Hierdie vaardighede is belangrik in die gereedmaking vir die GROOT SKOOL. Dis ook dinge waarna die Graad 1-juffrou spesifiek kyk tydens die eerste paar weke van die jaar. Veral mamma’s van Graad R-kinders kan hierdie doelwitte in gedagte hou vir die einde van die jaar. Vra gerus vir Juffrou vir ‘n paar oefeninge om die vaardighede te verbeter.
OUDITIEWE ONTWIKKELING
• Kan geluide herken (wat raas so? watter geluid maak die koei? )
• Kan tussen geluide onderskei (Is dit ‘n motor of ‘n lorrie wat so dreun? )
• Kan ooreenkomste herken (Sannie sê sy sal…al die woorde begin met ‘n “s”)
• Kan instruksies uitvoer (Tel op jou sak, hang dit op en was jou hande.)
• Ouditiewe geheue (onthou wat gehoor is – bv. telefoonnommer)
• Kan rympies en stories memoriseer (Oorvertel)
VISUELE ONTWIKKELING
• Kan verskille raaksien (Soek die verskille tussen twee eenderse prente)
• Kan ooreenkomste raaksien
• Kan legkaarte voltooi (bou sommer baie! 24, 50, 80, 100 stukke)
• Kan kleure identifiseer (swart, wit, bruin, primêr en sekondêr)
• Kan vorms herken (sirkel, vierkante, reghoek, driehoek)
• Visuele geheue: Kan eie naam herken
• Herken ander se name
• Herken logo’s, handelsname en advertensies (Checkers, Dettol, Edgars, Kellogs)
GROOT EN KLEINSPIERVAARDIGHEDE
• Kan groot voorwerpe hanteer – gooi van bal
• Voet-oog koördinasie – skop van bal
• Hand-oog koördinasie
• Ritme en beweging (aksies)
• Kan ‘n verfkwas hanteer
• Kan kryte hanteer
• Kan prente teken
• Kan prente voltooi
• Kan ‘n skêr hanteer (Knip)
• Kan ‘n potlood hanteer
• Kan kolletjies volg (dot-to-dot)
• Kan ‘n eenvoudige prentjie inkleur
GELETTERDHEID
• Kan sy/haar eie naam sê
• Kan sy/haar naam skryf (eerste letter is ‘n hoofletter en die res is kleinletters)
• Gebruik voldoende woordeskat (geen “babataal” meer nie)
• Gebruik logiese woordorde
• Kommunikeer vrylik
• Ken woorde van liedjies en rympies
• Vertel stories
• Kan prente interpreteer
• Kan liggaamstaal interpreteer
• Kan liggaamsdele benoem
• Links na regs oogbeweging
• Praat duidelik
• Kan uitdrukking gee aan opinies en idees
• Kommunikeer in volsinne
• Kan boeke, tydskrifte hanteer
SYFERKUNDIGHEID
• Kan rympietel 1 – 10
• Herken syfers 1 – 5
• Konsepte: tyd (vandag, gister), grootte, lengte, massa, kapasiteit, geld, posisie (voor, agter, eerste)
LEWENSVAARDIGHEDE
• Ken ouderdom
• Ken telefoonnommer
• Ken adres
• Kan saamwerk met ‘n maat
• Kan onafhanklik werk
• Goeie aandagspan
• Kan probleme oplos
• Leierskap
• Selfvertroue
• Respekteer ander
Feb 10, 2009 @ 09:40:30
Baie dankie vir al die oefeninge en hulp. Ons werk elke aand bietjie by die huis, wil nie teveel te vinnig nie, want ek is bang sy gee moed op, en ek weet nie hoe baie ek haar kan druk nie, het haar toe laas week by die arbeidsterapeut gehad vir haar eerste sessie, so toe het hul hand oog koordinasie gedoen, en sy het huis werk gekry, so sy is baie opgewonde, en die juffrou het darem gesê sy sal ook ekstra huiswerk stuur om haar te oefen.
LikeLike
Feb 10, 2009 @ 18:53:27
Dis ‘n plesier…sterkte met al die uitdagings en gesels gereeld met die juffrou en arbeidsterapeut – selfs al klink die vraag onbenullig. Hoe “wyer” die kommunikasiekanale oop staan, hoe vinniger kan ‘n probleempie aangespreek word 😉
LikeLike
Sep 07, 2010 @ 14:00:51
EK SOEK GRAAG INLIGTING VIR MY 4JARIGE DOGTERJIE VIR HAND EN OOG KOORDINASIE ASB. IS MOEILIK OM IETS OP WEBTUISTES TE KRY
LikeLike
Sep 08, 2010 @ 18:42:06
Hello, Ilse 😉 Ek sou die oefeninge so eenvoudig as moontlik hou. Druk paaie uit en plaas dit in ‘n plastieksakkie. Vra jou dogtertjie om die paaie dan met haar vinger of ‘n speelding (karretjie, pop…) te volg. Hou by kort, reguit lyne of lyne met effense boë.
Jy kan ook oogbeweging oefeninge probeer of meer fisiese oefeninge om die oog-hand koördinasie te ontwikkel. Probeer rygwerk – pons gate om die rand van ‘n karton en gee ‘n lekker stewige veter om te ryg. Trek paai om ‘n bladsy en vra jou dogtertjie om met die vinger van links na regs te beweeg sonder om aan die kante (sypaadjies) te raak. “Teken” vorms met die vinger op die mat, badkamerteëls… Soek van die “grafietbordjies” waar die outjie ‘n prentjie kan teken en uitvee. Doen alles spelenderwys en geniet dit! 😆
LikeLike
Feb 11, 2011 @ 20:01:23
Hi ek soek asb ‘n idee vir ‘n projek om ‘n “vaardigheid” vir kinders/ou mense te leer. Die doel is om op die ou einde die item te kan verkoop. bv. Mosaiek
LikeLike
Feb 12, 2011 @ 14:55:41
Hello, Amoret 😉
Gits, ek het sulke kunsvlyte op verskillende plekke op die blog. Dalk kan jy soekterme soos valentyn, moedersdag…by die soekblokkie intik. Daar is heelwat kunsvlyte en projekte. 😉
LikeLike
Jun 10, 2015 @ 14:59:33
My dogtertjie van 3 is in die kleuterskool. Ek wil haar graag n paar goedtjies leer. Enige voorstelle.
LikeLike
Jun 10, 2015 @ 17:51:44
Middag, Rina 😉 Ek is nie opgelei om met die heel kleintjies te werk nie, maar jy sal wel idees kry in dien jy soekterme soos “links en regs, rympies, stories, liedjies, fynspier, handspier, knip, ogies, ouditiewe, visuele, posisie, middellyn, spiertonus…troeteldier, lente, somer, winter, herfs, vadersdag, moedersdag, water, grond, herwin, vervoer, beroep, plaasdier, dokter…” by die bruin soekblokkie regs bo-aan die bladsy in tik. Loer ook na die lysie skakels aan die regterkant – veral dié onder “verskeie”.
LikeLike
Sep 03, 2015 @ 19:58:02
Hoe begin jy om ‘n afrikaanse seun van 19 jaar oud te leer wat nog nooit in ‘n skool was nie?
LikeLike
Sep 09, 2015 @ 01:42:35
Hallo, Dewald 😉
Was daar spesifieke redes (kognitief, leerhindernisse) waarom hy nie in ‘n skool was nie? ABET onderwys kan heel waarskynlik help. ‘n Mens sou deur die prosesse van Graad R tot matriek kon gaan, maar die inligting, tema’s of verwysingsraamwerk mag dalk nie op sy ouderdomsvlak wees nie.
Jy kan soekterme soos “CAPS, abc uitspraak, abc skryf, klanke, hersien, tweeklank, drieklank, sigwoord, dubbelklank, rympie, storie, liedjie, lees, wiskunde huiswerk, afrond, bewerkings, woordsom, veelvoud, maaltafel, deling, skrif, skryf, b en d, e klink soos i, verkleinwoord, posisie, links en regs…flits” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir verskeie skrywes en hulpmiddels. Praat net met ‘n ABET-sentrum om ook hul insette (en meer ouderdomstoepaslike idees) te kry.
Voorspoed 😉
LikeLike
Jan 06, 2017 @ 06:49:25
Ek geniet hierdie Klaskamer Baie.Was grondslagfase Juffrou vir baie jare. Onderwys bly maar in jou bloed. Gaan dit nou op my kleinkinders toepas. Baie dankie.
LikeLike
Jan 06, 2017 @ 14:55:53
Baie dankie vir die inloer, Juffrou Annamarie 😉 Kom kuier gerus weer.
LikeLike
Jan 06, 2017 @ 22:05:46
Ek is n ouma – mamma vir my kleinseun. Weens probleme in sy kleintyd was daar n agterstand, en op ons versoek gaan hy nou eers Grd 1 toe na hy nou reeds 7 geword het, Hy het egter nou mooi ingehaal op alles. Al wat ek wil weet, hy kan nie die letter R se nie, dit kom as n L uit. .. Beteken dit iets spesifiek waaraan ons nog moet aandag gee? Miskien Arbeids terapie, of sal dit vanself later reg kom? Skryf, verf en inkleur is nog maar rof, nie soos n dogtertjie sin nie..? is dit n probleem? Verder is hy baie goed met al die vrae wat gevra is hierbo. ..(n Ouma het baie leiding nodig,..smile)…Baie dankie.
LikeLike
Jan 06, 2017 @ 23:33:04
Hallo, Daleen 😉
Die uitspraak van die “r” ontwikkel soms later as die ander klanke. Indien die outjie die “r” met “l” of “h” vervang, kan dit soms tot spel uitvalle lei. Dit sou wenslik wees om ‘n gesoute spraak- en taalterapeut te nader vir ‘n paar riglyne om voorkomend op te tree. Skole het dikwels spraakterapeute wat op die perseel werk. Hoor gerus by die skool. (Sien ook: Taal en spraakontwikkeling)
Ja, dit gebeur dikwels dat die seuntjies en dogtertjies se ontwikkeling verskil. Tik gerus soekterme soos “handspier, potloodgreep, knip, perseptuele, ABC skryf, robotkaarte, arbeidsterapie, Graad 1…” (ook later: ogies, visuele, ouditiewe, ABC uitspraak, klanke, hersien, flits, sigwoord, nuwe leser, lees…) by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, maak flubber en probeer die oefeninge in die onderskeie skrywes vir die eerste twee tot drie weke. Indien dit nie vrugte afwerp nie, kan julle ‘n arbeidsterapeut raadpleeg. Gesels ook gereeld met die juffrou. Sy sal julle met oulike idees kan help. Om voorkomend op te tree, gaan beslis in julle guns tel.
Voorspoed met al die lekkertes van Graad 1!
LikeLike