R het vir my gevra om idees vir dubbelklanke te plaas. Ek het so ‘n tydjie gelede iets oor die vaslegging van klanke geskryf en gaan daarom slegs ‘n paar ekstra idees gee.
Maak groepe prente-kaartjies wat jy kan inkleur, oortrek en hou. Gebruik byvoorbeeld beet (ee-woorde), ‘n haas (aa-woorde), vuur (uu-woorde) en bome (oo-woorde). As jy die kaartjies permanent wil gebruik, kan jy die bostaande flitswoorde op die kaartjies plak en dit dan lamineer en uitknip. Vertel ‘n storie van die ‘n hasie wat graag beet eet voor hy langs ‘n vuurtjie – in die skadu van ‘n boom – aan die slaap raak. Verdeel die klas in vier groepe – een vir elke klankgroep. Elke groepie lees hul kaartjies en moet die woorde in sinne kan gebruik. Hulle skryf die sinne op ‘n groot vel ongedrukte koerantpapier – sodat die ander maats dit kan lees. Indien die outjies nog nie gereed is vir sinne nie, kan jy ‘n A4-vel papier in 8 groot blokke verdeel. Plaas die onderskeie woorde op aparte dele van die skryfbord of teen verskillende mure op. Die outjies moet dan elkeen 8 woorde kies, ‘n woord per blok skryf en probeer om ‘n gepaste prentjie te teken.
Graad 2- en 3-leerders kan egter al sinne skryf en moet probeer om skitter-sinne te skryf. Graad 2’s kan so 5 of 6 woorde per sin probeer, terwyl Graad 3’s 7 tot 9 woorde kan gebruik.
Die belangrikste deel van sinne is dat hulle daaraan herinner moet word dat ‘n sin met ‘n hoofletter begin en eindig met ‘n punt. Vra altyd dat die sin eers aan jou gesê moet word, sodat jy die sinsbou en -konstruksie kan korregeer indien nodig. Indien jy genoeg tyd het vir prentjies teken, kan jy vra dat die outjies 3 – 5 sinne skryf en een prentjie daarby teken. Maak selfs ‘n groot prent van elke klankkaart (‘n beet, ‘n haas, vuur en ‘n boom), vra dat die outjies die woorde self op elke prent oorskryf, verf met kleursel (rooipienk, geel, oranje en groen), knip uit en plak in die boeke. Dit is sommer ‘n alles-in-een takie en behoort ‘n lekker leer-hulpmiddel te wees vir die week se speltoets. (“Dink aan die woorde op die bloedrooi beet…”)
Indien jy die flitskaartjies apart van die prente gelamineer het (of oorgetrek het met breë kleeflint), kan jy dit skommel en vir die outjies flits. Jy kan selfs ‘n tweede vel van elke bladsy druk en vra dat die kleingoed die woorde bo-op hul maats pas…of lamineer die groot vel en sny dit in diagonale en krom lyne op sodat die kleingoed die “legkaarte” moet bou. Grawe gerus ook op kleuters.co.za rond vir lyste met klanke – indien jy nog woorde benodig. Onthou om altyd jou apparaat so te maak dat jy dit kan hou en hergebruik… Jy sal dit beslis vir dekades lank kan inspan!
Sien ook “Drukbare Bladsye” heel bo of tik “flits” by die soekblokkie in.
Aug 26, 2010 @ 11:22:06
Ek is opsoek na spel reëls, ek gee tweede taal afr by ‘n engelse privaat skool. Kan jy my dalk help.
LikeLike
Aug 26, 2010 @ 17:44:12
Hello, Jeanetta 😉 Die Afrikaanse Woordelys en spelreëls is seker maar die mees bekende gids waaruit opvoeders werk. Probeer ook dié handboek.
😉
LikeLike
Aug 31, 2010 @ 07:55:01
Juffer!
Amper gaan staan my hart – weet jy hoe lank ek opsoek is na ‘n ‘font’ soos wat by jou dubbelklanke gebruik is? Net wanneer ek dink nou het ek die ware Jakob dan is of die ‘t’ , of die ‘a’ nie reg nie. As ek die een reg kry is die ander verkeerd……
Wat is die font se naam wat jy daar gebruik het en waar kan ek dit koop?
Ek maak graag flitskaarte van my Gr1’s en 2’s se ‘woordelyste’ in hul leesboeke dan oefen ons dit so.
Michelle
LikeLike
Sep 01, 2010 @ 18:13:41
Hello, Michelle 😉 Dit is een genaamd ABC wat ons by die skool het. Jy kan ook Teachers Pet Thin soek. 😉
LikeLike
Mar 16, 2014 @ 22:24:05
Die volgende link sal help.
https://sites.google.com/site/numeracysite/home/foundation-phase-fonts
Die skrif wat werk is die ABC junior plain. Die dots ene kom ook handig te pas.
LikeLike
Mar 17, 2014 @ 19:36:02
Dankie, Ammie 😉
LikeLike
Mei 22, 2014 @ 08:47:56
Watter woorde in Afrikaans word met die letters “ai” gespel?
LikeLike
Mei 24, 2014 @ 17:39:44
Middag, Mabel 😉 Gewoonlik is dit aai.
LikeLike
Jul 26, 2014 @ 15:30:45
Hallo Juffer. Het jy nie dalk ‘n oulike storie vir my vir die ‘ie’ klankie nie?
LikeLike
Jul 28, 2014 @ 07:02:27
Môre, Michelle 😉 Ek het ongelukkig nie ‘n storie nie, maar wel ‘n stukkie oor die hersiening en vaslegging van verskillende tweeklanke. Dalk kan van die idees help. 😉
LikeLike
Apr 13, 2021 @ 16:36:12
Ek gee Afrikkans EAT vir graad 4. Hulle sukkel met meervoude. Het al stories probeer maar hulle sukkel. Is daar n ander oulike manier om dit vir hulle te leer. Dankie. Charlotte de Klerk
LikeLike
Apr 13, 2021 @ 17:52:18
Hallo, Charlotte 🙂
Breek die woord in lettergrepe op, bv. name: na-me. As die lettergreep klink asof dit op aa, ee, oo, uu eindig, ‘val die een a weg’. As die lettergreep klink asof dit op die kort a, e, i, o, u eindig, “was die klank soet” en kry dit nog ‘n medeklinker by: bv. kat word ka-te en dan katte.
Loer gerus na hierdie skakel:
LikeLike
Nov 19, 2021 @ 07:24:20
Hi ek is opsoek na taaloefeninge vir my seun. Graad 5 EAT.
LikeLike
Nov 19, 2021 @ 12:17:03
Hallo, Jeanette 🙂
My kennisvlak is tot die Grondslagfase en Remediërende Onderrig beperk, maar ek het wel skrywes in verband met leestekens, skryfwerk en woordsoorte beskikbaar loer gerus na hierdie skakels en ook na die eksterne skakels wat ek laer af gelys het. Ek hoop dit kan help 🙂
https://intermediatephase.co.za/eksamens/
https://wcedeportal.co.za/eresource/118601
Click to access Graad-5-%E2%80%93-Afrikaans-EAT-Werkboek-Nr-1-2de-Kwartaal.pdf
LikeLike
Feb 16, 2023 @ 20:16:24
Ek wil or my suster leer
LikeLike