Lily het gevra vir ‘n paar gedagtes vir lesse oor die wildtuin. (Ek was nog self nie daar nie en sal die hulp en gedagtes van oudbesoekers waardeer.) Ek gee so ‘n paar gedagtes en skakels om die gedagtes aan te wakker.
- Watter diere is in die wildtuin?
- Hoekom is hierdie diere in die wildtuin?
- Hoeveel diere is in die wildtuin?
- Hoeveel van elke soort?
- Watter diere is die grootste? kleinste? meeste? minste?
- Wat is ‘n bedreigde dier? Wat beteken dit?
- Watter wildtuin diere woon in die water? Op land? Vlieg (hoogtes)?
- Watter dieresoorte is daar in die wildtuin (soogdiere, voëls, amfibië…)?
- Wat is karnivore? Wat is herbivore? Wat is ‘n omnivoor?
- Waar is die wildtuin?
- Hoe lyk dit waar die diere woon? Sou ek daar kon woon?
Gebruik ou kinderliedjies / -rympies om lesse af te sluit of in te lei. Bv. As jy praat oor
- ape en bobbejane: Wielie, Wielie, Walie / Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie…
- leeus: The lion sleeps tonight*
- krokodille: Ek is ‘n eensame krokodil (Lucas Maree)
- arende: Sweef soos ‘n arend (dalk in die Godsdiensles)
- olifant: Nellie the elephant* * Integreer met Engels Tweede Taal
Dit is dalk nie heeltemal “wildtuin”-musiek nie, maar ek dink die liedjie van Madagascar “I like to move it” kan gebruik word. (Dit word tog baie direk met die fliek oor wilde diere verbind.) Werk ‘n eenvoudige aksie uit en leer dit vir die kinders aan. As die liedjie speel moet almal geluidloos die aksie saam doen – om hul aandag te kry. Jy kan dit dalk ook gebruik om die kinders van die mat na die tafels te laat beweeg of om die vingers vir skriflesse op te warm. Dit is ‘n opgewekte en vrolike liedjie – en is tog beter as die alewige klokkies wat so dikwels skril lui.
Gepraat van skrif: Die apie-swaai patroon pas perfek!
- Ander (meer skeppende) idees: (Die kinders…) Maak verkeerstekens (padtekens/-bordjies) vir die onderskeie wildskampe in die wildtuin en gebruik dit om die verskillende groepe (lees, wiskunde of tafels) voor te stel.
- Betrek die verskillende diere by “menslike eienskappe” of “emosies”. Dié idee kan dalk gebruik word by ‘n sinsbou les (Hoe kan ek die sin uitbrei?)…Verdere idees vir byvoeglike naamwoorde kan ook hier (aan die linkerkant) gevind word.
Nog skakels na oulike werf-idees is: Lessonplanspage, Bekendstelling aan die Engelse name van diere (oulik), St.Aidens, Danielle, Diere geluide, luister na die wêreld se natuurgeluide…
Jan 20, 2010 @ 12:27:03
Hallo Juf
Ek het al so baie hulp gevra en ek het vandag weer jou hulp nodig. Chanelle is nou in Graad 1. so hul het nou begin skryf soos een, son, kat ens. Ek wil graag weet wat se oefeninge kan ek vir haar gee om te oefen, sy druk verskriklik hard met haar potloot op die papier en die hand is baie styf, as sy ‘n ‘s’ moet maak en ek maak vir haar kolletjies, dan gaan sy van kolletjie tot kolletjies so hak hak, en dit is nie egalig nie. Ek weet nie hoe om dit meer duidelik te stel nie.
Hoop jy verstaan. Dankie vir al jou raad en hulp laas jaar met haar, en ek glo ek gaan nog hierdie jaar baie hulp vra.
Christelle
LikeLike
Jan 20, 2010 @ 16:48:50
Hello, Christelle…en welkom terug 😉
Ek las vir jou ‘n paar skakels na inskrywings oor die ontwikkeling van die handspiere en skrifprosesse. Ek hoop daar is ‘n bietjie hulp daarin…laat weet asseblief as dit nie jou vrae beantwoord het nie 😉
LikeLike
Jan 22, 2010 @ 14:13:27
Dankie Baie
LikeLike
Jan 22, 2010 @ 17:51:51
Dis ‘n plesier 😉 Hoop dit help
LikeLike
Jan 23, 2010 @ 11:23:25
Goeie dag Juffrou
Baie goeie artikel van jou kant af. Ek lees gereeld hier en vind jou passie baie behulpsaam.
Net vir ingeval iemand ander dalk belangstel daar is ‘n stel CD’s beskikbaar van Alan Glass en Ed Jordan genaamd, Dierbare Diere / Beautiful Creatures. Hier is ook ‘n skakel indien iemand daar wil gaan kyk. http://www.beautifulmusic.co.za/
Die CD’s is by Musica beskikbaar en die Prinsesse geniet dit geweldig baie. Juis omdat elke lied gaan oor ‘n spesifieke dier wat hulle voorkoms en maniere beskryf. Beslis die moeite werd vir kinders.
Alles van die beste en hou vol met jou goeie werk.
Groete
LikeLike
Jan 23, 2010 @ 16:55:32
Baie dankie, White Knight. Dis die eerste keer dat ek van die Boeke/CD’s hoor en dit lyk sommer oulik 😉 Kom loer beslis weer in 😆
LikeLike
Okt 21, 2011 @ 08:31:01
is ‘n aasvoël ‘n wilde dier?
LikeLike
Okt 22, 2011 @ 14:14:14
http://en.wikipedia.org/wiki/Vulture
http://animal.discovery.com/birds/vulture/
LikeLike
Aug 16, 2012 @ 13:37:42
Goeiemiddag! Hierdie mamma is “clueless”, kan jy dalk vir my bietjie leiding gee om ‘n wilde dier te maak, met afvalmateriaal!! Ek sal dit regtig waardeer, want ek is maar dom met sulke goed!! Dankie hoor
LikeLike
Aug 16, 2012 @ 20:04:47
Hallo, Carine 😉 Ek lys vir jou ‘n paar wilde dier-idees:
Papierbord kameelperd
Seekoei – gebruik toiletrol of ‘n kartonnerige wynbottelhouer (verpakkingsmateriaal)
‘n Wolleeu
Bok-/buffelkoppe uit plastiekbottels 😉
LikeLike