Desember 13, 2013
Juffer
afrikaans
kaartjie, kersfees

Kerskaartjies (“tags”)
Hiermee so ‘n paar kaartjies vir Kersgeskenke.
- Druk dit op stywe wit, rooi, groen of selfs gewone bruin karton.
- ‘n Mens kan ook die kaartjies op wit papier druk, dit bo-op karton spasieer – met ‘n kleur randjie of raampie – en dan ‘n gat bokant die wit papier pons.
- Knoop die kaartjie met gewone verpakkingstou of laplint om die geskenk vas.
Vir ander Kersfees idees kan jy soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.
Like this:
Like Loading...
Januarie 11, 2013
Juffer
afrikaans
bly kalm, boodskap, briefie, geluk, kaartjie, kosblik, message, prente, skool, skooltas
Desember 17, 2012
Juffer
afrikaans
familie, family, kaartjie, stick, stokmannetjies

Maak stokmannetjie-gesinne vir kaartjies, boekmerke, naamkaartjies…Jy kan die gesinslede aanvul en die kleurskema’s aanpas.

Like this:
Like Loading...
Desember 12, 2012
Juffer
afrikaans
geskenk, kaartjie, kersboom, kersfees, kersvader, resep, sneeuman, soutklei, vakansie
Dit is amper Kersfees en die kleingoed sal een van die dae kla dat hulle verveeld is. Hier is dan ‘n paar idees om die outjies mee besig te hou en om gereed te maak vir die Feestyd.
- Maak “bunting” (vlaggies) of kersversierings met sneeumannetjies wat hande vas hou.
- Maak “bunting” deur sterre op verskillende kleure papier te druk, uit te sny en met tou of linte in te ryg. ‘n Mens kan die sterre ook vas stik.
- Maak sneeuvlokkie kersversierings: Spuit gewone wit lym (gom) in ‘n stervorm (asterisk *) op waspapier en sprinkel fyn blinkertjies daaroor. Sodra dit droog is behoort dit skitterende sneeuvlokkies te maak. Indien jy dit nie aan die boom wil hang nie, kan ‘n mens die etenstafel of geskenke daarmee versier.
- Gebruik dieselfde wit lym om drie sirkels vir ‘n sneeuman op waspapier te maak. Knip ‘n hoedjie uit swart papier en pons gate uit die swart papier om knope mee te vorm.
- Maak sneeumanne uit twee verskillende grootte knope en vilt.
- Maak ‘n kersvader uit soutklei (handafdruk en verf).
- Maak ‘n kersversiering met die gesinslede se vingerafdrukke (soutklei, vingers en spuitverf). ‘n Mens kan elke jaar ‘n nuwe stelletjie maak – met die datum in die middel.
- Kies plantmateriaal (soos varingblare) of doilies om bo-op die soutklei te plaas voordat julle dit heeltemal uit rol. Rol liggies totdat die blaar ‘n patroon gedruk het, verwyder en druk dan jou vorms (koekiedrukkers) uit. Onthou om ‘n gat vir die toutjie te pons voordat jy die versierings bak.
- Knip ‘n spiraal uit en versier dit soos ‘n sneeuman.
- Knip sneeuvlokkies uit koffiefilters.
- Smelt kleurvolle kraletjies in ‘n metaal koekiedrukker. Versier geskenke daarmee of hang dit aan die kersboom.
- Smelt kleurvolle kraletjies en maak sonvangers daarmee.
- Draai sjokolade (slabs) in spesiale geskenkpapier toe. Druk kleurvolle engele, kersvaders, rendiere, en dies meer vir spesiale verrassings.
- Maak naamkaartjies vir geskenke deur verskillende stroke oorskiet papier (soos “scrap book” papier) van lank na kort in ‘n kersboom-/driehoekvorm te rangskik. Die kleingoed behoort dit self te kan maak. (Gebruik selfs stukkies lint as jy het.)
- Druk gekleurde naamkaartjies (uil tema).
- ‘n Ander gedagte is om ‘n kersvader te bou deur vorms soos ‘n ovaal en driehoek uit te knip. Laat die kleingoed dan repies papier styf om sosatiestokkies of potlode krul om die baard te vorm.
- Versamel al die legkaartstukkies van halwe legkaarte. Spuitverf dit met groen, silwer of goue verf en maak kersboompies vir kerskaartjies.
- Maak kersversierings uit die rugkante van legkaartstukkies, bv. hartjies.
- Laat die kleingoed broodsakkiekaartjies in sneeumannetjies omskep om geskenksakkies mee toe te bind.
- Maak malvalekkers in verskillende vorms.
- Maak verskeie kers-eetgoed vir die kleinspan.
- Trek kougompakkies oor vir vinnige geskenke. ‘n Mens kan ook die afsonderlike “blasies” uit knip, versier en na ete uitdeel.
Soutklei resepte:
1/2 koppie sout
1/2 koppie water
1 koppie meel
Meng in elektriese menger tot styf en knie dan vir 5 – 7 minute tot glad soos speelklei. Rol uit en begin vormpies druk.
of
1 koppie sout
1 koppie meel
1/2 koppie water
Meng en knie tot glad soos speelklei.
of
1 koppie sout
1 koppie louwarm water
2 koppies meel
Meng en knie.
Laat staan die vorms tot droog of bak.
Nog Kersfees en kersversiering idees…
Like this:
Like Loading...
November 17, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kind, kinders, klaskamer
christmas, elf, geskenk, geskenksakkie, idees, inkleur, inkleurprente, kaartjie, kabouter, kersboomversiering, kersfees, kinders, koevert, kunsvlyt, maak, skool, sneeuvlokkies, take, vakansie, versiering, werkvelle, xmas
Iemand (dankie T!) het vandag vir my gevra oor idees vir ‘n Kersfees-tema. Ek plaas solank ‘n paar idees hier en sal uitbrei so tussen die punte en rapporte deur 😉
- Allkidsnetwork
- Inkleurprente
- Inkleurwerk
- Kunsvlyt
- Kinderhelper – verskeie temas
- Animal Junior
- DLTK verskeie werkvelle en aktiwiteite
- abcteach verskeie aktiwiteite
- Oulike idees vir geskenksakkies en kaartjies
- verskeie
- Skryf vir Kersvader…en ander
- kunsvlyt
- doolhof
- naamkaartjies vir geskenke
- sneeuvlokkies
- nog sneeuvlokkies
- kersboomversierings uit herwinde kaartjies
- Kabouterprent
- Kwaaitjie Kabouter (ou omie)
- Blomruiker kabouter
- Dawie die Kabouter en nog Dawie prente
- Kabouterkoekies
- Verskeie kabouters
- Kous doolhof
- Kersboom
- GROOT verskeidenheid prente
Lekker snuffel!
Loer ook hier vir skakels na Bybelverhale.
Tik soekterme soos “Kersfees” en “soutklei” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke skrywes.
Like this:
Like Loading...
Woorde