23 Januarie is Skrifdag in ander wêrelddele, maar kan beslis ook in Suid-Afrika gevier word. Vir die jonger outjies, kan ‘n mens fynspier oefeninge gee:
- Bou eenvoudige prente, lyne, vorms, syfers of letters met ‘n pennetjiebord.
- Vorm eenvoudige prente met rekkies op ‘n spykerbord. (Bou byvoorbeeld ‘n huisie uit vorms.)
- Versteek klein speelgoed of albasters in ‘n kleibal en vra dat hulle dit uit haal.
- Gee ‘n ou knoffelpers om klei wurmpies mee te druk. Gebruik die wurmpies in prente, syfers of vorms. Ouer kinders kan patrone, letters of selfs woorde probeer vorm.
- Skep die geleentheid om te knip, pennetjies te knyp, met klampies te werk of om skroewe en moere vas te draai.
- Gebruik ‘n papierpons (of een wat prentjies pons) om konfetti te pons.
- Skryf met gom (naam, letters, syfers…) en strooi blinkertjies of konfetti bo-oor.
- Hersien patrone. ‘n Mens kan dit ook met padverf op die muur of teeroppervlakte verf en daaroor voel.
- Fokus op die potloodgreep en wys ook vir die linkshandige outjies hoe om te knip en hoe om potlode vas te hou.
- Begin die skrifles met ‘n paar fynspier oefeninge.
- Hersien die letterformasies en beginpunte. Neem kennis van uitvalle en omkerings…
- Gee vir die ouer kinders verskillende skrif voorbeelde om te kopieer of sit die voorbeelde op ‘n tafel in die geletterdheidshoek – met interessante potlode en plakkers om die bladsye te versier.
- Bind ‘n skrifboek om te lees en te versier. [skrif oefeninge – drukskrif]
- Laat die outjies verskillende woorde in verskillende kleure natrek.
- Maak groot kartonletters (hetsy druk- of lopende skrif), sodat die kinders dit kan versier. Hang dit uit die dak of gebruik dit op die woordmuur.
Woorde