Net soos die ouditiewe persepsies (gehoor/luistervaardighede), is visuele persepsie bitter belangrik vir die ontwikkeling van leer by jong kinders. Hulle gaan immers die meeste leer deur na verduidelikings te luister en deur demonstrasies na te doen. Hiermee dan ‘n paar werksvelle om die visuele persepsies te ontwikkel. Kyk na die voorbeelde, skep dan jou eie of loer gerus in aktiwiteitsboeke vir ‘n paar voorbeelde.
- Soek dieselfde simbool
- Soek en pas die korrekte skaduwee
- Soek die prentjie/simbool wat nie pas nie
- Soek die versteekte prente
- Sorteer die items (bespreek die redes vir die groepering)
- ‘n Bietjie fynmotoriek/oog-hand koördinasie
- Bou legkaarte
- Teken eenvoudige simbole of vorms wat die outjie moet na teken.
Tik gerus ook terme soos persepsie, visuele, visueel, VMI, oogsorg en ogies by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.
Laat 'n boodskap