Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”- en “Produkte“-hofies.
Klaskamer Dekor: Temas: ‘n Verjaarsdagkalender, Vlaggies, Kalenderwoorde (dae, maande en 31 syfers) in flitskaartvorm…soms ‘n bietjie meer 😉
Druk op verskillende kleure A4-papier. Knip op die buitelyn en vou die klein randjie oor ‘n dun lint of tou. Plak vas. Versier ‘n deur, ‘n muur of ‘n venster. Gebruik blinkertjie gom om die prente te versier.
Druk op wit papier, kleur die prente met uitdraaikryte in (druk hard) en verf met ‘n lagie effens verdunde voedselkleursel. Dink aan kleure soos eiergeel, groen en rooi.
Knoop ‘n stukkie verpakkingstou met ‘n lussie aan die skroef-gedeelte van ‘n ou gloeilamp. Smeer die gloeilamp met wit gom/houtlym en sprinkel fyn wit blinkertjies bo-oor. Laat dit droog word…of
Maak ‘n bietjie muurpapiergom (poeiertipe) aan, verf die gloeilamp en laat droog word. Smeer dan blinkertjiegom (wit of ligte kleure) bo-oor die growwer oppervlakte. Laat droog word…of
Meng skoon seesand met fyn blinkertjies om ‘n vakansie element in te bring 😉
Verf die skroef-gedeelte met swart verf of laat dit net so. Gebruik swart lapverf in ‘n skerppuntbotteltjie om die ogies, knope en mond te maak. ‘n Permanente swart veselpen (koki) kan ook werk. Plak dun takkies met ‘n sterk gom aan die kant van die gloeilamp vas en gebruik ‘n pypskoonmaker of ‘n smal stukkie lap as ‘n serp.
SENTEACHER het ‘n maklike programmetjie waarmee jy raampies, bewoording, ensovoorts kan kies vir jou spesifieke behoeftes. Dit is maklik om te gebruik en lyk netjies.
Sparklebox is ‘n Britse webwerf propvol oulike hulpmiddels. Daar is dikwels Afrikaanse hulpmiddels (loer vir die SA-vlaggie).
Kelly gee vir jou oulike idees, maar van die dokumente is ‘n bietjie groot om af te laai.
Lindsay het oulike idees en basisse (templates) vir busse en appels – indien jy die plekaanwyserkaartjies daarmee wou versier het.
K-3 het ‘n bladsy met aflaaibare, gratis takies en dinge.
Vir die weerkaart, kan jy hierna kyk. Druk die prentjies, lamineer en knip dit uit. Tik gerus “kalender” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om vanjaar se gratis kalender af te laai of loer hier na nog weer idees.
‘n Mens kan gerus gereeld by Teacher’s Love inloer vir blink idees.
By Valley View Market kan jy ‘n basis vir ‘n kalender kry en dan self die bewoording en detail aanbring vir elke maand. In die klaskamer kan jy dan elke leerder se verjaarsdag aanbring en prentjies van die seisoen of maand in die opskrif byvoeg. VVM het nog verskeie ander basisse van houertjies en dies meer.
Juffrou Mandy het ‘n oulike en helder kalender. Die kaartjies word met skuifspelde vas gesteek, maar as jy die syfers met klitsgras (velcro) vas sit behoort dit seker minder skade op te doen. Die basiese maandblok is dit altyd teen die bord vas, maar die dae skuif om by die maand aan te pas.
Siende dat die kalender vir die klaskamer is, kan ‘n mens seker die blokke teen die muur verf en met bordkryt daarop skryf! Hoekom nie?…of wat van jou eie ontwerpie – wat die kinders help inkleur?
Ek hou van hierdie beloningskaarte. Dis helder en kindervriendelik. Druk dit in kleur, plak dit op ‘n helder rooi papier en siedaar!
Teach This is regtig vol oulike idees en ‘n loer werd.
Kaartjies – druk in meervoud en ken ‘n stelletjie aan elke kind toe. Jannie kry dus ‘n beertjie by sy tas (langs sy naam), sy waslap, bank, ens.
Iemand het onlangs vertel dat hulle met Sharpie Verfpenne op die tafels skryf en dit dan verwyder deur met witbordveselpenne daaroor te teken/skryf. Het jy dit al probeer?
Tik gerus soekterme soos “eerste dag, hulpmiddels, weer, Teacha” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir velerlei drukbare hulpmiddels of vra gerus. Ek help graag 😉
Woorde