Random Acts of Kindness of Medemenslikheidsdag is om die draai. Eintlik moet elke dag goeie gewoontes vier, maar soms het ‘n mens ‘n spesiale datum nodig om jou daaraan te herinner.
Medemenslikheid
Januarie 28, 2023
afrikaans medemenslikheidsdag, Random Acts of Kindness Lewer kommentaar
Medemenslikheidsdag
Februarie 14, 2022
afrikaans medemens, medemenslikheidsdag, Random Acts of Kindness Lewer kommentaar
Op die 17de Februarie word ons daaraan herinner om gaaf en behulpsaam te wees sonder om iets terug te verwag.
Gaan stap as ‘n groep deur die naaste veld of park om vullis op te tel. Hoeveel swartsakke kan julle vol maak?
Besoek ‘n aftree-oord en sing liedjies op die sypaadjie.
Bied aan om met die bure se honde te stap.
As jou groentetuin of vrugtebome welig dra, deel gerus jou oes met ander.
Plant blomme en kruie wat jy ook met ander kan deel.
Skakel vriende of familielede met wie jy lanklaas gesels het.
Begin ‘n mini-biblioteek in ‘n koshuis of tehuis. Neem ‘n boek en los ‘n boek.
Help ‘n maat om nuwe konsepte baas te raak (bv. om veters vas te maak, skoolwerk te bemeester…).
Plaas ‘n skoenpoetsmandjie in die klas.
Help kinders om hul besittings te merk.
Is daar omgee aksies in jul skool of gemeenskap waaraan ‘n mens meer gereeld aandag kan skenk? Loer gerus en kies ‘n paar om hierdie jaar te ondersteun.
Medemenslikheidsdag, 17 Februarie
Februarie 4, 2020
2020 medemenslikheidsdag, Random Acts of Kindness Lewer kommentaar

Random Acts of Kindness Day of Medemenslikheidsdag is ‘n dag waarop ons mekaar aan klein gebare van onbaatsugtige medemenslikheid kan herinner.
Neem foto’s van kinders wat ander help deur bv. ‘n maat se veters vas te maak of ‘n tas op te tel wat om geval het. Raam die foto’s of voeg dit in die raamwerk van groot letters of die agtergrond vir ‘n slagspreuk. Elders word die letters K…ND gebruik – met ‘n die slagspreuk “Be the I in Kind”. Kinders poseer dan in die gaping.
In Afrikaans, kan ‘n mens groot letters gebruik om Ons is gaaf uit die beeld. Plak weereens foto’s binne die lyne of skryf kortliks wat gebeur het. Hou dit sigbaar en verwys gereeld na elke poging – al is dit klein of min. Só kan ons mekaar inspireer.
Watter slagspreuke kan jy gebruik?
Medemenslikheidsdag, 17 Februarie
Januarie 22, 2019
afrikaans medemenslikheidsdag, pay it forward, Random Acts of Kindness 2 Kommentaar
Medemenslikheidsdag (Random Act of Kindness Day) is ‘n dag waar ons die outjies daarvan bewus kan maak om ander te help wanneer hulle dit die minste verwag.
- Is daar kinders sonder maats? Skep ‘n rooster vir die klas en verduidelik dat dit ‘n goeie manier is om die maat te betrek. Verseker dat die outjie nie in die klas is tydens die bespreking nie. Dis wonderlik om die positiewe veranderinge in die klas te sien.
- Indien die skool fondse het, kan ‘n mens ‘n maatsbankie (“buddy bench“) in elke speelarea instel. Indien die banke te duur is, kan ‘n mens ‘n bankie uit stene en planke bou of ‘n oulike prentjie van maats teen ‘n muur aanbring. Kinders wat alleen is of net wil gesels, kan daar met ander gesels of nuwe maats leer ken.
- Stel ‘n oggendgroetkaart op (voorbeelde in die videos hier onder). Dit help die kinders om daagliks óf met ‘n maat of met die opvoeder kontak te maak. As jy kans sien, kan ‘n mens ‘n unieke groet (handdruk, -skud, ens.) met ‘n leerder oefen en elkeen volgens sy/haar unieke groet daagliks môre sê.
Wat doen julle om die konsep van medemenslikheid te ontwikkel?
Woorde