Tuis

Aarde dag/Onbaatsugtigheid

Lewer kommentaar


Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?

Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.

Madibadag 2020

Lewer kommentaar


18 Julie is Madibadag – ‘n dag waarop ons minstens 67 minute aan gemeenskapsdiens kan wy.  Hoe kan jy onbaatsugtige hulp aan ander bied of aanmoedig?  Dit sal vanjaar ietwat moeiliker wees om uit te reik, maar wat kan jy onder die huidige omstandighede doen?

  1. Maak maskers vir ander.  Kan jy 67 maskers maak?
  2. Versamel en versprei droë rantsoene (bv. droë boontjies, meel…).  Kan jy 67 pakkies skenk?
  3. Kan jy 67 persoonlike higiëne produkte (toiletware) versamel en skenk (bv. koekies seep, tandeborsels)?
  4. Kan julle 67 kledingstukke insamel en skenk (bv. skoene, warm sokkies)?
  5. Kan jy 67 kryte aan ‘n skooltjie of behoeftige kinders skenk?
  6. Kan jy 67 saadjies in aparte houers plant om later aan ander te skenk?
  7. Brei 67 rytjies elk om ‘n kombers of ‘n serp vir iemand anders te maak.
  8. Sny lap in 67cm x 67cm blokke om warm blokkieskomberse te maak.
  9. Maak 67 komberse deur as ‘n klas verskillende komberse (en/of kussingslope) te knoop.
  10. Vleg ou lap en vra iemand om ‘n matjie te stik.
  11. Maak slaapmatte uit plastieksakke of stroke plastieksakke.
  12. Weef slaapmatte uit ou t-hemplap.
  13. Kan elkeen ‘n geldjie afstaan (60c, 70c, R6,70 of R67) en skenk?
  14. Speel woordeskatspeletjies wat rys as punte skenk.  Kan jy 67 woorde korrek kies?

Onthou dat jy nie alles binne 67 minute hoef te doen nie.  Dit is slegs ‘n goeie beginpunt. 😉

Soktober

Lewer kommentaar


Elders in die wêreld verander Oktober in Soktober – ‘n maand waarin sokkies versamel word om aan behoeftiges te skenk en om die voete warm te hou. Hou ‘n muntlegging om fondse in te samel of vra vir sokkie-skenkings om aan tehuise of organisasies in jou omgewing te gee.

Soktober

4 Kommentaar


soktoberr
Ons het almal verlore en verdwaalde sokkies iewers in ‘n laai.  Grawe hulle uit en skenk die onpare (of selfs nuwe pare) aan welsynsorganisasies.  ‘n Onpaar sokkies kan ‘n paar voete warm hou.

2veelvoud

Medemenslikheid en Internasionale Dag van Geluk

4 Kommentaar


 

Vandag is Random Acts of Kindness Day en 20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Ek sou dit egter nie tot een dag wou beperk nie…Hoe kan ons in het kleine iemand anders se dag opkikker?

  • Gooi ‘n ekstra munt in iemand anders se parkeermeter.
  • Het jy afslagkoepons iewers gekry?  Plaas dit hier en daar op die winkelrakke vir ander om te kry.
  • Laai ‘n ekstra pakkie koekies in die winkelmandjie vir die werkers by die skool of by die huis.
  • Werk saam aan ‘n maaltyd (soos lasagna) en lewer dit by iemand af wat dit nooit sal verwag nie.
  • Nie ‘n goeie kok nie?  Steek ‘n blom in ‘n ou speserybottel en plaas dit op ‘n buurvrou se stoep of ‘n juffrou se tafel.
  • Gooi die week se snoepiekleingeld in ‘n spaarbussie tot ‘n week voor die dag van jou/jul keuse.  Tel dit en besluit op ‘n skenking – hetsy kontant of byvoorbeeld kos aan iemand of ‘n instansie.
  • Is geld ‘n bietjie min?  Verskaf jou dienste gratis – om byvoorbeeld ‘n buurman te help.  By die skool, kan die klas die gang namens die opsigter vee of die dromme leegmaak.
  • Skenk klere.
  • Skenk orige verf om die klimrame te verf.
Tik gerus ook soekterme soos “hulp, pay it forward, omgee” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

gemeenskapsdiens

Lewer kommentaar


pif

25 April is Pay It Forward-dag.  Gebruik dié dag om die kleingoed bewus te maak van eienskappe of omgee-aspekte soos gemeenskapsdiens en bedagsaamheid.  Is daar iemand wie julle in die stilligheid kan help?  Loer gerus na hierdie stories vir inspirasie.

broodsakkiekaartjie vir ‘n rolstoel

9 Kommentaar


As deel van die herwinningsprojek vir die jaar kan jy en jou gesin (of klas) julle broodsakkiekaartjies versamel vir rolstoelskenkings. (Lees hier of hier.) Maak die klein kaartjies bymekaar wat die sakkie seël en pos dit aan Mary Honeybun of kontak Adri by 012 259 0554 vir verdere besonderhede.  Dis ‘n oulike gedagte, hou die kombuis skoon, hou die kleingoed aan die tel en as hulle briefies by hul posstukkies las – is dit ‘n oulike skryfwerkie.

270 kg kaartjies / 800 000 tot 1 miljoen = 1 rolstoel

Adres: Mary Honeybun, Posbus 215, Noordhoek, 7979

Telefoon: 021 789 1831