
Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
April 18, 2021
2021, lees boeke, boeke nag, boekmerk, boekmerkies, lees Lewer kommentaar
Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
Februarie 3, 2021
2021, lees lees, luidleesdag Lewer kommentaar
Lees vandag ‘n bietjie langer en ‘n bietjie meer. Lees flitskaarte, opskrifte, byskrifte, pamflette, boeke, boekmerkies en muurkaarte. Lees die koerant, rympies en lirieke. Lees vir iemand, lees vir jou speelgoed of ‘n troeteldier. Luister na ander wat lees en maak beurte om te lees.
Geniet die ekstra geleentheid om ‘n liefde vir lees te kweek.
Januarie 27, 2020
2020, afrikaans, lees lees, luidleesdag 1 Kommentaar
Luidleesdag is vanjaar op die 5de Februarie. Maak spesiale boekmerkies vir die jaar se lekker leestye of neem verskeie leesboeke op hierdie leeslyste uit en rangskik dit op ‘n interessante wyse in jou leeshoekie. ‘n Nuwe uitstalling sal beslis die nuuskierigheid prikkel.
Lees elektroniese boeke, rympies of lirieke. Luister na stories op die internet, oor die foon of na die voorlesing deur ‘n maat. Nooi verskillende graadvlakke om vir mekaar te lees of betrek selfs ouers en verskillende onderwysers om minstens ‘n periode lank ‘n boek saam te geniet.
Tik gerus ook soekterme soos flitskaart, sigwoord, lees, boeke, biblioteek, taaldag… by die soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Lekker lees!
April 11, 2019
afrikaans, lees, storie boeke, boekmerkies, lees, wêreld boeke dag, wêreld boeke nag Lewer kommentaar
Dit is byna Wêreld Boeke Dag en Nag.
Januarie 16, 2019
afrikaans, Graad 1, Graad 2, Graad 3, lees lees, luidleesdag 6 Kommentaar
Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier.
Maart 14, 2018
afrikaans biblioteek, boek, lees Lewer kommentaar
Biblioteekweek is ‘n ideale tyd om die dorpsbiblioteek te besoek. Wat kan ‘n mens alles daar doen? Lees ‘n mens slegs boeke? Wat kan ‘n mens alles uitneem?
Kort die boeke in die skoolbiblioteek herstelwerk? Kry vrywilligers om boeke te herstel, die rakke af te stof of om die vertrek ‘n bietjie reg te ruk.
Dink aan ‘n tema en betrek dit gedurende lesse en leestye. Speel ‘n liedjie (wat by die tema aansluit) oor die interkomstelsel om ‘n leestyd aan te kondig en lees dan totdat die liedjie weer speel (bv. 10 minute lank). Stal verskeie stories in verband met die tema uit en hou raaiselkompetisies waar kinders aanhalings uit die boeke oplos. Nooi gaslesers (soos ouers, besigheids eienaars, ens.) om boeke aan individuele klasse of aan graadgroepe voor te lees. Versier elke klas se deur soos die voorblad van ‘n storieboek en wees lekker kreatief.
Februarie 1, 2018
2018, Graad 1, Graad 2, Graad 3, lees lees, luidleesdag Lewer kommentaar
Wat doen jul skool jaarliks vir Luidleesdag? Min tyd vir lees? Probeer die volgende:
Knyp gerus ‘n paar minute gedurende die skooldag of tuis vir ‘n leestydjie af 😉
April 18, 2017
afrikaans boeke nag, lees Lewer kommentaar
23 April is Wêreld Boeke Nag. Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister.
Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees.
Februarie 8, 2017
afrikaans Boekedag, lees, luidleesdag, moedertaaldag 4 Kommentaar
Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot: Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.
1. Bou woorde met los kaartjies:
2. Maak boekmerke:
3. Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.
4. Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar. (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)
5. Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.
6. Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees. Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.
7. Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas. Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak. Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.
8. Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.). Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by. Bv. Ek lees graag op die swaai. Ek lees graag op die mat. Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal. Bv. Ek lees graag op die blou mat. I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie. Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.
9. Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel. (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)
10. Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om na die stories te kyk.
11. Geniet die outjies rympies? Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie. Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word. ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.
12. Het jul skool ou ensiklopedieë? Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.
Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:
Lekker lees en loer gerus weer in 😉
Februarie 22, 2016
afrikaans biblioteek, biblioteekweek, lees 1 Kommentaar
Biblioteekweek duur vanjaar 10 dae – van 11 tot 21 Maart. Fokus op lewenslange leer en die bemagtiging van jong lesers.
Sien ook: Biblioteekweek, Lees
Februarie 15, 2016
afrikaans, lees lees, luidleesdag 2 Kommentaar
Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen?
Augustus 30, 2015
afrikaans boek, boekweek, geletterdheid, Geletterdheidsdag, lees, taal Lewer kommentaar
Op 8 September vier ons Internasionale Geletterdheidsdag en van 7 – 13 September is dit Nasionale Boekweek in Suid-Afrika.
April 23, 2015
afrikaans boek, boeke nag, lees Lewer kommentaar
Lekker lees!
Maart 2, 2015
afrikaans lees, luidlees, luidleesdag 4 Kommentaar
Ja, daar is werklik ‘n Luidleesdag. Skep Woensdag die geleentheid vir luidlees deur middel van die volgende moontlikhede:
Februarie 1, 2015
afrikaans boek, Boet en Saartjie, Graad 1, Graad 2, Graad 3, lees, leesreeks, storie, Sus en Daan 4 Kommentaar
Na aanleiding van navrae, plaas ek skakels na die volgende leesreekse vir die Grondslagfase. Watter leesreekse word in jou skool gebruik?
Afrikaans
Engels
April 21, 2014
afrikaans aai, drieklank, drieklanke, eeu, klanke, lees, oei, ooi, rym, sinne, skrif, skryf Lewer kommentaar
Klik op hierdie dokument om oop te maak (en sien ook die drukbare bladsye vir legkaarte):
[meer dubbel-, twee-, drieklanke]
Omkring of skryf byvoorbeeld die oei, eeu, aai of ooi in kleur.
Maart 20, 2014
afrikaans biblioteek, boek, lees Lewer kommentaar
Boekmerkies om te druk:
Maart 5, 2014
afrikaans biblioteek, fonds, fondsinsameling, lees Lewer kommentaar
Maart 2, 2014
Woorde