Tuis

Geskenk idees

4 Kommentaar


Heelwat mense het begin loer na moontlike idees vir geskenke.  Daar is geskenk idees in verskeie skrywes op my blog beskikbaar.  Hiermee ‘n paar idees vir…

Tik gerus soekterme soos “valentyn, moedersdag, vadersdag, onderwyser, waardering, waardeer, kaartjie, Kersfees, dankie, boodskap, geskenk…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Kersfees

Lewer kommentaar


Kersfees is om die draai en is ‘n opwindende tema.  Wat kan ons in die klas doen om vir Kersfees voor te berei?

  1. ‘n Boekmerk (hang verskeie aan die boom om uit te deel) en ‘n boodskap (rol op, bind ‘n lint om die rol en plaas dit by elke bord).  Jesaja 9 vers 5
  2. Noordpoolkoeverte A5
  3. Gloeilamp-sneeuborrels:  Vra ou gloeilampies of koop ‘n paar.  Indien jy deursigtige kersborrels kan kry, gebruik dit eerder.  Wikkel die skroefkoppie los en breek die filament met ‘n knyptangetjie uit (voorafwerk – met ‘n lappie of ‘n handskoen).  Sny ‘n leë toiletrolletjie in ringetjies om ‘n rusplek vir die gloeilamp te vorm.
    • Vul nou die binnekant met blinkertjies (goud of silwer) of Engelse sout en skroef toe.  Knoop ‘n toutjie om die skroefdeel en hang aan die boom.
    • Werk bo-op ‘n ou handdoek of sagte oppervlak.  Kies een tot drie kleure vetkryt om skerp te maak.  Glip een kleur se was in en verhit met ‘n haardroër sodat die was smelt en rond gly.  Wag totdat die was afkoel en voeg ‘n ander kleur by.  Seël en hang aan die boom of hang verskeie lampies tussen die kersliggies op.
    • Druk die buitelyne van ‘n ster, sneeuvlokkie, ens. op papier.  Plaas die vel papier in ‘n lêersakkie of plaas plastiek bo-oor.  Trek die vorm na met houtlym (‘n botteltjie met ‘n nou/dun punt) en sprinkel blinkertjies bo-oor die nat gom.  Wanneer dit droog is, kan ‘n mens die gom versigtig oplig en met ‘n knyptangetjie binne-in die gloeilampie laat sak – blinkertjies teen die glas.  Spuit ‘n bietjie haarsproei binne-in die lampie om die vormpie aanvanklik te laat heg.  Gebruik alternatiewelik blinkertjiegom.
    • Teken ‘n sneeuvlokkie of skryf ‘n naam buite-op die gloeilamp, trek na met gom en sprinkel poeier bo-oor.
    • Giet of drup naellak binne-in die lampie en beweeg of rol dit rond om die binnekant te dek.  ‘n Blinkerige naellak sal mooi in kerslig skitter.
    • Pons gate uit foelie, spuit spuitbare gom of haarsproei binne-in die gloeilamp, swaai of skud rond en gebruik ‘n knyptangetjie om die foelie confetti binne-in te laat sak.
    • Spuit gom of haarsproei binne-in die gloeilamp en giet blinkertjies met behulp van ‘n tregter binne-in die gloeilamp.  Seël en skud om die blinkers te versprei.
    • Pluis wit watte in ‘n pofferige wolkie.  Plaas dit binne-in die gloeilamp en sprinkel silwer blinkertjies by.  Skud ‘n bietjie om die blinkertjies te versprei.
    • Iemand het vir my ‘n paar groot blinkertjieplakkers gegee.  Ons het dit in stroke gesny en deur ‘n papierversnipperaar gestuur.  Daarna het die outjies ‘n asteriks (*) gevorm en die dele so geplak.  Dit is binne-in die sneeuborrel geplaas en verseël.
    • Kies ‘n kleur en sny die papier in ongeveer 10cm breë stroke.  Stuur dit deur die papierversnipperaar en vul die sneeuborrel daarmee…of plak dit buite-om.
    • As jy ‘n gloeilamp gebruik, kan jy ‘n bietjie olie (kookolie) binne-in giet, skud en uit gooi.  As jy confetti uit ou snesiepapier (vir geskenkpakkies) pons, sal dit aan die olie kleef en glasig of deursigtig word.  Dit lyk soos gebrandskilderde glas in sonlig.
    • As die sneeuborrel in twee helftes oop maak:  Teken ‘n sneeumangesiggie op ‘n styrofoambal en plak hom onder-in die sneeuborrel vas.  Seël of heg die dele met kleurlose naellak.
  4. Versiering:
    • Smeer of bedek ‘n styrofoambal met houtlym of muurpapier-gom en besprinkel met blinkertjies.  Vou bloemistedraad in ‘n lus en steek dit in die versiering.  Rus op ‘n plastiekbotteltjie of ‘n toiletrolringetjie tot droog.
    • Pons gate uit foelie en plak die confetti buite-om die styrofoambal – blink kant bo.
    • Rol of draai gerygde blinkers (sequence) om die styrofoambal en gebruik die punte om ‘n lus te maak.  Hang die versiering daaraan op.
    • Warm gom:  Trek die buitelyne van ‘n sneeuvlokkie op ‘n stuk plastiek.  Gaan dan oor die lyne met ‘n gom geweer en verseker dat jy stadig werk om die lyne dikkerig te trek.  Druk ‘n toutjie (lussie) in een van die punte en drup nog ‘n bietjie gom bo-op.  Sodra dit afkoel, kan ‘n mens die agterkant met water of olie besprinkel om dit teen ‘n ruit te laat vasplak.  Sprinkel ook blinkertjies op die warm gom vir meer sprankel.
    • ‘n Vinnige Kersboom: Sny ‘n basiese boom uit donker papier en vou dit twee of drie keer in die lengte. Laat die outjie gate pons en skuif die voue elke nou en dan. Plak die boom bo-op ‘n kleurvolle agtergrond. Indien dit ‘n ou vel snesiepapier (soos gebruik word in geskenkpakkies) is, plak dit teen ‘n ruit of hang dit voor kersliggies.
    • Probeer ook die bogenoemde met tinfoelie as die agtergrond.  Steek/prik dan gate versigtig deur om ‘n sterrehemel te vorm.  Gebruik ‘n skuifspeld of ‘n tandestokkie – met spons, groot stukke foamalite of oase onder die vel.  Die lig behoort die kolle soos liggies te laat skyn.
    • Gemmerbroodmannetjies:
      Druk prente op bruin, natuurlike karton. Maak ‘n pasta met 1E sout, 1E meel en bietjies-bietjies water. Verf die versierings en plaas in die mikrogolfoond vir 30 sekondes. Vir verskillende kleure, kan jy voedselkleursel én water inmeng.
  5. Wassertjies, krale en moere:  Plaas ‘n versameling wassertjies en krale op die tafel.  Buig ‘n skuifspeld in ‘n s-vorm oop en haak aan ‘n gespande toutjie of draad.
    • Verf die krale of wassertjies met gom en besprinkel met blinkertjies.  Haak dit aan die skuifspeld om droog te word.
    • Verf die krale of wassers met blinkerige naellak en laat droog word.
    • Knoop ‘n lint deur die wasser of kraal om as individuele kersversierings te gebruik of hang meer as een aan die lint.
    • Probeer ook stortgordynhake in plaas van linte.  Ryg dan meer as een wasser per haak.
  6. Sneeuflessies:  Gebruik klein flessies (soos Purityflessies of kleiner).  Rasper wit styrofoam (indien jy nie die los korrels kan kry nie).  Verf krale of sade met blinkerige verf.  Plak dít of iets feesteliks aan die binnekant van die dekseltjie (selfs ‘n Legomannetjie).  Vul ‘n kwart tot ‘n derde van die fles met styrofoamkorrels en die res met water.  Los ‘n lugleegte of ‘n effense gaping.  Skroef styf vas en rus die fles op die deksel.  Die mannetjie behoort dan regop te staan.
  7. “Garland”/stringe:
    • Engelse vlaggies:  Merry Christmas
    • Sny leë toiletrolletjies in ringe.  Verf in feestelike kleure.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens dit plat en teenmekaar rangskik.  Heg met sterk gom.
    • Gebruik ‘n harde buis of plastiek pyp.  Knoop heelwat pypskoonmakers individueel om die buis, knip die orige lengtes af en glip af.  Heg die ringetjies deur dit met die afvalstukkies vas te draai.
    • Maak springmielies.  Ryg dit met ‘n dik borduurnaald en -gare.
    • Sny watte in klein pluisies en ryg met ‘n dik borduurnaald en -gare.
    • Soek bruinpapier met ‘n wit, goue of silwer keersy en sny dit in small stroke.  Voer dit lengte gewys in ‘n papierversnipperaar en stop sowat twee sentimeter van die borand.  Vou die borand oor ‘n toutjie en kram of plak vas.
    • Indien jy nie die bogenoemde papier in ‘n winkel kry nie, gebruik gewone bruinpapier.  Doop ‘n ou tandeborsel in dikkerige wit, silwer of goue verf en spat die verf bo-oor die papier.  Hou die tandeborsel sowat 30 cm bokant die papier.
    • Vou papierdoilies in die helfte.  Skuif inkleurprente met die Kersverhaal tussen die lae in en trek na – aan beide kante.  Kleur die prente in en hang of plak die doilies bo-oor ‘n toutjie.  Indien die buitelyne met swart veselpen getrek word, kan ‘n mens die prente met uitdraaikryte (druk hard) inkleur en dan met flouerige voedselkleursel verf.
    • Steek die Kersverhaalprente bo-op foelie en dan op styrofoam of oase vas.  Gebruik ‘n speld om  al op die lyne langs te pons.  Meet en pas die foelie en prente om buite-om ‘n flessie of glasie te pas.  Plak dit vas en plaas ‘n teeliggie binne-in.
  8. Takkies:  
    • Doop takkies in muurpapiergom of houtlym.  Besprinkel met blinkertjies en laat droog word.  Bind ‘n toutjie of ‘n draadjie aan ‘n punt en hang aan die boom.
    • Spuitverf takkies met silwer of goue spuitverf.
  9. Kaartjies:
    • Teken “holly” blare en verf dit groen.  Meng kersierooi of wynrooi pastadikte verf.  Verskaf kurkproppe, doop dit in die verf en druk dit soos kersies waar die blare ontmoet op ‘n kaartjie.
  10. Kinderbederf:
    • Rasper wit badseep met ‘n fyn rasper en vul klein flessies daarmee.  Teken ‘n sneeuman-gesiggie met ‘n veselpen aan die buitekant, plak ‘n oranje driehoek neusie en gee dit vir elkeen in die klas.
    • In plaas van seep, kan jy die flessie met wit malvalekkers of Jellie Tots vul.  Verf die deksel.
  11. Peuselhappie (Doen-dit-self):
    • Doop soutvrye, geknoopte pretzels halflyf in gesmelte kooksjokolade (melk of donker) en haak aan ‘n skuifspeld oor ‘n bakkie om af te koel en te stol.
    • Sneeumanne:  Pas ‘n malvalekker in die middel van en bo-op ‘n koekie (soos ‘n Oreo).  Verhit in die mikrogolfoond (10 sekondes op ‘n slag) totdat die malvalekker oppof en begin smelt.
    • Rol blaardeeg uit.  Druk sirkels met glasies uit. Gebruik ‘n stomp tande- of sosatiestokkie om ‘n sneeumangesiggie te pons.  Spuit ‘n bietjie Spray and Cook op ‘n bakplaat of smeer botter.  Smeer met ‘n bietjie melk oor die deeg en bak tot goudbruin.  Doen dieselfde met kort worsrolletjies.
  12. Hempies:
    • Gebruik wit frokkies of t-hempies en trek dit oor ‘n stuk karton.
      • Sneeuman:  Maak dotjies of kolletjies met ‘n swart veselpen en dan met ‘n lapverfspuitbotteltjie.  Trek ‘n driehoekie neus met oranje verf.  In plaas van die botteltjie, kan ‘n mens die agterkant van ‘n potlood of oorstokkies in die verf doop en druk.
      • Kersboom:  Trek ‘n groot driehoek met groen verf en verf die hele driehoek.  Daarna kan ‘n mens helder kleure kolle al om en oor die boom druk.
    • Belangrik:  Laat die t-hemp bo-op die karton droog word om vlekke te voorkom.  Dop om en stryk aan die binnekant en/of plaas die hempie in ‘n tuimeldroeër.

IMG_20151215_153255IMG_20151213_100031_edit

Screen Shot 2015-12-14 at 9.03.52
Tik gerus soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Basiese meervoude

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-02-21 at 18.36.35Kry die woord ‘n -s, -e of -we?  Hoe gemaak met die verdubbeling van ‘n medeklinker in meervoude soos katte?  Hoe gemaak met die weglating van ‘n klinker in meervoude soos tone?

Hierdie pakket som basiese spelwyses van meervoude op en verskaf ‘n skyfievertoning om die verdubbeling van die medeklinker of weglating van ‘n klinker te verduidelik.

Loer gerus ook na die lysie skakels aan die regterkant – onder “Geletterdheid” – vir enkele idees.

 

basiese meervoudemeervoude

einde van die jaar

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-11-17 at 18.03.31

Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen om die skooljaar af te sluit.

  • Gebruik die onderstaande boodskappe voor-op ‘n kaartjie of op vlaggies.
  • Druk vlaggies en hang dit op.
  • Maak soutklei en laat die klas sirkels met plastiese glasies uitdruk.  Druk ‘n duimafdruk in ink en dan op die klei (of sonder ink), skryf die outjie se naam en die datum by en pons ‘n gat vir die toutjie. Ryg ‘n stelletjie aan ‘n toutjie vir die klas se kroonlysie en maak duplikate wat die outjies aan hul kersbome kan hang.  Skryf ‘n boodskap op elke versiering se keersy om dit ekstra spesiaal te maak.
  • Druk ‘n klasfoto (of rol een af) op ‘n A4-grootte en laat elkeen sy/haar naam agter-op skryf voordat jy dit vir elkeen in die klas afrol (swart/wit of kleur).
  • Indien julle foto’s gedurende die jaar geneem het, maak ‘n collage van verskillende foto’s en heg ‘n verjaarsdagkalender onderaan.  Skryf elkeen se verjaarsdag op die kalender, sodat die maats mekaar kan onthou.
  • Vra dat die ouers gloeilampe skenk en verskaf glasverf.  Die outjies kan ‘n boodskap, woord, jaartal, patrone, ens. op papier ontwerp (vet simbole) en dan met ‘n permanente veselpen (koki) oorteken op die gloeilamp.  Verdeel die lampie in blokkies soos gebrandskilderde glas en verf die dele in verskillende kleure.  Hierdie kunswerkie gaan die outjies lank aan hul jaar herinner.
  • A5 Koeverte (nog koeverte)
  • Afskeidsrympies

Screen Shot 2015-10-05 at 15.16.06

verjaarsdagnamedankie1dankie8 dankie7 dankie6 dankie4 dankie3 dankie2 dankie5

Sien ook einde van die jaar.

Beurse

8 Kommentaar


onderwysbeurs

Klik op hierdie skakels vir meer besonderhede.

Onthou

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-11-08 at 14.15.55

Op 11 November dra ons ‘n rooi papawer om oorlogsoldate te onthou en om hul opoffering te herdenk.  Op die 11de dag van die 11de maand, om 11:00 vm, word ons vir 2 minute stil.  Tradisioneel is die stiltetyd om 12:00 rondom die middagsein of -skoot in Kaapstad gehou.

  • Berei ‘n lang strook papier vir ‘n muurtoneel voor, deur die boonste deel blou en die onderste helfte groen te verf.  Indien jy die verf met sponsdrukwerk wil aanwend, kan ‘n mens selfs die kleure effens in mekaar laat vloei.  Gebruik ‘n ou kam om vertikale strepe in die groen gras te trek.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens skakerings van rooi en donker oranje verf meng.  Verseker dat dit dikkerig (soos tandepasta) is en skep dit in plat bakkies of borde.  Laat die outjies die vuis bal en doop die pinkiekant in die verf voordat die papawers op die “veld” gedruk word.  Skryf die name liggies by elke blom by.  Wanneer die rooi verf droog is, kan ‘n mens ‘n duim in geel en dan swart verf doop en in die middel van die blom druk.  Rond die muurtoneel af met gepaste woorde soos “Ons onthou…“.
  • Doop koffiefilters in flou rooi waterverf of ‘n voedselkleurselmengsel.  Die filters absorbeer die kleur baie vinnig.  Vou die filters soos blomme (met ‘n tuit) toe en laat dit droog word.  Doop ‘n kwas in swart verf en laat die ergste waterigheid af drup.  Maak die blomme effens oop en verf die binneste of middelste deel.  Sodra dit droog is, kan die blomme op individuele prente of ‘n muurtoneel geplak word.
  • ‘n Mens kan bogenoemde met kolwyntjiepapiertjies doen.  Indien jy die papier ‘n bietjie stewiger of stywer wil maak, verf dit met muurpapiergom (koop koevertjies by hardeware winkels).
  • Doop die onderkant van gaskoeldrankbotteltjies in dikkeringe rooi verf om blomme te druk.  Doop dan ‘n krukprop in swart verf vir die middel.
  • Sny ‘n papawer uit die onderkant van ‘n gaskoeldrankbotteltjie.  Gebruik spuitverf om dit rooi te verf.  Kleur ‘n sagte vilt- of watteballetjie swart en plak dit in die middel.
  • Spuitverf metaal botteldoppies met rooi verf en doop ‘n potlood se uitveër in swart verf vir die kern.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens gom liggies in die middel verf en goue blinkertjies sprinkel.  Plak op ‘n borsspeldjie vas.
  • Maak ‘n rooi wolpom-pom, sprei die wol oop en werk ‘n swart knopie vas…of plak ‘n viltballetjie vas.
  • ‘n Mens kan rooi viltpapawers uitknip, ‘n swart knoop op die geel deel plaas en dit vas werk of gom.  Werk dit aan ‘n klein doekspeldjie vas, plak dit op ‘n klein kaartjie vas of maak ‘n krans uit die klas se versameling.

Dra die papawers tydens ‘n besoek aan die plaaslike tehuis vir bejaardes of neem dit na die dorp se helde-akker.  Nooi gerus families saam…

just niusance

Just N

forbetterorforworselynnjohnston

vlaandere

Google Docs en Google Classroom

Lewer kommentaar


Google het ‘n oulike toep (app) vir ouens wat sukkel met die spel- en tikwerk.  Begin deur ‘n “gmail”-rekening te skep.  Gaan dan na die toep-opsies regs, bo-aan die webblad en klik op die blokkies.

Screen Shot 2015-11-05 at 16.46.18

  1.  Google Docs het ‘n blou prentjie.  Klik daarop om ‘n nuwe dokument oop te maak.

Screen Shot 2015-11-05 at 16.46.31

Dit werk nou net soos ‘n Word-dokument en jy kan jou werk privaat aanlyn (onder jou e-pos inskrywing) stoor.  As jy lus het vir iets nuuts, kan jy die volgende probeer:

Gaan na “Tools” en klik dan op “Voice Typing”.  ‘n Mikrofoon sal links verskyn.  Klik daarop en begin gesels.  Ek tik my leestekens self, maar jy kan dit hardop noem.  In die voorbeeld, het ek in Engels gesels en die dokument vertaal.

Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.46Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.58

Verlig die teks en gaan na “Tools” en “Translate document”.  Jy kan nou tale soos Afrikaans en Swahili kies en siedaar!

Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.00Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.07

*In die vertaling is daar nog hier en daar woordorde probleme, maar jy kan die woorde dan net na die korrekte plekke skuif.

2.  Skep ‘n aanlyn, interaktiewe klaskamer vir jou vakgebied.  Hierdie toep werk goed as beide die leerders en hul ouers ‘n gmail-rekening het.

Gaan na die toep-opsies en soek “Classroom”.

Screen Shot 2015-11-05 at 17.05.33

Skep nou ‘n klaskamer met versierings en beskrywings van jou keuse.  Bv. Graad 6 Huistaal, Grade 4 FAL…

Screen Shot 2015-11-05 at 17.05.44

Wanneer jy tevrede met die uitleg is, kan jy die klas se wagwoord met jou leerders en hul ouers deel.

Screen Shot 2015-11-05 at 17.11.09 Screen Shot 2015-11-05 at 17.10.20

Klik op die plusteken regs onder en begin opdragte en take byvoeg.  As die ouers die toep op hul slimfone of rekenaars laai, sal hulle die huiswerk kan sien en volg.  Dit verskyn op Google Calendar – waar jy hulle voor die inhandigingsdatum daaraan kan herinner.

Screen Shot 2015-11-05 at 17.20.20Screen Shot 2015-11-05 at 17.25.29Screen Shot 2015-11-05 at 17.30.02