Tuis

bennie se pennie in die armbeurs

2 Kommentaar


wildtuin

10 Kommentaar


wildtuin

Lily het gevra vir ‘n paar gedagtes vir lesse oor die wildtuin. (Ek was nog self nie daar nie en sal die hulp en gedagtes van oudbesoekers waardeer.) Ek gee so ‘n paar gedagtes en skakels om die gedagtes aan te wakker.

  • Watter diere is in die wildtuin?
  • Hoekom is hierdie diere in die wildtuin?
  • Hoeveel diere is in die wildtuin?
  • Hoeveel van elke soort?
  • Watter diere is die grootste? kleinste? meeste? minste?
  • Wat is ‘n bedreigde dier? Wat beteken dit?
  • Watter wildtuin diere woon in die water? Op land? Vlieg (hoogtes)?
  • Watter dieresoorte is daar in die wildtuin (soogdiere, voëls, amfibië…)?
  • Wat is karnivore? Wat is herbivore? Wat is ‘n omnivoor?
  • Waar is die wildtuin?
  • Hoe lyk dit waar die diere woon? Sou ek daar kon woon?

Gebruik ou kinderliedjies / -rympies om lesse af te sluit of in te lei. Bv. As jy praat oor

  • ape en bobbejane: Wielie, Wielie, Walie / Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie…
  • leeus: The lion sleeps tonight*
  • krokodille: Ek is ‘n eensame krokodil (Lucas Maree)
  • arende: Sweef soos ‘n arend (dalk in die Godsdiensles)
  • olifant: Nellie the elephant* * Integreer met Engels Tweede Taal

Dit is dalk nie heeltemal “wildtuin”-musiek nie, maar ek dink die liedjie van Madagascar “I like to move it” kan gebruik word. (Dit word tog baie direk met die fliek oor wilde diere verbind.) Werk ‘n eenvoudige aksie uit en leer dit vir die kinders aan. As die liedjie speel moet almal geluidloos die aksie saam doen – om hul aandag te kry. Jy kan dit dalk ook gebruik om die kinders van die mat na die tafels te laat beweeg of om die vingers vir skriflesse op te warm. Dit is ‘n opgewekte en vrolike liedjie – en is tog beter as die alewige klokkies wat so dikwels skril lui.

Gepraat van skrif: Die apie-swaai patroon pas perfek!

  • Ander (meer skeppende) idees: (Die kinders…) Maak verkeerstekens (padtekens/-bordjies) vir die onderskeie wildskampe in die wildtuin en gebruik dit om die verskillende groepe (lees, wiskunde of tafels) voor te stel.
  • Betrek die verskillende diere by “menslike eienskappe” of “emosies”. Dié idee kan dalk gebruik word by ‘n sinsbou les (Hoe kan ek die sin uitbrei?)…Verdere idees vir byvoeglike naamwoorde kan ook hier (aan die linkerkant) gevind word.

Nog skakels na oulike werf-idees is: LessonplanspageBekendstelling aan die Engelse name van diere (oulik), St.AidensDanielle, Diere geluide, luister na die wêreld se natuurgeluide

Liedjies 1, Liedjies 2

[Prente met woorde]

Screen Shot 2015-02-08 at 7.10.18

iPad App

Screen Shot 2015-02-08 at 7.00.49

Android

Screen Shot 2015-02-08 at 7.10.18

Android

broodsakkiekaartjie vir ‘n rolstoel

9 Kommentaar


As deel van die herwinningsprojek vir die jaar kan jy en jou gesin (of klas) julle broodsakkiekaartjies versamel vir rolstoelskenkings. (Lees hier of hier.) Maak die klein kaartjies bymekaar wat die sakkie seël en pos dit aan Mary Honeybun of kontak Adri by 012 259 0554 vir verdere besonderhede.  Dis ‘n oulike gedagte, hou die kombuis skoon, hou die kleingoed aan die tel en as hulle briefies by hul posstukkies las – is dit ‘n oulike skryfwerkie.

270 kg kaartjies / 800 000 tot 1 miljoen = 1 rolstoel

Adres: Mary Honeybun, Posbus 215, Noordhoek, 7979

Telefoon: 021 789 1831

skool kruip nader

7 Kommentaar


terugskooltoe

Die nuwe skooljaar begin binnekort.  Hiermee so ‘n paar inkleurprente en gedagtes vir ouers en die jongspan.

  • Kry vandag nog al die skryfbehoeftes, kosblikitems en die uniform gereed.
  • Onthou dat die aanvangs van die nuwe skooljaar dikwels gepaard gaan met ‘n bekendstellingsproses.  Daar sal moontlik van julle verwag word om foto’s van die gesin of familie skool toe te stuur.  Loer solank vir gepaste foto’s…
  • Verseker dat jou kleinding julle telefoonnommers en adres ken (agtergrondbladsy vir ‘n klaswerk- of huiswerkboek).
  • Indien die skool nie skryfbehoeftes (boeke, oortrekpapier en plastiek) verskaf nie, kan jy solank seker maak dat die benodigdhede gereed lê vir die eerste skoolnaweek (alias “oortrek naweek“).  Ek het ‘n paar voorbeelde van basiese voorblaaie onder “drukbares” gestoor.  Gebruik dit gerus indien die skool nie voorblaaie verskaf nie.
  • Merk vandag nog ALLE skryfbehoeftes en kry die skooltas gereed.  Dit is altyd beter om die roetine so ‘n paar dae voor die tyd te begin as om dit op nommer 99 te probeer toepas (persoonlike ervaring het my geleer 😉 )…

Begin solank met die opgewondenheid…

Elizabeth Dulemba het ‘n hele paar oulike inkleurprente wat sy gratis aan die publiek bekend stel en Friends Accross America s’n is net so kreatief. Kaboose se prente het oulike lyne en hier kan jy leer hoe om die letters van die alfabet met jou lyf te vorm (Graad 2 en ouer). Dan is daar ook verskeie skoolgaande diere kinders!

herwin

Lewer kommentaar


herwinning

Ek het besluit om vanjaar ‘n herwinningsprojek aan te wakker in my klas.  Die besluit is egter makliker as die “oorgaan in aksie”, maar tog behoort dit die moeite werd te wees om te probeer.

Wat kan ek alles herwin?  Basies alles wat weggooibaar is in ‘n gewone klas.  Kontak die volgende plekke om uit te vind waarheen jy die items kan neem of hou jou plaaslike koerant dop vir herwinningsdepots.  Daar is dikwels fondsinsamelingsopsies betrokke.

Cambriarecyles gee oulike idees en lesse. Daar is selfs ‘n reseppie om jou eie papier te maak.

Vir lesidees en werkvelle is Kidzone, abcteach, mieliestronk en planet pals staatmakers. Ek het ‘n paar blogs en webwerwe raak gelees waar oulike en kreatiewe idees gegee word om te gebruik in leerareas soos tegnologie.

Wat van…?

  1. Snippermandjies van snippertjies…Gebruik die skool se snippers en muurpapiergom. Plak en bou die vorm oor ‘n bestaande drommetjie en siedaar!
  2. Plekmatjies en versierings van ou legkaarte…Grawe in die stoorkamer vir ou en halwe legkaarte. Niemand kan dit tog gebruik as die stukke onvolledig is nie. Teken ‘n vorm, knip dit uit en plaas dit onder ‘n deursigtige stuk plastiek of glas. Pak die stukke legkaarte binne die raampie en bou dit op. Muurpapiergom is ‘n lekker dik pasta en gee ‘n “vernisde” gevoel as jy na die tyd ‘n lagie oor die skepping verf.
  3. Versier die klas met ou potlode en penne…Kies ‘n item en versier dit. Maak byvoorbeeld ‘n raam vir die venster of aansteekbord met die opskrif “Kyk hoe hard het ons gewerk” of “Potloodmuseum”. Ek het iets soortgelyks in ‘n klassie gesien – waar die juffrou potlode korter as die kind se middelvinger summier “afgeskryf” het. Kort potlode is immers nie ‘n goeie ding nie, want die belemmer ‘n goeie potloodgreep en postuur.
  4. Penneblikkies…gebruik ou kosblikkies, versier en gebruik dit op die tafels vir skryfbehoeftes…of laat plak ‘n klomp aan mekaar vas en sit dit vas teen ‘n dun plankie. Hang die plankie teen die muur op, merk die blikkies met die leerders se name en siedaar! Briewebussies vir nota’s, huiswerkvelle, omsendskrywes ensovoorts.
  5. Rol die bladsye van ‘n vernielde storieboek styf op en bind met ou haarnaalde vas.  Maak vorms soos harte – vir vinnige potloodhouers.
  6. Afgeskryfde boeke (veral met die harde omslae) se blaaie kan vas geplak word.  Plak so ‘n paar vas aan mekaar om ‘n stewige eenheid te vorm, plaas ‘n kussinkie bo-op en jy het ‘n oulike stoeltjie vir die leeshoekie.  Jy kan hierdie idee selfs inspan om die deur oop te hou of om jou boeke en lêers teen te rus op ‘n lomp boekrak! …of maak ‘n boekrak
  7. Selfoon of i-pod beskermers? Weef of brei ou wol, repies materiaal, sak of fyn draad om ‘n reghoekie te vorm.  Vou dit om en werk die kante toe.
  8. ‘n Kweekhuis gemaak van ou plastiekbottels…
  9. Herbenutting en so ‘n bietjie “eenvoudige tegnologie
  10. Engelse herwinningswerksvelle

Is daar ‘n paar juffrouens of mamma’s met oulike idees?  Kyk sommer na Strijdom van der Merwe se kunswerke.