
Hoe vier julle Moedertaaldag? Groet gerus jou klasmaats in jou of hul moedertale. Gesels gerus oor die uitspraak van woorde en oefen ‘n bietjie om die woorde korrek uit te spreek. Doen vandag ekstra moeite om boodskappe in volsinne te tik 🙂
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Februarie 5, 2023
2023, afrikaans moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar
Hoe vier julle Moedertaaldag? Groet gerus jou klasmaats in jou of hul moedertale. Gesels gerus oor die uitspraak van woorde en oefen ‘n bietjie om die woorde korrek uit te spreek. Doen vandag ekstra moeite om boodskappe in volsinne te tik 🙂
Februarie 3, 2022
afrikaans moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar
Dit is amper Moedertaaldag. Hoeveel verskillende tale praat die leerders in jou klas. Kan julle mekaar in die onderskeie tale groet?
Februarie 20, 2021
2021, lees biblioteekweek, Boekedag, moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar
Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?
Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.
Lekker lees!
Februarie 4, 2020
afrikaans moedertaaldag Lewer kommentaar
Moedertaaldag word internasionaal op die 21ste Februarie gevier. Op dié dag vier ons elkeen se unieke moedertaal.
Loer gerus na vorige skrywes en idees deur op die onderstreepte woorde hier bo te klik.
Februarie 21, 2018
afrikaans moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar
Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier. Watter tale praat jou klasmaats tuis? Praat julle almal dieselfde taal? Probeer om die maats in hul eie tale te groet 😉
Februarie 8, 2017
afrikaans Boekedag, lees, luidleesdag, moedertaaldag 4 Kommentaar
Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot: Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.
1. Bou woorde met los kaartjies:
2. Maak boekmerke:
3. Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.
4. Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar. (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)
5. Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.
6. Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees. Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.
7. Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas. Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak. Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.
8. Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.). Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by. Bv. Ek lees graag op die swaai. Ek lees graag op die mat. Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal. Bv. Ek lees graag op die blou mat. I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie. Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.
9. Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel. (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)
10. Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om na die stories te kyk.
11. Geniet die outjies rympies? Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie. Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word. ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.
12. Het jul skool ou ensiklopedieë? Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.
Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:
Lekker lees en loer gerus weer in 😉
Februarie 17, 2015
afrikaans moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar
Op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag. Kyk of jy inligting oor die moedertale in jou omgewing kan in win. [moedertaal opname] Watter taal word die meeste of die minste in jou woonbuurt gepraat?
Februarie 9, 2014
afrikaans moedertaal, moedertaaldag 2 Kommentaar
Leer om mekaar in die onderskeie moedertale van die klasmaats te groet.
Februarie 18, 2012
afrikaans Marié Heese, moedertaal, moedertaaldag, mother tongue day 2 Kommentaar
Dinsdag is dit weer Internasionale Moedertaaldag.
Woorde