Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot: Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.
1. Bou woorde met los kaartjies:
- Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou.
- Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of…
- Plak die woordbouwerk op groot velle papier om die spogwerk teen mure aan te bring.
- Bou die name van gunstelingboeke.
- Bou kort gediggies.
- Bou liedjies.
2. Maak boekmerke:
- Vir persoonlike gebruik.
- Vir die klas se leeshoekie.
- Vir die biblioteek.
- Om aan ‘n ander klas of graadgroep te gee.
3. Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.
4. Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar. (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)
5. Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.
6. Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees. Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.
7. Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas. Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak. Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.
8. Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.). Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by. Bv. Ek lees graag op die swaai. Ek lees graag op die mat. Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal. Bv. Ek lees graag op die blou mat. I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie. Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.
9. Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel. (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)
10. Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om na die stories te kyk.
11. Geniet die outjies rympies? Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie. Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word. ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.
12. Het jul skool ou ensiklopedieë? Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.
Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:
Lees: motivering en aanmoediging
I love to read, Ek lees graag, *a-z-kaartjies, Versprei die boodskap
Lekker lees en loer gerus weer in 😉
Feb 09, 2017 @ 13:57:46
Hi
Wil net uitklaar wat elkeen behels. Het geskakel maar kry nie antw. Bel my enige tyd op …
Dankie
LikeLike
Feb 09, 2017 @ 14:13:46
Middag, DieKuipe 😉
Klik gerus op die onderskeie onderstreepte woorde vir meer inligting in verband met die onderskeie dae en vir vorige skrywes.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 21, 2017 @ 17:00:02
Beste Juffrou
Ek is n ouma van bykans 56jaar oud.
Klein kindertjies is nog altyd my hart se punt.
Ek het 2017 ingeskryf vir ECD.
Ons moet take doen en teorie meestal gemik op Gr RR.
Ook moet ons lessies en begroting uitwerk mbt hulpmiddels vir n groep 5 – 6 jariges.
praktiese goed moet gedoen word op hulle vlak soos:
ALFABET OPSTEL VAN N DAGPROGRAM OPSTEL VAN N BEGROTING OPSTEL EN AANBIEDING VAN N WISKUNDE LES VERJAARSDAG KAART EN ALLES WAT DAARMEE GEPAARD GAAN
EN EK SUKKEL. My vraag is waar soek mens hulp in die verband.
Groete
Louisa Lang
Sent from my Samsung Galaxy Tab 10.1
© My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen wrote:
LikeLike
Feb 21, 2017 @ 17:39:58
Hallo, Louisa 😉
My kennis van ‘n voorskoolse/Gr.RR-klaskamer is beperk en ek dra min kennis van ‘n begroting. Daar is egter Facebookgroepe – soos PEUTERS en KLEUTERSKOOLJUFFROUENS – wat dalk kan help.
Aanvanklik fokus die outjies op klanke (bv. a is vir appel) en die alfabet word eers in later jare gebruik (wanneer woorde alfabeties georden word of hulle aan woordeboeke bekend gestel word). Tik gerus soekterme soos “ABC uitspraak, ABC Skryf, robotkaarte, ABC…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en voorbeelde om te probeer.
As jy soekterme soos “wiskunde huiswerk, meer en minder, voor en na, vorms, geld, dae, syfers…woordsom” by die bruin soekblokkie in tik, gaan dit idees (met kort stories) vir ‘n wiskunde les gee. Die soekterme “verjaarsdag, pasella, kalender, eerste dag, hulpmiddels, weer, muurkaarte, klanke, robotkaart…Teacha” gaan idees in verband met verjaarsdagkaarte, weerkaarte, alfabet muurkaarte en basiese flitskaarte vir ‘n dagprogram gee. Loer gerus ook na die “Drukbare Bladsye”-hofie bo-aan my blog.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike