Tuis

Paralimpiese Spele

Lewer kommentaar


Die Paralimpiese Spele het pas begin. Wie is ons atlete en watter sportsoorte beoefen hulle? Heelwat van die sportsoorte het bekende name, maar het enkele aanpassings om deelname te vergemaklik. Kyk gerus en ondersteun ons atlete.

Outisme Spektrum

Lewer kommentaar


Outisme dek ‘n enorme spektrum – wat daarop dui dat elke kind met outisme, ‘n unieke kombinasie uitvalle en besondere talente kan hê. In Amerika, is die voorkoms van ASD (Autism Spectrum Disorder of Outisme) bykans 1 uit elke 58 kinders en wêreldwyd word soortgelyke statistieke gelys. Die moontlikheid dat jy waarskynlik kinders op die spektrum in jou klas kan kry, bestaan wel en alhoewel ons nie alles reg kan doen nie, sal ‘n bewustheid, deernis en aanpassings ‘n goeie beginpunt wees. Sover moontlik, sal dit altyd wenslik wees om as ‘n span saam te werk om elke kind se unieke vaardighede te ontwikkel en om hom of haar bes moontlik te ondersteun. Gesels met die ouers, betrokke terapeute en kollegas om te verseker dat almal saam werk om haalbare doelwitte te bepaal.

Hoe lyk outisme of watter kenmerkende eienskappe het jy al waar geneem?

  • Beperkte oogkontak: Sommige kinders vind oogkontak problematies. Hulle vermy dit of vind soms ‘n fokuspunt elders op die ander persoon se gesig.
  • Herhalende bewegings: Sommige kinders skud hul hande, trommel die vingers, loop in sirkels, hop of trap heen en weer wanneer hulle besonder opgewonde of gespanne raak. Sommige kinders sal lank met water of sand kan speel en kyk hoe dit deur hul vingers val – wat ‘n kalmerende effek kan hê.
  • Unieke mylpale: Sommige kinders bereik hul mylpale vroeër as hul eweknieë en ander bereik die mylpale heelwat later. Sommige kinders begin eers heelwat later praat. Party kinders raak heelwat later onafhanklik in die badkamer. Sosiale bewustheid of die manier hoe sommige kinders uitreik na maats of speel, kan ook anders lyk. Skep ‘n bewustheid van insluiting en wissel groepe tydens klaswerk en pouses af, sodat daar ruimte is om met maats te speel of te gesels – al is dit in kort periodes.
  • Spraak en kommunikasie: Party kinders begin eers heelwat later praat en ander herhaal woorde, sinne of frases (“echolalia”) wat hulle gehoor het, maar kan nie ‘n gesprek voer nie. Sommige kinders praat vlot en leer gou hoe om in verskillende situasies te kommunikeer, maar worstel met aspekte soos sarkasme. Party kinders gebruik eenvoudige prentjies (bv. Boardmaker, PECS) of toeps/apps om namens hulle te kommunikeer. Party kinders gebruik ‘n baie formele, gevorderde woordeskat en ander praat glad nie. Party kinders kan reeds van ‘n jong ouderdom af lees en spel en ander worstel om woorde te ontsluit. Sommige kinders gaan ‘n bietjie langer neem om ‘n vraag te verwerk, so gee hulle ‘n aanduiding dat jy graag hul mening wil hoor (bv. Louis, ek wil graag hoor hoe jy Vraag 4 bereken het, maar kom ons hoor eers hoe Tobie Vraag 1 bereken het).
  • Motoriese vaardighede: Soos in die geval van elke unieke kind met outisme, is die motoriese ontwikkeling ook verskillend van kind-tot-kind. Party kinders kom lomp voor, maar het besondere goeie balans, oog-hand koördinasie en swem vaardighede. Sommige kinders kan netjies skryf en ander worstel weer om te knip en te skryf.
  • Sensoriese vaardighede: Sommige kinders is sensitief vir harde geluide en ander het besondere goeie gehoor of luistervaardighede. Party kinders is ligsensitief en hou nie van skerp lig nie, terwyl ander weer lank na dowwe ligte kan kyk. Party kinders sit graag op wikkelkussings, stoele wat wikkel en wieg of loop heen en weer terwyl hulle na die onderwyser luister. Sommige kinders vind groepe (bv. in die sangklas of saalbyeenkomste) oorweldigend.

Praat gerus met ‘n arbeidsterapeut (wat opleiding in sensoriese integrasie het), om raakvat idees vir elke unieke kind te kry.

Ons gaan beslis nooit alles kan verstaan of reg kan doen nie, maar die bereidwilligheid om meer te leer, werkswinkels by te woon, verslae te lees en om ‘n pad met die leerder (en ouers) te stap – is reeds ‘n goeie tree vorentoe. Gebruik April (die maand ter bewusmaking van Outisme) om ‘n bietjie meer te wete te kom.

No child left behind

Lewer kommentaar


Lees gerus

Loslitdag

Lewer kommentaar


Ons vier Loslitdag op die 6de September en vanjaar is die tema “Time to Shine”.

Hang liggies om die skenkings voor te stel (bv. ‘n liggie vir elke R10) en kyk hoeveel stringe die skool kan versier. ‘n Mens hoef natuurlik nie liggies te koop nie.

Betrek glimverf (glow in the dark) in patroon drukwerk of kuns.

Dra gerus ook linte, maak lintgordyne (papier of lap) oor ‘n deur of hang papierkettings in verskillende kleure. Elke kleur word gebruik ter bewusmaking van ‘n spesifieke diagnose.

Kleur bewusmakingsprente met vet- of uitdraaikryte in (druk hard) en verf met kookolie. Hang voor ‘n sonnige venster sodat die lig kan deur skyn.

Is alle gestremdhede of verskille sigbaar of dieselfde? Nee. Hoe kan ons deernis en respek teenoor mense met gestremdhede of leerverskille toon? Hoe kan ons almal betrek? Is jou skool toeganklik vir iemand in ‘n rolstoel en hoe kan ons verseker dat ons goeie maats vir ander kan wees?

Outisme

Lewer kommentaar


April is die maand ter bewusmaking van die Outisme Spektrum en die 2de is spesifiek ‘n dag daarvoor.  In baie gevalle is oogkontak, kommunikasie en sosiale interaksie ietwat anders.  Die outjies mag dalk verby jou kyk, weg kyk, laat begin praat, worstel om gesprekke te volhou, baie gevorderde woordeskat gebruik, langs kinders (eerder as met) speel of mag heel waarskynlik eerder alleen en eenkant loop of sit.  Daar is ongelooflik baie moontlike kenmerke en elke kind wat gediagnoseer word, is uniek.

Loer gerus deur vorige inskrywings om meer inligting te bekom.

Lees ook:
  1. Floortime DIR (Dr. Greenspan)
  2. Floortime SA
  3. ABA

Vadersdag

2 Kommentaar


pappa

Dis alweer binnekort Vadersdag (tyd vlieg!) en ‘n mens behoort darem vroegtydig aan idees te dink…

  • Laat sny hout in reghoekige stukke, verf dit met vrolike kleure, voeg hakies by en siedaar! ‘n Nommerpas hangplek vir sleutels en “flash drive”-toutjies.
  • Sjokolade happies:  Koop kook-sjokolade (donker of wit), smelt dit bietjies-bietjies (pas op vir brand) en meng neute daarby in.  Vorm eetlepelgrootte balletjies of vries die mengsel in vormpies.
  • Fotoraam: Plekke soos Shoprite verkoop fotorame in gewone dennehout.  Verf dit en bring ‘n oulike prentjie soos ‘n rugbybal, krieketkolf of ‘n visstok en vis daarop aan.
  • Peuselpotjie:  Verf ‘n klein glasflessie vol prentjies en vul met lekkers of neute.
  • Slaan die spyker: Koop ‘n hamer en verf vol oulike patrone.  Onthou om verskeie spykers en ‘n stukkie biltong by te voeg.
  • Slaaptyd: Koop ‘n gewone, eenkleur t-hemp en bedek met oulike lapverf woorde…of hand afdrukke…
  • Fotostaander: Maak ‘n balvorm uit klei wat kan verhard (vra by kunsvlyt-winkels). Besluit waarvan pagoed hou en vorm die klei in die bal van keuse – rugby, krieket, sokker of gholf…verf dit dan in daardie kleure en maak seker dat die bal se onderkant plat is – vir die staanslag. Heg krokodilknypers of enige klampie aan die punt van ‘n stewige draad, druk by die klei in en jou staander is klaar!
  • Sakpas sakdoek: In die geval van ‘n baba kan ‘n mens ‘n voet of hand met lapverf op ‘n sakdoek afdruk (en op die verkeerde kant vas stryk as dit droog is)…net reg vir die winterseisoen!…’n kussingsloop werk net so lekker…
  • Magneetrame: Indien jy met kleintjies werk, kan jy vooraf ‘n klomp beertjieraampies druk en uitsny.  Laat die kleintjies dit dan met vingerverf versier of bedek met kleursel. Neem foto’s van die kleingoed en plaas dit in die vensterruimte. Daarna kan jy dit lamineer of sommer net dun magneetstrokies agterop plak.  Dit behoort teen metaalrakke en -kaste vas te sit – net reg vir die motorhuis!

Ek las weer mettertyd nog idees by. vadersdagpavaders

medemens

Lewer kommentaar


engelkind

20 Oktober is Suid-Afrika se eie dag vir ons engelkinders.  Dit is die Nasionale Dag vir die Bewustheid van Down-Sindroom en die tema is “It’s all in the Genes”. Dra ‘n denim en betaal jou “boete” aan die naaste tak van DDSA.

inklusiewe onderwys

Lewer kommentaar


“Inclusion is the value system which holds that all students are entitled to equitable access to learning, achievement and the pursuit of excellence in all aspects of their education. The practice of inclusion transcends the idea of physical location, and incorporates basic values that promote participation, friendship and interaction.”
Source: B.C. Ministry of Education. Manual of Policies, Procedures, and
Guidelines for Special Education Services

Die Witskrif 6 bevat riglyne vir ‘n inklusiewe onderwyssisteem. In kort beteken dit dat alle leerders toegang tot hoofstroom onderwys moet hê. Die skool behoort toeganklik gemaak te word vir kleingoed met rolstoele, krukke, visuele beperkings, gehoorprobleme, ens.   Hiermee ‘n paar plekke waar jy meer daaroor kan lees.

Skep jou eie prent- en woordblaaie (in enige taal) op Senteacher.

Indien dit moontlik is om die klas (deur middel van ‘n tablet) meer toeganklik te maak vir outjies met spesifieke onderwysbehoeftes, kan jy die volgende probeer:

Screen Shot 2015-07-18 at 8.02.54

Let me talk

Screen Shot 2015-07-18 at 7.56.43

Android

Screen Shot 2015-07-11 at 17.10.46

So much 2 say

Screen Shot 2015-07-10 at 9.42.23

Skryf stories en luister daarna.

Screen Shot 2015-07-10 at 9.40.01

Beplan jou dag

Screen Shot 2015-07-10 at 9.35.02

‘n “Spraak” Toep vir kinders met ernstige spraak uitvalle.

Screen Shot 2015-07-10 at 9.32.36

‘n “Spraak” Toep vir kinders met ernstige spraak uitvalle.

Screen Shot 2015-07-10 at 9.29.10

Rooster, volgorde van aktiwiteite, hoe maak ‘n mens?

%d bloggers like this: