sterre aan te bied.  Wat van ‘n Ken Mekaar Skoolbraai, ‘n atletiek aand, ‘n maanlig piekniek of ‘n “colour run”?   Dra blou en samel ‘n fooitjie in ten bate van die skool of ‘n ander organisasie.

Loer gerus hier na les idees in verband met die maan en die hemelruim.

blou maan

2 Kommentaar


Met die onlangse afsterwe van Neil Armstrong is dit seker gepas om na sekere aspekte van ons sonnestelsel en ruimtevaarders te kyk…

Die Maan

Die maan draai om die aarde en is ‘n koue massa.  Dit het nie ‘n aantrekkingskrag – soos die aarde nie.  Ruimtevaarders dra spesiale pakke as hulle op die maan wil loop.  Dié pakke gee vir hulle suurstof en die skoene is swaar genoeg, sodat hulle nie kan weg sweef nie.  Die ruimtevaarders is meestal wetenskaplikes en vlieëniers wat die maan bestudeer.  Niemand loop meer op die maan nie, maar hulle het oorspronklik daarop geloop om sand en klippe te versamel.  Dit is later op aarde ontleed.  Daar het slegs 12 mense op die maan geloop.

Die eerste ruimtetuig wat op die maan geland het was die Apollo 11.  Drie mans was aanboord toe dit geland het:  Buzz Aldrin (sy ma se nooiensvan was Moon), Neil Armstrong en Michael Collins.  Neil Armstrong was in beheer en was ook die eerste mens ooit wat op die aarde geloop het. Dit het op die 21ste Julie 1969 gebeur en is op die eerste televisies uit gesaai.  Hy is onlangs in die ouderdom van 82 oorlede.

Vrydag, 31 Augustus, is dit Blou Maan (of Blue Moon), omdat dit die tweede volmaan binne ‘n kalendermaan sal wees.  Dra blou of betrek iets lafs soos dat almal met onpaar sokkies skool toe kom…Maak ‘n ruimtepak of dele van ‘n ruimtepak.  Wees versigtig vir ‘n helm (versmoring) en verduidelik aan die kinders dat die ruimtevaarders die helm slegs op die maan kan dra.

  • Maak ‘n helm deur ‘n getekende gesig onderste-bo, binne-in ‘n glasflessie te plaas.  As julle lus het, kan ‘n mens twee derdes van die helm met wit emaljeverf bedek en die gesig (selfs ‘n foto) aan die binnekant van die opening plaas.  As julle foto’s of gelamineerde prentjies gebruik, kan julle nou silwer blinkers en water byvoeg.
  • Ondersoek verskillende klippe en sand in ‘n laboratorium.  Sny die bo- en onderkante van ‘n doos af en sny twee gate uit ‘n sy.  Plak ou rubberhandskoene  in die onderskeie gate en laat die outjies verskillende voorwerpe, vorms, klippe (rivierklippe en ander) ens. voel en bestudeer.
  • Ruimtetuig:  Spat wit of neon verf met ‘n ou tandeborsel op swart papier (sterre).  Verf ‘n voetsool met blinkerige of wit verf en trap in die middel van die bladsy as die spatsels droog is.  Verseker dat die tone na onder wys.  Dit is die middel van die ruimtetuig.  Voeg ‘n keëlvormige of driehoekige rooi punt aan die bokant by en vlamme tussen die tone.
  • Maanstewels:  Sny dik stukke polistireen in die vorm van ‘n waterstewel se sool uit en plak vas of draai dit met kleeflint vas .  Jy kan verskillende patrone in die sool vorm deur dit uit te krap.  Die outjies kan dan op hul sandputmaan gaan loop en patroontjies trap.
  • Nog maanstewels: Gebruik ou koffieblikke en sterk tou.
  • Suurstoftenks:  Draai twee leë plastiese koeldrankbottels onderste-bo en plak aan mekaar vas met sterk kleeflint of maskeerband.    Voeg twee skouerbande by sodat dit soos ‘n rugsak gedra kan word (ou linte of stroke materiaal behoort voldoende te wees).  Jy kan dit nou met blink foeliepapier vul of spuitverf.  Knip lang stroke oranje, geel en rooi linte, “crinkle paper” of snesiepapier.  Druk die punte by die bottels se bekke in en draai die proppe vas.  Dit behoort lekker tydens fantansiespel te werk.
  • Versier die boekrak met groot rooi driehoeke sodat dit soos ‘n groot ruimtetuig lyk.  Pak dit vol ruimtestories.
  • Doen die bogenoemde ook sommer met die klas se deur.
  • Maak ‘n ruimte-kamer:  Bou ‘n fort met ou lakens, gebruik ‘n klein tent of ‘n groot kartondoos.  Voer dit uit met “glow in the dark” sterre en verf.  Dit kan ‘n lekker stilleeshoekie maak.
  • Maak maansand om mee te speel.  Die resep lyk heel maklik en die kleingoed sal vir ure lank besig bly.  Pak verskillende koppies en vormpies uit, sodat hulle kraters in hul mane kan vorm.
  • Pak ballonne (effens pap) van verskillende groottes uit.  Stel stroke ou koerant, growwe papier en selfs bubble wrap beskikbaar.  Gee dan vir die outjies gips waarmee hulle die koerantpapier om die ballonne kan plak om ‘n growwe tekstuur te vorm.  Sodra dit droog is kan ‘n mens die mane op hang en ‘n blou gloeilamp daarop laat skyn.
  • Verf papierborde met dikkerige verf (soos pasta) en druk kraters daarop met bubble wrap of verskillende lepels (ronde lepels se agterkante werk goed).  Iemand het ‘n verfmengsel soos volg voor gestel:  1/2 koppie wit gom & 1 en ‘n 1/2 koppie skeerroom gemeng.
  • Maak maan confetti met ‘n gewone gaatjiepons of ‘n spesiale een.  Dit behoort die handspiertjies lekker sterk te maak.  As julle wit papier en foelie gebruik, kan ‘n mens dit bo-op ‘n papierbord of ‘n ronde ballon plak.
  • Maan borsspelde:  Spuitverf vooraf ou blikbotteldoppies met ligblou of wit verf.  Gee dan vir die outjies ‘n haakspeld of borsspeldplaatjie om daarop vas te plak.  Vul die doppie met gips en sodra dit droog is, kan ‘n mens dit wit (of blou) verf en silwer blinkertjies in die nat verf laat val.
  • Druk die rond uitveër agter-aan ‘n ou potlood in wit verf en doen drukwerk op swart papier.  ‘n Mens kan spelwoorde of name met die drukwerk skryf.

vuurpyl1