Tuis

hemelruim

3 Kommentaar


ruimte

Die aarde (luister)

Kaptein Kadoef se avonture

Iemand het onlangs navrae gerig in verband met ‘n ruimte-/musiek-les.  Ek het lanklaas musiek gegee en slaan nou heeltemal toe.  Aspekte waaraan ‘n mens kan dink is seker instrumente om planete en sterre voor te stel.  Sterre laat my dink aan klokkies en ‘n xilofoon – hoë note.  Planete is weer groot en swaar…wat van lae note op ‘n klavier en dromme?  Behandel dan ‘n eenvoudige liedjie soos “Twinkle, twinkle, Little Star” en gebruik die instrumente in ‘n slagorkes.  “Mannemarak” is ‘n ou bekende, maar mag dalk moeilik wees om met musiekinstrumente te begelei.  Lesson Plans het verskeie Engelse liedjies – as ‘n mens musiek en EAT kan integreer.

Ander idees:

  • Maak ‘n collage-agtergrond deur groot velle swart papier plat in ‘n sonnige area te laat lê.  Spuit dit met ‘n flou bleikmiddeloplossing.  Die sproei behoort fyn wit spatsels te maak.  Gebruik stervormige koekiedrukkers en los sterkaartjies om oral op die droë papier te laat lê.  Na ‘n dag of twee in die son, sal die papier bleik en sterretjies onder die vorms los.  Begin vroegtydig met hierdie projek.  Gebruik die swart vel as agtergrond of sny letters daaruit – vir jou aansteekbord.
  • As jy die bogenoemde agtergrond vir die kleingoed wil gee om te maak, sou ek die water eerder met wit waterverf meng.
  • Verskaf ronde stensils of deksels van verskillende groottes om planete na te trek.  Indien die outjies sukkel om die stensils vas te druk en jy nie die vetkolle van wondergom wil hê nie, kan jy vooraf gedrukte planete gee om in die kleur.  Gebruik vetkryt of pastelle en verf bo-oor met voedselkleursel.  Knip dan uit.
  • Sny ‘n ekstra groot sirkel vir die son uit of gebruik ‘n papierbord.  Verf met heldergeel en skakerings van oranje verf.  As jy voedselkleursel gebruik, behoort die kleure in mekaar te vloei.  Dit kan ‘n mooi effek gee.
  • Kombineer die onderskeie planete en son bo-op die swart agtergrond, maar lig dit met stukke polistereen of double sided tape.

Sterre 

  • Maak ‘n flitslig-sterkonstellasie.  Gebruik ‘n buisvorm waarin jou flitslig sal pas – soos ‘n Pringle-houer.  Vergroot die sirkels na die die verlangde grootte, druk op karton en sny uit.  Druk gate deur die kolle.  Om dit makliker te hanteer, kan jy ‘n keep aan die kant van die buis sny/saag (na aan die een eindpunt).  Laat sak dan die onderskeie sirkels in die keep en skakel die flits aan die anderkant van die buis aan.  Siedaar!  Sterre om teen die muur of dag te skyn.
  • Gebruik ‘n sterpons om gate uit foelie of swart papier te druk.  Gebruik die los sterre in latere kuns- of telwerk en plak die oorblywende papier oor flitse en gloeilampies.  Sit dit in die lees- en fantasiehoekies neer vir lekker speel.
  • Bou konstellasies met vuurhoutjies of halwe strooitjies.  Plak op ‘n swart agtergrond.  As jy glimverf (glow in the dark) kan kry, kan jy die strooitjies vooraf daarin week.
  • Hemelruim in ‘n fles.  Meet ‘n stuk tinfoelie om in ‘n fles te pas (dalk ‘n fles vir elkeen?) en prik dit vol gate met skerp potlode of tandestokkies.  Voer die fles daarmee uit en plaas ‘n teeligkersie in die fles.  Ouer kinders kan dalk ‘n gloeilampie binne-in die deksel monteer as deel van ‘n tegnologieles.
  • Verbind sterre (dot-to-dot) as deel van ‘n oog-hand koördinasietaak.  As jy gate in die oorspronklike papier druk en oor ‘n ou polistereenbordjie plaas, kan ‘n mens gate druk en sterrestelsels met wol deur ryg.
  • Laat die outjies sterretjies op swart papier plak en met ‘n wit pastel verbind.  ‘n Mens kan natuurlik klanke hersien deur dit met potlood op die swart vel te skryf.  Die kleingoed plak dan sterre by die begin- en eindpunte…en trek die letters na met pastelle.
  • Bou sterre met roomysstokkies.  Plak twee driehoeke bo-op mekaar.  Versier dit dan met glimstroke, blinkers of foelie.  Hang die dak vol sterre.
  • Maak soutklei aan en vermeng dit met blinkers.  Rol uit laat die outjies vorms met ronde, sekelmaan- en sterdrukkers uit druk.  Druk ‘n gat met ‘n tandestokkie deur voordat dit droog word.  Hang dit later aan ‘n “wasgoedlyn” op.  Vir ekstra glans kan ‘n mens kersliggies om die wasgoedlyn draai – ‘n melkweg 😉
  • Maak speelklei aan en kleur dit lekker donker (bv. skoon blou voedselkleursel).  Vermeng met poeierfyn blinkertjies.
  • Bak en brou sterre koekies.  Druk groot sterre met ‘n koekiedrukker uit en druk ‘n kleiner sterretjie in die middel uit.  As julle kans sien, kan ‘n mens dié gat met ‘n harde lekker (soos Sparkles) vul en bak.  Die lekker sal smelt en die ruimte vul.
  • Maak slym met deursigtige, helder gom en gebruik blou en pers voedselkleursel om dit ‘n donker (nag) skakering te gee.  Voeg dan fyn blou of pers blinkertjies by vir ure se pret.  Gebruik dit soos speelklei of lig ‘n afkoel-draadrakkie bo-oor ‘n skinkbord sodat die slym kan afdrup en laat die outjies die druppende dele snipper. Bêre dit in ‘n lugdigte sakkie of houer om weke lank te hou.

Planete

  • Druk twee stelle planeetkaarte uit om speletjies soos “snap” of ‘n geheuespel mee te speel.  Onthou dat Pluto nie meer ‘n planeet is nie en dat ‘n mens dit eerder kan uit haal.
  • Ruimtemanwoorde (Engelse woordkaartjies)
  • Engelse hemelruim raaiselkaarte om te lees en te pas.
  • Gebruik muurpapiergom, tou (of wol) en opgeblaasde ballonne (van verskillende groottes).  Week die tou in die gom en begin dit dan om die ballon wentel – kruis en dwars, hoog en laag, heen en weer.  Dit gaan lank neem (oornag) om droog te word, maar behoort ‘n stywe, ronde vorm te maak.  Sodra dit droog is kan ‘n mens die ballon bars.  Hang die planete aan ‘n “wasgoedlyn” op.  Eksperimenteer deur kleursel by die gom te voeg of deur die droë planete met spuitverf te kleur.  As die outjies in groepe werk, kan elke groep ‘n sterrestelsel later aan ‘n hanger hang.  Verdeel dus die klas in groepe van 9 en laat die onderskeie “planete” en sonne saam by stasies werk.  Sodra die ballonne klaar is, kan elkeen sy kunswerk na die groepe terug neem.

Maan (klik vir verskeie idees)

Son

  • Meng dikkerige waterverf (pastadik) in geel, ligte en donker oranje.  Laat die outjies dan sponsies gebruik om drukwerk op papierborde of groot sirkels te doen.  Laat die kleure droog word voordat ‘n nuwe kleur bygevoeg word of sorg dat daar genoeg sponse is – om vermenging te verhoed.  (Die sponsies in pillebotteltjies is ideaal.)  As die sirkel geknip moet word, is dit beter om eers die drukwerk te doen – ‘n mooier effek.
Hemelruim inligting vir die juffrou, vir ouer leerders, die klaskamer en ‘n storie

 

blou maan

2 Kommentaar


Met die onlangse afsterwe van Neil Armstrong is dit seker gepas om na sekere aspekte van ons sonnestelsel en ruimtevaarders te kyk…

Die Maan

Die maan draai om die aarde en is ‘n koue massa.  Dit het nie ‘n aantrekkingskrag – soos die aarde nie.  Ruimtevaarders dra spesiale pakke as hulle op die maan wil loop.  Dié pakke gee vir hulle suurstof en die skoene is swaar genoeg, sodat hulle nie kan weg sweef nie.  Die ruimtevaarders is meestal wetenskaplikes en vlieëniers wat die maan bestudeer.  Niemand loop meer op die maan nie, maar hulle het oorspronklik daarop geloop om sand en klippe te versamel.  Dit is later op aarde ontleed.  Daar het slegs 12 mense op die maan geloop.

Die eerste ruimtetuig wat op die maan geland het was die Apollo 11.  Drie mans was aanboord toe dit geland het:  Buzz Aldrin (sy ma se nooiensvan was Moon), Neil Armstrong en Michael Collins.  Neil Armstrong was in beheer en was ook die eerste mens ooit wat op die aarde geloop het. Dit het op die 21ste Julie 1969 gebeur en is op die eerste televisies uit gesaai.  Hy is onlangs in die ouderdom van 82 oorlede.

Vrydag, 31 Augustus, is dit Blou Maan (of Blue Moon), omdat dit die tweede volmaan binne ‘n kalendermaan sal wees.  Dra blou of betrek iets lafs soos dat almal met onpaar sokkies skool toe kom…Maak ‘n ruimtepak of dele van ‘n ruimtepak.  Wees versigtig vir ‘n helm (versmoring) en verduidelik aan die kinders dat die ruimtevaarders die helm slegs op die maan kan dra.

  • Maak ‘n helm deur ‘n getekende gesig onderste-bo, binne-in ‘n glasflessie te plaas.  As julle lus het, kan ‘n mens twee derdes van die helm met wit emaljeverf bedek en die gesig (selfs ‘n foto) aan die binnekant van die opening plaas.  As julle foto’s of gelamineerde prentjies gebruik, kan julle nou silwer blinkers en water byvoeg.
  • Ondersoek verskillende klippe en sand in ‘n laboratorium.  Sny die bo- en onderkante van ‘n doos af en sny twee gate uit ‘n sy.  Plak ou rubberhandskoene  in die onderskeie gate en laat die outjies verskillende voorwerpe, vorms, klippe (rivierklippe en ander) ens. voel en bestudeer.
  • Ruimtetuig:  Spat wit of neon verf met ‘n ou tandeborsel op swart papier (sterre).  Verf ‘n voetsool met blinkerige of wit verf en trap in die middel van die bladsy as die spatsels droog is.  Verseker dat die tone na onder wys.  Dit is die middel van die ruimtetuig.  Voeg ‘n keëlvormige of driehoekige rooi punt aan die bokant by en vlamme tussen die tone.
  • Maanstewels:  Sny dik stukke polistireen in die vorm van ‘n waterstewel se sool uit en plak vas of draai dit met kleeflint vas .  Jy kan verskillende patrone in die sool vorm deur dit uit te krap.  Die outjies kan dan op hul sandputmaan gaan loop en patroontjies trap.
  • Nog maanstewels: Gebruik ou koffieblikke en sterk tou.
  • Suurstoftenks:  Draai twee leë plastiese koeldrankbottels onderste-bo en plak aan mekaar vas met sterk kleeflint of maskeerband.    Voeg twee skouerbande by sodat dit soos ‘n rugsak gedra kan word (ou linte of stroke materiaal behoort voldoende te wees).  Jy kan dit nou met blink foeliepapier vul of spuitverf.  Knip lang stroke oranje, geel en rooi linte, “crinkle paper” of snesiepapier.  Druk die punte by die bottels se bekke in en draai die proppe vas.  Dit behoort lekker tydens fantansiespel te werk.
  • Versier die boekrak met groot rooi driehoeke sodat dit soos ‘n groot ruimtetuig lyk.  Pak dit vol ruimtestories.
  • Doen die bogenoemde ook sommer met die klas se deur.
  • Maak ‘n ruimte-kamer:  Bou ‘n fort met ou lakens, gebruik ‘n klein tent of ‘n groot kartondoos.  Voer dit uit met “glow in the dark” sterre en verf.  Dit kan ‘n lekker stilleeshoekie maak.
  • Maak maansand om mee te speel.  Die resep lyk heel maklik en die kleingoed sal vir ure lank besig bly.  Pak verskillende koppies en vormpies uit, sodat hulle kraters in hul mane kan vorm.
  • Pak ballonne (effens pap) van verskillende groottes uit.  Stel stroke ou koerant, growwe papier en selfs bubble wrap beskikbaar.  Gee dan vir die outjies gips waarmee hulle die koerantpapier om die ballonne kan plak om ‘n growwe tekstuur te vorm.  Sodra dit droog is kan ‘n mens die mane op hang en ‘n blou gloeilamp daarop laat skyn.
  • Verf papierborde met dikkerige verf (soos pasta) en druk kraters daarop met bubble wrap of verskillende lepels (ronde lepels se agterkante werk goed).  Iemand het ‘n verfmengsel soos volg voor gestel:  1/2 koppie wit gom & 1 en ‘n 1/2 koppie skeerroom gemeng.
  • Maak maan confetti met ‘n gewone gaatjiepons of ‘n spesiale een.  Dit behoort die handspiertjies lekker sterk te maak.  As julle wit papier en foelie gebruik, kan ‘n mens dit bo-op ‘n papierbord of ‘n ronde ballon plak.
  • Maan borsspelde:  Spuitverf vooraf ou blikbotteldoppies met ligblou of wit verf.  Gee dan vir die outjies ‘n haakspeld of borsspeldplaatjie om daarop vas te plak.  Vul die doppie met gips en sodra dit droog is, kan ‘n mens dit wit (of blou) verf en silwer blinkertjies in die nat verf laat val.
  • Druk die rond uitveër agter-aan ‘n ou potlood in wit verf en doen drukwerk op swart papier.  ‘n Mens kan spelwoorde of name met die drukwerk skryf.

vuurpyl1

 

%d bloggers like this: