- Verrassings vir die Biddag vir Opvoeding en Onderwys.
- Bak oulike koekies en versier soos die voorbeelde hier bo.
- Plak boodskappies bo-op sjokolade (bv. klein Lindt-sjokolade slabs). Kies uit die volgende boodskappe, spasieer dit op A4-blaaie en druk uit.
- Koop ‘n klein botteltjie vloeibare seep (pompbotteltjie) en haal die plakker af. Tik ‘n mooi boodskap of ontwerp ‘n embleem. Rol dit op ‘n transparantvel af (vir oorhoofse projektors), knip uit, rol op en spasieer dit versigtig voor en binne-in die bottel. ‘n Ander idee is om ‘n leë houer te koop, die boodskap binne-in te plaas en om dan die seep by te voeg…
- Gebruik ‘n glasflessie, plaas ‘n transparantboodskap binne-in en vul met bordkryt. ‘n Mens kan natuurlik die boodskap op gewone papier druk en buite-op plak. Loer gerus na die prente heel onder. Selekteer die prent, spasieer op ‘n A4-vel en druk uit.
- Druk ‘n boodskap op ‘n lang strokie en plak om ‘n kolwyntjie (cupcake).
9 Februarie
Januarie 24, 2014
afrikaans biddag, boodskap, bord, dankie, geskenk, juffrou, meneer, onderwys, opvoeding, thank you Lewer kommentaar
Laat 'n boodskap