Tuis

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Vanjaar val Onderwysersdag op ‘n Saterdag en kan ons dit van die Vrydag tot die Maandag vier. Hoekom nie? 😉

Maak ‘n kaartjie of skryf ‘n briefie. Versier ‘n geskenk (iets kleins soos ‘n sjokolade of koekies) met ‘n oulike boodskap, maar hou die bederf sakpas en klein. Dis die gedagte wat tel.

Soktober

Lewer kommentaar


Elders in die wêreld verander Oktober in Soktober – ‘n maand waarin sokkies versamel word om aan behoeftiges te skenk en om die voete warm te hou. Hou ‘n muntlegging om fondse in te samel of vra vir sokkie-skenkings om aan tehuise of organisasies in jou omgewing te gee.

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Dit is oogsorgmaand en ‘n ideale geleentheid om meer te wete te kom. Loer gerus na idees en inligting in verband met die ogies en hersien aspekte soos visuele persepsie. Is daar ‘n oogkundige en ‘n arbeidsterapeut wat die personeel meer inligting oor goeie oogsorg, visie en visuele persepsie kan gee? Kontak gerus die kundiges in jou area en vind uit.

Vakansie!

Lewer kommentaar


Sit 5 minute langer op die bank met ‘n lekker koppie koffie, lees die stowwerige boek op jou bedtafeltjie of geniet ‘n middagslapie in die laatmiddag son. Jy verdien die rus. 🙂

Sonneblomdag

Lewer kommentaar


Sonneblomdag het Bandana dag vervang, maar word steeds gevier om bewustheid vir leukemie te skep. Loer gerus na vorige inskrywings en idees om die Sonneblomfonds te ondersteun.