Tuis

Kersfeeswense

4 Kommentaar


kersfees

 

Kersfees

Lewer kommentaar


kersfees

  1. Kersfees-woordsoek
  2. Kersfees woordeskat
  3. Kersfees as tema
  4. Kersfees aktiwiteite en kunsvlyt idees
  5. Kaartjies om op ‘n lekkerding te plak.
  6. Kaartjies, vlaggies, versierings
  7. Verskeie versierings en kunsvlyt idees
  8. Kersfees Koeverte
  9. Doolhowe
  10. Inkleurwerk
  11. Versierings om met vetkryt in te kleur (druk hard) en dan in die venster te hang.  Sny die ornamente uit en smeer kookolie met ‘n stukkie watte bo-oor die prent.  Laat dit intrek en plak dit teen ‘n ruit om ‘n sonvanger te maak.
  12. Perseptuele take
  13. Christmas comprehension
  14. Patrone: Wat kom volgende?
  15. Grafiek (data)
  16. Tema Papier

kersfeessw kersfeeschristmas

 

 

 

 

Screen Shot 2015-12-10 at 6.36.29Screen Shot 2015-12-10 at 6.41.08

Screen Shot 2015-12-24 at 7.20.24Screen Shot 2015-12-10 at 6.44.01

Kersfees

Lewer kommentaar


Kersfees is om die draai en is ‘n opwindende tema.  Wat kan ons in die klas doen om vir Kersfees voor te berei?

  1. ‘n Boekmerk (hang verskeie aan die boom om uit te deel) en ‘n boodskap (rol op, bind ‘n lint om die rol en plaas dit by elke bord).  Jesaja 9 vers 5
  2. Noordpoolkoeverte A5
  3. Gloeilamp-sneeuborrels:  Vra ou gloeilampies of koop ‘n paar.  Indien jy deursigtige kersborrels kan kry, gebruik dit eerder.  Wikkel die skroefkoppie los en breek die filament met ‘n knyptangetjie uit (voorafwerk – met ‘n lappie of ‘n handskoen).  Sny ‘n leë toiletrolletjie in ringetjies om ‘n rusplek vir die gloeilamp te vorm.
    • Vul nou die binnekant met blinkertjies (goud of silwer) of Engelse sout en skroef toe.  Knoop ‘n toutjie om die skroefdeel en hang aan die boom.
    • Werk bo-op ‘n ou handdoek of sagte oppervlak.  Kies een tot drie kleure vetkryt om skerp te maak.  Glip een kleur se was in en verhit met ‘n haardroër sodat die was smelt en rond gly.  Wag totdat die was afkoel en voeg ‘n ander kleur by.  Seël en hang aan die boom of hang verskeie lampies tussen die kersliggies op.
    • Druk die buitelyne van ‘n ster, sneeuvlokkie, ens. op papier.  Plaas die vel papier in ‘n lêersakkie of plaas plastiek bo-oor.  Trek die vorm na met houtlym (‘n botteltjie met ‘n nou/dun punt) en sprinkel blinkertjies bo-oor die nat gom.  Wanneer dit droog is, kan ‘n mens die gom versigtig oplig en met ‘n knyptangetjie binne-in die gloeilampie laat sak – blinkertjies teen die glas.  Spuit ‘n bietjie haarsproei binne-in die lampie om die vormpie aanvanklik te laat heg.  Gebruik alternatiewelik blinkertjiegom.
    • Teken ‘n sneeuvlokkie of skryf ‘n naam buite-op die gloeilamp, trek na met gom en sprinkel poeier bo-oor.
    • Giet of drup naellak binne-in die lampie en beweeg of rol dit rond om die binnekant te dek.  ‘n Blinkerige naellak sal mooi in kerslig skitter.
    • Pons gate uit foelie, spuit spuitbare gom of haarsproei binne-in die gloeilamp, swaai of skud rond en gebruik ‘n knyptangetjie om die foelie confetti binne-in te laat sak.
    • Spuit gom of haarsproei binne-in die gloeilamp en giet blinkertjies met behulp van ‘n tregter binne-in die gloeilamp.  Seël en skud om die blinkers te versprei.
    • Pluis wit watte in ‘n pofferige wolkie.  Plaas dit binne-in die gloeilamp en sprinkel silwer blinkertjies by.  Skud ‘n bietjie om die blinkertjies te versprei.
    • Iemand het vir my ‘n paar groot blinkertjieplakkers gegee.  Ons het dit in stroke gesny en deur ‘n papierversnipperaar gestuur.  Daarna het die outjies ‘n asteriks (*) gevorm en die dele so geplak.  Dit is binne-in die sneeuborrel geplaas en verseël.
    • Kies ‘n kleur en sny die papier in ongeveer 10cm breë stroke.  Stuur dit deur die papierversnipperaar en vul die sneeuborrel daarmee…of plak dit buite-om.
    • As jy ‘n gloeilamp gebruik, kan jy ‘n bietjie olie (kookolie) binne-in giet, skud en uit gooi.  As jy confetti uit ou snesiepapier (vir geskenkpakkies) pons, sal dit aan die olie kleef en glasig of deursigtig word.  Dit lyk soos gebrandskilderde glas in sonlig.
    • As die sneeuborrel in twee helftes oop maak:  Teken ‘n sneeumangesiggie op ‘n styrofoambal en plak hom onder-in die sneeuborrel vas.  Seël of heg die dele met kleurlose naellak.
  4. Versiering:
    • Smeer of bedek ‘n styrofoambal met houtlym of muurpapier-gom en besprinkel met blinkertjies.  Vou bloemistedraad in ‘n lus en steek dit in die versiering.  Rus op ‘n plastiekbotteltjie of ‘n toiletrolringetjie tot droog.
    • Pons gate uit foelie en plak die confetti buite-om die styrofoambal – blink kant bo.
    • Rol of draai gerygde blinkers (sequence) om die styrofoambal en gebruik die punte om ‘n lus te maak.  Hang die versiering daaraan op.
    • Warm gom:  Trek die buitelyne van ‘n sneeuvlokkie op ‘n stuk plastiek.  Gaan dan oor die lyne met ‘n gom geweer en verseker dat jy stadig werk om die lyne dikkerig te trek.  Druk ‘n toutjie (lussie) in een van die punte en drup nog ‘n bietjie gom bo-op.  Sodra dit afkoel, kan ‘n mens die agterkant met water of olie besprinkel om dit teen ‘n ruit te laat vasplak.  Sprinkel ook blinkertjies op die warm gom vir meer sprankel.
    • ‘n Vinnige Kersboom: Sny ‘n basiese boom uit donker papier en vou dit twee of drie keer in die lengte. Laat die outjie gate pons en skuif die voue elke nou en dan. Plak die boom bo-op ‘n kleurvolle agtergrond. Indien dit ‘n ou vel snesiepapier (soos gebruik word in geskenkpakkies) is, plak dit teen ‘n ruit of hang dit voor kersliggies.
    • Probeer ook die bogenoemde met tinfoelie as die agtergrond.  Steek/prik dan gate versigtig deur om ‘n sterrehemel te vorm.  Gebruik ‘n skuifspeld of ‘n tandestokkie – met spons, groot stukke foamalite of oase onder die vel.  Die lig behoort die kolle soos liggies te laat skyn.
    • Gemmerbroodmannetjies:
      Druk prente op bruin, natuurlike karton. Maak ‘n pasta met 1E sout, 1E meel en bietjies-bietjies water. Verf die versierings en plaas in die mikrogolfoond vir 30 sekondes. Vir verskillende kleure, kan jy voedselkleursel én water inmeng.
  5. Wassertjies, krale en moere:  Plaas ‘n versameling wassertjies en krale op die tafel.  Buig ‘n skuifspeld in ‘n s-vorm oop en haak aan ‘n gespande toutjie of draad.
    • Verf die krale of wassertjies met gom en besprinkel met blinkertjies.  Haak dit aan die skuifspeld om droog te word.
    • Verf die krale of wassers met blinkerige naellak en laat droog word.
    • Knoop ‘n lint deur die wasser of kraal om as individuele kersversierings te gebruik of hang meer as een aan die lint.
    • Probeer ook stortgordynhake in plaas van linte.  Ryg dan meer as een wasser per haak.
  6. Sneeuflessies:  Gebruik klein flessies (soos Purityflessies of kleiner).  Rasper wit styrofoam (indien jy nie die los korrels kan kry nie).  Verf krale of sade met blinkerige verf.  Plak dít of iets feesteliks aan die binnekant van die dekseltjie (selfs ‘n Legomannetjie).  Vul ‘n kwart tot ‘n derde van die fles met styrofoamkorrels en die res met water.  Los ‘n lugleegte of ‘n effense gaping.  Skroef styf vas en rus die fles op die deksel.  Die mannetjie behoort dan regop te staan.
  7. “Garland”/stringe:
    • Engelse vlaggies:  Merry Christmas
    • Sny leë toiletrolletjies in ringe.  Verf in feestelike kleure.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens dit plat en teenmekaar rangskik.  Heg met sterk gom.
    • Gebruik ‘n harde buis of plastiek pyp.  Knoop heelwat pypskoonmakers individueel om die buis, knip die orige lengtes af en glip af.  Heg die ringetjies deur dit met die afvalstukkies vas te draai.
    • Maak springmielies.  Ryg dit met ‘n dik borduurnaald en -gare.
    • Sny watte in klein pluisies en ryg met ‘n dik borduurnaald en -gare.
    • Soek bruinpapier met ‘n wit, goue of silwer keersy en sny dit in small stroke.  Voer dit lengte gewys in ‘n papierversnipperaar en stop sowat twee sentimeter van die borand.  Vou die borand oor ‘n toutjie en kram of plak vas.
    • Indien jy nie die bogenoemde papier in ‘n winkel kry nie, gebruik gewone bruinpapier.  Doop ‘n ou tandeborsel in dikkerige wit, silwer of goue verf en spat die verf bo-oor die papier.  Hou die tandeborsel sowat 30 cm bokant die papier.
    • Vou papierdoilies in die helfte.  Skuif inkleurprente met die Kersverhaal tussen die lae in en trek na – aan beide kante.  Kleur die prente in en hang of plak die doilies bo-oor ‘n toutjie.  Indien die buitelyne met swart veselpen getrek word, kan ‘n mens die prente met uitdraaikryte (druk hard) inkleur en dan met flouerige voedselkleursel verf.
    • Steek die Kersverhaalprente bo-op foelie en dan op styrofoam of oase vas.  Gebruik ‘n speld om  al op die lyne langs te pons.  Meet en pas die foelie en prente om buite-om ‘n flessie of glasie te pas.  Plak dit vas en plaas ‘n teeliggie binne-in.
  8. Takkies:  
    • Doop takkies in muurpapiergom of houtlym.  Besprinkel met blinkertjies en laat droog word.  Bind ‘n toutjie of ‘n draadjie aan ‘n punt en hang aan die boom.
    • Spuitverf takkies met silwer of goue spuitverf.
  9. Kaartjies:
    • Teken “holly” blare en verf dit groen.  Meng kersierooi of wynrooi pastadikte verf.  Verskaf kurkproppe, doop dit in die verf en druk dit soos kersies waar die blare ontmoet op ‘n kaartjie.
  10. Kinderbederf:
    • Rasper wit badseep met ‘n fyn rasper en vul klein flessies daarmee.  Teken ‘n sneeuman-gesiggie met ‘n veselpen aan die buitekant, plak ‘n oranje driehoek neusie en gee dit vir elkeen in die klas.
    • In plaas van seep, kan jy die flessie met wit malvalekkers of Jellie Tots vul.  Verf die deksel.
  11. Peuselhappie (Doen-dit-self):
    • Doop soutvrye, geknoopte pretzels halflyf in gesmelte kooksjokolade (melk of donker) en haak aan ‘n skuifspeld oor ‘n bakkie om af te koel en te stol.
    • Sneeumanne:  Pas ‘n malvalekker in die middel van en bo-op ‘n koekie (soos ‘n Oreo).  Verhit in die mikrogolfoond (10 sekondes op ‘n slag) totdat die malvalekker oppof en begin smelt.
    • Rol blaardeeg uit.  Druk sirkels met glasies uit. Gebruik ‘n stomp tande- of sosatiestokkie om ‘n sneeumangesiggie te pons.  Spuit ‘n bietjie Spray and Cook op ‘n bakplaat of smeer botter.  Smeer met ‘n bietjie melk oor die deeg en bak tot goudbruin.  Doen dieselfde met kort worsrolletjies.
  12. Hempies:
    • Gebruik wit frokkies of t-hempies en trek dit oor ‘n stuk karton.
      • Sneeuman:  Maak dotjies of kolletjies met ‘n swart veselpen en dan met ‘n lapverfspuitbotteltjie.  Trek ‘n driehoekie neus met oranje verf.  In plaas van die botteltjie, kan ‘n mens die agterkant van ‘n potlood of oorstokkies in die verf doop en druk.
      • Kersboom:  Trek ‘n groot driehoek met groen verf en verf die hele driehoek.  Daarna kan ‘n mens helder kleure kolle al om en oor die boom druk.
    • Belangrik:  Laat die t-hemp bo-op die karton droog word om vlekke te voorkom.  Dop om en stryk aan die binnekant en/of plaas die hempie in ‘n tuimeldroeër.

IMG_20151215_153255IMG_20151213_100031_edit

Screen Shot 2015-12-14 at 9.03.52
Tik gerus soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Kersfees

Lewer kommentaar


Screen Shot 2014-12-12 at 8.51.08

  • Kersfees briefhoof
  • Kersvader briefhoof
  • Kersfees Vlaggies 
    • Druk op verskillende kleure A4-papier.  Knip op die buitelyn en vou die klein randjie oor ‘n dun lint of tou.  Plak vas.  Versier ‘n deur, ‘n muur of ‘n venster.  Gebruik blinkertjie gom om die prente te versier.
    • Druk op wit papier, kleur die prente met uitdraaikryte in (druk hard) en verf met ‘n lagie effens verdunde voedselkleursel.  Dink aan kleure soos eiergeel, groen en rooi.
  • Kersfees woord vlaggies
  • Kersfees kaartjies
  • Koeverte – een met ‘n onlangse Noordpoolposstempel
    • Druk op ‘n kardoessakkie (geskenksakkie) of koeverte (vir kerskaartjies).
  • Kersfees optelling en aftrekking (Graad 1-vlak)
  • Kersfees woordeskat
  • Versierings:
    • Knoop ‘n stukkie verpakkingstou met ‘n lussie aan die skroef-gedeelte van ‘n ou gloeilamp.  Smeer die gloeilamp met wit gom/houtlym en sprinkel fyn wit blinkertjies bo-oor.  Laat dit droog word…of
    • Maak ‘n bietjie muurpapiergom (poeiertipe) aan, verf die gloeilamp en laat droog word.  Smeer dan blinkertjiegom (wit of ligte kleure) bo-oor die growwer oppervlakte.  Laat droog word…of
    • Meng skoon seesand met fyn blinkertjies om ‘n vakansie element in te bring 😉
    • Verf die skroef-gedeelte met swart verf of laat dit net so.  Gebruik swart lapverf in ‘n skerppuntbotteltjie om die ogies, knope en mond te maak.  ‘n Permanente swart veselpen (koki) kan ook werk.  Plak dun takkies met ‘n sterk gom aan die kant van die gloeilamp vas en gebruik ‘n pypskoonmaker of ‘n smal stukkie lap as ‘n serp.
  • Volg Kersvader en sy slee.  Waar is hy nou?
Tik soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Kersfees

2 Kommentaar


Kersfees2013

Kerskaartjies (“tags”)

Hiermee so ‘n paar kaartjies vir Kersgeskenke.

  • Druk dit op stywe wit, rooi, groen of selfs gewone bruin karton.
  • ‘n Mens kan ook die kaartjies op wit papier druk, dit bo-op karton spasieer – met ‘n kleur randjie of raampie – en dan ‘n gat bokant die wit papier pons.
  • Knoop die kaartjie met gewone verpakkingstou of laplint om die geskenk vas.
Vir ander Kersfees idees kan jy soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.

Kersfees

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-12-05 at 22.41.22Dit is amper Kersfees en die kleingoed sal een van die dae kla dat hulle verveeld is.  Hier is dan ‘n paar idees om die outjies mee besig te hou en om gereed te maak vir die Feestyd.

  1. Maak “bunting” (vlaggies) of kersversierings met sneeumannetjies wat hande vas hou.
  2. Maak “bunting” deur sterre op verskillende kleure papier te druk, uit te sny en met tou of linte in te ryg.  ‘n Mens kan die sterre ook vas stik.
  3. Maak sneeuvlokkie kersversierings:  Spuit gewone wit lym (gom) in ‘n stervorm (asterisk *) op waspapier en sprinkel fyn blinkertjies daaroor.  Sodra dit droog is behoort dit skitterende sneeuvlokkies te maak.  Indien jy dit nie aan die boom wil hang nie, kan ‘n mens die etenstafel of geskenke daarmee versier.
  4. Gebruik dieselfde wit lym om drie sirkels vir ‘n sneeuman op waspapier te maak. Knip ‘n hoedjie uit swart papier en pons gate uit die swart papier om knope mee te vorm.
  5. Maak sneeumanne uit twee verskillende grootte knope en vilt.
  6. Maak ‘n kersvader uit soutklei (handafdruk en verf).
  7. Maak ‘n kersversiering met die gesinslede se vingerafdrukke (soutklei, vingers en spuitverf).  ‘n Mens kan elke jaar ‘n nuwe stelletjie maak – met die datum in die middel.
  8. Kies plantmateriaal (soos varingblare) of doilies om bo-op die soutklei te plaas voordat julle dit heeltemal uit rol.  Rol liggies totdat die blaar ‘n patroon gedruk het, verwyder en druk dan jou vorms (koekiedrukkers) uit.  Onthou om ‘n gat vir die toutjie te pons voordat jy die versierings bak.
  9. Knip ‘n spiraal uit en versier dit soos ‘n sneeuman.
  10. Knip sneeuvlokkies uit koffiefilters.
  11. Smelt kleurvolle kraletjies in ‘n metaal koekiedrukker.  Versier geskenke daarmee of hang dit aan die kersboom.
  12. Smelt kleurvolle kraletjies en maak sonvangers daarmee.
  13. Draai sjokolade (slabs) in spesiale geskenkpapier toe.  Druk kleurvolle engele, kersvaders, rendiere, en dies meer vir spesiale verrassings.
  14. Maak naamkaartjies vir geskenke deur verskillende stroke oorskiet papier (soos “scrap book” papier) van lank na kort in ‘n kersboom-/driehoekvorm te rangskik.  Die kleingoed behoort dit self te kan maak.  (Gebruik selfs stukkies lint as jy het.)
  15. Druk gekleurde naamkaartjies (uil tema).
  16. ‘n Ander gedagte is om ‘n kersvader te bou deur vorms soos ‘n ovaal en driehoek uit te knip.  Laat die kleingoed dan repies papier styf om sosatiestokkies of potlode krul om die baard te vorm.
  17. Versamel al die legkaartstukkies van halwe legkaarte.  Spuitverf dit met groen, silwer of goue verf en maak kersboompies vir kerskaartjies.
  18. Maak kersversierings uit die rugkante van legkaartstukkies, bv. hartjies.
  19. Laat die kleingoed broodsakkiekaartjies in sneeumannetjies omskep om geskenksakkies mee toe te bind.
  20. Maak malvalekkers in verskillende vorms.
  21. Maak verskeie kers-eetgoed vir die kleinspan.
  22. Trek kougompakkies oor vir vinnige geskenke.  ‘n Mens kan ook die afsonderlike “blasies” uit knip, versier en na ete uitdeel.

Soutklei resepte:

1/2 koppie sout

1/2 koppie water

1 koppie meel

Meng in elektriese menger tot styf en knie dan vir 5 – 7 minute tot glad soos speelklei.  Rol uit en begin vormpies druk.

of

1 koppie sout

1 koppie meel

1/2 koppie water

Meng en knie tot glad soos speelklei.

of

1 koppie sout

1 koppie louwarm water

2 koppies meel

Meng en knie.

Laat staan die vorms tot droog of bak.

Nog Kersfees en kersversiering idees…

Kersversierings

1 Kommentaar


Dis alweer Desember en boonop het die skoolvakansie vandag begin!  Hiermee sommer ‘n eenvoudige idee of twee om die kleingoed op ‘n bekostigbare manier besig te hou.

Ons het hierdie week Kersversierings gemaak:

Trek ‘n groot sirkel op ‘n stuk ou manilla/karton af en laat die kleinding dit uitknip.  Trek dan ‘n voorskoot aan of maak ‘n vinnige een uit ou boekplastiek of ‘n swart sak.  Ons het handafdrukke op A4-velle gemaak – sommer met seep, water en groen voedselkleursel (gebruik ook water- of poeierverf in ‘n pastadikte).  As dit droog is, kan die outjie self die hand uit knip – verkieslik só dat die afsonderlike vingers wys.  Plak die hande dan kloksgewys om die rand van die sirkel.  Jy kan die lae herhaal totdat die hande in al die windrigtings wys en ‘n groot strik bo-aan die kerskrans aanbring.  Siedaar!  ‘n Kinder-kerskrans vir die deur.

Rol klei in langerige wurmpies uit.  Ons het dit so ongeveer 12 – 15cm lank gemaak.  Druk drie wurmpies se bo-punte teen mekaar en vleg soos ‘n koeksuster.  Druk die onderste punte vas en buig die boonste stuk soos ‘n kierie om.  Ons het ‘n dik naald gebruik om ‘n gat vir die toutjie te maak en dit geknoop voordat die kierie kon droog word.  Na regte sou die kierie mooi gelyk het met wit en rooi strepe.

Ons het ook klei plat gerol, vorms met koekiedrukkers uit gedruk, gate in gedruk en ‘n blinkers oor gesprinkel. (‘n Soutpot werk goed vir hierdie taak.)  Die klei word sommer oornag droog.

Gebruik roomysstokkies om twee driehoeke te vorm.  Smeer gom, besprinkel met blinkers en vorm ‘n ster vir die kersboom.  As die een sy droog is kan jy die gom en blinkers aan die agterkant herhaal.

Vir die kleintjies kan jy skoon papier dwars draai (landscape) en in vier vou.  Jy het dus nou sommer vinnige skryflyne gevorm.  Laat die outjie oefen om sy naam te skryf, patrone te teken, syfers te vorm of om vorms te trek.  Gebruik uitdraai- of waskryte en laat hom effens harder druk.  Verdun dan voedselkleursel (rooi, groen of eiergeel) met ‘n bietjie water om bo-oor die skryfwerk te verf.  Dit behoort ‘n geskenk aan ‘n ouma of ‘n oupa net nog meer spesiaal te maak 😉

Kersfees as tema

Lewer kommentaar


Iemand (dankie T!) het vandag vir my gevra oor idees vir ‘n Kersfees-tema.  Ek plaas solank ‘n paar idees hier en sal uitbrei so tussen die punte en rapporte deur 😉

  1. Allkidsnetwork
  2. Inkleurprente
  3. Inkleurwerk
  4. Kunsvlyt
  5. Kinderhelper – verskeie temas
  6. Animal Junior
  7. DLTK verskeie werkvelle en aktiwiteite
  8. abcteach verskeie aktiwiteite
  9. Oulike idees vir geskenksakkies en kaartjies
  10. verskeie
  11. Skryf vir Kersvader…en ander
  12. kunsvlyt
  13. doolhof
  14. naamkaartjies vir geskenke
  15. sneeuvlokkies
  16. nog sneeuvlokkies
  17. kersboomversierings uit herwinde kaartjies
  18. Kabouterprent
  19. Kwaaitjie Kabouter (ou omie)
  20. Blomruiker kabouter
  21. Dawie die Kabouter en nog Dawie prente
  22. Kabouterkoekies
  23. Verskeie kabouters
  24. Kous doolhof
  25. Kersboom
  26. GROOT verskeidenheid prente

Lekker snuffel!

Loer ook hier vir skakels na Bybelverhale.

Tik soekterme soos “Kersfees” en “soutklei” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke skrywes.

%d bloggers like this: