Tuis

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Oogsorgmaand begin eersdaags en fokus beide op oog gesondheid en visie of sig. Betrek gerus visuele persepsie take en oog-hand koördinasie aktiwiteite.

Is daar oogkundiges wat gratis oogtoetse in jou omgewing aanbied? Vra gerus en maak ‘n afspraak om moontlike uitvalle betyds aan te spreek.

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Oogsorgmaand fokus dalk meer op die gesondheid van jou , maar in terme van onderwys kan ons ook visuele persepsie en oogbewegings konsentreer.

Sekere oogkundiges toets kinders se oë gratis.  Al is die outjies se visie of sig goed, kan die oogspiere dalk oefening kort.  Die egalige beweging en samewerking van die ogies help kinders om meer vlot te lees en ‘n gefokusde ondersoek, kan tot raakvat idees en oefeninge lei om die oogspiere te versterk.  Hoor gerus by die plaaslike oogkundiges en oftalmoloë of hulle leiding kan bied of selfs ‘n praatjie kan lewer.

Irlensindroom

4 Kommentaar


Lyk die teks bewerig of is dit moeilik om die oorsaak van leerprobleme te peil?  Min inligting is tans oor Irlensindroom bekend of beskikbaar.  Vir heelwat mense help gekleurde lense, kleurvelle bo-oor die teks of kleurvelle bo-oor die rekenaarskerm beslis.  Dit mag dalk outjies in jou klas help.

Loer gerus hier na die moontlike simptome en kontak kundiges om raad in te win.

visuele persepsie

Lewer kommentaar


Net soos die ouditiewe persepsies (gehoor/luistervaardighede), is visuele persepsie bitter belangrik vir die ontwikkeling van leer by jong kinders.  Hulle gaan immers die meeste leer deur na verduidelikings te luister en deur demonstrasies na te doen.  Hiermee dan ‘n paar werksvelle om die visuele persepsies te ontwikkel.  Kyk na die voorbeelde, skep dan jou eie of loer gerus in aktiwiteitsboeke vir ‘n paar voorbeelde.

  • Soek dieselfde simbool
  • Soek en pas die korrekte skaduwee
  • Soek die prentjie/simbool wat nie pas nie
  • Soek die versteekte prente
  • Sorteer die items (bespreek die redes vir die groepering)
  • ‘n Bietjie fynmotoriek/oog-hand koördinasie
    • Volg die lyntjie (Belangrik – werk van links na regs volgens die leesrigting en probeer om nie die hand te lig nie.)
    • Volg die doolhof/pad
    • Knip op die lyn
  • Bou legkaarte
  • Teken eenvoudige simbole of vorms wat die outjie moet na teken.

Tik gerus ook terme soos persepsie, visuele, visueel, VMI, oogsorg en ogies by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Leer speel-speel

2 Kommentaar


 

Ek het onlangs ‘n navraag oor die volgende aspekte gekry.  Die antwoorde en idees is gemik op Graad R- en 1-outjies.  Dit kan daagliks in gespan word en is nie noodwendig harde werk nie.  Loer asseblief ook na die lysie aan die regterkant (blogroll) vir skakels na oulike werwe.

Vir spiertonus en balans is daar ‘n paar speletjies wat julle kan probeer.  Is daar ‘n parkie naby?

  • Probeer gerus die wipplank.  Dit forseer die kleintjie om regop te sit en om die lyfie te balanseer vir die hop-aksies.
  • Sommige parkies het sulke half-begraafde motorbande wat ‘n heininkie vorm.  Laat Poplap daarop loop.  Die bande gee gewoonlik effens mee en forseer die lyfie om te konsentreer op balans.  Gee ook raad dat die arms parallel met die skouers moet wees en die koppie regop moet bly…
  • Gaan stap en speel “follow the leader” deur op ‘n randsteen of ‘n lae muurtjie te loop.  Indien die hoogte ‘n bietjie ongemaklik is, kan ‘n mens sommer ‘n springtou in verskillende vorms (driehoek, sirkel, vierkant…) drapeer en daarop loop…
  • Gebruik ou koffieblikke: dop dit om, trek ‘n tou deur gate aan weerskante en gebruik dit as handvatsels om mee te loop…

Oogbewegings is nogal belangrik en ‘n mens moet verseker dat die ogies egalig oor die bladsy kan beweeg.

  • Lê langs mekaar op die mat en speel met ‘n flitslig teen die dak.  Lê stil met die kop en hou die liggie dop…hersien vorms, syfers, klanke…(maak die simbool en laat die kleinding raai wat dit was)…
  • Neem ‘n bal saam parkie toe (sommer die gewone plastiekballe wat in die meeste supermarkte verkrygbaar is).  Vra vir Poplap om loodreg teenoor die swaai te sit (op die bal).  Sy moet so ‘n bietjie fokus op haar postuur deur op die bal te bly, haar kop stil te hou en vir Mamma te volg – wat swaai!  ‘n Mens maak natuurlik beurte om te kyk of die ou op die swaai “dit reg doen”…Indien Ma nie wil swaai nie, kan julle ‘n pop of ‘n kussing op die swaai stoot.
  • Doolhoftakies (mazes) in aktiwiteitsboeke forseer ook die ogies om egalig en sistematies te beweeg.
  • Indien daar ‘n stuk deursigtige pyp of halwe geut in die motorhuis is, kan ‘n mens die kante toeplak en ‘n tennisbal of ‘n albaster daarin plaas.  Kyk hoeveel keer Poplap die bal heen en weer kan rol sonder om die kante te raak.  ‘n Kort stukkie pyp (so 40 – 50cm) is oorgenoeg.

Oog-hand koördinasie gaan dikwels gepaard met balspeletjies.

  • Indien jy iets soos “swing bat” het, kan Poplap vir ure oefen om die bal dop te hou en raak te slaan.
  • Soek ook vir die klein ping-pong spane wat ‘n balletjie en ‘n rekkie het.  Dit is minder frustrerend as ‘n bal wat meters ver spat en rol.
  • Nog ‘n gedagte in die “oog-stal”, is speelgoed waar jy ‘n kraletjie of ‘n balletjie moet beheer om in ‘n teiken of ‘n gatjie te val.  Dink maar aan iets soos “pinball”, “bowling” en daardie klein plastiek-outjies wat ons ook kleindag gebruik het.
  • Teken groot doolhowe, motorbane of paaie op ‘n oop gevoude vel koerant.  Hou ‘n yskasmagneet onder die vel en heg ‘n metaal skyfspeldjie aan ‘n getekende motortjie.  Volg die roete deur die magneet onder die vel papier te skuif.
  • Grawe in die kombuislaaie vir stewige strooitjies of ou sosatiestokkies.  Heg ‘n stuk wol of tou met ‘n magneetjie daaraan vas.  Teken ‘n paar visse, knip uit en skuif skuifspelde oor die bekkies.  Vir die heel kleintjies bestaan die speletjie bloot uit hengel.  Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n kleeflintlagie agter-op die visse plak en woorde daarop skryf met witbord veselpenne.  Hulle kan bloot die visse vang en eenvoudige woorde (wat van vakansie lekkertes?) lees na elke vangs of hulle moet ‘n som bereken.  Indien jy lus het, kan jy ‘n sinnetjie of ‘n geheime boodskap beplan en na afloop van die vangste help om die sin te skommel.
  • Neem ‘n ou eierdoospalet (tray) en plaas ‘n kraletjie in die linker boonste hoek.  Kleinding moet dat probeer om die kraletjie (of albaster) te laat rol van bakkie tot bakkie en van links na regs.  ‘n Vlakkerige, leë ysbakkie behoort ook te werk.
  • Gebruik ‘n leë ysbakkie of ‘n eierdoospalet.  Skryf klanke op stukkies papier en plaas rond en bont in die holtes of skryf dit met ‘n witbordpen in die plastiekbakkies.  Gebruik ‘n klein lekkertjie of enige tipe skuiwertjie om gegewe klanke raak te gooi.  Kies ‘n klank en kyk of julle die skuiwertjie in daardie bakkie kan gooi.  As julle goed op dreef is, kan julle kort woordjies probeer spel.  ‘n Mens kan natuurlik ook besluit om getalle te skryf en kan dan sommetjies doen.  Ma gooi byvoorbeeld ‘n 4 en ‘n 5…en Kleinding bereken dat 4 en 5 gelyk is aan 9.  Vir Graad 1’s sou ek ‘n bakkie tellers (soos knopies) byderhand wou hou om die somme te bereken.  Op ‘n ander dag kan julle aftrekking aandurf (7 en 3…7 neem weg 3 is gelyk aan 4….7 minus 3 is gelyk aan 4).  Onthou om al die juffrou se bewerkingswoorde te gebruik en om die bewerking op ten minste twee verskillende wyses te verwoord.  Ons moet die breinratte darem geolie hou… 😉

Bal vang…Begin eers met ander items.

  • Sit kruisbeen teenoor mekaar en gooi ‘n boontjiesakkie – of ‘n sagte speelding – vir mekaar.  Die idee is om gemaklik te raak met die dophou en vang-aksie.  Baie kinders is bang vir die enorme missiel wat op hulle afstorm.  Dus moet die vang-item nie vrees ontlok nie.  ‘n Mens kry dikwels rubberballe met sulke stekeltjies in baba- of in speelgoedwinkels.  Dit is sag en gryp maklik vas.
  • Indien Mamma nie ‘n los hand het nie, kan Poplap die bal teen ‘n buitemuur gooi en vang.  Merk die plekke (maskeerband) waar die voete moet wees en waar die bal moet tref.  Aanvanklik staan die kleintjies nogal na-aan die muur (1 tot 1,5 m)…(Maak asseblief net seker dat die bal skoon is en dat daar geen merke teen die muur sal oorbly nie!) Later kan julle opgradeer na ‘n goedkoop plastiekbal – nie tennis-, krieket- of netbalballe nie.
  • Leen of skaf ‘n verskeidenheid balle aan.  Die gedagte is dat wanneer ‘n verskeidenheid balle beskikbaar is vir eksperimentering, sal die kleinding meer gemaklik daarmee raak.  Rubber hopballetjies, groot Mamma-se-tuis-oefeningballe, Pappa se ou rugbybal, Oupa se vergete gholfbal, Ouma se tennisbal…Stel ‘n ou hoepel of ‘n wasgoedmandjie iewers op as teiken en probeer self eksperimenteer met die gooie en krag wat benodig word om die balle in te skiet.

“Skolerige / Akademiese dinge”

Beginklanke is ‘n tameletjie vir baie kleingoed.  Speletjies soos “ek sien met my klein ogie…” werk goed.  Begin eers deur items op die lyfie te “sien”, dan op die bed of bank en later in die wyer vertrek.  As julle stories lees kan jy eers iets ooglopends in die prent “sien” – soos ‘n boom of ‘n huis.  Om sukses te verseker, kan jy die prent bespreek voordat jy die meegaande teks lees.  Wanneer julle die items benoem kan jy die beginklanke met ekstra mening en woema uitspreek (harder en duideliker).  Baie skole vra dat die outjies die klanke visueel kan identifiseer, skryf dus sommer die klankie wat julle hoor met ‘n vinger in die palm van die hand.  Maak seker dat jy op die regte plekke begin en kleinletters gebruik.  ‘n Plaaslike mamma het ‘n blanko-bladsy boek gebruik om die klankies te ontwikkel.  As ‘n klankie uitgesonder is, het hulle na die storietyd die klank op ‘n bladsy geskryf en die betrokke prent geteken.  Indien die klank later weer na vore gekom het, het hulle ‘n prent bygevoeg en sodoende ‘n prentewoordeboek gebou.  Begin maar eers met die kleinletters en voeg later die hoofletters by.  Die heel kleintjies praat dikwels van die “Grootmensletters”.  Hulle word aanvanklik slegs vir die begin van name gebruik.

Gesyferdheid of ‘n begripvolle omgang met syfers…

Skaf ‘n goedkoop, eenvoudige slangetjies-en-leertjies-bord aan.  Speletjies waar ‘n mens besef dat die kolle getel word en ‘n sekere uitwerking (skuiwe) teweeg bring, demonstreer die “hoeveelgevoel” verbonde aan die nommers of aantal kolle.

Hou inventaris of sensus.  Vou ‘n groot vel koerantpapier in kwarte of selfs agstes.  Besluit op iets wat van toepassing is op julle huishouding…mense.  Teken die hoeveelheid mense in die huis en skryf die syfer daarby.  Drie mensies =  3.  ‘n Ander blok verteenwoordig waslappe – teken dit.  Vier waslappe = 4…Borde…Ses borde = 6.  Plak julle plakaat teen ‘n deur of muur op en vertel vir ‘n ouma of pappa wat daar aangaan en tel elke keer lekker hardop saam.  Hoeveel messe is op die tafel?  Hoeveel blompotte is in die son?  Hoeveel blompotte staan in die skadu? (Raak aan die items terwyl julle tel sodat die afmeting en aftellery akkuraat gedemonstreer word.)…

Die belangrikste aspekte van hierdie ekstra vakansiewerkies is om alles lekker te hou, klein beloninkies in te werk, te wys dat selfs groot mense soms foutjies oorkom (as ons foute maak, kan ons weer probeer) en om met die harde werk te spog (selfs al is dit luidrugtig teenoor die hond).

Lekker speel!

Oog- en fokus oefeninge

Lewer kommentaar


Jammer vir die Engels.  Ek het dit vir ‘n kollega vertaal.  Kyk gerus ook na die Brain Gym oefeninge op YouTube, EyeGym en lees oor die impak van die “lui 8“-simbool.

oog

NB:Keep the head still. Writing movements should be done from the shoulder (arm relatively straight).

Integrated or coordinated eye movements

One eye or both. Arm movements (rotations) should be done “from the shoulder”. Head is kept still and upright.

1.Stand in front of writing board* and keep the eye focused on the tip of the chalk whilst making 5 crosses with the right and left hand.

2.Repeat the above-mentioned exercise – drawing shapes such as triangles, squares, rectangles and “lazy eights” ().

Left or right eye separately

Cover one eye with a pirate eye patch or with an old envelope.

  1. Cover the left eye whilst drawing 5 big circles with the right hand on the board. Keep the eye focused on the tip of the chalk. Repeat with the right eye.
  2. Repeat the exercise – drawing different shapes.
  3. Draw two lines parallel to each other – to use as writing guides. Cover the left eye – drawing waves (rounded zigzag pattern) between the lines and touching the lines at the top and bottom. Repeat with the right eye. Try other patterns as well.

Crossing the middle

  1. Cover the right eye. Draw 5 big circles with the right hand on the left side (approximately opposite the left shoulder). The head should be facing the board and the eye should be kept on the tip of the chalk.
  2. Do the same exercise as above. Cross the one leg in front of the other. E.g. if the right hand is writing, the right foot is doing the crossing. The body should be kept upright.

-JAP Nel, 1999 [Visuele geskiktheid en doeltreffendheid, Tygerberg Kollege]

* gebruik ‘n stuk plastiek wat teen die muur opgeplak word en skryf met ‘n skoon (nat) kwas of met ‘n witbord koki

* use a plastic square to write on – using a clean (wet) paint brush or a whiteboard koki

Oogprobleme en leerprobleme

15 Kommentaar


Nikita het vroeër oor ‘n sindroom gepraat wat die leer- en leesproses beïnvloed. Ek help tans ‘n paar outjies met lees- en leerprobleme om eksamen te skryf. Dis alles deel van alternatiewe assessering – wat beteken dat hulle volgens die voorskrifte van ‘n sielkundige gehelp word om vraestelle te voltooi. Die vraestelle word weer en weer gelees en dan word die antwoorde gelees om te sien of dit verstaanbaar is (in terme van spelling). So baie keer wonder ‘n mens of die probleem nie dalk elders lê nie…Hier is nog ‘n paar dinge om te probeer om outjies te help wat sukkel met lees. Dalk het een van hulle Irlen-sindroom…

Symptoms of Irlen’s Syndrome

* Trouble reading words
* Headache while reading
* Weaker academic performance
* Weak concentration
* Complains of eye strain while reading
* Tires while reading
* Depth perception is much weaker
* Will also affect math performance
* Often exhibits sensitivity to lights especially fluorescent types
* Trouble focusing
* Weak/poor comprehension
* Difficulty tracking words on a line and will often skip words
* Reads in a strained word by word fashion and with great hesitancy
* Avoids reading
* Weaker written work
* Trouble copying
* Random spacing
* Ramdomletter sizes
* Writing up or downhill
* Inconsistent spelling

The reason for all of these symptoms is largely due to the fact that print looks different to individuals with Irlen’s Syndrome.

How can you help?

* Dimmer lights
* Natural lighting appears to help – sit naby ‘n venster
* Irlen lenses (coloured lenses, coloured overlays)
* Coloured paper for reading materials and worksheets – veral geel help blykbaar goed
* Additional time for reading assignments
* If lights can’t be dimmed, individuals should be allowed to wear a visor.
* Shorten time spent on reading – korter leesstukke, groter skrif en duideliker letterformasies
* Provide more frequent breaks
* Allow the child to use a ruler to ease the tracking of words while reading. – Gebruik ook ‘n kaartjie of een met ‘n venstertjie daarin om bo-oor die teks te gly.

lees, leer en die ogies

17 Kommentaar


Visuele oefeninge speel ‘n groot rol tydens die leerproses. Daarom maak arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges spesifieke melding van die VMI – ‘n telling wat bepaal of die kind se visueel perseptuele ontwikkeling op die korrekte vlak is. Dit is ‘n goeie indikasie of die outjie sukkel of sal sukkel met sy werk.

Dikwels word ‘n spesifieke leesprobleem ook aan ‘n lae VMI gekoppel.  Indien die VMI onder die kind se kronologiese ouderdom is, word daar gewoonlik aanbeveel dat die kind terapie ontvang.

Kla jou kleintjie as hy moet lees? Is lees vermoeiend? Dan is daar ‘n moontlikheid dat die probleem by die ogies lê. Die oogspiertjies beweeg dalk nie egalig nie en veroorsaak spanning. Die ogies raak dus gou moeg en die leesproses bly ‘n pyn. Dit sal wenslik wees om die ogies te laat toets vir visie én vir onegalige oogbewegings.

Om die oogbewegings tuis te ontwikkel, kan jou kind Eye Can Learn se oefeninge volg. Die kop moet stil gehou word en slegs die ogies moet beweeg. ‘n Paar minute per week help reeds.

Indien jy herhaalde uitvalle soos die omkering vir syfers en getalle (bv. b/p/d, n/u, getalle in die spieëlbeeld) of die omruiling van posisie opmerk (bv. ou/uo, oe/eo), sou ‘n oogtoets wenslik wees om die oogbewegings en visie te toets.  Skakel ‘n paar oogkundiges en optometriste in jou omgewing voor jy ‘n afspraak maak.  Sommiges toets kinders jonger as 12 se oë gratis.

%d bloggers like this: