Medemenslikheidsdag (Random Act of Kindness Day) is ‘n dag waar ons die outjies daarvan bewus kan maak om ander te help wanneer hulle dit die minste verwag.
- Is daar kinders sonder maats? Skep ‘n rooster vir die klas en verduidelik dat dit ‘n goeie manier is om die maat te betrek. Verseker dat die outjie nie in die klas is tydens die bespreking nie. Dis wonderlik om die positiewe veranderinge in die klas te sien.
- Indien die skool fondse het, kan ‘n mens ‘n maatsbankie (“buddy bench“) in elke speelarea instel. Indien die banke te duur is, kan ‘n mens ‘n bankie uit stene en planke bou of ‘n oulike prentjie van maats teen ‘n muur aanbring. Kinders wat alleen is of net wil gesels, kan daar met ander gesels of nuwe maats leer ken.
- Stel ‘n oggendgroetkaart op (voorbeelde in die videos hier onder). Dit help die kinders om daagliks óf met ‘n maat of met die opvoeder kontak te maak. As jy kans sien, kan ‘n mens ‘n unieke groet (handdruk, -skud, ens.) met ‘n leerder oefen en elkeen volgens sy/haar unieke groet daagliks môre sê.
Wat doen julle om die konsep van medemenslikheid te ontwikkel?
Jan 23, 2019 @ 11:40:45
Goeiedag
Haal my asb af van u lys van epos kontakte
Groete
LikeLike
Jan 24, 2019 @ 14:05:07
Hallo, Altus 🙂
Ek kan ongelukkig niks aan my kant doen nie (geen knoppie nie). Jy kan egter onderaan die epos op “unsubscribe” klik.
Groete,
Juffer 😉
LikeLike