Olifantdag fokus op die bewaring en versorging van olifante. Waarom is dit belangrik en hoe kan ons ‘n bewustheid skep? Dink aan verskillende idees of gesels daaroor terwyl julle op takies en kunsvlyt fokus.
Gom die bladsy op karton of druk dit op karton. Sny die kop en bek van die olifant uit. Steek jou hand in ‘n ou sokkie (duim in die hak en vingers regop). Plak die dele op die sokkie vas.
Druk ‘n olifantvingerpop uit en pons ‘n gat vir die slurp. Steek jou vinger deur. Indien die kop groot genoeg is, kan jy ‘n trompettertjie deur die gat glip.
Tik gerus soekterme soos Hulpmiddels, Graad R, Graad 1, Eerste Dag, Naamkaartjies, Dekor, Teacha…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Woorde