Advertisements
Tuiste

Bybelverhale en Sondagskool

6 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Ek het ‘n paar navrae in verband met Bybellesse en Sondagskool ontvang.  Ek plaas hiermee skakels na baie oulike webtuistes wat idees bied om die lesse vas te lê.  Dit is nie ‘n kurrikulum nie en dien slegs as aanvullende hulpmiddels vir die jongspan.

Elektroniese boeke en gebede

‘n Leerplan

Afrikaans

1.  Bybelklub

2.  Om te probeer verstaan

3.  Webwoord

4.  Gebede

5.  Hulpmiddels en boeke

6. Werksvelle

7. Sondagskool blog

8. My Aktiwiteit Bybel

9. Die Here is my herder (trek na of gebruik as muurkaart)

10.  Die liefde (trek na of gebruik as muurkaart)

11.  Psalm 16

12.  Die man wat blind gebore is.

bybelstorie 13.  Die verhaal van Daniël.

14. My eerste Bybel doen en leer boek. (afr_boek_1volledig)

15. My tweede Bybel doen en leer boek.  (afr_boek_2volledig)

16. Jesaja 9 vers 5

17. Johannes 3:16

Engels

1. Bible for Children

2. Kids Sunday School

3. Garden of Praise

4. DLTK (Sluit kunsvlyt idees in)

5. Sunday School Printables

6. Christian Preschool Printables

7. Danielle’s Place

8. Bible Kids

9. File Folder Fun (skryf in – gratis)

10. My first do and learn book

11.  My Second do and learn book

Inkleur 1. Coloring-pages 2. Bible coloring pages 3. Christian Coloring pages

Hallelujah

Somer Kersfees

Stille Nag

Advertisements

rympies

79 Kommentaar


 

rympiesKinderrympies is maar redelik skaars op die internet.  Die volgende skakels sal jou na webtuistes lei waar jy ‘n paar goue oues kan ontdek:

Prosa, ens.

Juffer se alfabetrympies (ook in skrifwerksvelle)

Paasfees

2 Kommentaar


Dit is Paasfees en die kleingoed soek moontlik na lekker besigbly idees om hierdie spesiale naweek te vier.  Hierdie idees fokus op versierings en kunsvlyt:

  • Sny groot kruise uit ou koerantpapier.  As jy ‘n lekker dik veselpen (koki) gebruik, kan die kleingoed dit self doen.  Laat hulle die kruise met dik verf en koekiedrukkers (of selfs hande) versier of verf dit met verskillende kleure voedselkleursel.  Dit kan die kamerdeur of ‘n buitemuur versier.  Indien die outjies oud genoeg is, kan hulle gepaste Bybelverse op die kruise skryf.
  • Plak ‘n kruis vol munte om in ‘n kollektebordjie te plaas.
  • Maak items vir ‘n Opstandingstoneel.  Dit behoort ‘n oulike uitstalling te vorm of kan ‘n vertelling vergemaklik.
  • Doen ‘n bietjie patroonwerk met iets soos jellie beans (ovaalvormig) of ringvormige lekkers (life savers).  Die ringvormige lekkers sal maklik geryg kan word, maar ‘n volwassene sal beslis met die jellie beans moet help.  Maak dan armbande as ‘n Paasgeskenk.
  • Sny ovaalvormige sjablone of stensils uit harde karton of ou x-straalplate.  Trek dit af op “scrapbook”-papier en verdeel jou ovale tussen eiers en hasies.  Die vorms is lekker eenvoudig vir klein handjies om uit te knip.
    • Maak ‘n “kringetjies en kruisies” raamwerk (op papier/met stokkies of linte) en speel julle eie speletjie.
    • Pak verskillende patrone met die vorms.
    • Hang dit aan droë takke as versiering.
    • As jy verskillende papier gebruik, kan jy dalk twee vorms van elk maak.  Die outjies moet dan soortgelyke papier bymekaar pas of selfs ‘n eier en ‘n hasie van dieselfde papier pas.
  • As jy ‘n dekoratiewe pons het – een wat ‘n oulike prentjies maak of selfs net ronde gate – kan julle verskillende kleure papier vol gate druk.  Versamel die confetti en plak dit op ovaalvorms of tuisgekleurde eiers.  Hierdie drukwerk is sommer ‘n lekker oefening vir die handspiere (fynspiere).  Julle kan natuurlik ook ou koerante met verskillende kleure voedselkleursel verf, laat droog word en dus julle eie papier maak of herwin.
  • Sny hasies uit verskillende tipes papier (gekleurde koerantpapier, bruinpapier, bont papier, afval geskenkpapier).  Gebruik die hasies op kaartjies of plak/stik hulle op ‘n lang stuk lint vas.  Dit kan ‘n pragtige vensterversiering maak.
  • Sonvangers:  Trek ‘n groot eiervorm op witpapier.  Laat die outjies dan vetkryt skerp maak en strooi die skaafsels rond-en-bont op die eier.  Plaas ‘n vel bruinpapier of waspapier bo-oor en smelt die kryt met ‘n strykyster.  Die strykyster kan natuurlik met ‘n lekker warm oondpan vervang word (soos ‘n pers).  As die kryt gesmelt het en jy tevrede is met die kleurverspreiding, kan julle die eier met verdunde voedselkleursel verf of net so gebruik.  Knip die eiervorm uit en hang dit iewers voor ‘n ruit of bo die etenstafel op.
  • Laat die kleingoed confetti uit bont papier druk en strooi dit oor ‘n ovaalvorm.
  • Versier lepels met sjokolade – om ‘n sjokoladedrankie mee te roer.
  • Kuikens:  Gebruik ovaalvormige vorms om drukwerk te doen.  Gebruik geel verf vir die ovaalvorms en wanneer dit droog is, kan julle oranje driehoekbekkies daarop plak of druk.
  • Kuiken in ‘n eier: Trek ‘n sigsaglyn deur ‘n eier en knip dit deur.  Plak die helftes op die afsonderlike bene van ‘n wasgoedpennetjie.  Maak ‘n kuikentjie om agter (“in”) die onderste helfte te plak.  Nou kan die kuiken vir jou loer met elke knyp.

 

Outisme Spektrum

1 Kommentaar


April is Wêreld Outisme-bewustheidsmaand en die 2de is tradisioneel die dag waarop mense wêreldwyd hierdie bewustheid vier en probeer uitbrei.  Lees gerus meer oor wat die Spektrum behels (bv. outisme handleiding en verklarings en eienskappe van die spektrum), maak bewustheidslinte, kleur die linte in, verf jou naels blou, kleur jou hare of maak ‘n paar aanpassings in jou klerekas.

Loer gerus na nog skakels aan die regterkant en ook na die skole wat onder “verwysings” gelys is.  Dr. Grandin het ook interessante insigte.

%d bloggers like this: