Tuis

Klaskamerdekor en Dinge: Loer gerus

Lewer kommentaar


Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas in 2020 kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”- en “Produkte“-hofies.

Klaskamer Dekor:  Temas: ‘n Verjaarsdagkalender, Vlaggies, Kalenderwoorde (dae, maande en 31 syfers) in flitskaartvorm…soms ‘n bietjie meer 😉

  1. Weerkaart, Kalender en Seisoene Pakket / Weather & Calendar Chart and Seasons Bundle
  2. Muurkaarte: Klanke/Phonics
  3. Alfabetvlaggies en Syfers (Blou, Wit, Geel)
  4. A-Z, 1-10 Potlood Bunting / Vlaggies WK
  5. A-Z, 1-10 Potlood Bunting / Vlaggies GP
  6. Skeepstema
  7. Kaboutertema / Gnome Theme
  8. Feëtjies en Elfies / Fairies and Elves 
  9. Bye Tema / Bees Theme
  10. Swartbordtema / Chalkboard Theme
  11. In die Oerwoud / In the Jungle (Tema)
  12. Diere in die Woud / Forest Critters (Tema)
  13. Wonderkinders / Wonder Kids (Tema)
  14. Op die plaas / On the farm (Tema)
  15. Seetema / Sea Theme
  16. Haai Dekor / Shark Theme
  17. Gesiggietema / Smiley Theme
  18. Uiltema / Owl Theme
  19. Uiltema / Owl Theme (Groen/Geel)
  20. Lieweheersbesietema / Ladybird Theme
  21. Voëls Tema / Birds Theme
  22. Rame/Borders
  23. Bunting/Vlaggies
  24. Basiese Tydsgleuwe vir ‘n Voorskoolse Dagprogram 1
  25. Basiese Tydsgleuwe vir ‘n Voorskoolse Dagprogram 2
  26. Birthday Calendar
  27. Birthday Calendar (A/E/X)
  28. Verjaarsdagkalender
  29. Sirkus Tema / Circus Theme
  30. Leeu Tema / Lion Theme
  31. Lugballon Kalender (verjaarsdae)
  32. Lugvaart Dekor / Flight Decor
  33. Kat en Hond Kalender (verjaarsdae)
  34. Flamink Kalender (verjaarsdae)
  35. Vetplant Kalender (verjaarsdae)
  36. Vetplant Kalender / Succulent Calendar
  37. Vetplant Tema / Succulent Theme
  38. Uiltjie Verjaarsdagkaarte / Owls Birthday Chart
  39. Pineapple Birthday Calendar/Pynappel Verjaarsdagkalender
  40. Groen en Goud: Alfabet- en Syfervlaggies & Kalenders
  41. Kalenderwoorde (A/E)
  42. Afrikaanse Enkelklanke Muurkaarte
  43. Alphabet Wall Charts
  44. Muurkaarte (Syfers, Afrikaanse/Engelse Enkelklanke)
  45. Muurprente: Dubbel-, Twee-, Drieklanke
  46. Muurkaarte: Klanke met Drukskrif en Lopende Skrif Kleinletters
  47. Tweeklanke: Muurkaart+
  48. Muurkalenders vir verjaarsdae
  49. Wall Calendars
  50. Tafelbladkaarte
  51. Tafelblad / Table Top Graad R
  52. Voorblaaie / Book Covers 1
  53. Voorblaaie / Book Covers 2
  54. Vowel Blends Posters
  55. Welkomvlaggies
  56. A – Z, 1 – 10 Geel Potlood Bunting / Vlaggies
  57. Kleur Vlaggies / Colour Bunting
  58. Potlood: A-Z, 1-20 Bunting / Vlaggies WK
  59. Potlood: A-Z, 1-20 Bunting / Vlaggies GP

pasella vir jou klaskamer

7 Kommentaar


Hiermee gratis hulpmiddels vir jou klaskamer.  Verklein die naamkaartjievelle tot twee op ‘n A4-bladsy indien jy dit so verkies 😉

voorblaaie (ander)

(tik besonderhede op ‘n skoon dokument en druk op die voorbladvelle)

klasree%cc%88ls

Klaskamer reëls, doelwitte

Classroom goals rules

dagprogram

welkomdagprogram

uiltjies-naamkaartjies

uiltjies-dagprogram

welkomby

bytjie-naamkaartjies

bytjie-dagprogram

volstruisdag

volstruis-naamkaartjies

volstruis-dagprogram

liewenheersbesie

liewenheersbesie-naamkaartjies

liewenheersbesie-dagprogram

welkomolifant

olifant-naamkaartjies

olifant-dagprogram

screen-shot-2017-01-09-at-19-26-09

vissie-dagprogram

vissie-naamkaartjies

toilet-posters

badkamer-muurkaarte

klas-verlaat-1

Tik gerus soekterme soos Hulpmiddels, Graad R, Graad 1, Eerste Dag, Naamkaartjies, Dekor, Teacha…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Klik hier vir opsies in Graad 1-skrif.

dagprogram22

dagprogramtydsgleuwe

eerste dag

6 Kommentaar


skool

Die eerste dag van Graad 1 is baie spesiaal, want hierdie jaar gaan die outjies leer lees en dus is daar groot opgewondenheid.  Wat kan ‘n juffrou doen om die outjies te verwelkom?

  • Stel ‘n pakkie met inligting saam (oor die skool se geskiedenis, akademie, sport, kulturele bedrywighede, gemeenskapswerk en reëls) om aan die ouers te oorhandig.  Só kan hulle na afloop van die eerste dag reeds bewus wees van belangrike reëlings voordat jy dit by die eerste oueraand kan oordra.
  • Besluit hoe geld (bv. snoepie, fooie) hanteer sal word.  Gebruik die outjies beursies of gemerkte banksakkies?  Word dit in die tasse gehou of het die klas ‘n kluis?
  • Wat gebeur met verlore items?  Word daar ekstra skryfbehoeftes by die skool gestoor indien ‘n potlood sou breek of iets aan gevul moet word?
  • Maak inligtingstukkies vir die kennisgewingsbord met goeie gewoontes vir die skooljaar.  Bv.  foto’s van gesonde kosblikke (“Lekkers slegs op Vrydae”), netjiese potloodblikkies (“My skryfbehoeftes is gemerk”), netjiese skooltasse (“My tas is gereed”), boodskapboekies en die skooldrag (ook foto’s van die sportdrag).  Dít kan in die gang geplak word, sodat die ouers en kinders dit kan raak sien oppad klas toe.  Herhaal dit in die inligtingstuk.
  • ‘n Ander gedagte is om elke klasdeur met ‘n spesifieke kleur te verf.  (Bv. Juffrou D se deur is pers.)  Verf dan baksteengrootte stippellyne (of ‘n soliede lyn) in die gang en merk dit met pyle en klein fototjies van die klasjuffrou.  As die outjie dan verdwaal, volg hy net die lyn en foto’s tot by sy juffrou.  ‘n Mens kan ‘n rigtingbordjie buite kernklasse (of die badkamers) aan bring om hiermee te help.  As jy later kinders na ander juffrouens wil stuur, kan jy bloot aandui dat die outjie bv. “die groen lyn” moet volg.

aanwys1

  • Dit is belangrik om vir die outjies te gaan wys waar al die belangrikste plekkies is en ook hoe om daar te kom (bv. die badkamer en sekretaresse).
  • Indien daar ‘n goeie fotograaf in die skool is, kan dié persoon van elke kind ‘n foto neem vir die skool se webtuiste of vir die koerant.  Dit kan nogal baie tyd in beslag neem en daarom sal hierdie fotosessies vroeg reeds moet begin.
  • Stel ‘n fotohoekie of twee op waar ouers en kinders “eerste dag van skool” foto’s kan neem:
    • ‘n versierde muur of swartbord
    • ‘n gang
    • die klimrame behoort oulike agtergronde te bied
    • Leen ‘n poppekasraam om deur te loer.
    • Groot, ou rame
    • Skryf ‘n boodskap op ‘n klein swartbordjie wat die outjies kan vas hou.
    • Stapel ou boeke op en plaas ‘n rooi appel daarop.
    • Gee groot, los letters of syfers (bv. R, 1, 2, 3) om vas te hou.
    • Boublokkies met letters (bou byvoorbeeld abc, Graad 1, groot skool…)

Kaartjies vb

  • Verseker dat elke kind ‘n spesifieke staanplek vir sy tas het.  ‘n Tydsame, maar effektiewe manier om alles uniek te merk (naamkaartjie, sitplek, stoel, tasrak…) is om ‘n unieke prent aan elke leerder toe te ken.  Bv. Jana Louw het ‘n krimpvarkie en Jayda Van Wyk het ‘n flamink.  As ‘n mens dit lamineer, kan jy die kaartjies later rond skuif en behoort dit heel jaar te hou.  [kaartjies met prente]
  • Kies ‘n tema vir die klas en gebruik dit in boodskapbriefies, naamkaartjies en versierings.  Versier die klasdeur met kindervriendelike prente of gebruik selfs ‘n toegangslengte/-maatstok om “slegs kinders” toe te laat (amper soos by pretparkritte).
  • Dit is baie spesiaal om by ‘n klas in te stap waar die juffrou verrassings op die tafels gepak het.  Soek storieboekie oor die eerste dag van skool, sodat die ouers en kinders dit kan lees terwyl jy ander kinders by die deur ontvang.  Verskaf groot velle papier waarop die outjies kan teken of inkleurprente.  Wat van ‘n lekkernytjie en snesies?
  • Plaas ‘n unieke naamkaartjie op elke tafel – waarop die ouers hul nuutste kontakbesonderhede kan skryf en voorsien ‘n blik of “posbus” daarvoor by die deur.  Indien daar ‘n noodsituasie sou op duik, kan jy die kaartjie vinnig trek en die ouers kontak.
  • Jy kan die kinders betrek om saam met jou die klas te versier.  Gee byvoorbeeld vir elkeen ‘n groot vorm (nie net driehoeke nie) om te versier en uit te knip.  Jy kan karton, scrapbook papier, tafeldoek plastiek of selfs lap gebruik (as jy self wil sny).  ‘n Eenvormige kleur, verf en ‘n groot stempel (soos potlode of appels) kan baie effektief wees op hierdie tipe “bunting” of vlaggies.
  • Met groepwerk kan jy kunsdoeke voorberei en vir die outjies haardroëers gee om vetkryte daarop te laat smelt.  Gebruik dit as deurversiering (fotoraam met ‘n lawwe, eerste dag klasfoto) of hang verskeie kunsdoeke in die gang op.  As jy lang stroke lap só (of met spatsels onverdunde voedselkleursel) kan versier, kan ‘n mens rame vir die aansteekbord maak.  Onthou om voorskote te dra!
  • Boekmerk:  Gee roomys- of tongstokkies met ‘n “inkleurprent” wat die outjies met veselpenne of verf kan versier.  Hoe groter die stokkie, hoe netjieser kan hulle werk.  Elkeen kan sy eie naam agterop skryf en die boekmerkies huis toe neem of in die klas gebruik.
  • Maak ‘n spesiale bak-en-brou happie om huis toe te neem of voorsien dit aan die einde van die dag.

aanwys2

[dagprogram] [uiltjies-dagprogram] [bytjie-dagprogram]

[volstruis-dagprogram] [liewenheersbesie-dagprogram]

[olifant-dagprogram]

welkomdagprogram

welkomby

volstruisdag

liewenheersbesie

welkomolifant

Vir hulpmiddels, tik gerus soekterme soos “muurprent, abc, klanke, syfer, engels, hulpmiddels, flits…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

%d bloggers like this: