Graad R is die amptelike aanvangsjaar van die Grondslagfase – ‘n fase wat van Graad R tot 3 strek – en het ‘n volwaardige kurrikulum (KABV/CAPS). Gewoonlik woon kleuters Graad R by die jaar waarin hulle 6 jaar oud word, maar daar is ‘n uitsondering vir kinders wat voor Junie 5 jaar oud word.
Kinders gaan Graad 1 toe die jaar waarin hulle 7 jaar oud word. Dit is die skoolpligtige ouderdom, maar indien hulle voor Junie 6 jaar oud word kan ouers aansoek doen om die kleingoed vroeër skool toe te stuur. Loer gerus na die amptelike wetgewing.
Daar is ‘n verskil tussen wetgewing en die individu. As die kind regtig nie skoolgereed is nie, kan ‘n ouer aansoek om kwytskelding van skoolplig doen. Dit word amptelik by die plaaslike skooldistrikskantore gedoen. Loer gerus na die skakels aan die regterkant (in terme van emosionele welstand, skeidingsangs, skoolgereedheid) of tik soekterme soos Graad R, Skoolgereed, Graad 1 by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of kontak jou naaste laerskool en distrikskantore vir verdere inligting.
AGE REQUIREMENTS FOR ADMISSION TO AN ORDINARY PUBLIC SCHOOL (aanvulling)
Jan 03, 2015 @ 18:13:12
Geagte Juffrou kan ek asseblief raad vra!!! My kinders 9 en 10 die jaar isal5 jaar in Kumon en doen goed daarin. Ek en my man verskil geweldig oor die toekoms van wiskunde want soos u reeds weet verskil die leerwyses van die skool. Gee asseblief raad, want ek weet nou nie meer nie.
LikeLike
Jan 04, 2015 @ 18:54:03
Hallo, Pieter en Karen 😉 Ek sou hulle ondersteun om wiskunde sover as moontlik (tot matriek uit) te neem. Loer gerus na die toelatingsvereistes van verskeie universiteite en kolleges. Wiskunde tel in elkeen se guns, maar daar is uitsonderings 😉
LikeLike
Jan 05, 2015 @ 09:31:37
Hi daar
Is daar n manier wat jy n graad R dogtertjie kan begin leer lees , of gaan dit probleem veroorsaak met skoolprogram?
Miskien kan jy vir my boeke voorstel wat ons kan gebruik vir stimulasie.
Lekker dag Jackie On 03 Jan 2015 5:39 PM, “My klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se
LikeLike
Jan 07, 2015 @ 02:29:11
Hallo, Jackie 😉 Hulle gaan aan enkelklanke en basiese woorde (soos getalname) bekend gestel word. Jy kan na gepaste inligting kyk deur soekterme soos “abc, klanke, syfer, skryf…Graad R” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in te tik of deur na die “drukbare bladsye” te loer. Hou die blootstelling eenvoudig, want die werk sal in Graad R en 1 aan gespreek word.
LikeLike
Sep 13, 2015 @ 23:27:50
Wat van ‘n seuntjie wat eers 7 jaar oud in December is, mag ons hom terug hou om Jan in Gr 1 te begin wanneer jy al 7 is? Die Onnies bt Gr R sê ons sal volgende jaar besluit. Hy word Des 5 en gaan Gr R toe volgende jaar 2016.
Dankie
LikeLike
Sep 14, 2015 @ 13:06:33
Middag, Natalie 😉
Hy sal dan dieselfde voordeel as ‘n Januarie-verjaarder hê 😉 Ek het met heelwat leerders in dieselfde bootjie gewerk – wat sterker anderkant uitgekom het.
‘n Skoolgereedheidsverslag (deur ‘n opvoedkundige skoolsielkundige) – tesame met spesifieke vorms wat die Graad R-skool/juffrou voltooi, moet dan net na die plaaslike skoolkliniek gestuur word.
LikeLike
Okt 25, 2015 @ 16:25:19
Goeie middag,
Ek wil graag uitvind, my seun het in Augustus 2015 6 jaar oud geword. Moet ons hom nou Januarie 2016 in Gr1 sit want hy was die jaar in Gr0
Dankie
LikeLike
Okt 28, 2015 @ 15:14:53
Hallo, Wynand 😉
Volgens wet moet hy volgende jaar Graad 1 toe gaan, tensy julle voel dat hy nie skoolgereed is nie. ‘n Mens kan met die hulp van die Graad R-juffrou en ‘n opvoedkundige sielkundige die nodige dokumentasie voltooi en by die onderwysdepartement indien, sodat hy Graad R kan oor doen (indien nodig). 😉
LikeLike
Jan 13, 2016 @ 11:03:52
Goeie dag
Ny seuntjie word jan 2017 5 dan wul ek hom in gr r sit. Is ek te haastig?
LikeLike
Jan 17, 2016 @ 15:29:47
Middag, Sonet 😉
‘n Mens wil nie die outjie te vinnig “ryp druk” nie. Indien julle hom wel in 2017 Graad R toe stuur, kan ‘n mens hom gedurende die jaar laat toets om te bepaal of hy skoolgereed/-ryp is. Indien nie, kan hy nog ‘n jaar in Graad R doen. (‘n Opvoedkundige sielkundige help met skoolgereedheids evaluasies.)
LikeLike
Mar 06, 2016 @ 10:17:36
Goeie More
Ek het my seuntjie eers die jaar 2016 in graad 1 gesit, hy is op 27 desember 2008 gebore was ek verkeerd om hom nou eers in te sit?
Vriendelike Groete
Nigretta
LikeLike
Mar 08, 2016 @ 15:39:59
Middag, Nigretta 😉
Ons raai ouers dikwels aan om “laat verjaarders” vir skoolgereedheid te laat toets, omdat hulle dalk nie so ver ontwikkel het soos ‘n outjie wat reeds in Januarie verjaar het nie. ‘n Ekstra jaar in Graad R, gee hulle die geleentheid om fisiek en emosioneel sterker te word vir Graad 1. Jou seuntjie behoort dié jaar die vrugte te dra 😉
LikeLike
Apr 13, 2016 @ 08:08:13
My oudste seun verjaar 1 Jan en my jongste seun 20 Des. Oudste is nou agt en die jaar graad een. Het hom gr r twee keer laat doen was emosioneel nie gereed omdat ons vinnig moes verhyis en hy sukkel om aantepas by nuwe plek.
Jongste word des vyf was nog nooit in kleuterskool.
Ek n huismamma en besluit om hom te hou en nie soos oubout op twee en half in te sit. Ons staat skool het ook net voorskool kleuterskool. Ons gaan hom nou vlg insit. Gaan hy dan tweekeer gr r doen.
LikeLike
Apr 13, 2016 @ 16:31:20
Hallo, Madalein 😉
Het die opvoedkundige sielkundige aanbevelings gemaak om die outjie emosioneel te ondersteun? Ek weet dat heelwat kinders baatvind by spelterapie (berading spelenderwys). Indien julle begin wonder of die jonger outjie skoolgereed is gedurende die Graad R-jaar, kan julle teen Julie/Augustus met die juffrou gesels en dan ‘n evaluasie deur ‘n opvoedkundige sielkundige oorweeg. ‘n Tweede jaar (vir ‘n laat verjaardertjie), kan nie skade doen nie.
Loer gerus ook hier aan die regterkant na die skakels onder “Emosioneel” en tik soekterme soos “Graad R, Graad 1, visuele, ouditiewe, posisie, handspier, potloodgreep, middellyn, spiertonus, oogsorg, ogies, VMI, woordeskat, links en regs, knip…tuis idees, oefen self, tuis oefen, abc, klanke, hersien, nuwe leser, dubbelklank, tweeklank, drieklank, sigwoord, komponente, flits, syfer, vorm, patroon, kleur, lees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees om na op te let of om tuis te probeer.
LikeLike
Jul 06, 2016 @ 17:37:07
Goeie middag
Ek wil net gou uitvind, ons dogtertjie is in December gebore, die 10de 2014. ek probeer nou vasstel stuur ek haar saam met haar ander maatjies skool toe wat bietjie vroeer in die jaar verjaar? En dan net n ander ding wat ek nou probeer uit figure, is Graad R & Graad 1 dieselfde? of wat is die verskil
Dankie
Marizaan
LikeLike
Jul 07, 2016 @ 02:25:17
Hallo, Marizaan 😉
Graad R is die jaar voor formele laerskool onderrig (Kleuterskool) en Graad 1 is die eerste jaar van formele onderrig (die ou Sub A). Graad R het reeds ‘n kurrikulum en help met die skoolgereedwordingsproses.
Indien sy skoolryp en -gereed is, behoort daar geen probleme te wees nie. Indien sy egter uitvalle toon, kan ‘n mens haar deur ‘n opvoedkundige sielkundige (ongeveer Juliemaand) laat evalueer om hulp en raad te bekom. Party outjies vind baie baat by ‘n ekstra jaar.
LikeLike
Apr 10, 2017 @ 15:29:09
Hi my kind word die 11 Julie 2017 4 jaar oud ek kyk Na hom by die huis ek wil net graag weet wanneer Kan ek hom kleuterskool toe neem vir sy graad R en op watse ouderdom moet hy graad 1 toe
LikeLike
Apr 11, 2017 @ 13:31:41
Hallo, Valdie 😉
Die outjie sal dan volgende jaar in Graad R en die jaar daarna in Graad 1 wees. Hulle word 6 in Graad R en 7 in Graad 1.
Tik gerus soekterme soos “skoolgereed, handspier, perseptuele, posisie, spiertonus, knip…woordeskat, rympies, liedjies, stories, vorms, syfers, herfs, Paasfees, winter, beroepe, dokter, somer, lente, wildtuin, Suid-Afrika, troeteldier, plaasdier, liggaamsdele…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskillende idees wat julle tuis kan probeer.
LikeLike
Aug 28, 2017 @ 13:19:29
Goeiedag
My seuntjie is tans 4 en verjaar in Maart, Hy was van Januarie tot nou in gr RRR en is na evaluasie deur die skool toegelaat om oor te skuif na gr RR van vandag af aangesien hy baie verveeld is in RRR en dit hom nie genoeg stimuleer nie. Hy is baie skerp en snap konsepte baie vinning. My vraag is of die skool hom kan weier om na Gr 1 te gaan in die jaar wat hy 6 word en of hy geforseer sal word om Gr R twee keer te herhaal dat hy in die jaar wat hy 7 word Gr 1 toe kan gaan.
LikeLike
Aug 29, 2017 @ 13:47:34
Hallo, Lisa 😉
Die skool kan moontlik na hul getalle en opvangsgebied kyk wanneer dit by Graad 1 kom. Met ander woorde, kinders wat naby die skool bly en wat 7 word in Graad 1, mag moontlik eerste voorkeur kry. Dit verskil egter van skool tot skool en die meeste skole begin nou inskrywings vir Graad 1 in die eerste kwartaal. Maak gerus aan die einde van Graad R ‘n afspraak met die skoolhoof, sodat julle hieroor kan gesels 😉
Amper in die groot skool
Voorskoolse jare
Vaardighede om te ontwikkel met die oog op Graad 1
Belangrike dinge: Graad R en 1
LikeLike
Jan 17, 2018 @ 13:26:00
As my kind voor Junie 5 word kan ek haar vir graad r hierdie jaar 2018 inskryf
LikeLike
Jan 17, 2018 @ 14:29:56
Hallo, Bonita 😉
Indien die outjie ses jaar oud word gedurende die jaar (enige maand), kan jy haar inskryf vir Graad R. Die skoolpligtige ouderdom vir Graad 1 is 7 jaar. As die outjie nog nie in die skool is in die jaar waarin sy 7 word nie, moet ‘n mens na die onderwysdepartement toe gaan vir toestemming. Lees gerus ook hierdie dokument.
LikeLike
Mar 26, 2018 @ 20:54:57
Goeie naand ek wil my kleuterskool regestreer by Education GR.RRR.RR.R
WAAR KAN Ek dit doen my salabisse kry .my safety file vir skool ak daai goed wie kan ek bel
LikeLike
Mar 26, 2018 @ 21:31:40
Hallo, Elize 😉
Sover ek verstaan, word Graad R by die Onderwysdepartement (plaaslike distrikskantore) geregistreer en die dagsorg/voorskool word by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling/Werke geregistreer. Kontak gerus die plaaslike kantore om met hul adviseurs te praat.
Hier aan die regterkant van my blog is sowat 4/5 “Dagsorg”-skakels onder die hofie “Verskeie skakels” gelys. Loer gerus daarna.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Okt 11, 2018 @ 09:01:40
Goeie dag.
My seuntjie het 5 Julie 6 geword en is in n privaat skool graad r. Hy sukkel nog met klankies en tel net tot 20. Na 20 begin hy deurmekaar raak. Die skool sê as hy nie voor einde van jaar reg kom nie kan hy nie verder daar skool gaan nie want hy gaan nie graad 1 toe kan gaan nie en gaan te oud wees vir graad r.
Is homeschooling dan n opsie?
Groete,
Jaco
LikeLike
Okt 11, 2018 @ 19:12:09
Hallo, Jaco 😉
‘n Mens kan die outjie deur ‘n opvoedkundige sielkundige laat evalueer om te bepaal waar die uitvalle lê. Indien hy die klanke dalk nie korrek kan hoor nie, kan verwarrings voorkom en kan ‘n gesoute spraak- en taalterapeut help. Indien daar ‘n kombinasie is (bv. dat hy nie die klanke korrek kan identifiseer, skryf en dalk omkeer), sal die sielkundige raakvat aanbevelings (waarskynlik arbeidsterapie) kan maak. Indien julle individuele hulp (remediërende juffrou/oudonderwysers in die Grondslagfase/Kindertuin) kan opspoor om minstens twee maal per week te help, sal dit kan help om sy vaardighede ekstra ontwikkeling te gee.
Heelwat kinders kry meer tyd in Graad R – indien die outjies nog nie gereed is vir Graad 1 (formele skoolonderrig) nie. Die skool kan by die plaaslike onderwysdepartement/skooldistrikskantore aansoek doen om kwytskelding van skoolpligtigheid indien die outjie nie skoolgereed is nie. Enige verslae van kundiges sal as stawende dokumente dien.
Indien hy Graad 1 toe gaan, kan ‘n mens hom met die aanbevole dienste van dag een af ondersteun. Skole gee ook ekstra klassies (Intervensie) om outjies te ondersteun.
Tuisonderrig is iets wat ‘n mens later kan probeer. Ek sou aanvanklik die hoofstroom of gewone klasse ‘n kans wou gee.
Tik gerus soekterme soos “middellyn, tuis idees, oefen self, syfer, vorms, robotkaart, abc uitspraak, abc skryf, liedjies, rympies,ouditiewe, visuele, potloodgreep, knip…voorskoolse…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees wat moontlik kan help.
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Okt 12, 2018 @ 07:17:46
Baie dankie. hy het alreeds die 3de kwartaal met arbeids terapie begin so ook spraak terapie want ons het gedink hy het n hakkel probleem maar na een kwartaal praat hy vlot want sy vorige skool was sy probleem. daar hethul sommer engels en afrikaans gemeng en die outjie het later nie geweet wat hy is nie.
dankie vir raad.
groete
LikeLike
Okt 12, 2018 @ 13:21:00
Wonderlik, Jaco 🙂
Dit klink asof dinge nou in plek begin val. Voorspoed met die laaste stukkie van die skooljaar!
LikeLike
Jan 23, 2019 @ 09:08:43
Hello Juffer
My seun word 5 Dec 2019. Kan ek hom al volgende jaar vir Graad R inskryf?
LikeLike
Jan 24, 2019 @ 14:08:29
Hallo, Zel 😉
Jy kan hom inskryf vir Graad R. Ek sou egter aanraai dat jy hom gedurende die Graad R-jaar vir skoolgereedheid laat toets as daar enige kommer is. Outjies wat laat in die jaar verjaar, is soms nie heeltemal opgewasse vir die vereistes van Graad 1 nie, maar dit verskil van kind-tot-kind.
‘n Opvoedkundige sielkundige sal stawende bewyse (‘n volledige verslag) kan verskaf om aan julle en die skool raad en leiding te gee.
Tik gerus ook soekterme soos “voorskoolse, Graad 1, Graad R, skoolgereed…” hier by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer inligting.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 06, 2019 @ 09:50:51
Hello Juffer
Baie dankie vir u raad. Ek waardeer baie
LikeLike
Feb 07, 2019 @ 01:07:02
Dis ‘n groot plesier. Loer gerus weer in. 🙂
LikeLike
Feb 28, 2019 @ 08:42:25
Hello Juffer
Ek skryf met my regter hand maar eet met my linker hand.
My seun is nou 4 jaar. Hy kan n sker beter met sy regter hand hanteer maar is gemakliker om met n potlood met sy linker hand vas te hou.
Hoe kan ek hom help om te skryf?
LikeLike
Feb 28, 2019 @ 14:12:17
Hallo, Zel 😉
Op 4 jaar ontwikkel die outjies nog hul hand dominansie. Loer gerus na hierdie skakels om te kyk hoe die potloodgreep (ook vir die linkerhand) sou wees en hoe om die aanvanklike letters en syfers te vorm.
In die outjie teen die middel van Graad R steeds nie ‘n hand gekies het nie, kan julle ‘n gesoute arbeidsterapeut kontak om te hoor of dit ‘n probleem is.
Tik gerus ook soekterme soos “knip, fynspier, robotkaart, arbeidsterapie…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant van my blog in vir soortgelyke idees. 🙂
LikeLike
Des 04, 2019 @ 14:32:09
Goeie dag,
My dogtertjie gaan Graad R toe volgende jaar wat sy 5 word omrede die skool haar ‘n jaar aan beweeg het , so sy sal dan 6 wees in Graad 1. Is dit ‘n goeie of slegte ding as jou kind ‘n jaar vroer graad 1 begin? Is dit dalk beter om haar nog ‘n jaar te hou in graad RR sodat sy graad 1 toe gaan as sy 7 word?
LikeLike
Des 05, 2019 @ 03:14:47
Hallo, Richard 😉
Graad R is die aanvangsjaar van die Grondslagfase en gewoonlik gaan die outjies skool toe (Graad 1) die jaar waarin hulle 7 word. Praat gerus met die skool hieroor. Julle (as ouers) kan aansoek doen om ‘n ekstra jaar in Graad R te doen as sy wel Graad R toe gaan. Graad RR is nog nie deel van die Grondslagfase nie, so as julle haar sou wou terug hou, is dit jul keuse.
Loer gerus hier na die basiese riglyne vir skoolgereedheid (gereedheid vir formele leer in Graad 1). Dit sal vir jou ‘n goeie idee gee van waarheen julle oppad is in Graad R en 1.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jun 01, 2020 @ 13:31:19
Goeie dag
My seuntjie is nou 5 jaar oud en moet dus volgende jaar Graad R toe gaan. Is dit beter om hom in die kleuterskool te hou vir graad R of is dit beter om hom laerskool toe te stuur?
LikeLike
Jun 02, 2020 @ 00:43:13
Hallo, Charlene 😉
Indien die laerskool se Graad R-klas as hul voedingsklas vir Graad 1 dien, hoor gerus of julle dan nou al vir Graad 1 moet kennis gee/aansoek doen om ‘n plekkie te verseker. Dit behoort nie ‘n probleem te wees nie.
Ek weet dat sommige skole reeds op Graad R-vlak met sport begin (bv. rugby). Indien julle iets soos nasorgdienste benodig, sal dit seker ook ‘n rol speel.
Praat gerus met beide skole oor die kurrikulum wat hulle volg. Indien sy huidige skool wel die KABV-/CAPS-kurrikulum in Graad R volg (en as die personeel daarin opgelei is), sou dit dalk waardevol wees om hom in ‘n bekende omgewing te hou – waar die opvoeders steeds op sy skoolgereedheidsvaardighede sal fokus.
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Sep 08, 2021 @ 06:12:20
Goeie dag ek wil graag hoor. My seun verjaar 15de November. Hy is nou reeds in Gr1 maar word die November eers 7… Dink jy ek het hom te vroeg in gesit.
Groete Chantel
LikeLike
Sep 08, 2021 @ 12:53:55
Hallo, Chantel 🙂
Elke kind ontwikkel en bereik mylpale teen verskillende tye. Het dit tot dusver goed gegaan met Graad R en 1?
Wanneer outjies huil om skool toe te gaan, sukkel met die stywe pas van skool, sport en huiswerk en worstel om by te hou met die skoolwerk vir ‘n hele dag lank, kan dit daarop dui dat die lyfie nog nie gereed is vir die uitdaging nie. ‘n Mens kan met die huiswerk help en vra of die juffrou intervensie (ekstra) klassies aanbied, ens. om te help.
Indien die outjie baie gespanne is, kan ‘n mens uitvind of daar iemand is wat spelterapie aanbied (gewoonlik ‘n opvoedkundige sielkundige en/of opgeleide maatskaplike werksters) om ‘n bietjie te help.
Weet egter dat baie kinders in Oktober tot Desember verjaar en baie goed vorder. Gesels gereeld met die juffrou om te hoor waarmee ‘n mens kan help en loer gerus ook na die verkorte inhoudsopgawe hier aan die regterkant om met verskillende konsepte soos klanke, spelwerk, lees en wiskunde te help 🙂
https://juffer.wordpress.com/tag/skoolgereed/?iframe=true&preview=true/feed/,
LikeLike