Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen om die skooljaar af te sluit.
- Gebruik die onderstaande boodskappe voor-op ‘n kaartjie of op vlaggies.
- Druk vlaggies en hang dit op.
- Maak soutklei en laat die klas sirkels met plastiese glasies uitdruk. Druk ‘n duimafdruk in ink en dan op die klei (of sonder ink), skryf die outjie se naam en die datum by en pons ‘n gat vir die toutjie. Ryg ‘n stelletjie aan ‘n toutjie vir die klas se kroonlysie en maak duplikate wat die outjies aan hul kersbome kan hang. Skryf ‘n boodskap op elke versiering se keersy om dit ekstra spesiaal te maak.
- Druk ‘n klasfoto (of rol een af) op ‘n A4-grootte en laat elkeen sy/haar naam agter-op skryf voordat jy dit vir elkeen in die klas afrol (swart/wit of kleur).
- Indien julle foto’s gedurende die jaar geneem het, maak ‘n collage van verskillende foto’s en heg ‘n verjaarsdagkalender onderaan. Skryf elkeen se verjaarsdag op die kalender, sodat die maats mekaar kan onthou.
- Vra dat die ouers gloeilampe skenk en verskaf glasverf. Die outjies kan ‘n boodskap, woord, jaartal, patrone, ens. op papier ontwerp (vet simbole) en dan met ‘n permanente veselpen (koki) oorteken op die gloeilamp. Verdeel die lampie in blokkies soos gebrandskilderde glas en verf die dele in verskillende kleure. Hierdie kunswerkie gaan die outjies lank aan hul jaar herinner.
- A5 Koeverte (nog koeverte)
- Afskeidsrympies
Woorde